prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

HUWELIKSREG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

As u verloof geraak het met die doel om te trou of oorweeg om dit toekomend te doen, of selfs alreeds getroud is, sal u moet weet wat die regsgevolge daarvan behels, en wat die verskillende ‘huwelikbedelings’ keuses is waartoe u mag toetree. Die keuse wat u beoefen kan ernstige gevolge later inhou op, hetsy ‘n egskeiding, insolvensie ens. Om in die huwelik te tree is een van die belangrikste besluite wat u kan neem en u moet verseker om met ‘n prokureur te konsulteer sou u onseker wees hieroor of hulp hieromtrent benodig – dit mag dalk die beste belegging wees wat nog ooit deur u gemaak was!

  1. My kêrel wil he dat ons verloof raak – As ek ‘ja’ sê, wat is die regsgevolge daarvan?
  2. Wat gebeur as ek verloof raak en later van plan verander – wat is die regsgevolge daarvan‌?
  3. Ek is minderjarig en wil verloof raak – wie moet toestemming verleen‌?
  4. Moet ek regsadvies bekom voordat ek trou‌?
  5. Waar mag ons huwelik bevestig word en wat se dokumentasie word vereis‌?
  6. Tussen welke huwelikbedelings mag ons kies wanneer ons trou‌?
  7. Wat is die voor- en nadele van elk van dié huwelikbedelings‌?
  8. Wat is die regsgevolge van ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere‌?
  9. Wat is die regsgevolge van ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwas bedeling‌?
  10. Wat is die regsgevolge van n huwelik buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwasbedeling‌?
  11. Kan ons binne gemeenskap van goedere huwelik na ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere verander word‌?
  12. Wie kan ons huwelikvoorwaarde kontrak opstel en wat is die koste verbonde daaraan‌?
  13. Wat word verlang nadat ons die huwelikvoorwaarde kontrak onderteken‌?
  14. Wat is die regsgevolge van ‘n burgerlike huwelik‌?
  15. Wat is die regsvereistes wat nagekom moet word ter erkenning van ‘n gebruiklike huwelik as wettige huwelik‌?
  16. Wat is die regstatus van Moslemhuwelike in Suid-Afrika?
  17. Wat is die status van (Nikah) 'n Moslem huwelik in Suid Afrika?

 

1. My kȇrel wil hȇ dat ons verloof raak – As ek ‘ja’ sȇ, wat is die regsgevolge daarvan?

 

’n Verlowingsooreenkoms tussen twee partye is ‘n kontrak en is as sulks bindend en het regsgevolge tot gevolg.

Daar word geen voorgeskrewe formaliteite vereis vir so ‘n ooreenkoms nie en dit kan skriftelik of viva voce (mondelings) gemaak word.

Die partye betrokke moet ooreenkom om ‘n verlowing met mekaar te sluit. Deur ‘ja’ te sệ moet jy bedoel dat jy daardeur instem om verloof te raak aan daardie betrokke persoon.

Die bedoeling van beide die partye moet ooreenstem voordat die ooreenkoms om verloof te raak enige regsgevolge kan inhou.

Afwesigheid van ooreenstemming met betrekking tot die inhoud van die ooreenkoms (error in negotia) en of met betrekking tot die identiteit van die partye betrokke (error in persona) by so ‘n ooreenkoms, sal die verlowingskontrak waardeloos (viod ab initio - van meet af aan) laat. Hierdie twee elemente word as noodsaaklik beskou vir die regsgeldigheid van so ‘n ooreenkoms. Daar sal geen instemming en aldus geen verlowingsooreenkoms wees, daarsonder nie.

Wanvoorstelling met betrekking tot enige noodsaaklike aspek, deur enige van die partye, laat die verlowingsooreenkoms herroepbaar.

Ongeag of sodanige wanvoorstelling deur middel van ‘n positiewe handeling (positiewe wanvoorstelling) of nalaat (versuim om ‘n wanvoorstelling gemaak te korrigeer) of opsetlik of onopsetlik gemaak was, sal die benadeelde party oor die keuse beskik om die ooreenkoms te kanselleer al dan nie.

Ander faktore soos druk of onbehoorlike beïnvloeding sal die verlowingsooreenkoms ook herroepbaar laat.

 Bokant van Bladsy

 

2. Wat gebeur as ek verloof raak en later van plan verander – wat is die regsgevolge daarvan?

 

‘n Verlowing is in wese ‘n belofte gemaak tussen twee partye om met mekaar te trou binne ’n redelike tydperk.

Die begrip verlowing omvat in sigself ‘n belofte om jouself in wese te behou vir daardie persoon met wie jy verloof geraak het.‘n Groot mate van lojaliteit en getrouheid word aldus vereis van beide die partye.

