prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

KOMMERSIELE REG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Handelsreg is nie ‘n afsonderlike vakgebied op sigself nie maar eerder ‘n samevoeging van verskillende vertakkinge van die reg wat belang het in die kommersiële sfeer. Hierdie vertakkings bestaan uit die maatskappye reg (t.w. die reg te make met maatskappye en ander juridiese persone), die reg op verhandelbare dokumente (t.w. tjeks, promesses, ens) en insolvensie reg (bankrotskap).

Ander vertakkinge van die reg, soos arbeidsreg en belasting reg het ook ‘n impak op die kommersiële reg en Prokureurs en Regsfirmas wie in kommersiële reg praktiseer, soms ook na verwys as Kommersiële Prokureurs, beskik oor die voorvereiste oorbrugging bedrewenheid om ‘n kosbare diens aan die handelsgemeenskap te kan verskaf. Hulle kliënte wissel van eenmansake en vennootskappe tot klein, medium en groot genoteerde maatskappye.

Mediasie spaar beide tyd en geld, siende dat dit juis daar is om duur litigasie en regsprosesse te vermy. Equillore is ’n leier in Alternatiewe Dispuut Oplossings (ADO) in Suid-Afrika en bied mediasiedienste in die Kommersiële en Openbare Sektore, Arbeid en Verbruikersreg velde. Lees meer oor hulle dienste hier.

Pro Scripto is een van die vooraanstaande forensiese dokument eksaminatore in SA - as jy twyfel oor die egtheid van 'n dokument (soos 'n testament) 'n handtekening of handskrif, kan jy hulle hier kontak.

 

Die Regsbronne - Sentrum

 

trm tax risk management

 

  1. Wat is ‘n Eenmansaak? (enkeleienaarskap)
  2. Wat is die kenmerke van ‘n Vennootskap en wat is die verskillende tipes vennootskappe?
  3. Wat is die kenmerke van ‘n Beslote Korporasie en kan ek nog ‘n CC registreer?
  4. Wat is die kenmerke van ‘n Maatskappy?
  5. Wat is die kenmerke van ‘n Ko-operatief? (Koöperasie)
  6. Wat is die kenmerke van ‘n Artikel 21 Maatskappy? (Garansie maatskappy)
  7. Wat is die eienskappe van ‘n trust?
  8. Watter tipe besighede benodig ‘n lisensie om sodanige bedryf te wettig?
  9. Wanneer behoort ‘n besigheid as ‘n BTW handelaar te registreer?
  10. Wat behoort ek te doen indien my belastingsake nie op datum is nie?
  11. Is die vrywillige openbaringsprogram van toepassing op oortredings van valutabeheer regulasies?
  12. Is daar enige belastingkortings-  en maatreëls wat klein besighede kan gebruik om hul belastinglas en voldoeningspligtigheid te verminder?
  13. Moet uitgewekenes (landuit bewoners) registreer vir belasting en opgawes indien?
  14. Wanneer word ‘n skuldenaar (debiteur) geag insolvent te wees?
  15. Wanneer mag ‘n hof die oorgawe van ‘n skuldenaar se boedel aanvaar? (Vrywillige oorgawe)
  16. Wat is die vereistes vir gedwonge sekwestrasie?
  17. Wat word in die nuwe Maatskappyewet bedoel met ‘n ‘besigheid red’?
  18. Wat van heuling aksies wat sekwestrasie voorafgaan?
  19. Hoe affekteer die nuwe Wet op Verbruiker Beskerming ‘n konsessiehouer?
  20. Wat is ‘n konsessie-ooreenkoms?
  21. Wat is die vereistes vir ‘n wettige konsessie ooreenkoms?
  22. Wanneer het ‘n franchise’e die reg om ‘n konsessie ooreenkoms te kanselleer?
  23. Welke bepalings kan nie ingesluit word in ‘n konsessie ooreenkoms nie?
  24. Wat is die vereistes t.o.v. die verskaffing van ondersteuning aan ‘n konsessiehouer?
  25. Wat is SEB kodes, en hoe sal die nuwe B-BSEB kodestel my Maatskappy beïnvloed?
  26. Hoe word mededingingsaangeleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie gereguleer?
  27. Versekering – Watter soort motorversekering is beskikbaar?
  28. Hoe verminder ek my risiko om oorverseker te wees?

 

equillore-banner-afr 

 

ummele-commercial-afr

 

1. Wat is ‘n Eenmansaak? (enkeleienaarskap)

 

  • ‘n Individu wie sy eie besigheid bedryf staan bekend as ‘n eenmanhandelaar: hy is geregtig om al die profyte wat hy/sy as persoon verdien te ontvang, en is alleen verantwoordelik vir die verpligtinge van die onderneming deelvormend tot die mate van sy persoonlike boedel.

  • Daar is geen onderskeid tussen die bates en laste van die besigheid en enige ander bates en laste wat die individu mag besit nie. Dus, sou die besigheid verlies ly en insolvent raak (bv. as die bates onvoldoende is om die eise van krediteure te betaal), sal hy ook insolvent verklaar word en sal al sy bates en laste ingewin word en ter gelde gemaak word ten einde te voldoen aan die eise van sy krediteure. Gevolglik sal ‘n krediteur in aangewese omstandighede geregtig wees om die individu se huis in te win om die skuld te delg.

  • Die hoofvoordeel van ‘n enkeleienaarskap tipe besigheid is die groter mate van persoonlike belang wat die eienaar kan hê in sy/haar besigheid as wat moontlik sou wees in ‘n groter bedryf.

  • ‘n Enkel eienaar is verantwoordelik vir al die besigheid besluite ooreenkomstig sy of haar alleeneienaarskap. Afgesien van insolvensie, sal ‘n eenmansaak eienaar se besigheid tot ‘n einde kom by sy of haar dood of by sluiting/toemaak daarvan. By die plaasvind van enige van hierdie gebeurtenisse sal sy eksekuteur of likwidateur die besigheid afrond en ter gelde maak (likwideer), die bates realiseer (gereeld by wyse van ‘n likwidasie verkoping) en die krediteure uit die opbrengs daarvan vergoed. Enige surplus wat oorbly nadat al die eise teen die besigheid vereffen was, sal, in die geval van dood, oorgaan na die erfgename of ander begunstigdes ooreenkomstig die bepalings van enige testament wat die oorledene mag agtergelaat het, terwyl in die geval van die sluiting / toemaak daarvan, die oorskot sal toeval aan die alleeneienaar daarvan.

    Bokant van Bladsy

 

2. Wat is die kenmerke van ‘n Vennootskap en wat is die verskillende tipes vennootskappe?

 

  • ‘n Vennootskap is ‘n kontrak tussen twee of meer partye waarby elk iets bydra of onderneem om by te dra tot ‘n onderneming wat gesamentlik deur hulle beoefen sal word met die doel om ‘n profyt te maak of om tussen hulle te verdeel.

  • Geen formaliteite word vereis vir die formasie van ‘n vennootskap ooreenkoms nie. Die kontrak neem aanvang van die moment wat konsensus bereik was, behalwe waar die partye ooreenstem dat hulle nie gebonde sal wees totdat ‘n skriftelike kontrak voorberei was nie.

  • Ten einde moontlike toekomstige misverstande uit die weg te ruim is dit wenslik, alhoewel nie regtens afdwingbaar nie, vir die partye om die dienste van ‘n prokureur te bekom ten einde die bepalings van hulle ooreenkoms, om ‘n vennootskap te vorm, op te stel as deel van ‘n dokument genaamd ’n ‘Vennootskapsakte’ of ‘Voorwaardes van Vennootskap’. Hierdie dokument sal inter alia die onderlinge aandele en profyte van die vennootskap uiteensit wat elke vennoot op geregtig sal wees (en die aandeel in die verliese waarvoor ‘n vennoot aanspreeklik sal wees), die rente, indien enige, waarmee elke vennoot gekrediteer moet word ten aansien van kapitaal geïnvesteer, en gedebiteer moet word ten aansien van onttrekkings gemaak in afwagting van profyte, en die grondslag waarop enige vennoot mag uittree uit die vennootskap. Indien hierdie sake nie oor ooreengekom word ten tyde van die formasie van die vennootskap nie, kan geskille, wat moontlik litigasie tot gevolg mag hê, later ontstaan.

  • Terwyl sommige vennote aktief of besturende vennote mag wees, en ander ’slapende vennote’, het die vennootskap geen aparte/ afsonderlike regsbestaan onafhanklik van die vennote wie dit vestig nie. Indien die vennootskap insolvent raak word al die vennote ook insolvent verklaar.

Ongewone vennootskappe verskil van gewone vennootskappe as volg:

  1. ‘n buitengewone vennoot het geen reg om deel te neem in die bestuur van die vennootskap besigheid nie, terwyl ‘n gewone vennoot oor hierdie reg beskik, tensy die vennote andersins ooreengekom het.

