prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

KONTRAKTEREG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Kontraktereg behandel ooreenkomste wat bedoel om regsgeldige regte en verpligtinge daar te stel en wat ook afdwingbaar is. Dit sluit die reëls in verband met verskeie welbekende kontrak tipes (‘spesiale’ kontrakte) in soos verkoop, huur, mandaat, borgskap, vennootskap, indiensneming, versekering, vervoer en bewaring, diens, kredietooreenkomste en vele ander. ’n Kontrak is ‘n regsgeldige bindende ooreenkoms, skriftelik, mondelings of afleibaar uit optrede; gegewe, gedane, of deur die weerhouding daarvan om iets te doen. Ons het ‘n afsonderlike lys van Vrae en Antwoorde t.o.v. huurkontrakte, genoem Huur en Verhuur – lees dit hier.

Dit word nie aanbeveel om kontrakte self op te stel of om van die ‘van die rak af’ vorms wat deesdae so geredelik beskikbaar is , gebruik te maak nie. Elke kontrak verskil en is uniek, en benodig die dienste van ‘n prokureur. Dit sal verseker dat vele toekomstige valstrikke en probleme verhoed kan word en dat u regte en belange beskerm word ten alle tye. Indien die persoon of Maatskappy waarmee u gekontrakteer het kontrakbreuk pleeg, sal u dringend die dienste van ‘n prokureur benodig. Vermy probleme voordat dit ontstaan deur met ‘n prokureur te konsulteer wanneer enige belangrike ooreenkomste beding word.

Indien u al ooit genader was om borg te staan vir iemand anders se skuld, behoort u regsadvies in te win om die gevolge van hierdie regsbindende ooreenkoms ten volle te kan verstaan.

 

trm tax risk management

 

  1. Ten einde ‘n kontrak te mag sluit, moet partye bedinging bevoeg wees – wat beteken dit?
  2. Aanbod en aanvaarding – wat beteken dit?
  3. Is die uitnodiging om te tender ‘n aanbod?
  4. Lewering en eienaarskap van goedere verkoop – kan u my asseblief meer vertel?
  5. Die oorgaan van risiko in goedere verkoop - kan u my asseblief meer vertel?
  6. ‘Kaartjie’ terme – wat beteken dit?
  7. Verkoop van goedere – wat is die vereistes?
  8. Wat is die verpligtinge van die verkoper na sluiting van ‘n verkoopsooreenkoms?
  9. Wat is ‘n latente gebrek?
  10. Wat gebeur as gebrekkige goedere verlies veroorsaak?
  11. Wat is die ander regsprobleme wat tee gekom kan word?
  12. Wat is sommige van die formaliteite vereis ten opsigte van die verskillende bedinging groeperings?
  13. Wanneer is ‘n ooreenkoms herroepbaar?
  14. Wat is sommige van die uiteenlopende bepalings wat in ooreenkomste voorkom?
  15. Wat is sommige van die regsmiddele beskikbaar wanneer ‘n ooreenkoms verbreek word?
  16. Kan ek die bedinging geskil deur arbitrasie skik sonder om hof toe te gaan?
  17. Hoe affekteer die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming motorverkopers?
  18. Is ‘voetstoots’ klousules nog geldig en watter ander waarborge vind toepassing?
  19. Wat behoort vermy te word wanneer gebruikte voertuie verkoop word en mag verbruikers kontraktueel verplig word om die WVB se beskerming op te sê?
  20. Wat kan en wat mag nie ingesluit word in ‘n koopkontrak nie?
  21. Hoe sal ‘n verkoopsman se optrede bejeën word?
  22. Hoe affekteer die nuwe WVB die rekenaarbedryf?
  23. Hoe affekteer die Wet bepaalde termyn sagteware lisensies en huurooreenkomste?
  24. Het verbruikers die reg om sagteware te inspekteer en terug te gee?
  25. Wat van eensydig gelisensieerde ooreenkomste en kontrakte?
  26. Wat van onwettige bepalings in sagteware ooreenkomste?
  27. Wat word geklassifiseer as defektiewe sagteware?
  28. Moet sagteware verskaf word met ‘n ‘kwaliteit waarborg’?
  29. Wie is regtens aanspreeklik vir nadeel veroorsaak deur gebrekkige of onveilige goedere?
  30. Wat behels borgskap?
  31. Wat is die vereistes en wanneer word dit afdwingbaar?
  32. Wat is ‘n mede hoofskuldenaar?
  33. Is dit moontlik om u aanspreeklikheid te beperk?

 

trm tax risk management

let-light-legal-consultants 

 

1. Ten einde ‘n kontrak te mag sluit, moet partye bedinging bevoeg wees – wat beteken dit?

 

Handelingsbevoegdheid, of sogenaamdebedinging bevoegdheid, is ‘n voorvereiste vir enige kontrak; om regsbevoeg te kan wees, regsvatbaar op te tree, vervolgings te mag instel en self vervolgbaar te wees, te wete om locus standi in iudicio of geregtelik erkenning daar te kan stel.

Minderjariges:Artikel 17 van die Kinderwet 38 van 2005 beskryf mondigwording as 18 jaar of ouer. Indien jonger as sewe moet ‘n ouer of regsvoog met locus standi namens die minderjarige optree. ‘n Kind sewe jaar of ouer het gedeeltelike bedinging bevoegdheid en moet die bystand van ‘n ouer of regsvoog verkry.Sodanige bystand sluit toestemming tot kontrakverbinding in; hetsy voorafgaande, ten tyde die sluiting daarvan of ratifikasie daarna. Dit sal voldoende wees indien die voog geken word in die tipe bedinging kontrak en dit nie teenstaan nie – Van Dyk v Suid Afrikaanse Spoorweë en Hawens 1956 (4) SA 410 (W).