Sou enige van die partye die belofte van lojaliteit en getrouheid verbreek, sal die onskuldige party geregtig wees om hom of haarself uit die verlowing te onttrek. Die onskuldige party sal ook geregtig wees daarop om skadevergoeding te eis.

Die belofte om met mekaar te trou omsluit ook regsgevolge. Dit is ook troubreuk, sou ‘n party ná bevestiging van ‘n verlowing, besluit om met iemand anders te trou.

Sou enige van die partye die belofte om met mekaar te trou verbreek, sal die onskuldige party geregtig wees daarop om skadevergoeding te eis.

Die partye beloof ook om binne ‘n redelike tydperk met mekaar te trou. Die partye mag wel wedersyds ooreenkom om die vasgestelde datum te wysig.

Hierdie belofte sal verbreek word sou enige van die partye:

  • Aanhoudend weier om die troudatum te beklink binne ‘n redelike tydperk, of
  • Onregmatig weier om op die ooreengekome datum te trou.

Sou enige van die partye die belofte om binne ‘n redelike tydperk te trou verbreek, sal die onskuldige party geregtig wees daarop om skadevergoeding te eis.

Versuim om jou belofte na te kom weens vis major (omstandighede buite jou beheer) sal nie troubreuk daarstel nie. Die partye mag ook die verlowing kanselleer deur middel van ‘n wedersydse ooreenkoms.

Die onskuldige party mag die ring en ander geskenke, ontvang vanaf die persoon wie troubreuk gepleeg het, behou.

 Bokant van Bladsy

 

3. Ek is minderjarig en wil verloof raak – wie moet toestemming verleen?  

 

‘n Verlowing moet wettig wees om regsgevolge te kan hệ. Die partye moet in staat wees om ook later ‘n wettige huwelik te kan sluit.

Geen van die twee partye mag onder die ouderdom van puberteit wees nie en hulle mag ook nie in ‘n ontoelaatbare graad aanverwant wees nie ens.

Ingevolge artikel 17 van die Kinderwet 38 van 2005 raak ‘n kind meerderjarig op ouderdom 18.

Minderjariges, om verloof te kan raak, het toestemming nodig van:

  • Beide ouers, indien in lewe - ratifikasie (terugwerkende toestemming) is ook aanvaarbaar, of
  • Die langslewende ouer waar die ander ouer oorlede is, of
  • Sy of haar wettige voog waar beide die ouers oorlede is, of
  • Sy of haar enkel voog , waar ‘n minderjarige buite die huwelik gebore was.

Geëmansipeerde minderjariges moet ook ouerlike toestemming bekom.

Dogters en seuns onder ‘n sekere ouderdom moet ook toestemming vanaf die Minister van Binnelandse Sake verkry.

Die verlowing van ‘n minderjarige sal onmiddelik ten einde kom en die regsmiddel van ‘n eis weens troubreuk is ook uitgesluit, sou ouerlike toestemming onttrek word.

Alhoewel ouerlike toestemming vereis word vir die verlowing van ‘n minderjarige, kan ‘n verlowing nie gesluit word deur middel van ouerlike toestemming alleen nie - die toestemming van die minderjarige is ook nodig.

 Bokant van Bladsy

 

4. Moet ek regsadvies bekom voordat ek trou?  

 

Ja, dit kan slegs voordelig wees om ernstige oorweging daaraan te skenk – jou besonderse omstandighede mag dalk deeglike oorweging van beskikbare huwelikbedeling keuses verg. Hierdie keuses is spesifiek ontwerp as oplossing vir die sonderlinge behoeftes van trouens partye.

Die aangewese keuse vir jou bepaalde omstandighede mag moontlik noop dat advies vanaf ‘n opgeleide raadsman bekom word.

Jou bepaalde omstandighede mag ook oorweging verg betreklik daartoe of dit raadsaam sou wees om jou toekomstige gade se van aan te neem, of om jou nooiens van te behou bv. weens jou besonderse bedrewe of sosiale behoeftes .

Die opinie van ‘n huwelikspesialis kan handig te pas kom ongeag jou persoonlikheid of huwelik georiënteerde regskundigheid.

Neem in ag dat jy op die punt staan om ‘n regsverbintenis te sluit wat moontlik lewenslank mag bly voortbestaan – dit mag wys wees om ‘n tweede opinie te bekom ter versekering dat die regte besluite geneem word!

 Bokant van Bladsy

 

5. Waar mag ons trou en wat se dokumentasie word vereis?

 

‘n Troue moet in ‘n kerk of ander gebou wat vir geloofdoeleindes gebruik word of in enige openbare kantoor of privaat woning met oop deure in teenwoordigheid van die partye wat trou, minstens twee getuies en ‘n huweliksbeampte, gehou word.