  2. ‘n buitengewone vennoot, anders as ‘n gewone vennoot, is nie aanspreeklik aan krediteure van die vennootskap nie, so lank hy nie voorgehou word om te wees nie, en nie optree soos ’n gewone vennoot nie.

n Buitengewone vennoot is wel aanspreeklik aan die aktiewe vennote vir vennootskap verliese. In die geval van ‘n sogenoemde anonieme vennootskap (ook na verwys as ‘n stilswyende vennootskap) sal hy of sy ook aanspreeklik wees vir sy volle pro rata gedeelte. Indien die vennootskap ‘n vennootskap in en kommandantjie is, sal hy/sy aanspreeklik wees vir ‘n geldsom wat nie sy/haar kapitale bydrae tot die vennootskap oorskry nie. ‘n Vennootskap en kommandantjie is een waarin die vennote tussen mekaar ooreenkom dat die besigheid van die vennootskap beoefen moet word deur sommige maar nie al die vennote nie, waarvan die onaktiewe (en nie geopenbaarde) vennote geen rol in die bestuur van die besigheid het nie maar slegs bydra tot die kapitaal daarvan.

Bokant van Bladsy

 

3. Wat is die kenmerke van ‘n Beslote Korporasie en kan ek nog ‘n CC registreer?

 

  • ‘n Beslote Korporasie, in terme van die Beslote Korporasie Wet, 1984 is soos ‘n maatskappy, slegs baie goedkoper en minder gekompliseerd om te behartig. ‘n CC is duurder om te behartig as ‘n vennootskap of eenmansaak want u moet vir ‘n boekhouer betaal om die ‘boeke te doen’ van die besigheid. U moet ook rekord hou namens die CC en elke lid moet rekords hou vir belastingdoeleindes.

  • Die persone aan wie die CC behoort en dit bestuur word lede genoem. Daar is nie aandeelhouers of ‘n voorsitter van die raad soos wat ‘n maatskappy het nie. ‘n CC mag ook nie meer as 10 lede hê nie.

  • Die reg sien ‘n CC as apart van die lede daarvan. Dit beteken dat die bates en laste aan die CC behoort anders as by eenmansake en vennootskappe, en die bates en laste van die lede het niks te make met die CC self nie.

  • Indien die besigheid ‘n CC is en die CC ‘n briefhoof het, moet die registrasie nommer daarvan en al die lede se name gedruk word onder aan die bladsy van so ‘n briefhoof. Die geregistreerde naam en nommer van die CC moet ook op tjeks verskyn.

Borgskap teken

  • Verskaffers mag dalk bang wees dat ‘n CC nie geld het om te betaal nie. Verskaffers maak dus dikwels seker dat iemand borgteken vir die CC, wat beteken dat indien die CC nie kan betaal nie, die persoon wat as borg geteken het die skuld sal moet betaal (aanspreeklik wees vir).

  • Lede van ‘n beslote korporasie moet altyd CC agter die naam van die CC voeg, byvoorbeeld ‘Cool Leathers CC’. Indien lede van die CC dit nie doen nie, beskou die reg nie die CC as ‘n afsonderlike entiteit nie en is die bates en laste daarvan nie apart van dié van die lede daarvan nie.

  • Indien die besigheid ‘n CC is en die besigheid oor ‘n briefhoof beskik, moet die CC se registrasie nommer en die lede se volle name op die briefhoof gedruk word. Die nommer sal soortgelyk wees aan: CK2008/031666/23.

  • Indien die besigheid ‘n kantoor het moet ‘n naambord opgesit word wat dit as ‘n CC uitken/aandui. Byvoorbeeld, indien Annie ‘n droogskoonmakery besit, moet sy ‘n naambord oprig met "ANNIE’S DRY-CLEANING SERVICES CC’ daarop.

‘n CC kan beëindig word deur vrywillige de -registrasie of likwidasie en die bates (wat nie aan die lede behoort nie maar aan die CC self) kan dan tussen die lede daarvan verdeel word op die wyse ooreengekom in die stigtings dokumentasie daarvan.

Vanaf 1 Mei 2011 was nuwe CC registrasies gestaak. (Maatskappy nou enigste opsie)


Bokant van Bladsy

 

4. Wat is die kenmerke van ‘n Maatskappy?

 

Maatskappye is onderworpe aan die Maatskappyewet, 2008, wat inwerking getree het op 1 Mei2011. Voor dié datum was die 1973 Wet uitgevoer. Die nuwe Wet is langdradig and gekompliseerd en sou u besluit om ‘n maatskappy te stig, of ‘n rak maatskappy te koop (leë, te koop mpy.) wat reeds gestig is, is dit aan te beveel om met ‘n prokureur daaroor te konsulteer. ‘n Memorandum van Inkorporasie (MVI) moet opgestel en dan geregistreer word by die CIPC, om aldus die entiteit te inkorporeer.(in werking te stel/in te lyf)

  • Maatskappye het aandeelhouers wie geld in die besigheid stort en wie dan ook die eienaars is van so ‘n besigheid. Direkteure bestuur die besigheid. Die reg beskou ‘n maatskappy as apart van die aandeelhouers en die direkteure daarvan. Dit beteken dat soos by ‘n CC, behoort die bates en laste aan die MPY en het die direkteure daarvan niks te make met die MPY nie.

  • Verskaffers of finansiële instansies wat geld uitleen sal dikwels die aandeelhouers of direkteure versoek om borg te staan vir die maatskappy. Indien die MPY nie self die skuld kan delg nie, moet die persone wat borg geteken het die maatskappy se skulde betaal.

  • Direkteure en aandeelhouers van maatskappye moet altyd (Edms.) Bpk. of Mpy. (ooreenkomstig die nuwe Wet) agter die naam van die MPY voeg. Indien hulle die naam sou skryf sonder die Edms. Bpk. of Mpy. toevoegsel, sal die reg nie die maatskappy as onafhanklik van die aandeelhouers, en die bates en laste van die maatskappy as apart van die van die aandeelhouers, beskou nie.

  • Indien die besigheid ‘n maatskappy is en dit ‘n briefhoof het, moet die registrasie nommer daarvan en die name van al die direkteure daarvan aan die einde van die briefhoof verskyn. Die geregistreerde name en nommer moet ook op tjeks verskyn.

  • ‘n Maatskappy kan ontbind word deur vrywillige de -registrasie of likwidasie. Die bates behoort aan die MPY en nie aan die aandeelhouers nie, en indien die maatskappy ontbind, word die bates verdeel tussen die aandeelhouers daarvan.

  • Ooreenkomstig die Maatskappye Wysigingswet, mag ‘n private maatskappy geregistreer word as ‘n ‘Geïnkorporeerde Private Maatskappy’ mits die memorandum van assosiasie daarvan ‘n bepaling vervat dat die direkteure en voormalige direkteure gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik sal wees, tesame met die maatskappy, vir sodanige skuld en ander laste van die maatskappy soos waartoe gekontrakteer was gedurende hulle ampsperiode. In hierdie geval sal die maatskappy se naam nie die byvoegsel (Edms.) Bpk. bevat nie, maar, in stede, die enkele woord ‘Geïnkorporeer’.

  • Die kredietwaardigheid van ‘n geïnkorporeerde private maatskappy is duidelik meer as dié van ‘n gewone private maatskappy, aangesien daar geen moontlikheid bestaan dat direkteure kan skuil agter die prinsiep van beperkte aanspreeklikheid nie; terwyl die aanspreeklikheid van die aandeelhouers beperk is, is dié van die direkteure onbeperk t.o.v. skulde opgedoen gedurende hulle ampsperiode as direkteure.

Bokant van Bladsy

 

5. Wat is die kenmerke van ‘n Ko-operatief? (Koöperasie)

 

Die Koöperasiewet (No 14 of 2005) was geïmplementeer op 2 Mei 2007. Enigeen wat ‘n Koöperasie stig moet dit eers laat registreer by die Registrateur van Koöperasies van die Departement van Handel en Nywerheid wat gestasioneer is in die CIPC kantore te Pretoria. Die Kantoor van die Registrateur is verantwoordelik vir die registrasie en de- registrasie van Koöperasies, sowel as vir die analise van finansiële state van Koöperasies. Hulle sal ook ‘n proef konstitusie aan die nuwe Koöperasie voorsien en, indien nodig, hulp verleen in die opstel van die Koöperasie se konstitusie.

Sodra die Koöperasie geregistreer is word dit ‘n ‘regspersoon’ wat beteken dat dit regsbevoegdheid besit soortgelyk aan dié van maatskappy en ander groepe. Dit kan byvoorbeeld bly voortbestaan selfs sou die lede daarvan mettertyd verander. Daar kan ook ‘n bankrekening daarvoor geopen word en dit mag grond en ander eiendom besit.

Die Departement van Handel en Nywerheid sal in staat wees om spesiale bystand te verleen sou dit:

  • Die ko-operatiewe beginsels navolg.

  • Billikheid en deelname van sy lede nastreef.

  • Uit swart mense, vrouens, jeugdiges, mense woonagtig in landelike gebiede of gestremdes bestaan.

Die ko-operatiewe beginsels is:

  • Dat dit deur al die lede daarvan besit word. Die lede dra elkeen ‘n gedeelte by tot die Koöperasie.

  • Bestuur maak besluite tesame met die ander lede .

  • Bestuur is verantwoordbaar aan die lede daarvan.

  • Die lede besluit self hoe om die Koöperasie te organiseer, byvoorbeeld loonbetalings se bedrae en hoe lank die werksure sal wees.

  • Profyt en verlies word verdeel tussen die lede.