Wanneer ‘n minderjarige, bygestaan of verteenwoordig deur sy voog, ‘n kontrak beding, is sodanige minderjarige self verbonde daartoe en prestasie gebonde daaraan, en nie die voog nie. Indien behoudend regtens nadelig vir die minderjarige, mag die hof die ooreenkoms tersyde stel en restitutio in integrumtoestaan. Die minderjarige sal dit wat betaal of presteer was ingevolge die kontrak kan verhaal maar moet enige prestasie wat hy ontvang het teruggee. In Wood v Davies 1934 CPD 250, het die hof die koopkontrak vir ‘n huis tersyde gestel wat aangegaan was namens ‘n minderjarige maar behoudend regtens nadelig was.

Wanneer‘n minderjarige ouer as sewe sonder bystand beding, en waar bystand voorgeskryf word, sal geen aanspreeklikheid opgedoen word nie en is enige geld of bates presteer ooreenkomstig die ooreenkoms verhaalbaar – Tanne v Foggit 1938 TPD.

Sedert die inwerkingtreding van die Wet op Huwelikeiendom aangeleenthede 88 van1984 verkry manlike en vroulike minderjariges mondigwording deur hulle huweliksbevestiging ongeag hul ouderdom – dit sluit nou ook gebruiklike huwelike in. Artikel 6 van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 bevestig die regtens gelykwaardigheid van gades getroud ingevolge hierdie wet.

Die emansipasie van ‘n minderjarige deur ‘n hof veroorsaak dat hy of sy vir alle doeleindes as mondig beskou word. Onbestredeemansipasie (algehele stilswyende bedinging bevoegd- heid verskaf deur ‘n voog) was geskrap deur die Wet op die Ouderdom van Meerderjarigheid Wet 57 van 1972. Die mening is toegedaan dat gedeeltelik bestrede emansipasie minderjari- ges slegs toelaat om eiesoortige kontrakte te beding. Minderjariges, by wyse van wetgewing, het ook die vermoë om sekere kontrakte sonder enige bystand te beding.

Gades: In huwelike gesluit voor die inwerkingtreding van die Wet op Huwelikeiendom aangeleenthede 88 van1984 was ‘n vrou getroud binne gemeenskap van goedere in ‘n posisie soortgelyk aan dié van ‘n minderjarige. Voorafgaande, uitdruklike of inbegrepe bevestiging deur haar man was nodig om die gemeenskaplike boedel tydens bedinging te bind. Hierdie wet het nou die man se huwelikbevoegdheid inkorting op sy vrou se litigasie en bedinging vermoë geskrap. Gades kan nou beide die gemeenskaplike boedel kontraktueel verbind, maar sekere regshandelinge sal steeds die ander gade se beaming benodig. Indien buite gemeen- skap van goedere getroud het beide gades algehele bedinging bevoegdheid. Gades word teen mekaar se skuldeisers beskerm, boedels word afsonderlik beredder en hulle is nie vir mekaar se skuld verantwoordelik nie.

Ons het ‘n volledig toegewyde afdeling oor huwelike en egskeidings – Sien vrae hier.

Insolvente: Die algemene reël is dat insolvensie nie die regsgeldigheid van ‘n kontrak wat hy beding beïnvloed nie. Die Insolvensie Wet 24 van 1936 verbied vervreemding van bates wat aan die insolvente boedel behoort deur die insolvente persoon. Goedkeuring is ook nodig vanaf die trustee voor bedinging van ‘n ooreenkoms wat sy insolvente boedel erg nadelig mag affekteer. Vervreemding van bates verkry ná insolvensie sal geldig wees mits die persoon aan wie vervreemding plaasgevind het kan bewys dat hy onbewus was van sodanige sekwestrasie.

Maatskappye: beskik oor beperkende bedinging bevoegdheid – die klousule in die konstitusie van ‘n maatskappy wat die oorhoofse bestaansrede daarvan uiteensit, byvoor- beeld die koop en verkoop van voertuie, bepaal die bedinging bevoegdheid daarvan. ‘n Maatskappy het die bevoegdheid om te beding ter uitbreiding van die oorhoofse bestaansrede daarvan, insluitend enige ander rede verbonde daartoe. Wetgewende beskerming word deur dieMaatskappye Wet 61 van 1973 verleen aan partye wat beding met maatskappye wat nie oor bedinging bevoegdheid beskik nie, mits sodanige ander party ter goedere trou optree.

Beslote Korporasies: beskik oor onbeperkte bedinging bevoegdheid. Sodanige entiteit se regsbevoegdheid en magte is soortgelyk aan dié van ‘n natuurlike persoon – Artikel 2(4) van die Wet op Beslote Korporasies , Wet 69 van 1984 soos gewysig.

Vennootskappe: beskik nie oor enige bedinging bevoegdheid nie.

Bokant van Bladsy

 

2. Aanbod en aanvaarding – wat beteken dit?

 

Prakties gewys is ‘n ooreenkoms ‘n aanbod gemaak deur een party wat aanvaarword deur die ander.

‘n Aanbod is ‘n voorstelling gemaak, wat:

  • besondere prestasie voorwaardes daarstel, en

  • ten doel het om aanvaar te word.

Enige van die partye kan die aanbod maak, bv. die koper kan aanbied om te koop of die verkoper kan aanbied om te verkoop. Die aanbod kan ook óf die gevolg wees van ‘n uit- gebreide onderhandelingsproses, bv. oor prys, kwaliteit, lewerings metode, ens – óf basies sonder enige onderhandeling, bv. as mens ‘n winkel betree om ‘n brood te koop.

Die aanbod moet:

  • ‘n daadwerklike aanbod daarstel en nie slegs ‘n blote uitnodiging om besigheid te doen nie, en

  • Alles uiteensit soos benodig vir ooreenstemming deur die partye en die daarstelling van ‘n geldige ooreenkoms.

Gewoonlik kan die aanbod ook teruggetrek word ter enige tyd voor aanvaarding.