Huweliksbeamptes moet vergunning op grond van die Wet op Huwelike, Wet 25 van 1961 bekom vir die bekragtiging van wettige troues .

Die Wet op Burgerlike Verbintenisse Wet 17 van 2006maak voorsiening vir vergunnings aansoeke ter bekragtiging van sodanige selfde geslagverbintenisse en verbied ook die voltrekking van sulke verbintenisse in afwesigheid van sodanige voorgeskrewe vergunning. Tans word burgerlike verbintenisse voltrek in kerke en in kantore van die Departement van Binnelandse Sake deur bemagtigde huweliksbeamptes.

Troues mag ook voltrek word deur ‘n landdros of ander staatsdiensamptenare bemagtig om sodanige funksie te verrig.

Die volgende dokumentasie sal aan die huweliksbeampte verskaf moet word deur die troupaar:

  • Bewys van identiteit,
  • Skriftelike toestemming, indien minderjarig,
  • Finale egskeidingsbevel, indien voorheen getroud, of
  • Doodsertifikaat van gade, waar van toepassing ten opsigte van ‘n vorige huwelik.

Bovermelde dokumentasie moet op die troudag verskaf word.

Indien ‘n egskeidingsbevel onbeskikbaar is aan ‘n party wat voorheen in die buiteland geskei het, sal ‘n bevestigende verklaring wat die besonderhede van die hof wat die egskeiding toegestaan het bevat, tesame met die datum van so ‘n bevel, verskaf moet word.

Enersyds, waar die gevraagde doodsertifikaat onbeskikbaar is sal ‘n verklaring onder eed ingehandig moet word wat die datum,persoonlike besonderhede en die afsterwe van sy of haar vorige gade bevestig.

 Bokant van Bladsy

 

6. Tussen welke huwelikbedelings mag ons kies wanneer ons trou?  

 

Die troupaar mag besluit om te trou, óf:

  • Binne gemeenskap van goedere , óf
  • Buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwas bedeling, óf
  • Buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwas bedeling.

‘n Huweliksvoorwaardekontrak word benodig vir enige van die 2 laasgemelde grondslae.

 Bokant van Bladsy

 

7. Wat is die voor- en nadele van elk van dié huwelikbedelings?  

 

Huwelik binne gemeenskap van goedere:

Voordele:

  • Sisteem berus op outydse waardes van vennootskap en harmonie in die huwelik.
  • Onderskryf regs - en ekonomiese gelykheid van die gades.

Nadele:

  • Partye onderworpe aan finansiële risiko - insolvensie van die een beïnvloed beide.
  • Gelykheid in besluitneming regte, betreklik tot die gemeenskaplike boedel, mag konflik in die huwelik veroorsaak.
  • Afsterwe van een gade sal administrasie van die gemeenskaplike boedel tot gevolg hệ en dit mag die langslewende gade finansieel strem.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwas bedeling:

Voordele:

  • Partye is beskerm teen mekaar se krediteure – boedels word onafhanklik geadministreer en partye nie verantwoordelik vir mekaar se skulde nie.
  • Partye deel in die opbrengs van die huwelik tydens opheffing daarvan – aanwas bedeling geld.

Nadele:

  • Vennootskap waarde slegs van toepassing tydens opheffing van die huwelik – partye beskik oor geen algemene besluitnemings vermoëns ten opsigte van mekaar se boedels tydens die huwelik nie.

Huwelik buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwas bedeling:

Voordele:

  • Dit maak voorsiening vir die algehele onafhanklikheid van die boedels van die gades en ‘n huwelikparty sal dus nie aanspreeklik wees vir die skuld van sy of haar gade nie.
  • Partye hoef nie in die opbrengs, versamel gedurende die huwelik, te deel tydens die opheffing daarvan nie.

Nadele:

  • Howe het geen diskresie tydens opheffing van die huwelik om die boedels van gades aan te pas, op grond van gelykheid en geregtigheid, nie.  

 Bokant van Bladsy

 

 8. Wat is die regsgevolge van ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere?

 

Partye sal geag hulle keuse outomaties beoefen het sou hulle nie voor die huwelik ‘n ooreenkoms aangaan het wat andersins bepaal nie.

Partye sal deel in die gesamentlike boedel, bates en laste, soos wat ontstaan tydens en ook ná sluiting van die huwelik. Hierdie gemeenskaplike boedel sal gesamentlik en gelykwaardig deur hulle beheer word en beide het gelykwaardige en onverdeelde aandeel daarin.

Donasies en erflatings uitdruklik deur die testateur uitgesluit by die gesamentlike boedel sal aanwas tot die boedel van die party ten gunste van wie dit gemaak was. Hierdie eksklusiewe eienaarskap geld slegs tussen die partye en is steeds herwinbaar deur die krediteure van die gemeenskaplike boedel.