Bokant van Bladsy

 

6. Wat is die kenmerke van ‘n Artikel 21 Maatskappy? (Garansie maatskappy)

 

  • Artikel 21 van die Maatskappye Wet voorsien vir ‘nie profyt draende Maatskappye’ of ‘assosiasies/verenigings wat nie geïnkorporeer is vir winsbejag nie’. Artikel 21 Maatskappye volg besigheid - georiënteerde (profyt draende) maatskappye na m.b.t. die regsstruktuur daarvan, maar beskik nie oor aandelekapitaal nie en kan nie aandele uitloof of dividende betaal aan hulle lede nie. In stede is hulle beperk deur waarborg, betekenend dat indien die maatskappy faal, die lede onderneem om ‘n bepaalde bedrag aan die krediteure te betaal.

  • ‘n Maatskappy het ‘n tweeledige bestuurstruktuur bestaande uit die lede en direkteure daarvan. Die lede oefen hulle bevoegdhede uit in algemene vergaderings, byvoorbeeld deur die bevoegdheid om direkteure aan te stel en af te dank, die stigtings dokumentasie te wysig en die bates van die NPO te vervreem/mee te handel. Die direkteure het wye uitvoerende verantwoordelikhede. Hoe ook al, hulle moet onafhanklike ouditeure aanstel en jaarliks ‘n algemene vergadering byeenroep waar verskillende sake hanteer word, insluitend die voorlegging van die geouditeerde state.

  • Artikel 21 maatskappye, net soos profyt draende maatskappye, word deur die Maatskappyewet beheer en het ‘n onafhanklike regspersoonlikheid. Die Registrateur moet die naam wat u vir die maatskappy gekies het goedkeur voordat dit geregistreer kan word. Hiervoor sal u ’n prokureur se dienste benodig – die jaarlikse verslaggewende vereistes gestel vir maatskappye is ook gekompliseerd en uitgebreid en nie altyd paslik vir klein gemeenskap georiënteerde organisasies nie.

Om ‘n Artikel 21 Maatskappy te registreer, moet:

  • U organisasie gevestig wees vir ‘n wettige oogmerk.

  • U hoofdoel moet godsdiens, die kunste, wetenskap, onderrig, welsyn, ‘n sosiale aktiwiteit of ‘n gemeenskaplike of groepsbelang georiënteerd wees.

  • Alle inkomste en eiendom moet slegs aangewend word vir die bevordering van die hoofdoel daarvan en geen bedrag of bate mag gegee of uitgereik word aan die lede of ampsdraers daarvan nie, behalwe as redelike vergoeding vir dienste verrig aan die organisasie.

  • By ontbinding van die maatskappy, moet al die surplus bates oorgedra word na ‘n ander organisasie met soortgelyke doelwitte.

  • Ooreenstemmend met openbare maatskappye, moet die organisasie beskik oor ten minste 7 stigterslede en 2 direkteure.

    Bokant van Bladsy

 

7. Wat is die eienskappe van ‘n trust?

 

  • ‘n Trust is ‘n reëling gemaak, uiteengesit in ‘n skriftelike dokument genoem ‘n Trustakte waarin ‘n eienaar of stigter eiendom of/en fondse oorhandig aan ‘n groep mense (genoem trustees) wie die bates administreer tot voordeel van ander mense (genoem begunstigdes) vir ‘n vermelde doelwit.
  • ‘n Trust word bestuur deur ‘n raad van trustees. Trustees se bevoegdhede is gewoonlik so wyd as moontlik om hulle in staat te stel om die doelwitte van die trust te kan bewaarheid en is gewoonlik soortgelyk aan die bevoegdhede van ‘n maatskappy. Trustees word van verwag om hulle pligte omsigtig, ywerig en bedrewe uit te oefen op so ‘n wyse as wat redelikerwys verwag kan word van ‘n persoon wie die belange van ‘n ander behartig. Trustees behoort nie self- bevoordeelde besluite te neem nie en behoort besluite te vermy in situasies waar daar ‘n konflik bestaan tussen wat die voordeligste sou wees vir die trust en wat die voordeligste vir die trustee persoonlik sou wees (konflik van belange). Hulle mag billike betaling ontvang vir hulle werk tensy die trustakte dit verbied.
  • Trusts word ooreenkomstig die gemene reg en die Wet op Trust Eiendomsbeheer, 57 of 1998geregistreer. Behalwe vir sekere redes, soos vir belasting en insolvensie doeleindes, het trusts nie ‘n onafhanklike regspersoonlikheid nie. Indien daar ‘n regsdispuut (litigasie) bestaan, sal die trustees wat in sodanige kapasiteit optree self vervolging instel of vervolg word, en nie die trust nie, ongeag daarvan dat trusteiendom beskerm word en dat die bovermelde Wet vereis dat trusteiendom onafhanklik gehou word van trustees se persoonlike eiendom. Daar word ook van trusts verwag om ‘n eie bankrekening te besit.
  • U benodig die dienste van ‘n notaris om u trustakte op te stel en te attesteer, wat dan geregistreer moet word by die Meester van die Hooggeregshof. Die trustakte vermeld u verkose trustees maar dit is die Meester wie hulle eintlik formeel aanstel. Die Meester van die Hooggeregshof mag versoek dat die trustees sekuriteit verskaf vir die behoorlike nakoming van hulle verpligtinge en dit word gewoonlik gereël deur ‘n versekeringsmaatskappy. Indien ‘n persoon hierdie verpligting, om sekuriteit te verskaf, wil vermy/laat ophef, sal die Meester gewoonlik versoek dat u ouditeure aanstel en volledige redes verskaf hoekom die trustees van hierdie verpligting vrygestel behoort te word.
  • Behalwe in sekere gespesifiseerde omstandighede, het ‘n trust nie ‘n regspersoonlikheid nie. Trusteiendom word egter beskerm en ‘n trustee wat in sodanige kapasiteit optree is nie persoonlik aanspreeklik vir trustskuld nie. (behalwe as hy of sy erg nalatig was of bedrog gepleeg het). Die openbaarmaking vereistes t.o.v. trusts is baie beperk en daar hoef nie ‘n ouditeur aangestel of jaarlikse finansiële state opgestel te word nie, tensy dit deur die trustakte vereis word.

Bokant van Bladsy

 

8. Watter tipe besighede benodig ‘n lisensie om sodanige bedryf te wettig?

 

Die volgende tipe besighede benodig ‘n lisensie:

  • Indien u van plan is om alkohol te verkoop (beheer deur die Drankwet, 2003)

  • Vervaardiging en die verkoop van bederfbare produkte

  • Gesondheid en vermaaklikheid aktiwiteite, soos ‘n besigheid bedrywende ‘n sauna, massering, snoeker, biljart, slotmasjiene, nagklubs, disko’s, flieks, ens.

Ongeag of daar aansoek gedoen sou word by die plaaslike raad of die Drank Raad vir ‘n lisensie of dranklisensie, is dit steeds aanbevole om die dienste van ‘n prokureur te bekom wie u tot diens sal kan wees. Verskillende staatsdepartemente sal die eienaar kontak vir ‘n afspraak om die besigheid te besoek en die perseel te inspekteer. Die volgende inspekteurs sal die perseel besoek:

  • Dorpsbeplanner, om te verseker dat die besigheid in ‘n wyk/area is wat afgebaken/uitgesit is vir besigheid

  • Gesondheidinspekteur, om te verseker dat die besigheid al die gesondheidreëls navolg

  • Inspekteur van die Brandweer om te verseker dat die besigheid nie ‘n brandgevaar inhou nie

  • Meganiese Ingenieur

Die inspekteurs moet die besigheid besoek binne 30 dae vanaf ontvangs van u aansoek, en sou die inspekteurs verwag dat die eienaar veranderings aanbring aan die besigheid perseel, moet die besigheid eienaar of sy prokureur aansoek doen by die raad om ‘n verdere 14 dae grasie ten einde die veranderinge te kan aanbring. Indien die eienaar nie vir sodanige verdere 14 dae grasie tydperk sou aansoek doen nie en die veranderings nie voltooi was binne die voorgeskrewe 30 dae na sodanige aansoek gerig was nie, sal die aansoekproses van vooraf begin moet word en sal die inspekteurs weer die perseel moet besoek en inspekteur.

Handelaars hoef nie aansoek te doen vir nuwe lisensies elke jaar nie, maar moet wel vir ‘n nuwe lisensie aansoek doen, indien:

  • Hulle die besigheid verskuif na ‘n ander perseel

  • Indien die besigheid verkoop word sal die nuwe eienaar vir ‘n lisensie moet aansoek doen

  • Indien die aktiwiteite van die besigheid verander word en ‘n lisensie vereis word vir die nuwe bedrywighede.

Dit is ‘n kriminele oortreding om ‘n besigheid te bedryf sonder ‘n lisensie waar een verlang word weens die aard van die besigheid. Die eienaar kan beboet of gevangenisstaf van tot 3 jaar opgelê word, so, as u onseker is of u besigheid ‘n lisensie benodig, konsulteer met ‘n prokureur. Dit is ‘n kriminele oortreding om alkohol te verkoop sonder ‘n lisensie daarvoor.