Waar die tydgreep vir die aanvaarding van ‘n aanbod onbepaald is, beskou die howe dit asof beskikbaar vir ‘n redelike tydperk.

Wat ‘n redelike tydperk behels is afhanklik van die besonderse omstandighede van elke geval.

‘n Aanvaarding is die instemming tot die prestasie voorwaardes van die aanbod gemaak.

Aanvaarding moet:

  • bevestig word deur die aangebodene (persoon aangebied) aan die aanbieder (persoon wat aanbied),

  • uitdruklik en onomwonde wees,

  • streng ooreenkomstig die bepalings van die aanbod wees,

  • oorgedra word deur aangebodene aan die aanbieder , en gewoonlik ooreenkomstig die voorwaardes soos neergelê,

  • nie verval of gekanselleer word voor aanvaarding nie, en

  • slegs aanvaar word deur die aangebodene – niemand anders mag dit aanvaar nie.

Die aanbod en die aanvaarding daarvan kan skriftelik, mondelings of implisiet geskied.

Sonder aanvaarding van die aanbod sal geen ooreenkoms tot stand kom nie.

 

3. Is die uitnodiging om te tender ‘n aanbod?

 

Wanneer ‘n persoon tenders aanvra, word ander uitgenooi om ‘n aanbod aan hom te maak, wesenlik tot so ‘n tender.

Die persoon wat tenders aanvra maak nie daarmee ‘n aanbod nie en, in die afwesigheid van enige regsreël wat anders dui, is hy nie eens verplig om ‘n spesifieke tender te oorweeg nie.

Aan die ander kant, as die advertensie waarin tenders aangevra word of die tender voor- waardes op sigself, ‘n onderneming bevat om bv. die laagste tender te aanvaar, sal hy genoodsaak wees om dit te aanvaar.

Bokant van Bladsy

 

4. Lewering en eienaarskap van goedere verkoop – kan u my asseblief meer vertel?

 

Eienaarskap, oor die algemeen, word oorgedra wanneer die koper die volle koopprys betaal en die goedere in ontvangs neem met die bedoeling om die eienaar daarvan te word.

Die verkoopooreenkoms op sigself het aldus geen effek op die eienaarskap van die goedere nie.

Eienaarskap ten opsigte van kredietaankope van roerende bates, te wete goedere op rekening gekoop, word oorgedra ten tyde van lewering daarvan deur die verkoper aan die koper.

Eienaarskap in geval van kontantaankope vereis ook ‘n bedoeling dat eienaarskap tesame met die lewering daarvan oorgedra word.

Eienaarskap van onroerende eiendom word oorgedra slegs tydens registrasie daarvan in naam van die koper.

Eienaarskap van duursame goedere gekoop by wyse van aaneenlopende maandelikse paaiemente, bly dikwels by die verkoper tot afbetaling geskied het. Die koper het besit- en gebruik regte mits die maandelikse paaiemente betaal word – anders kan dit teruggeneem word deur die verkoper in uitoefening van sy reg op eienaarskap. Sodanige huurkoop ooreenkomste word meestal ingevolge die bepalings van die Wet op Kredietooreenkomste van 1980, gesluit.

Die vraag aangaande eienaarskap mag bepalend raak, te wete, in gevalle waar:

  • ‘n party insolvent raak, of

  • eienaarskap deur die verkoper van die goedere aan ‘n derde oorgedra word, maar voor lewering van die goedere aan die eerste koper.

Bokant van Bladsy

 

5. Die oorgaan van risiko in goedere verkoop – kan u my asseblief meer vertel?

 

Die algemene reël is dat die risiko oorgaan so gou as wat die verkoopskontrak afgehandel word.

Risiko het te make met die verantwoordelikheid ten opsigte van die bewaring van die betrokke goedere, bv. as‘n boot geanker op ‘n meer, gekoop maar daar gelaat word om die volgende dag gehaal te word, sal die koper steeds gebonde wees om die kooprys te betaal sou die boot oornag die see indryf weens ‘n storm.

Die vraag of die risiko na die koper oorgaan sal daarvan afhang of die verkoper te blameer is vir die verlies van die boot as gevolg van sy nalatigheid asook van die bepalings in die ooreenkoms aangaande die oorgaan van die risiko.

Die partye kan ook ooreenkom dat risiko eers op ‘n tydstip ná die afhandeling van die ooreenkoms oorgaan, bv. wanneer die boot afgehaal word, ens.

Die voordeel verbonde aan die goedere verwissel gewoonlik tesame met die oorgaan van die risiko daarvan, bv. as die boot oornag in waarde sou vermeerder sal die koper die wins daaruit put en nie die verkoper wat steeds in besit van die boot is nie – tensy hulle anders ooreengekom het.

Dit is gebruik praktyk om die algemene reëls ten opsigte van risiko te wysig tydens kontraksluiting.

Bokant van Bladsy

 

6. Kaartjie’ terme – wat beteken dit?

 

‘n Aanbod is voorwaardelik – die bepalings daarvan móét aanvaar word deur die ander verbindingsparty om enige regskrag daaraan te kan verleen.

Groot bedrywe stal dikwels sodanige verkoopvoorwaardes uit:

  • Op prominente kennisgewings voor of in die gebou waar besigheid bedryf word, en of

  • Gedruk op die keersy van die kwitansie, kaartjie, of ooreenkoms met verwysing daarna op die voorkant van die dokument.

‘Kaartjie’ terme verwys aldus na die fyndruk op die keersy van dokumente, wat die verkoopvoorwaardes uiteensit bv. wat die regsplig van die verkoper of die gemene regte van die koper inkort.

Sodanige voorwaardes moet geredelik beskikbaar wees aan die kliënt alvorens laasgenoemde instem om die produk of diens verskaf deur die handelaar te koop.