Artikel 15 van die Wet op Huwelikeiendom aangeleenthede 88 van1984 kort die individuele vermoë van gades in om bates van die gemeenskaplike boedel te vervreem. Verskeie formele en informele vergunning voorwaardes word ingesluit as voorbehoud vir sodanige vervreemding.

Geskrewe toestemming van die ander gade word vereis om:

  • Onroerende eiendom te vervreem, te verhipotekeer of met ‘n serwituut te belas.
  • ‘n Ooreenkoms te sluit met betrekking tot bogenoemde of betreklik tot enige ander ware reg wat kleef aan sodanige onroerende eiendom en deel vorm van die gemeenskaplike boedel.
  • Die vervreemding, sedering of verhipotekeer van bv. effekte, aandele, verbandaktes of soortgelyke bates of enige belegging van die ander gade wat deel vorm van die gemeenskaplike boedel.
  • Vervreemding of die verpand van kosbaarhede wat deel vorm van die gemeenskaplike boedel en hoofsaaklik vir beleggingsdoeleindes gehou word bv. juweliersware.
  • Geld onttrek gehou in naam van die ander gade.
  • As verbruiker ‘n kredietooreenkoms aangaan soos voor voorsiening gemaak in die Wet op Nasionale krediet van 2005.
  • As koper ‘n ooreenkoms aangaan soos beskryf in Die Wet op die Vervreemding van Grond van 1981.
  • Hom of haarself te verbind as borg.

Informele toestemming vanaf die ander gade word vereis vir verskeie handelinge - ook met betrekking tot bates wat aan die gemeenskaplike boedel behoort, bv. om huishoudelike ware te verkoop, geld of ‘n erfporsie te ontvang wat die ander gade toekom of die ontvangs van inkomste voortkomend vanuit die eiendom van die ander gade, ens.

Toestemming is onnodig in sekere omstandighede waar die gade in die gewone loop van sake optree.

By ontbinding van die huwelik (egskeiding of afsterwe van ‘n gade), sal die gemeenskaplike boedel eweredig verdeel word.  

 Bokant van Bladsy

 

9. Wat is die regsgevolge van ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwas bedeling?  

 

Hierdie tipe huwelikstelsel word deur middel van ‘n kontraktuele ooreenkoms daargestel, gesluit deur beide trouens partye voordat hulle trou.

Die stelsel maak voorsiening vir beide die beskerming van troupartye gedurende die huwelik, teen krediteure van die ander gade, en vir etlike mededeelsaamheid tydens opheffing van die huwelik.

Die partye sal nie in mekaar se wins of verliese deel nie, hetsy dit ontstaan tydens of ná sluiting van die huwelik. Hulle boedels sal onafhanklik deur hulle beheer en besit word. Die partye sal slegs deel in dit wat hulle verkry het gedurende so ‘n huwelik en slegs ten tyde van ontbinding van so ‘n huwelik.

Ten tyde van ontbinding van ‘n huwelik sal die gades deel in die aanwas van sy of haar gade se boedel. Dit beteken dat die waarde vermeerdering verkreë tydens die huwelik verdeel sal word of, by wyse van ‘n voorbeeld – die eiers van die hen en nie die hoender self nie.

Die gade wie se boedel die kleinste aanwas vertoon sal deel in die helfte van die verskil tussen só ‘n bedrag en die groter aanwas bedrag van die ander gade.

Indien jy ‘n huwelik betree met ‘n netto boedelwaarde van R 5 000 en die waarde daarvan vermeerder tot R 20 000, dan is die aanwas van jou boedel R 15 000. Indien jou gade enersyds die huwelik betree met ‘n netto boedelwaarde van R 20 000 en die waarde daarvan vermeerder tot R 65 000, dan is die aanwas van sy boedel R 45 000. Jy sal ‘n eis teen sy of haar boedel hệ vir helfte van die netto aanwas. Die netto aanwas word bereken deur die kleinste aanwas (R 15 000) van die groter aanwas (R 45 000) af te trek bv.. R 45 000 – R 15 000 = R 30 000. Jou eis sal helfte van hierdie bedrag wees bv. R 15 000. Jy sal dan die huwelik verlaat met R20 000 (waarde van jou boedel) + R 15 000 (jou eis) = R 35 000. Jou gade sal die huwelik verlaat met R 65 000 (waarde van sy boedel) – R 15 000 (jou eis) = R 50 000.

Die voorbeeld toon beduidend dat hierdie stelsel voorsiening maak vir gelyke deling in die wins tydens die opheffing van ‘n huwelik.