Bokant van Bladsy

 

9. Wanneer behoort ‘n besigheid as ‘n BTW handelaar te registreer?

 

Belasting op toegevoegde waarde (BTW), beheer deur die Wet of Toegevoegde Waarde,1991,  word betaal deur elke vervaardiger of verspreider/verskaffer wie die goedere hanteer voordat dit die finale eindpunt, die verbruiker, bereik. Dit word BTW genoem omdat belasting betaal word op elke stadium wat waarde toegevoeg word tot die produk.

  • ‘n besigheid moet geregistreer word as ‘n BTW handelaar (inbringer) indien die omsetwaarde (die totale verkope, sonder om die inset , uitset of ander kostes te verreken of af te trek), meer is as R1 miljoen per jaar.

  • Wanneer ‘n besigheid begin word, en u dink die omset sal meer wees as R1 miljoen, moet u as sodanig registreer.

  • Indien die omset minder is as R1 miljoen per jaar, kan die eienaar kies of hy/sy sodanig wil registreer of nie. Indien u sou registreer word dit vrywillige registrasie genoem. Indien die omset minder is as R50 000 per jaar, word die besigheid nie toegelaat om sodanig te registreer nie. Indien u nie hoef te registreer nie, maar wel mag, sou dit wys wees om dit slegs te doen as die besigheid baie goedere van verskaffers aankoop en u BTW sal kan terugeis ten einde die bedrag BTW verskuldig aan die SARS te verminder.(BTW is terug eisbaar sou die insetkoste die uitset koste oorskry – andersins sou die verskil daartussen die BTW verskuldig aan SARS wees).

Indien die besigheid ‘n eenmansaak of ‘n vennootskap is, moet die eienaars in eienaam registreer. Indien die besigheid ‘n CC of maatskappy is, moet die eienaars in naam van die besigheid registreer.

SARS sal aan die besigheid ‘n registrasie nommer uitreik, genoem ‘n BTW faktuur nommer. Hierdie nommer vereis van die persoon of besigheid om 14% BTW te hef op alle goedere of dienste wat deur die besigheid verkoop of verskaf word. ‘n BTW faktuur moet die volgende inligting bevat:

  • Die woorde ‘Belasting Faktuur’

  • Die BTW registrasie nommer van die besigheid

  • Die bedrag BTW betaal deur die kliënt apart van die prys van die goedere of dienste. Maak seker om daarop te let dat die BTW fakture wat u ontvang van ander besighede ook al hierdie besonderhede bevat, sou u die BTW wou terugeis van SARS. Indien ‘n faktuur nie hieraan voldoen nie sal sodanige SARS terugbetaling eis nie slaag nie.

Besighede geregistreer vir BTW moet rekord hou wat wys hoeveel BTW hulle ingevorder/ ingebring het. Selfs nadat die besigheid gesluit word, moet sodanige rekords steeds vir ‘n verdere 5 jaar bewaar word. Die volgende is voorbeelde van die rekords wat gehou moet word:

  • Fakture van u besigheid verskaf aan kliënte

  • Fakture vanaf u verskaffer aan u

  • ‘n Lys van debiteure en krediteure

  • Bank state, deposito strokies, en afskrifte van tjeks

  • Boekhoudings boeke

Bokant van Bladsy

 

10. Wat behoort ek te doen indien my belastingsake nie op datum is nie?

 

Inkomstebelasting in Suid-Afrika word deur die Wet op Inkomstebelasting beheer.

Artikels 225 tot 233 van die Wet op Belastingadministrasie, 28 van 2011 het in werking getree op 1 Oktober 2012. Die wet bevat ’n nuwe openbaringsprogram vir belasting betalers om vorige verontagsaming te regulariseer.

  • Vir ‘n belastingbetaler om suksesvol aansoek te doen vir verligting ingevolge die nuwe vrywillige openbaringsprogram, is dit nodig dat die belastingbetaler ‘n wanbetaling moes gemaak het. ‘n Wanbetaling word gedefinieer in artikel 225 van die Wet as om te beteken die onakkurate of onvolledige inligting verskaf aan die SARS of die versuim om informasie in te dien of die inneem van ‘n belasting standpunt wat veroorsaak het dat die belastingbetaler nie aangeslaan was vir die korrekte belastingbedrag nie, of die korrekte belastingbedrag nie oorbetaal was aan SARS deur die belastingbetaler nie, of dat‘n foutiewe terugbetaling gemaak was deur SARS.

  • ‘n Voorwaarde vir ‘n aansoek om verligting ooreenkomstig die Wet is dat die belastingbetaler nie bewus moet wees van enige hangende oudit of ondersoek wat begin was, maar nog nie afgehandel is nie.

  • Die Wet vereis dat die openbaring vrywillig moet wees, en ‘n wanbetaling/versuim moet insluit dit wat die belastingbetaler nie voorheen onthul het nie. Die openbaring moet volledig en ten volle wees, in alle wesentlike aspekte, en moet die potensiële oplegging van ‘n versagtende straf ten opsigte van die wanbetaling/versuim insluit, en nie die resultaat wees van ‘n terugbetaling verskuldig deur SARS nie.

  • Ten slotte skryf die Wet voor dat die openbaring gemaak moet word op die voorgeskrewe wyse.

Die nuwe vrywillige openbaringsprogram, beskikbaar ooreenkomstig die nuwe Wet, is nie so aanloklik soos dié ingevolge die vorige wetgewing nie, aangesien die belastingbetaler aanspreeklik bly vir rente wat betaalbaar is op die laatbetaling van die betrokke belasting.

Die goedkeuring van die vrywillige openbaringsprogram en die verligting beskikbaar ooreenkomstig die wet moet bevestig word deur ‘n skriftelike ooreenkoms beding tussen SARS en die kwalifiserende persoon. Artikel 230 van die Wet skryf voor dat die ooreenkoms in die voorgeskrewe formaat opgestel moet word, besonderhede van die feite bevat ten aansien van die wanbetaling/versuim waarop die openbaringsverligting berus, asook die bedrag betaalbaar deur die belastingbetaler, en moet besonderhede insluit van die reëlings getref en datums vir betaling en relevante ondernemings aangegaan deur die belastingbetaler en SARS.

SARS is geregtig om die vrywillige openbaringsverligting toegestaan te onttrek waar dit aan die lig sou kom dat die belastingbetaler versuim het om ‘n aangeleentheid te openbaar wat wesentlik is vir doeleindes van regmatige, vrywillige openbaring soos voorsien deur Artikel 227 van die Wet.

Bokant van Bladsy

 

11. Is die vrywillige openbaringsprogram van toepassing op oortredings van valutabeheer regulasies?

 

  • Ooreenkomstig die Vrywillige Openbaringsprogram en die Belastingwetgewing Tweede Wysigingswet,No 8 of 2010, kon belastingbetalers, gedurende die periode 1 November 2010 tot 31 Oktober 2011, aansoek doen vir verligting ingevolge die Vrywillige Openbaringsprogram en ter selfde tyd oortredings van die valutabeheer regulasies regulariseer deur aansoek te doen vir verligting by die Finansiële Waarnemings afdeling van die Suid Afrikaanse Reserwe Bank.

  • In die gids uitgereik vir die Wet op Belastings Administrasie, het SARS aangedui dat die vrywillige openbaringsprogram nie verligting sal bring t.o.v. belange betaalbaar aan SARS, of valutabeheer nie, en dat dié program bygelê in die wet net op belastingsake betrekking het. Dit lyk dus asof daar op hierdie stadium geen permanente planne bestaan vir die bewilliging van ‘n vrywillige openbaringsprogram t.o.v. permanente valutabeheer nie.

  • Daardie persone wie die valutabeheer regulasies oortree het, en nie gebruik gemaak het van die vorige vrywillige openbaringsprogram nie, sal van verwag word om hulle bemagtigde makelaars te nader vir bystand m.b.t. aansoeke om hulle valutabeheer sake te regulariseer.

  • Die bybelasting betaalbaar om verbrekings van die valutabeheer te regulariseer kan wissel van 20% tot 40% van die gewraakte oortredings bedrag. Die kwantum van die finale bybelasting betaalbaar aan die Suid Afrikaanse Reserwebank sal, onder andere, afhang van of die applikant verkies om die fondse oorsee te hou of dit na Suid Afrika te laat terugkeer.

Bokant van Bladsy

 

12. Is daar enige belastingkortings-  en maatreëls wat klein besighede kan gebruik om hul belastinglas en voldoeningspligtigheid te verminder?