Terme gedruk op die keersy van kaartjies of kwitansies wat aan die kliënt oorhandig word eers betaling, laat sulke voorwaardes nutteloos aldaar dit nie redelikerwys vir die kliënt moontlik was om dit te lees voor sluiting van die ooreenkoms nie.

Handelaars kan ook probeer om hulle aanspreeklikheid te beperk deur die byvoeging van verskeie voorwaardes tot verhandeling, te wete dat die produk op ‘n sekere wyse gebruik moet word ens. Die koper hoef nie toe te stem tot sodanige bepalings nie en mag sommige of alles doodkrap – maar dan is die verkoper natuurlik nie verplig om so‘n produk aan die verbruiker te verkoop nie gegrond daarop dat die handel voorwaardes nie aanvaar was nie.

Caveat subscriptor (laat die ondertekenaar daarop let), benadruk die algemene reël dat die ondertekenaar gebonde is aan sy handtekening, ongeag of hy die dokument gelees het of nie. Indien ongeletterd behoort jy te vra dat die bepalings aan jou verduidelik word alvorens jy toestem daartoe deur jou merk of handtekening op die dokument te plaas.

Die gesegde “vergrote druk verleen en fyndruk neem” is ter sake – bedinging partye moet die fyndruk omsigtig lees voor instemming tot die bepalings van ‘n ooreenkoms.

Jou handtekening bind jou, tensy jy geteken het as gevolg van:

  • ‘n redelike fout te begaan in die geloof dat die dokument iets anders as ‘n kontrak is, bv. jy het geglo dit is ‘n ontvangsbewys, of

  • misleiding deur die handelaar aan jou ten opsigte van die inhoud daarvan.

As ‘n handelaar afdoende kennis gee van sy handel voorwaardes is die kliënt gebonde asof hy dit gelees en verstaan het, behalwe as dit nou anders is as voorheen voorgehou.

Bokant van Bladsy

 

7. Verkoop van goedere – wat is die vereistes?

 

Alle ooreenkomste beding bedoelende om gebonde te wees aan die bepalings daarvan, word prima facie (by eerste oogopslag) as afdwingbaar beskou.

‘n Verkoopsooreenkoms, in mees basiese terme, kom tot stand as twee persone ooreenstem dat een van hulle die betrokke goedere aan die ander sal verkoop in ruil vir ‘n geldsom.

‘n Verkoop beding raak ‘n verkoopsooreenkoms sodra albei partye ooreenstem tot:

  • ‘n wederkerige bedoeling om te koop of te verkoop,

  • die inhoud van die verkoping, en,

  • die prys waarvoor dit verkoop staan te word.

Geen koopooreenkoms kom tot stand alvorens een party ‘n aanbod gemaak het wat deur die ander aanvaar word nie.

Beide die aanbod en die aanvaarding daarvan moet met onbeperktehandelingsbevoegdheid beding word of met die bystand van iemand met onbeperkte handelingsbevoegdheid in gevalle waar ‘n bedinging party se handelingsbevoegdheid ingekort is, bv. minderjariges of vrouens binne gemeenskap van goedere voor datum van inwerkingtreding van die Wet op Huwelikeiendom aangeleenthede 88 van1984.

Die party wat die regmatigheid daarvan betwis weens die afwesigheid van een of meer regs- waardige voorvereistes daarvan het die onus (plig) om sodanige bewering te bewys.

Bokant van Bladsy

 

8. Wat is die verpligtinge van die verkoper ná sluiting van ‘n verkoopsooreenkoms?

 

‘n Aantal verpligtinge word aan die verkoper toegedig om ná sluiting van die verkoopsooreenkoms af te handel. Hy het geen keuse hieromtrent nie en is gebonde om sodanige verpligtinge na te kom tensy die koper andersins ooreenkom.

Die verkoper moet:

  • die goedere bewaar tot met lewering daarvan, selfs al het die risiko oorgegaan na die koper,

  • die verkoopgoedere lewer aan die koper bv. beskikbaar stel aan hom,

  • waarborg dat die koper volledige en onverhinderde besit van die verkoopgoedere sal verkry, en,

  • waarborg dat sodanige verkoopgoedere oor geen bewese (latente) gebreke beskik nie.

Latente gebreke gee aanleiding tot meeste van die geskille tussen kopers en verkopers en die verkoper se waarborg in hierdie verband is wesentlik van belang by enige verkoopsooreenkoms.

Bokant van Bladsy

 

9. Wat is ‘n latente gebrek?

 

‘n Artikel gekoop by ‘n handelaar mag moontlik gebrekkig wees.

Toebehore gekoop word gewoonlik vooraf verpak. Enige gebreke in sodanige verkoop- goedere word meestal eers na lewering daarvan ontdek.

Ons onderskei tussen twee groeperings van gebreke:

  • Latente gebreke, en

  • Patente gebreke

Patente gebreke is ooglopend bv. krappe of duike. Deur geredelike ondersoek is sulke gebreke maklik opmerkbaar. Na blootstelling daarvan mag die item minder waardevol wees maar steeds bruikbaar. Die koper kan gedeeltelike terugbetaling eis vanaf die verkoper as vergoeding vir sodanige gebrek.

Waar patent gebrekkige goedere nie vooraf verpak is nie, kan die koper ‘n verminderde kooprys versoek. Die koper se versoek vir ‘n verminderde koopprys moet deel uitmaak van die onderhandelingsproses voor die verkoping.

‘n Koper moet sodanige item deeglik ondersoek voordat die koop gefinaliseer word.

‘n Koper sal nie sy lot later daaroor kan bekla nie want die reg veronderstel dat hy of sy oor die nodige begripsvermoëe beskik om nie met sodanige transaksie voort te gaan nie.

‘n Latente gebrek, aan die ander kant is ‘n fout wat nóg ooglopend,nóg onmerkbaar is.