Verskeie bates word uitgesluit by die bepaling van sodanige aanwas bv. bedrae ontvang vir skadevergoeding, sekere oor en weer skenkings tussen die gades en erflatings of bates verkry daardeur en wat nie uitdruklik uitgesluit was deur ‘n huweliksvoorwaarde kontrak nie, asook sodanige bates uitdruklik deur ‘n huweliksvoorwaarde kontrak uitgesluit of verkry vanuit die vorige besit daarvan.

Die aanwas bedeling is van toepassing op alle huwelike buite gemeenskap van goedere – tensy uitdruklik uitgesluit deur die huweliksvoorwaardes.

 Bokant van Bladsy

 

10. Wat is die regsgevolge van ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere met uitsluiting van die aanwas bedeling?  

 

Hierdie tipe huwelikstelsel word deur middel van ‘n kontraktuele ooreenkoms daargestel, gesluit deur beide trouens partye voordat hulle trou, waarin die insluiting van die aanwas bedeling uitdruklik uitgesluit word.

Dit maak voorsiening vir die algehele onafhanklikheid van die boedels van die troupartye.

Die partye sal nie in mekaar se wins of verliese deel nie, hetsy dit ontstaan tydens of ná sluiting van die huwelik. Hulle boedels sal onafhanklik deur hulle beheer en besit word. Die partye sal ook nie deel in dit wat hulle verkry het gedurende so ‘n huwelik ten tyde van ontbinding daarvan, nie.

Partye tot so ‘n stelsel is nie aanspreeklik vir die skuld van sy of haar gade nie en die howe het ook nie ‘n diskresie om hulle boedels aan te pas op grond van gelykheid of geregtigheid by ontbinding van die huwelik nie.

Hierdie stelsel is ‘n aangewese keuse waar beide gades die huwelik betree met bates en waar beide oor inkomste beskik en ook in gevalle van ‘n tweede of derde huwelik waar daar kinders uit ‘n vorige huwelik betrokke is.

 Bokant van Bladsy

 

 11. Kan ons binne gemeenskap van goedere huwelik na ‘n huwelik buite gemeenskap van goedere verander word?

 

Artikel 21(1) van die Wet op Huwelikeiendom aangeleenthede 88 van1984 bemagtig die partye van ‘n huwelik om hulle huwelikbedeling van insluiting na een met huwelik voorwaardes te wysig .

So ‘n aansoek moet in die hooggeregshof gedoen word en,indien toegestaan, sal partye in staat wees om die nuwe huweliksvoorwaarde kontrak by die aktekantoor te registreer - In Ex parte Kros en ’n Ander 1986 (1) SA 642 (NC) was so ‘n wysiging terugwerkend toegestaan.

Nuwe krediteure sal nie kan aanspraak maak op die gemeenskaplike boedel beginsel nie maar bestaande krediteure sal steeds ‘n aksie teen beide partye hệ op grond van die vorige bedeling van binne gemeenskap van goedere. In Ex Parte Coertzen ET UXOR 1986 (2) SA 108 (O) was die krediteure benadeel deurdat sekere feite uit die Artikel 21 aansoek weggelaat was.

Die hof moet van drie elemente oortuig wees ten einde so ‘n aansoek toe te staan:

  • Goeie rede bestaan vir sodanige wysiging
  • Afdoende kennis van so ‘n wysiging is verskaf aan die krediteure van die gades, en
  • Geen ander persoon sal benadeel word deur sodanige wysiging nie.

 Bokant van Bladsy

 

12. Wie kan ons huwelikvoorwaarde kontrak opstel en wat is die koste verbonde daaraan? 

 

Jou huwelik voorwaardes kan deur jou prokureur opgestel word en word deur ‘n Notaris (‘n prokureur met die addisionele kwalifikasie van ‘n Notaris) by die Akteskantoor geregistreer..

Die koste verbonde daaraan is tans tussen R700 en R1500 afhangende van bv. wie jy versoek om sodanige diens te lewer, die moeilikheid graad verbonde daaraan ens.

Dit mag sekere uitgawes uitsluit wat jou prokureur namens jou aangegaan het.

 Bokant van Bladsy

 

 13. Wat word verlang nadat ons die huwelikvoorwaarde kontrak onderteken?

 

Julle kontrak moet genoteer word deur ‘n notaris ten einde regsgeldig te kan wees. Dit moet gedoen word voordat julle trou.

Die Notaris sal, wanneer aldus genoteer, die huweliksvoorwaardes by die Akteskantoor indien vir registrasie doeleindes.

Sodanige registrasie word gedoen ná die huweliksluiting.

Die ooreenkoms word in tweevoud uitgevaardig. Een afskrif sal aan jou terugbesorg word met die Akteskantoor se stempel daarop, as bewys dat dit geregistreer was.