 

  •  Kleinbesigheidsbelasting (KBB)  - Dit is in 2001 ingestel sodat besighede met ’n jaarlikse omset tot en met R14 miljoen minder belasting sou betaal.  In 2013/2014 belastingjaar was die bokerf R20 miljoen.  Dit is moontlik  vir besighede onder die KBB  bedeling  om ongeveer R60 000 per jaar aan belasting te bespaar, gegewe die KBB belastingkoers van 0% - 28% vir klein firmas.  Toerusting kan ook afgeskryf word teen belasbare inkomste in die jaar waarin dit aangekoop is.  Firmas kies om as KBB belas te word, waarna hulle deur SAID gekwalifiseer word.  Die vereistes is dat besigheidseienaars nie aandele in meer as een besigheid mag hê nie, nie meer as 20%  van hul inkomste mag verdien uit beleggings  of persoonlike dienste nie en word slegs as ’n verskaffer van persoonlike dienste geag indien hulle minstens drie (3) persone in hul diens het.  In 2011 is ongeveer 90 000 besighede deur hierdie belastingkorting bevoordeel.
  • Omsetbelasting – Dit is in 2009 ingestel sodat firmas wat slegs basiese rekeningkundige
    rekords hou en met ’n omset van minder as R1miljoen per jaar minder belasting kon betaal. Slegs 10 000 besighede het tot dusver vir omsetbelasting geregistreer, aangesien daar ’n groot nadeel aan verbonde is – ’n firma betaal belasting, ongeag of ’n wins gemaak of ’n verlies gely is. Daarenteen is geen belasting betaalbaar, kragtens normale inkomstebelastingreëls, as ’n verlies gely word nie. ’n Verdere nadeel is dat ’n besigheid vir drie jaar na registrasie gebonde bly aan die omsetbelastingskema.
  • Waagkapitaalaansporingskema - Dit is in 2009 ingestel.  Dit laat individue toe om belastingaftrekkings te maak met die aanvang van beleggings in waagkapitaalmaatskappye en daardie maatskappye, op hul beurt, in sekere soorte klein besighede belê.   Die nadeel van hierdie skema is tweërlei.  Eerstens verhaal SAID  – in een jaar - die belegger se volle aftrekking wanneer hy sy aandele in ’n waagkapitaalmaatskappy verkoop.  Daarna word kapitaalwinsbelasting gehef op enige wins wat gemaak is uit die verkoop van die aandele.
  • ’n Navorsing- en ontwikkelings (N en O) belastingvoordeel wat in 2006 ingestel is, bevoordeel ook  baie kleiner firmas.
  • Sars het ook ’n aantal ander aansporings ingestel om die belastinglas van klein firmas te verminder, soos die belastingamnestie van 2006, die verhoging van die omsetkerf vir BTW-pligtigheid tot R1 miljoen, asook  ’n spesiale vergunning aan klein firmas om BTW-opgawes drie maal per jaar in te dien in plaas van tweemaandeliks.

Bokant van Bladsy

 

13. Moet uitgewekenes (landuit bewoners) registreer vir belasting en opgawes indien?

 

Indiening van opgawes is verpligtend vir alle landuit bewoners, inkomend sowel as uitgaande, waar hulle inkomste die belasting kerf oorskry of waar hulle ‘n spesifieke tipe Suid Afrikaanse inkomste verdien.

  • ‘n Sleutelfaktor is om sy of haar belastingstatus te bepaal as ‘n belasting bewoner of nie -bewoner van SA.

  • Met die instelling van die verblyfbasis tipe van belasting. effektief t.o.v. aanslagjare wat begin op of na 1 Januarie 2001, was ‘n definisie vir ‘bewoner’ by die Belastingwet ingevoeg. ‘n Persoon wie kwalifiseer as ‘n ‘bewoner’ soos gedefinieer in artikel 1 van die Wet is onderworpe aan belasting in die Republiek ten aansien van wêreldwye ontvangstes en toevallings.

  • ‘n Bewoner is iemand wie óf ‘n gewone bewoner is in SA óf wie binne die vereistes van die ‘fisiese teenwoordigheid toets’ val. Alhoewel die wet nie die gewone bewoner definieer nie, het die howe dit geïnterpreteer as iemand wie SA beskou as die plek waarheen hy/sy sal terugkeer van sy/haar omswerwinge. ‘n Persoon wie nie normaalweg ‘n bewoner is nie mag steeds ‘n belasting -bewoner wees op grond van fisiese aanwesigheid. Die indienings verskil vir ‘n bewoner is dat hy/sy ‘n opgawe indien waardeur wêreldwye inkomste en kapitale toevallings verklaar word, terwyl ‘n nie –bewoner se indiening sy/haar SA inkomstebron en kapitale toevallings verklaar, onderworpe aan sekere uitsonderings.

  • Daar bestaan ook ‘n wanopvatting dat trekarbeiders (nie -bewoners vir belasting doeleindes) nie hoef te registreer as belastingbetalers nie en nie belastingopgawes in SA hoef in te dien nie, mits hulle minder as 183 dae per jaar in die land spandeer. Dis onwaar. Terwyl belastingverligting wel die eindresultaat mag wees, is dit steeds vir SARS om te besluit op die grondslag waarop die belasting aanslag ingedien was. Indien daar geen dubbelbelasting ooreenkoms tussen SA en die land van herkoms bestaan nie, sal die nie -bewoner inderdaad aanspreeklik vir belasting wees t.o.v. plaaslike inkomstebronne. Indien ‘n dubbelbelasting ooreenkoms wel sou geld, sal SARS die aansoek eers bevestig voordat besluit word of belastingverligting toepaslik is.

  • Soos met bewoners woonagtig en werkend buite SA, moet nie –bewoners jaarlikse belastingopgawes indien en ook reis en ander rekords hou, wat deel sal vorm van die fisiese teenwoordigheid toets. In wese voorsien die fisiese teenwoordigheid toets dat waar u teenwoordig sou wees in SA vir ten minste 91 dae/jaar van elk van die jare; tans, sowel as vir die vorige 5 jare, en vir ten minste 915 dae in totaal gedurende die vorige 5 jaar, sal u beskou word as ‘n bewoner vanaf die eerste dag van die jaar tans. Belasting bewoning kan verbreek word deur SA te verlaat vir ‘n bestek van 330 dae.

  • Met betrekking daartoe om ‘n gewone bewoner te wees, kan ‘n persoon se gewone of prinsipiële plek van verblyf baie beter omskryf word, in vergeleke met ander lande, as die persoon se ware tuiste. Die bogenoemde benadering was ook deur die howe gevolg.

  • Howe in beide Kanada en Engeland het beslis dat fisiese teenwoordigheid, ten alle tye, nie voorwaardelik is ten einde ‘n gewone bewoner in ‘n land te kan wees nie. Die effek van bogenoemde is dat ‘n natuurlike persoon ‘n belastingbewoner van SA mag wees, selfs sou die persoon nie fisies teenwoordig wees gedurende die relevante belastingjaar nie. Die rede, aard, en doelwit van die belastingbetaler se afwesigheid moet vasgestel word om te bepaal of die belastingbetaler steeds ‘n gewone bewoner is.

  • Die omstandighede van die persoon moet as geheel oorweeg word en die persoonlike optrede van die individu moet spesiale aandag geniet, daar mens geregtig is om te let op die belastingbetaler se lewenstyl, ook verby die besondere periode onder konsiderasie. Dit is nie moontlik om die tydduur te spesifiseer wat sodanige vergelyking wat gemaak word, behoort te dek nie. Die vergelyking moet egter wel ‘n genoegsame periode dek om te kan bepaal of ‘n persoon ‘n gewone bewoner is.

Bokant van Bladsy

 

14. Wanneer word ‘n skuldenaar (debiteur) geag insolvent te wees?

 

  • In terme van die Insolvensiewet, 1936, ‘n debiteur wie nie die eise van al sy/haar krediteure kan delg nie kan gesekwestreer word (insolvent verklaar word) deur die hof. Die hoofdoel van so ‘n bevel is om te verseker dat ‘n billike verdeling van die skuldenaar se bates plaasvind onder al die skuldeisers (krediteure). Uitvoering daarvan vind op die gewone wyse teen die eiendom van ‘n insolvent plaas wat noodwendig veroorsaak dat sommige krediteure ten volle, en ander gedeeltelik, vergoed word maar die meerderheid niks ontvang ter voldoening aan hulle eise nie – as u ‘n krediteur met uitstaande skuld is behoort u dalk met ‘n kundige prokureur te konsulteer om te verseker dat u nie in ‘n soortgelyke benarde posisie beland nie.

  • Sekwestrasie wens te verseker dat al die bates wat die debiteur besit pro rate verdeling tussen al die skuldeisers, ooreenkomstig ‘n voorafbepaalde voorkeurorde, tot gevolg sal hê.

  • Alhoewel sekwestrasie nie daargestel word om die posisie van die debiteur te verlig nie, behou dit wel sekere voordele vir hom of haar in: een daarvan is dat dit die persoon onmiddelik van skuldvordering verrigtinge verlos wat ingestel was deur ontevrede krediteure; en tweedens bied dit die persoon die geleentheid, sodra die sekwestrasie se wendings voltooi was, om gerehabiliteer te word (sy/haar solvente status terug te verkry), en te beskik oor ‘n nuwe boedel vry van die bande van ou skuld.

Om hierdie rede kan die debiteur se boedels op twee wyses gesekwestreer word

  • Die debiteur of sy agent mag aansoek doen by die hof vir aanvaarding van oorgawe van die boedel, ook na verwys as vrywillige oorgawe.

  • ‘n Krediteur/e of agent/e daarvan mag aansoek doen by die hof vir die sekwestrasie van die debiteur se boedel, ook bekend as gedwonge sekwestrasie.