So ‘n fundamentele of wesentlike gebrek verg meer as deeglike ondersoek voor blootstelling daarvan. Dit laat die artikel minder bruikbaar vir die doel waarvoor dit gekoop was of waarvoor ‘n item van daardie aard normaalweg gekoop word, bv. ‘n wesentlike elektriese fout.

‘n Latente gebrek moes ten tyde van die koop bestaan en die koper moes ten tyde daarvan nie daarvan bewus gewees het nie.

Die koper kan gedeeltelike terugbetaling van die kooprys by die verkoper eis as vergoeding vir sodanige gebrek sou die item steeds bruikbaar wees vir die doel waarvoor dit gekoop was of volle terugbetaling sou dit onbruikbaar bevind word vir so ‘n doel. Die handelaar mag ook nie daarop aandring dat hy of sy ‘n vervanging of ‘n kredietnota in stede daarvan aanvaar, wanneer kontant vergoeding geëis word nie.

Waarborge mag ook die regte van ‘n verkoper inperk tot herstel alleen en sodoende die koper verhoed om van die gemeenregtelike remedies gebruik te maak wat tot sy of haar beskikking sou wees in afwesigheid van sodanige waarborg.

Geskille tussen kopers en verkopers het oorwegend te make met klagtes oor latent gebreke.

Bokant van Bladsy

 

10. Wat gebeur as gebrekkige goedere verlies veroorsaak?

 

‘n Latente gebrek kan veroorsaak dat ‘n item sy doel versaak.

‘n Gebrek kan ook verlies veroorsaak bv. ‘n foutiewe besending kunsmis wat die grond vergiftig en veroorsaak dat diere wat daarop wei doodgaan.

Die handelaar is aanspreeklik vir verlies gely as gevolg van ‘n gebrek, indien hy:

  • bedrieglik of nalatige versuim om die gebrek te verklaar waar ‘n eerbare en redelike handelaar dit sou doen, of

  • ook die vervaardiger daarvan was, of

  • in die openbaar beweer dat hy oor professionele kundigheid en vermoë ten opsigte van sodanige verkoopgoedere beskik, of

  • vrywaring ten opsigte van gebreke gewaarborg het.

Die handelaar sal dan verantwoordelik wees om die koper te vergoed vir die gebrek self en vir die daadwerklike verlies gely as gevolg van so ‘n gebrek.

Die handelaar kan homself teen gebrek verliese beskerm deur ‘n uitdruklike uitsluiting klousule by die bedinging voorwaardes van die verkoopsooreenkoms te voeg, bv. deur die goedere voetstoots (soos dit is) te verkoop.

Die handelaar sal nie op so ‘n uitsluiting klousule kan steun indien sy stilswye oor ‘n gebrek op bedrog neerkom nie.

Bokant van Bladsy

 

11. Wat is die ander regsprobleme wat te?gekom kan word?

 

Die handelaar is ook verplig om die koper te vergoed indien die handelaar:

  • ‘n vals verklaring afl?, wesentlik tot die kwaliteit van die goedere voor of tydens die verkoop daarvan, wat die koper oorreed het om te koop of ‘n hoër prys te betaal vir die goedere as wat hy andersins sou doen, of

  • goedere lewer wat nie aan die koper se verwagtinge voldoen nie, bv. nie vergelyk met ‘n monster soos verskaf nie of nie dit is wat bestel was nie.

Die valse verklaring kan of opsetlik of nalatig gemaak word.. Versuim om die ware feite te openbaar kan ook aanspreeklikheid daarstel.

Die redelike man toets (wat ‘n redelike man, in sy posisie, in soortgelyke omstandighede sou gedoen het of nie sou gedoen het nie), word ook hier toegepas om aanspreeklikheid vas te stel.

Die koper sal in staat wees om of volledige of gedeeltelike terugbetaling te eis asook vergoeding vir gevolglike verlies, waar toepaslik.

Soos in die geval van gebrekkige goedere, kan die koper ‘n kontant terugbetaling versoek, hetsy gedeeltelik of ten volle, in lieu van ‘n vervanging of kredietnota.

Indien ‘n koper alle redelike aanbiedinge gemaak ter vergoeding verwerp, kan die verkoper die koopprys terughou hangende enige geregtelike aksie geneem deur die koper.

Geregtelike aksie kan ingestel word in die Hof vir klein eise, Landdroshof of Hooggeregshof met jurisdiksie ten opsigte van die betrokke geval.

Bokant van Bladsy

 

12. Wat is sommige van die formaliteite vereis ten opsigte van die verskillende bedinging groeperings?

 

‘n Ooreenkoms sal regsgeldig wees ongeag daarvan of dit viva voce (mondelings), skriftelik of stilswyend (afgelei vanuit die optrede van die partye) gemaak was.

Formaliteite, soos voorgeskryf deur wetgewing vir sekere groeperings van ooreenkomste, word geag uitsonderings te wees op die algemene reël dat geen formaliteite vereis word om ooreenkomste regsgeldig te maak nie.

Ooreenkomste vir die vervreemding van grond – die ooreenkoms moet:

  • vervat word in ‘n akte van vervreemding, t.w. skriftelik en onderteken deur die partye of bemagtigde agente en as ditgebruik of gebruik staan te word vir woondoeleindes, moet dit ook:

  • verskeie voorgeskrewe uiteensettinge en inligting vervat,

  • sekere voorgeskrewe bepalings as deel van die kontrak insluit, ongeag of daaroor ooreengekom was of nie, en

  • verwys na verskeie regte gegee aan die koper sowel as sommige ander gevolge voortspruitend uit die wet.

Versuim om te voldoen aan hierdie bykomstige vereistes maak die ooreenkoms herroepbaar.

‘n Ooreenkoms vir die verkryging van aandele in ‘n deeltitelskema of vir die verkoop of verhuring van tyddeelaandele moet skriftelik gedoen en onderteken word deur die partye of hulle bemagtigde agente.

n Huurooreenkoms vir grond vir ‘n periode van tien jaar of langer of ‘n huurooreenkoms vir minerale regte moet geregistreer word teen die titelakte van die grond.