Die ander afskrif sal deur die Notaris behou word.

In geval jy jou afskrif verloor kan jy die Notaris versoek om sy afskrif aan jou te stuur.

Indien die Notaris versuim om die ooreenkoms by die Akteskantoor te laat registreer, sal jy ‘n aksie teen sodanige Notaris kan instel. Die ooreenkoms sal dan slegs tussen die troupartye geldig wees, en nie teenoor krediteure nie .

 Bokant van Bladsy

 

 14. Wat is die regsgevolge van ‘n burgerlike huwelik?

 

Daar moet op gelet word dat Die Wet op Burgerlike Verbintenisse Wet 17 van 2006 nie Die Wet op Huwelike van 1961 of Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 ophef nie.

Ingevolge Artikel 13 van Die Wet op Burgerlike Verbintenisse 17 van 2006 is die regsgevolge van ‘n verbintenis ingevolge hierdie wet dieselfde as dié van ‘n huwelik ingevolge van enige ander wet.

Dit volg dan dat die regsgevolge van ‘n huwelik ingevolge van hierdie wet dieselfde is as die van n huwelik ingevolge Die Wet op Huwelike van 1961 of, waar toepaslik, Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 en dat die voorskrifte vir so ‘n huwelik ook dieselfde sal wees tensy waar uitdruklik anders bepaal.

Selfde geslag partye tot ‘n burgerlike verbintenis mag kies om dit te registreer as ‘n huwelik of as ‘n burgerlike vennootskap, waarna ‘n sertifikaat dienooreenkomstig uitgereik sal word en sodanige besonderhede by die populasie register gevoeg sal word.

Enige persoon 18 jaar of ouer mag so ‘n burgerlike verbintenis sluit.

 Bokant van Bladsy

 

15. Wat is die regsvereistes wat nagekom moet word ter erkenning van ‘n gebruiklike huwelik as ‘n wettige huwelik? 

 

Huwelike gesluit voor inwerkingtreding van die wet (15 November 2000) het vir reg geldigheid doeleindes slegs nodig om te voldoen aan gebruiklike regsvereistes asook aan die registrasie voorskrif synde binne ‘n periode van 12 maande vanaf datum van so ‘n huwelik.

Indien ‘n huwelik gesluit word na bovermelde datum, moet dit:

  • Onderhandel, gesluit en gevier word ooreenkomstig die Gebruiklike reg.
  • Gesluit word op ‘n ouderdom van 18 jaar of meer.
  • Oor die toestemming van beide die troupartye beskik.
  • Oor ouerlike toestemming beskik, waar ‘n minderjarige ‘n trouparty is.
  • Nie gesluit word deur ‘n party gedurende die bestaan van sy of haar burgerlike huwelik nie.
  • Nie gesluit word deur die man van ‘n bestaande Gebruiklike huwelik sonder ‘n bestaande hofbevel wat die toekomstige huwelik bedelings van sy huwelike reguleer nie.
  • Geregistreer word binne 3 maande na so ‘n huwelik in die teenwoordigheid van beide die partye en ten minstens een getuie van elke familie en of ‘n verteenwoordiger van elk van die families. In die geval van ‘n minderjarige moet die ouers ook die registrasie bywoon.

Ingevolge Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 het beide partye gelykwaardige regte, ook gemeenregtelik (Artikel 6) en kan die skeihof in gevolge van hierdie wet ook ‘n bevel uitvaardig met betrekking tot die toesig van kinders betrokke by so ‘n huwelik (Artikel 8).

 Bokant van Bladsy

16. Wat is die regstatus van Moslemhuwelike in Suid-Afrika?

 

Eggenote in ‘n Moslemhuwelik kon voor April 2014 nie erf nie en het ook nie ander huweliksregte gehad nie. Dit is veral vrouens wat benadeel is, want hulle kon nie onderhoud eis of 'n billike verdeling van eiendom met die ontbinding van ‘n Moslemhuwelik nie.

Gedurende April 2014 het meer as 100 imams gekwalifiseer as huweliksbeamptes van wie vereis word om te voldoen aan die Wet op Huwelike van 1961. Die staat sal voortaan erkenning gee aan huwelike wat deur die imams voltrek is en eggenote sal van meet af wetlike beskerming geniet.

Dieselfde wetgewing wat tans deur alle paartjies gebruik word om ‘n huweliksvoorwaardekontrak notarieel te verly om die vermoensregtelike gevolge van hul huwelik te reel, kan ook deur Moslem paartjies gebruik word om ‘n Islamitiese huwelikskontrak notarieel te verly. Imams is verplig om getroude paartjies in te lig oor die vereiste vir ‘n notarieel verlyde kontrak wat met die bepalings van Suid-Afrika se grondwet ooreenstem.