Bokant van Bladsy

 

15. Wanneer mag ‘n hof die oorgawe van ‘n skuldenaar se boedel aanvaar? (Vrywillige oorgawe)

 

Die hof mag die oorgawe van ‘n debiteur se boedel aanvaar indien die hof tevrede is dat:

  • Die debiteur se boedel inderdaad insolvent is. Die toets is of die debiteur se verpligtinge, billikerwys bepaald, sy bates oorskry, soos billikerwys gewaardeer. Onvermoë om skuld te betaal is nie op sigself afdoende bewys van insolvensie nie.

  • Die skuldenaar moet realiseerbare eiendom, van genoegsame waarde, besit om die kostes van die sekwestrasie te dek wat betaalbaar is uit die vrye oorskot (t.w. die onbelaste gedeelte) van die boedel.

  • Dit moet vasstaan dat die sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sal wees.

Bykomend moet die howe tevrede wees dat die voorlopige stappe, soos prosessueel vereis en ook hieronder uiteengesit, gevolg was, te wete dat:

  • ‘n Kennisgewing van oorgawe gepubliseer was

  • Kennis aan elke krediteur verskaf was

  • ‘n verklaring van sake uiteengesit en ingehandig was, en

  • ‘n aansoek aan die hof gerig was.

Voordat ‘n besluit bereik (beslissing gevel) word mag die hof die applikant of enige ander persoon versoek om te verskyn en om deur die hof ondervra te mag word. Selfs sou die hof tevrede wees dat die statutêre vereistes nagekom was, het dit steeds ‘n diskresie om die oorgawe te weier.

Bokant van Bladsy

 

16. Wat is die vereistes vir gedwonge sekwestrasie?

 

  • Die taak om beslote korporasies en maatskappye af te rond (te likwideer), wat nie in staat is om hulle skuld te delg nie, het baie kompleks en ingewikkeld geword met inwerkingtreding van die nuwe Maatskappyewet, 2008.

  • ‘n Onderskeid ooreenkomstig die ou Maatskappyewet, 1973(soos hieronder verduidelik) ten aansien van likwidasie was, tegnies, nooit ‘solvente’ teenoor ‘insolvente’ maatskappye nie, maar eerder dié van ‘maatskappye in staat om hulle skulde te vereffen ‘ teenoor ’maatskappye in onvermoë om hulle skulde te betaal’, met feitlike insolvensie as slegs nog ‘n faktor wat ook in ag geneem moet word ten einde die aangewese vrae te beantwoord.

  • Dit is wesentlik om met ‘n kommersiele prokureur oor hierdie aangeleenthede te konsulteer daar hy/sy bewus is van die verskeie opvattings verskille hieroor, daarbuite , en in staat sal wees om enige ondersteunende gewysde (gerapporteerde) sake te onderskei en toe te pas op u saak.

n Debiteur pleeg ‘n insolvensie handeling onder die volgende omstandighede:

Verlating/afwesigheid van Suid Afrika

  • Indien hy/sy SA verlaat, of afwesig is van, en afwesig bly met die doel daardeur om betaling van sy/haar skuld te verhoed of te vermy.

Versuim om aan die uitspraak te voldoen

  • Indien die hof vonnis toegestaan het teen hom/haar en lg. versuim, na versoek van die Geregsbode om gehoor te gee daaraan of om aan die Geregsbode besonderhede te verskaf van uitwinbare bates, beskikbaar ter voldoening daarvan, of dit uit die relaas soos verskaf deur die Balju sou blyk dat hy/sy nie genoegsame uitwinbare goedere kon vind om daaraan te voldoen nie.

Vervreemding van eiendom

  • Indien hy/sy ontslae raak, of probeer ontslae raak van enige van sy/haar eiendom wat die effek het, of sou h?, om sy/haar krediteure te verontreg of een krediteur bo ‘n ander te stel.

Verwydering van die eiendom

  • Indien die debiteur enige van sy/haar eiendom verwyder, of poog om dit te verwyder om sy/haar krediteure te verontreg of een krediteur bo ‘n ander te stel.

Reëlings vir ontheffing van skuld

  • Indien die debiteur reëlings sou tref, of aanbied, met enige van sy/haar krediteure ten einde hom/haar te onthef, hetsy in geheel of gedeeltelik, van sy/haar skuld.

Versuim om ooreenkomstig die oorgawebepalings te handel

  • Indien, na publikasie van ‘n kennisgewing van oorgawe van sy/haar boedel, hy versuim om ‘n opgawe van sy/haar sake te verskaf, of ‘n foutiewe of onvolledige verslag in te dien t.o.v. wesentlike aspekte, of versuim om te verskyn vir die oorgawe van sy/haar boedel op die datum vermeld in die vermelde kennisgewing.

Skriftelike kennisgewing van onvermoë om te betaal

  • Indien hy/sy skriftelik aan enige van sy krediteure kennis gee dat hy/sy nie in staat is om enige van sy skuld te betaal nie.

Onvermoë om te betaal na kennisgewing van verkoop van ‘n besigheid

  • Indien, as ‘n handelaar, hy kennis gee van sy /haar bedoeling om sy/haar besigheid te verkoop en daarna nie in staat is om al sy/haar skuld te betaal nie.

Bokant van Bladsy

 

17. Wat word in die nuwe Maatskappyewet bedoel met ‘n ‘besigheid red’?

 

  • Hoofstuk 6 van die nuwe Maatskappyewet van 2008, wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, handel oor die gronde wat voldoende sal wees om ‘n hofbevel te verkry om met handelredding prosedures te begin.

  • Die vraag omtrent die gronde vir handelredding het te make daarmee of so ‘n aansoek suksesvol sal kan wees indien daar slegs aangetoon kan word dat ‘n ontronding van die maatskappy, gedurende handelredding, ‘n beter resultaat tot gevolg sal hê vir die krediteure en aandeelhouers as wat afronding (likwidasie) sou hê.

  • ‘n Interpretasie probleem ontstaan hier a.g.v. die definisie verskaf vir handelredding deur artikel 128(1) (b) van die Maatskappyewet, wat die gedagte laat dat indien die alternatiewe objek ‘n beter opbrengs vir die krediteure en aandeelhouers sou voorsien, likwidasie voldoende sal wees vir ‘n besigheid reddingsbevel.

  • Maar as gekyk word na die eintlike operatiewe artikel, wat voorsiening maak vir handelredding, na hofaansoeke deur ‘geaffekteerde persone’ (krediteurs, aandeelhouers, vakbonde, werknemers), blyk dit dat mens noodwendig die hof tevrede sal moet stel dat daar ‘n redelike vooruitsig bestaan om die maatskappy te kan red – m.a.w., ‘n ‘beter opbrengs’ op sigself is nie genoeg nie – u sal moet aantoon dat u die maatskappy se voortsetting kan verseker.

  • Indien die besigheid redding praktisyn tot die konklusie kom dat die maatskappy nie gered sal kan word nie, moet hy/sy (nie mag) ooreenkomstig art.14(2) aansoek doen by die hof om die besigheid redding te staak en dan die maatskappy onder likwidasie plaas.

  • Die vraag word selfs meer relevant wanneer direkteure en ampsdraers van finansieel gebukte maatskappye probeer om die hof te oortuig om besigheid reddingsbevele toe te staan, en daardeur hulleself te verskans van die soek same oog van die likwidateur en die potensiële persoonlike aanspreeklikheid vir skulde van die maatskappy, sou daar roekelose handel plaasvind (art. 424 van die vorige Maatskappyewet, wat steeds betrekking het op likwidasies).

  • Slegs ‘n handvol aansoeke vir ‘handelredding’ was al suksesvol – indien u dit oorweeg om aansoek te doen vir ‘n ‘handelredding’ t.o.v. u besigheid, maak seker om met ‘n kommersiele prokureur te konsulteer wie u van die nodige advies sal kan voorsien.

Lees verder hier oor ondernemingreddingsverrigtinge.

Bokant van Bladsy

 

18. Wat van heuling aksies wat sekwestrasie voorafgaan?

 

Na die sekwestrasie van die skuldenaar se boedel, mag die hof, op aansoek, enige transaksies aangegaan voor sodanige sekwestrasie tersyde stel, waarby hy/sy samespannend met ‘n ander persoon, bates vervreem het wat aan hom/haar behoort, op ‘n wyse wat effektief tot nadeel van sy krediteure was of een van sy krediteure bevoordeel het bo ‘n ander.

  • Enige persoon wie ‘n party is tot sodanige samewerkende vervreemding sal aanspreeklik wees om enige verlies, veroorsaak aan die betrokke insolvente boedel daardeur, te vergoed, en sal by wyse van straf, tot voordeel van die boedel, sodanige som as wat die hof mag vasstel, moet betaal, wat nie die bedrag sal oorskry waarmee hy/sy bevoordeel sou word deur sodanige transaksie indien dit nie tersyde gestel was nie; en indien hy/sy ‘n krediteur sou wees, sal sy/haar eis teen die boedel ook verloor word.

  • Sodanige vergoeding en straf mag herwin word deur enige aksie ingestel om sodanige transaksie tersyde te stel.

Bokant van Bladsy

 

19. Hoe affekteer die nuwe Wet op Verbruiker Beskerming ‘n konsessiehouer (Franchise’e)?

 

Die definisie van ‘verbruiker’ in die nuwe Wet op Verbruiker Beskerming sluit ‘n konsessiehouer in, ongeag of hy/sy ‘n individu of ‘n juridiese persoon sou wees.