Prospektering ooreenkomste en Huweliksvoorwaardes moet geregistreerword in die aktesregister en genoteer word deur ‘n Notaris van Ede.

Krediet en b?re koopooreenkomste moet ook skriftelik gemaak en onderteken word deur die partye tot die ooreenkoms. Dit is ‘n kriminele oortreding om nie aan hierdie vereistes te voldoen nie.

‘n Borgskap ooreenkoms moet in skrif beliggaam word en onderteken word deur, of namens, die borg; anders sal die ooreenkoms ongeldig wees.

Donasies moet skriftelik gemaak en onderteken word deur die persoon wat die donasie gee of sy of haar bemagtigde agent in die teenwoordigheid van twee getuies; anders sal dit sonder enige gevolg wees.

‘n Vakleerlingskap ooreenkoms vir sekere vakgebiede moet skriftelik wees en geteken

word deur of namens die werkgewer en die vakleerling, en deur sy of haar voog indien minderjarig, en geregistreer word deur die Registrateur van Mannekrag. Versuim om te voldoen hieraan maak dit ongeldig.

Bokant van Bladsy

 

13. Wanneer is ‘n ooreenkoms herroepbaar?

 

Wanneer ‘n ooreenkoms herroepbaar is beteken dit dat een van die partye mag verkies dat sodanige ooreenkoms opgehef (ter syde gestel) word weens die feit dat sy aanvaarding van die bepalings daarvan die resultaat was van onetiese gedrag van die ander party voor of tydens die ontstaan van die ooreenkoms.

Die volgende gedrag word as oneties beskou en opheffing van die kontrak regverdig:

  • Wanvoorstelling

  • Druk, en

  • Onbehoorlike beïnvloeding.

Die ooreenkoms sal geldig bly en prestasie daartoe moet deur beide die partye geskied tot en met tydstip van opheffing.

Neem kennis dat die benadeelde party oor ‘n keuse beskik – hy mag ook besluit om die onetiese gedrag te aanvaar en nie opheffing aanvra nie.

Bokant van Bladsy

 

14. Wat is sommige van die uiteenlopende bepalings wat in ooreenkomste voorkom?

 

Bepalings mag verskil afhangende van die aard van die transaksie, die behoeftes en bedoeling van die partye.

Bepaling tipes algemeen gevind in ‘n verskeidenheid van ooreenkomste, is:

  • Opskorting Voorwaardes wat die inwerkingtreding van ‘n voorwaarde uitstel tot die plaasvind van‘n toekomstige onsekere gebeurtenis, bv. ek sal ‘n leer koop as my pa vir my geld voorskiet maar jy stem toe dat ek dit intussen gebruik (koop is hangende tot lening plaasvind) en of hersienbare voorwaardes wat onmiddelik bindend is maar wat die aaneenlopende werking van so ‘n voorwaarde of ooreenkoms uitstel totdat ‘n toekomstige gebeurtenis plaasvind of nie plaasvind nie, bv. jy sal die leer aan my verkoop tensy jy ‘n beter aanbod kry – tot en met sodanige beter aanbod geskied is ons verplig om steeds ingevolge die ooreenkoms te presteer, maar as jy ‘n beter aanbod kry is ons ooreenkoms void ab initio (nietig van meet af aan).

  • Waarborge (of Ondernemings); ‘n verklaring maak met die bedoeling om jouself te verbind daartoe dat die inhoud daarvan korrek is, bv. dat die hond wat ek verkoop ‘n babahondjie van 6 maande oud is,

  • Vrystellings- of Uitsluiting klousules ,

  • Voorskriftelike Bepalings,

  • Kansellasie Bepalings,

  • Vergoeding bepalings,

  • Domicilium Citandi Bepalings,

  • Kennisgewinge Bepalings,

  • Bepalings ter Instemming tot Jurisdiksie van Landdroshowe,

  • Voorsiening bepalings vir Prokureur en Kliënt kostes.

Groot besighede maak gebruik van standaard geformateerde kontrakbepalings met vooraf opgestelde voorwaardes as ‘n handelgrondslag vir daardie bedryf teenoor die publiek.

Bokant van Bladsy

 

15. Wat is sommige van die regsmiddele beskikbaar wanneer ‘n ooreenkoms verbreek word?

 

‘n Party sal die bepalings van ‘n ooreenkoms verbreek deur sy of haar:

  • Versuim om te presteer op of voor die datum vasgestel vir sodanige prestasie, of

  • onvolledige of gebrekkige prestasie teenstrydig tot die bepalings van die ooreenkoms, of

  • Repudiasie van verpligtinge, by wyse van woord of handeling as uiting van sy of haar bedoeling om ‘n verpligte prestasie te weier.

  • Verhindering van prestasie, bv. deur sy of haar eie voertuig te vernietig ten einde lewering soos ooreengekom, onmoontlik te maak.

Die benadeelde party het ‘n aantal regsmiddele beskikbaar in gevalle van kontrakbreuk:

  • ‘n Bevel wat die oortreder aans? om spesifieke prestasie te lewer,

  • ‘n Toekenning vir bedinging skadeberokken (of vir ongemak, pyn en lyding of lewensgenieting), wat hom of haar in ‘n ekonomiese posisie plaas soortgelyk daaraan sou die oortreder behoorlik presteer het, of

  • Kansellasie van die ooreenkoms.

Bokant van Bladsy

 

17. Hoe affekteer die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming beroepslui wat motorvoertuie verkoop?

 

Wat kan verbruikers regtens van ‘n gebruikte motorvoertuig verwag?