Bokant van Bladsy

17. Wat is die status van (Nikah) 'n Moslem huwelik in Suid Afrika?

 

Die volgende inligting is deur prokureur Abdul Latif Buckus verskaf. U kan hier meer lees.

The legal status of (Nikah) Muslim marriages in South Africa is amongst the most frequently queried legal issues, which unfortunately still attracts the most divergent responses.

A brief overview.

Prior to the advent of democracy, (Nikah) Muslim marriages, together with Hindu and other Traditional marriage, were not recognized as having the same legal status as civil marriages in terms of the Marriage Act 25 of 1961. Numerous reasons were finished for non-recognition, and no constructive engagement regarding the issue was entertained. An example of the then status quo, is the 1983 ruling in Ismail vs. Ismail 1983 (1) SA1006 (A). The appellant sought the proprietary consequences flowing from the termination of a marriage solemnised according to Islamic rites (Nikah), the court refused to grant rights to polygymous unions on the grounds of public policy saying that “the union was contrary to the accepted norms that are morally binding on our society”.

The birth of our Constitution brought about acceptance, understanding and respect for every culture and religion. The Bill of Rights, considered the cornerstone of democracy, under Section 15, in Chapter 2, states that freedom of religion “does not prevent laws recognising marriages concluded under any tradition, or system of religious, personal or family law, or system of personal and family law under any tradition or religion,” provided that they are consistent with the Constitution. Among the first decisions reflecting the new constitutional values was the case of Amod v Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund 1999(4) SA1319 (SCA1). The plaintiff brought an action against the insurer of a driver who had negligently killed her husband. She and her husband had been married according to Muslim rites in a de facto monogamous marriage, which had not been registered in terms of the Marriage Act 25 of 1961. The Supreme Court of Appeal found that since the marriage had been a de facto monogamous marriage and undertaken according to the customs of a major religion through a very public ceremony, the appellant’s marriage, in the spirit of plurality, equality, and freedom of the new Constitution, could not continue to be found to be offensive to the bonos mores of society.

During the late 90’s as democracy gained momentum, a progressive move toward formal recognition of these marriages began.

The Recognition of Customary Marriages Act

The Recognition of Customary Marriages Act, was enacted in the last quarter of 2000.

Many Muslim individuals and couples incorrectly believed that this legislation would result in the recognition of (Nikah) Muslim marriages.

The customary marriages act affords recognition to a customary marriage concluded in terms of customary law. The act defines customary law as, “the customs and usages traditionally observed among the indigenous African peoples of South Africa and which form part of the culture of those peoples”. The definition clearly does not include or apply to marriages concluded by (Nikah) Muslim rights.

The customary marriages act thus does not afford recognition to (NIKAH) Muslim marriages.

Build up to the Muslim Marriage’s Bill

A Project Committee of the South African Law Reform Commission was established to investigate Islamic Marriages and matters related thereto.

This investigation ultimately led to drafting of the Muslim Marriages Bill.

Again many a Muslim mistakenly believed that Muslim marriages had attained recognition, after the deadline for public comment on the Muslim Marriages Bill had passed at the end of May, 2011.

The Muslim marriages bill, can only evolve into an ACT, or LAW, once it is enacted by parliament and allocated a commencement date.

Since the Muslim marriages bill has not been enacted and allocated a commencement date, it does not at present, amend the status of (Nikah) Muslim marriages in South Africa.

Delay in Enactment and Finalisation of the Muslim Marriage’s Bill

During the period that comment on the Muslim marriage’s bill was received, it became clear the two camps were emerging with divergent views and opinions regarding the recognition and regulation of Muslim marriages in South Africa.

The one school of thought motivate the view that the bill is unconstitutional and unislamic, in that it allows for state interference and regulation of sacred (Sharia) Islamic law. This group is also adamant that a non-Muslim jurist cannot preside over and rule on (sharia) Islamic law disputes.

Conversely the so called “liberal camp”, motivate the view that some form of regulation is better than none. They argue that progression and development of legal precedent around regulation of Muslim marriage, will be expedited if South African courts are allowed to decide on these matters and develop the law on a case-by-case basis.

This deadlock, coupled with further delays by all involved leaves the bill in somewhat of a void. There is presently no certainty or indication of when and how common ground will be attained.

Efforts by the Women’s Legal Centre Trust in relation to enactment of legislation to regulate and recognise (Nikah) Muslim marriages.

The Women’s Legal Centre Trust, in Cape Town, has always been at the forefront in assisting women affected by the consequences of non-recognition of Muslim marriages.

At the beginning of 2009 The Women’s Legal Centre Trust made an application directly to the Constitutional Court, requesting the court to compel the President and Parliament to pass legislation recognizing (Nikah) Muslim Marriages and regulating the consequences of such marriages within eighteen (18) months.