As resultaat daarvan, sal ‘n aantal bepalings van die Wet toepassing vind op konsessiehouers. In besonder sal die volgende aspekte nou naderby reguleer word:

  • Die manier waarop konsessie geleenthede geadverteer en bemark word;

  • Die wyse waarop konsessie ooreenkomste onderhandel word;

  • Die bepalings van konsessie ooreenkomste; en

  • Die verskaffing van goedere en dienste deur die konsessiegewer aan die konsessiehouers (nemer).

Wat is ‘n konsessie ooreenkoms?

Die wet sit uiteen wat die hoof eienskappe van ‘n konsessieooreenkoms is en wat dit , soos volg, sal onderskei van ander ooreenkomste:

  • Die konsessiegewer ken aan die konsessiehouer die reg toe om die besigheid te bedryf ooreenkomstig ‘n sisteem of bemarkingsplan opgestel of beheer deur die konsessiegewer;

  • Die konsessiehouer se besigheid sal ooglopend of wesentlik geassosieer word met die konsessiegewer se kenmerk (insluitend handelsmerke en advertensieprogramme of enige soortgelyke bemarking en kenmerk programme wat besit, gebruik en gelisensieer word deur die konsessiegewer); en

  • Die konsessiehouer kan kontraktueel verplig wees om goeder en dienste, verskaf deur of onder toewysing van die konsessiegewer, te ontvang.

Bokant van Bladsy

 

20. Wat is ‘n konsessie-ooreenkoms?

 

Navorsing van die Konsessievereniging van Suid-Afrika(FASA) (Augustus 2013) het getoon dat R300 biljoen in 2012 in Suid-Afrika deur konsessies gegenereer is, asook dat daar meer as 300 000 werknemers in diens van meer as 30 000 konsessiebesighede is. Die Wet dui die belangrikste eienskappe van ‘n konsessie-ooreenkoms aan wat dit onderskei van ander ooreenkomste en wel as volg :

  • Die konsessiegewer verleen aan die konsessiehouer die reg om handel te dryf volgens ‘n stelsel of bemarkingsplan wat deur die konsessiegewer ontwikkel of beheer word;

  • Die konsessiehouer se besigheid sal hoofsaaklik assosieer word met die handelsnaam (brand) van die konsessiegewer (insluitend handelsmerke en advertensieprogramme of enige soortgelyke bemarkings- en  handelsmerkprogramme wat deur die konsessiegewer gebruik of geliseniseer word of waarvan hy die eienaar is); en

  • Die konsessiegewer kan kontraktueel verplig word om goedere of dienste te ontvang wat deur die konsessiegewer self verskaf word, of deur iemand wat deur die konsessiegewer aangewys word.

 

Bokant van Bladsy

 

21. Wat is die vereistes vir ‘n wettige konsessie (franchise) ooreenkoms?

 

  • Franchise ooreenkomste moet skriftelik wees en onderteken word deur of namens die konsessiehouer.

  • Die ooreenkoms moet skriftelik en in eenvoudige taal weergegee word sodat ‘n gewone konsessiehouer, met gemiddelde literêre bekwaamheid en minimale ondervinding as ‘n konsessiehouer, van verwag sal kan word om die inhoud daarvan, asook die waarde en belang van die ooreenkoms, en sonder enige onnodige moeite, te begryp, met inbegrip van:

(a) die konteks, trefwydte/uitgebreidheid en bestendigheid van die ooreenkoms;

(b) die organisering daarvan, vorm and styl;

(c) die woordkeuse, gebruik en sinstruktuur gebruik; en

(d) die gebruik van enige illustrasies, voorbeelde, opskrifte of ander begrips en leeshulpmiddels.

Die Nasionale Verbruikerskommissie mag eenvoudige taal gidsvoorskrifte publiseer om konsessiegewers van hulp te wees hiermee.

Bokant van Bladsy

22. Wanneer het ‘n konsessiehouerdie reg om ‘n konsessieooreenkoms te kanselleer?

 

‘n Konsessiehouer mag, d.m.v. ‘n skriftelike kennisgewing aan die konsessiegewer, ‘n konsessieooreenkoms, sonder koste of straf, binne 10 besigheid dae na ondertekening daarvan kanselleer.

Watter bykomende beskerming is beskikbaar aan ‘n konsessiehouer?

  • Die wyse waarop ‘n konsessie geadverteer word, bemark word of andersins beding word moet nie onbillik, onredelik of onregmatig wees nie.

  • ‘n Konsessiegewer mag nie heffings vra op konsessie, bemarking of ander fooie met betrekking tot die konsessie, of die verskaffing van goedere en dienste ooreenkomstig die ooreenkoms wat onbillik, onredelik of onregmatig is nie.

  • Die ander bepalings van die konsessieooreenkoms moet ook nie onbillik, onredelik of onregmatig wees nie.

  • Die konsessiegewer mag nie van die konsessiehouer verwag om enige van sy/haar regte op te gee of enige verpligting op te neem; of enige verpligting op te gee ooreenkomstig bepalings wat onbillik, onredelik of onregmatig is, of enige sodanige bepalings afdwing as ‘n voorwaarde om te mag toetree tot ‘n transaksie nie.

Bokant van Bladsy

23. Welke bepalings kan nie ingesluit word in ‘n konsessie ooreenkoms nie?

 

Die volgende bepalings en voorwaardes kan nie ingesluit word in ‘n konsessie ooreenkoms nie:

  • Enige bepalings of voorwaardes wat die algemene doel of effek het om:

  • Die doel en beleid van die Wet te verydel nie;

  • Die konsessiehouer te mislei of onder ‘n wanindruk te bring nie; of

  • Die konsessiehouer onderwerp aan bedrieglike optrede nie.

Enige bepalings of voorwaardes wat direk of indirek voorhou om die konsessiehouer van ‘n reg, op beskik ingevolge die Wet, te ontneem of van te weerhou, of wat die konsessiegewer toelaat om enige verpligting wat hy /sy ooreenkomstig die Wet het te vermy, of wat enige bepaling van die Wet tersyde stel of wysig.

Enige bepalings en voorwaardes wat die konsessiegewer bemagtig om iets te doen of te versuim om iets te doen wat onwettig ingevolge die wet is.

Enige beperking of uitsluiting van aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of indirek toeskryfbaar aan die ernstige nalatigheid van die konsessiegewer, of enige ander persoon wat optree namens die konsessiegewer of wie onder die konsessiegewer se beheer staan.

Enige bepaling wat verlang dat die konsessiehouer toetree tot ‘n aanvullende ooreenkoms, of ‘n dokument onderteken wat poog om die beskerming verskaf deur die Wet te omseil of te wysig.

Enige vals erkenning deur die konsessiehouer dat geen beloftes of waarborge gemaak was aan hom/haar deur die konsessiegewer, of deur enigeen wat namens die konsessiegewer optree, alvorens die ooreenkoms beklink was nie.

Enige vals erkenning deur die konsessiehouer dat hy/sy goedere of dienste ontvang het, of ‘n dokument wat deur die wet vereis word om aan die konsessiehouer te verskaf.

Enige verbeuring klousule, hetsy dit is vir geld of andersins, wat in werking sal tree indien die konsessie’e enige reg sou uitoefen ooreenkomstig die Wet, of waarop die konsessiegewer nie andersins op geregtig sou wees nie.

Enige bepaling wat die konsessiegewer magtig om enige perseel te betree vir die doel om besit te neem van goedere waarop die ooreenkoms betrekking het.

Enige onderneming deur die konsessiehouer om vooruit vir enige dokumentasie te teken t.o.v. die afdwinging van die ooreenkoms, ongeag of sodanige dokumentasie volledig of onvolledig was ten tyde waarvan dit onderteken was.

Enige toestemming tot voorafbepaalde kostes te aansien van die konsessie ooreenkoms se afdwinging.

‘n Onderneming deur die konsessiehouer om sy/haar identiteitsdokument, krediet of debietkaart by die konsessiegewer te laat, of om sy/haar persoonlike identifikasiekode of nommer, vir toegang tot sy/haar bankrekening, te verskaf.

Enige sodanige bepaling sal nietig wees en sal óf verwyder word van die konsessieooreenkoms, indien moontlik, óf andersins die hele dokument nietig maak.

Bokant van Bladsy

24. Wat is die vereistes t.o.v. die verskaffing van ondersteuning aan ‘n konsessie?

 

Wanneer ‘n konsessiegewer onderneem om enige diens vir of namens ‘n konsessie te verskaf, moet die konsessiegewer, met in ag neming van die omstandighede en die spesifieke kriteria of voorwaardes waarop ooreengekom was deur die partye:

  • Daardie dienste op ‘n stiptelike wyse verskaf en voltooi;

  • Redelike kennisgewing verskaf aan die konsessiehouer, sou daar enige onvoorsiene vertragings sal wees in die verskaffing van die dienste;

  • Dienste van sodanige aard en kwaliteit verskaf as wat persone normaalweg geregtig op sal wees om te verwag;

  • Indien enige goedere benodig word ten einde die dienste te kan verskaf moet sodanige goedere vry van gebreke wees, en van ‘n kwaliteit wees wat persone normaalweg op geregtig sal wees om te verwag;

  • Enige eiendom wat beskikbaar gemaak was deur die konsessiehouer vir die verskaffing van die dienste, teruggee, in ten minste dieselfde goeie kondisie as waarin dit was toe die konsessiehouer dit oorhandig het.