Wanneer ‘n motorvoertuig gekoop word, het kliënte ‘n reg om te verwag dat:

  • Die voertuig redelik geskik is vir die doel waarvoor dit normaalweg aangewese is; of vir ‘n spesifieke doel wat die kliënt spesifiek vermeld het aan die handelaar voordat die voertuig gekoop was.

  • Die voertuig is van goeie kwaliteit, in goeie werkende toestand en vry van gebreke.

  • Die kliënt sal slegs hierdie reg misgun word indien die handelaar uitdruklik die kliënt verwittig het dat die voertuig in ‘n spesifieke toestand aangebied word, en indien die kliënt uitdruklik ingestem het om die voertuig in daardie toestand te aanvaar.

Het die verbruiker die reg (of verpligting) om die voertuig te ondersoek?

  • ‘n Koper sal gewoonlik van verwag word om ‘n opsigtelike inspeksie of ondersoek van die voertuig te doen, tot die mate en op ‘n wyse as wat ‘n redelike verstandige persoon so ‘n voertuig sou inspekteur.

  • Ten opsigte van hoe ver ‘n redelike persoon sal gaan of wat hy sal doen gedurende die inspeksie of ondersoek sal afhang van die omstandighede, met in ag neming van die aard en gewone of ooreengekome gebruik van die goedere verkoop.

  • Die Wet op Verbruikersbeskerming bepaal dat, voordat ‘n voertuig gelewer word aan ‘n kliënt, moet die verkoper, op versoek, die kliënt ‘n redelike geleentheid gun om die voertuig te ondersoek om te verseker dat hy/sy tevrede is dat die voertuig van ‘n tipe en kwaliteit is wat redeliker gewys ooreenkom met dit wat bedoel was in die ooreenkoms, en ooreenkom met die beskrywing gegee deur die handelaar.

  • Ingevolge die WVB is dit nou egter irrelevant of ‘n produkfout of defek latent of patent was, en of dit deur ‘n verbruiker ontdek sou kon word voordat ontvangs van die goedere geneem was.

Bokant van Bladsy

 

18. Is ‘voetstoots’ klousules nog geldig en watter ander waarborge sal toepassing vind?

 

Die Wet spel dit nie uit of die “voetstoots” verkoop van‘n gebruikte voertuig voldoende verklaring is van die besondere kondisie waarin ‘n voertuig is nie. Handelaars mag van verwag word om meer te doen om hulleself op hoogte te plaas van die ware kondisie van ‘n voertuig voordat hulle dit verkoop.

Die Wet verbied ook nie voetstoots klousules in ‘n koopkontrak nie: mits die kliënt se aandag gevestig word op sodanige klousules ooreenkomstig die wyse voorgeskryf deur die Wet. Sodanige klousules sal ook streng geïnterpreteer word, en indien interpreteerbaar, sal dit sodanig gedoen word dat dit tot voordeel is van die kliënt.

Wat ander waarborge sal toepassing vind?

Die voertuig verkoop moet ook bruikbaar wees en diensbaar wees vir ‘n redelike tydsbestek, met in ag neming van die normale gebruik waarvoor die voertuig aangewend sal word en van al die omringende omstandighede.

Die voertuig moet ook voldoen aan voorskrifte van enige openbare regulasies, t.w. dit moet padwaardig wees.

By bepaling daarvan of ‘n voertuig voldoen aan bogenoemde vereistes, moet al die omstandighede van die verskaffing van die voertuig in ag geneem word, met insluiting van maar nie beperk nie tot:

  • Die wyse waarop die voertuig bemark was, die gebruik van enige bedryfsbeskrywing, enige instruksie vir, of waarskuwings met betrekking tot die gebruik van die voertuig;

  • Die reeks van dinge wat redelikerwys verwag kan word om te doen met of met betrekking tot die voertuig; en

  • Die jaar/tyd wat die voertuig vervaardig en verskaf was.

Bokant van Bladsy

 

19. Wat behoort vermy te word wanneer gebruikte voertuie verkoop word en mag verbruikers kontraktueel verplig word om die WVB se beskerming op te sê?

Die handelaar en sy/haar staf moet bedag wees daarop dat woorde en optrede gedurende bemarking van voertuie aan ‘n kliënt nie, direk of indirek, ‘n valse, misleidende of wanindruk skep aangaande ‘n wesentlike feit betreklik tot die voertuig nie, insluitend:

  • Dat die voertuig oor sekere werkverrigting, eienskappe, toebehore, gebruike, voordele, kwaliteite of aanbevelings beskik wat dit nie het nie, of

  • Dat die voertuig van ‘n sekere standaard, kwaliteit, graad, styl of model is, of

  • Dat dit gebruik was vir ‘n besondere tydsbestek, of vir ‘n aantal kilometers wanneer dit nie die ware feite is nie.

Hulle mag ook nie oordryf , innuendo’s gebruik of dubbelsinnig wees t.o.v. ‘n wesentlike feit, of versuim om ‘n wesentlike feit te openbaar sou die versuim neerkom op misleiding nie. As dit duidelik is dat die kliënt onder ‘n wanindruk optree t.o.v. die voertuig, moet die handelaar die situasie korrigeer.

Handelaars mag nie hulle voertuie bemark of verkoop teen ‘n prys wat onbillik of ongeregverdig , of op terme wat onredelik, onbillik of onregmatig is nie; of op ‘n manier wat onbillik, onredelik of onregmatig is nie.

Mag kliënte versoek word om ‘n kontrak te onderteken waardeur van die beskerming verskaf deur die wet afstand gedoen word?

  • Kliënte mag nie van verwag word om enige regte op te s? of enige verpligtinge te aanvaar wat onbillik, onredelik of onregmatig is nie. Soortgelyk kan handelaars nie aanspreeklikheid wegdoen t.o.v. terme wat onbillik, onredelik of onregmatig is nie.