The constitutional court first addressed the question of jurisdiction, i.e. whether the court could be approached directly in this matter, as a court of first instance.

The Constitutional Court ultimately found that this application should follow the litigious hierarchy and be referred to the High Court, as court of first instance.

The Women’s Legal Centre Trust is due to launch this application in the Western Cape High Court, and we eagerly await the outcome.

Is it wise to hold your breath in anticipation of the Muslim marriages bill being enacted?

Considering all the difficulties and uncertainty around the bill as well as divergent opinions, it would be best to consider registration of your marriage in terms of the marriage act (25) of 1961

South African legislation is also by default not of retrospective application, and unless specified, an act will not apply to marriages before the commencement date.

Registration of (Imaam’s / Ulama) Muslim Clerics as Marriage Officers In April 2014

In 2014, the South African Department of Home Affairs launched a project to train (IMAAM / ULAMA) Muslim clerics to be designated marriage officers.

Over 100 (IMAAM’S /ULAMA) Muslim clerics, from around the country, graduated as marriage officers at the end of April 2014, allowing them to officiate and register Muslim unions.

Articles around this designation, have caused the most confusion with misleading titles such as

“As from 30 April 2014 Muslim marriages in South Africa are officially recognised.” and

“Muslim Marriage legal as a result of the Imams being designated as Marriage Officers in terms of the Marriages Act (25) of 1961.”

The factual situation is that not every (IMAAM/ALIM) Muslim cleric is a marriage officer.

In order to be designated a marriage officer a (IMAAM/ALIM) Muslim cleric must successfully complete a mandatory training course and examination.

Upon completion the (IMAAM/ALIM) Muslim cleric must be designated a marriage officer, as required in Section 4 of the Marriages act (25) of 1961.

This (IMAAM/ALIM) Muslim cleric is thus not a marriage office by virtue of his Islamic knowledge, training, or affiliation, but as a result of having successfully completed the requisite training and examination, in terms of the Marriages act (25) of 1961.

The role of the (IMAAM/ ALIM) Muslim cleric, as marriage officer would then be to solemnise the marriage in terms of the Marriage Act of 1961 after the (Nikah) Islamic marriage ceremony. The marriage officer must thereafter register the marriage formally with the Department of Home Affairs.

This registration is not a substitute for the (Nikah) Islamic marriage ceremony, nor does it have any bearing on its validity.

The designation of certain (IMAAM / ULAMA) Muslim clerics as marriage offices, does not afford recognition to (Nikah) Muslim marriage, but merely facilitates ease of registration, via (IMAAM/ ALIM) Muslim cleric, designated as marriage officer.

The proprietary consequences of such registered marriages will also be in terms of South African law and not (Sharia) Islamic law.

Does South Africa recognise (Nikah) Muslim marriage?

The short and concise answer is, NO.

However, by registering a marriage in terms of the marriages act 25 of 1961, spouses can obtain recognition and regulate the proprietary consequences of their marriage.

What are the potential dangers of not registering a marriage according to South African law?

If a spouse passes away and the marriage was not registered, the estate will be dealt with as that of an unmarried person, to the detriment of the surviving spouse.

Without a registered marriage, one may experience difficulty registering offspring under the father’s surname. In such an instance, birth certificates would be issued for a child on the mother’s surname.

Visa applications to visit certain countries, specify that marriage certificates should accompany applications.

Should the parties separate, enforcement of maintenance obligations, custody and access, arising from an Islamic marriage, could prove problematic.

What should a Muslim couple that contemplate (Nikah) Muslim marriage do?

Any couple that intend to marry by (Nikah) Islamic ceremony, should first consult an attorney to discuss the matrimonial property systems in South Africa and consider which will best suit their needs. An attorney must draft the necessary documentation before the marriage is registered in terms of the marriages act 25 of 1961. It is imperative that necessary documentation and contracts are finalised and attested to before registration in terms of the marriages act 25 of 1961.

What about spouses that are already married by (Nikah) Muslim ceremony?

A couple married by (Nikah) Islamic ceremony that have not registered the marriage in terms of the marriages act 25 of 1961, should likewise contact an attorney to discuss the matrimonial property systems in South Africa and consider which will best suit their needs. A marriage that is not registered in terms of the marriages act 25 of 1961, can be registered at any stage after the (Nikah) Islamic ceremony, irrespective of when the (Nikah) Islamic ceremony was performed.

What if a Muslim couple’s marriage has been registered in terms of the Marriages Act 25 of 1961, without an antenuptial contract?

South African law does make provision for registration of post nuptial contracts subject to certain requirements and court application. A Muslim couple that wants to change their matrimonial proprietary system must contact as attorney.

 

Bokant van Bladsy