Indien die franchisegewer versuim om ‘n diens te verskaf ooreenkomstig hierdie standaarde, mag die konsessiehouer van die franchisegewer verwag om, óf:

  • Enige defek in die kwaliteit van die diens gelewer of goedere verskaf te rektifiseer; ÓF

  • ‘’n redelike gedeelte van die fooie wat betaal was vir die dienste gelewer en goedere verskaf, terug te gee, met in ag neming van die omvang van die franchisegewer se versuim.

Bokant van Bladsy

 

25. Wat is SEB kodes, en hoe sal die nuwe B-BSEB kodestel my Maatskappy beïnvloed?

 

SEB handel oor 7 elemente wat gesamentlik 100 punte opmaak. Hulle is:

  • SEB verkryging,

  • Bedryfsontwikkeling, wat saam met verkryging 35% van die totale SEB telkaart opmaak,.

  • Sosio-ekonomiese ontwikkeling,

  • Bedrewenheid ontwikkeling,

  • Billike indiensneming,

  • Eienaarskap,

  • Bestuur.

Elke aspek van die hersiene kodes is ‘n teegif op die effektiwiteit van die bestaande kodes, wat onderwerp was aan vele misbruike, deur menige maatskappye wat SEB geïgnoreer het, of wat hulle SEB status verdoesel het, of oneerlik was met betrekking tot al die aspekte van die SEB telkaart.

Die nuwe kodes plaas meer aandag op verskansing, wat blyk ook in te sluit enige maatskappy wat nie ‘n telkaart sou inkorporeer nie. Die gevolg hiervan is dat die verkryging meganisme nou gedeeltelik vervang word met geregtelike aanspreeklikheid ter voldoening aan die kodes. In effek het die vorige nie – voldoening potensiële verliese beteken, waar dit nou egter potensiële boetes of selfs gevangenisstraf sal kan beteken.

Beriggewers glo die nuwe kodestel adresseer nie die probleme, soos die misbruik van die telkaart, verskansing, nie - voldoening aan SEB en verifikasie agentskap misbruike, nie, en dat dit inteendeel dalk baie van die bestaande probleme mag vererger, en dat dit nou ook in totaliteit moeiliker gaan word om ‘n goeie telling te kan verkry. Artikel 73 (A) (3) en (4) van die Wysigingswet op Mededinging verleen strafregtelike aanspreeklikheid op individuele kartel lede.

Bokant van Bladsy

 

26. Hoe word mededingingsaangeleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie gereguleer?


Die demokratiese regering van Suid-Afrika het in 1998 ‘n nuwe raamwerk daargestel vir die regulering van Mededingingaangeleenthede. Die Mededingingsraad is vervang deur drie onafhanklike instansies wat geskep is deur die Wet op Mededinging van 1998. Hierdie drie instansies is die Mededingingskommissie, die Mededingingstribunaal en die Mededingingsappélhof. Hierdie Wet het firmas verplig om die Kommissie en/of die Tribunaal in kennis te stel van samesmeltings en verkrygings bo ‘n sekere bedrag.

  • Die Kommissie is die agentskap wat sake ondersoek en besluite afdwing.  Die Tribunaal is die regsprekende liggaam en funksioneer in baie opsigte soos ‘n geregshof.  Die appélhof bereg appélle teen besluite van die Tribunaal.
  • In die praktyk reguleer die Wet op Mededinging twee breë mededingingsgebiede – samesmeltings en verkrygings aan die een kant, en verbode praktyke(teen-mededingende optrede) aan die ander kant.
  • Die Kommissie ondersoek en neem besluite oor tussentydse samesmeltings.   In geval van groot samesmeltings sal die Kommissie egter na ‘n ondersoek ‘n aanbeveling aan die Tribunaal doen vir laasgenoemde om daaroor te besluit.
  • Die Kommissie ondersoek verbode praktyke en kan dit na die Tribunaal verwys vir vervolging indien dit nodig geag word.
  • Die Kommissie en die party wat ondersoek word sal soms ‘n skikking aangaan, waarna die Tribunaal dan moet besluit om die ooreenkoms te bekragtig om dit regtens afdwingbaar te maak.
  • Privaat partye kan ook die Tribunaal nader vir tussentydse bystand in sake wat handel oor verbode praktyke.
  • ‘n Lid van die publiek kan ‘n saak regstreeks na die Tribunaal bring indien daardie persoon reeds die saak na die Kommissie geneem het en die Kommissie ‘n sertifikaat van “geen-verwysing” uitgereik het.
  • Die Tribunaal word verplig om ‘n verhoor oor elke saak te hou.   Die publiek het vrye toegang tot hierdie verrigtinge. Byna alle sake moet deur drie lede van die Tribunaal aangehoor en beslis word, behalwe vir ‘n aantal sake wat handel oor prosedurele aangeleenthede.
  • Die Tribunaal publiseer sy besluite op sy webblad.
  • Die lede van die Tribunaal word vir ‘n 5 jaar – termyn aangestel deur die President.   Hul termyn kan hernu word.   Lede het gewoonlik ervaring op regs- of ekonomiese gebied.
  • Die Tribunaal het ‘n voltydse personeel van 14, wat in drie afdelings werk -  Registrasie, Korporatiewe dienste en Navorsing.
  • Die Registrateur van die Tribunaal kan geskakel word vir meer inligting.

Bokant van Bladsy



27. Versekering – Watter soort motorversekering is beskikbaar?

 

Korttermynversekering word deur die Wet op Korttermynversekering beheer.

Omvattend :
Hierdie soort versekering bied die meeste dekking. U sal byvoorbeeld in die volgende gevalle gedek wees : diefstal, ontvoering, ‘n ongeluk, vuur en selfs vir skade as gevolg van natuurrampe soos haelstorms. Omvattende versekering dek jou ook vir die skade wat jy aan ‘n ander persoon se voertuig veroorsaak.
Derde party, Vuur en Diefstal :
Hierdie soort dekking betaal nie uit as u motor in ‘n ongeluk betrokke is nie of as u per ongeluk in u garagemuur vasry nie. U word net gedek vir die koste (skade) van die ander party indien u skuldig is, maar u bly aanspreeklik vir die herstelkoste van u eie voertuig.
Derde Party :
Dit is gewoonlik die goedkoopste dekking beskikbaar. Dekking word slegs gebied vir gevalle waar u in ‘n ongeluk was, skuldig is en vir die skade aan die ander bestuurder se motor moet betaal.
Algehele Verlies :
Hierdie dekking verseker u net wanneer jou motor geheel en al afgeskryf word of indien dit gesteel word. Indien u motor dus in ‘n ongeluk was en omvattende herstelwerk nodig geag word, maar die motor word nie afgeskryf word nie, sal u aanspreeklik wees vir die herstelkoste.

Bokant van Bladsy

 

28. Hoe verminder ek my risiko om oorverseker te wees?

 

  1. U kan aanspraak maak op afslag by u versekeraar indien u u motor- en huisversekering saamvoeg. Vra vir ‘n gekombineerde kwotasie wat steeds al die voordele bevat wat u in afsonderlike polisse sou gekry het.
  2. Indien u versekering uitgeneem het to u jonger as 25 jaar was, is hoër premies van u verhaal. Vernuwe dus u persoonlike besonderhede gereeld.
  3. Wees bewus van die verskil tussen die kleinhandelprys, handelswaarde en markwaarde. Die kleinhandelprys is die prys wat ‘n motorhandelaar bereid sal wees om te betaal indien u u motor inruil(ook bekend as die “boekiewaarde”). Markwaarde is die gemiddelde prys tussen die klienhandel- en handelswaarde.
  4. Baie voertuigpolisse sluit insleepdienste in, asook wanneer iemand uit ‘n voertuig gesluit word. U loop die risiko om oorverseker te wees indien u ook nog aan ‘n organisasie soos die Outomobiele Assosiasie behoort.
  5. U betaal ekstra vrywaringsfooie wanneer u ‘n voertuig huur. Soortgelyke dekking is dalk reeds in u bestaande polis ingesluit. Party kredietkaarte bied ook ‘n beperkte mate van dekking vir skade aan ‘n gehuurde motor, solank as wat die huurgeld van die voertuig met die kredietkaart betaal is.
  6. Indien u verhuis het, is die nuwe woonbuurt dalk nie so ‘n hoë risikogebied as u ou woonbuurt nie, veral nie ten opsigte van
  7. Die Wet of Deeltitels bepaal dat die regspersoon regtens aanspreeklik is om, namens al die eienaars van eenhede in die skema, die geboue vir hul vervangingswaarde te verseker. Die eienaars is dus net aanspreeklik daarvoor om die inhoud van hul.
  8. Gaan die waarborge op huishoudelike toerusting en soortgelyke produkte wat deur kleinhandelaars verkoop word, deeglik na. Gaan die bewoording van u kredietkaartpolis na vóórdat u ‘n produk koop wat verkoop word met die keuse om ekstra te betaal vir ‘n uitgebreide waarborg – u mag dalk reeds dekking hê.

Bokant van Bladsy

Kilgetty-new-ban