Bokant van Bladsy

 

20. Wat kan en wat mag nie ingesluit word in ‘n koopkontrak nie?

 

Ooreenkomste en of terme in ‘n ooreenkoms sal as onbillik, onredelik of onregmatig beskou word, as:

  • dit uiters partydig is ten gunste van die handelaar;

  • dit so ongunstig is vir die kliënt dat dit onbillik is.

  • Die kliënt staatgemaak het op ‘n vals, misleidende of wanvoorstelling gemaak deur of namens die handelaar;

  • Die kliënt staatgemaak het op ‘n opinie of verklaring verskaf deur of namens die handelaar en tot sy/haar nadeel gehandel het; of

  • Die feit, aard en effek van ‘n ongewone bepaling, voorwaarde of kennisgewing nie onder die aandag van die kliënt gebring was op ‘n wyse wat voldoen aan die aangewese verwagtinge van die Wet nie. (uitsonderlike bepalings sluit in beperkings of opheffing van aanspreeklikheid, skadeloosstelling of kennisname deur die kliënt wat nie waar is nie)

Moet kliënte tyd gegun word om die fyn skrif te lees?

  • ‘n kliënt moet ‘n redelike geleentheid gegun word in die omstandighede om ‘n ooreenkoms te ontvang en te verstaan wat uitsonderlike bepalings bevat.

  • Kliënte kan nie van verwag word om toe te tree tot ‘n opvolgende ooreenkoms of om ‘n dokument te onderteken wat deur die Wet verbied sal word nie.

Bokant van Bladsy

 

21. Hoe sal ‘n verkoopsman se optrede bejeën word?

 

Wanneer daar besluit word of ‘n handelaar onbillik, onredelik of onregmatig optree, of dat die bepalings van die koop onbillik, onredelik of onregmatig is, sal die volgende in ag geneem word:

  • Die billike waarde van die voertuig in gedrang, of die bedrag waarvoor, en die omstandighede waaronder die kliënt ‘n identiese voertuig op ‘n ander plek sou kon verkry het;

  • Die partye tot die koop, hulle verhouding tot mekaar en hulle relatiewe kapasiteit, opleiding, ondervinding, sofistikasie en bedinging posisie;

  • Die omringende omstandighede van die koop of omstandighede wat redelikerwys voorsien was te tyde daarvan;

  • Die optrede van die handelaar en die kliënt, respektiewelik;

  • Of daar enige onderhandeling tussen die handelaar en die kliënt plaasgevind het, en indien wel, die mate waartoe sodanige onderhandeling plaasgevind het;

  • Of as resultaat van optrede uitgeoefen deur die handelaar, die kliënt verplig was om enigiets te doen wat nie redelikerwys noodsaaklik was vir die regmatige belange van die handelaar nie;

  • Die mate waartoe enige dokument betreklik tot die transaksie of ooreenkoms voldoen aan die eenvoudige taalvereistes gestel deur die Wet, en

  • Of die kliënt geweet het of redelikerwys behoort te geweet het van die bestaan en omvang van enige besondere bepaling van die ooreenkoms wat na bewering onbillik, onredelik of onregmatig sou wees, met in ag neming van enige bedryfsgebruik en enige vorige onderhandelings wat plaasgevind het tussen die partye.

Bokant van Bladsy

 

22. Hoe affekteer die nuwe WVB die rekenaarbedryf?

 

Die verklaarde doel van die Wet is om ‘n regsraamwerk daar te stel vir die billike, effektiewe, volhoubare en betroubare verbruiker mark tot voordeel van verbruikers oor die algemeen. Alhoewel besondere aandag verleen word aan minderjariges, bejaardes, armes en ongeletterdes deur die Wet, sal alle verbruikers geregtig wees op die beskerming verskaf deur die Wet, selfs gesofistikeerde verbruikers.

Die beskerming verleen deur die Wet sal uitgebrei word na klein besighede sowel as na natuurlike persone. Die drumpel vir wat as ‘n klein besigheid sal kwalifiseer moet nog deur die Minister van Handel en Nywerheid bepaal word.

Die Wet vind toepassing op elke transaksie wat in Suid Afrika plaasvind, die promosie van enige goedere of dienste in Suid Afrika en die goedere en dienste self, ongeag daarvan of die verskaffer nie gebaseer is in, of ‘n landsburger is van Suid Afrika nie.

Die Wet sal ook toepassing vind ongeag of die verskaffer op ‘n nie profyt draende grondslag of andersins besigheid doen. Dit beteken dat die ope bron sagteware of vrye - gebruik sagteware se ontwikkelaars (programmeerders) onderhewig, en aanspreekbaar, ooreenkomstig die Wet bevind mag word.

‘n Industriewye vrystelling van een of meer van die bepalings van die Wet kan voor aansoek gedoen word deur die relevante regulatories gemagtigdes van die sagteware en IRT diens industrieë. Ongelukkig sal enige vrystelling toegeken nie ontwikkelaars onthef van hulle aanspreeklikheid ingevolge die produk aanspreeklikheid afdeling van die Wet nie (artikel 61).

Bokant van Bladsy

 

23. Hoe affekteer die Wet bepaalde termyn sagteware lisensies en huurkontrakte?

 

Bepaalde termyn kontrakte stel versekering daar tussen 2 of meer kontrakpartye dat hulle deur ooreenkoms gebonde sal bly vir ‘n bepaalde tydsbestek. Die Wet reguleer nou bepaalde termyn kontrakte tot so ‘n mate dat hierdie sekerheid ernstig verwater word.

Ooreenkomstig die Wet mag verbruikers nie langer gebind word tot bepaalde termyn ooreenkomste nie en beskik hulle oor die reg om dit ter enige tyd te kanselleer, deur aan die verskaffer skriftelike kennis van 20 besigheid dae te gee, vir enige rede wat ook al. Die verbruiker sal aanspreeklik bly vir enige goedere of dienste verskaf tot en met die kansellasie datum en sal aanspreeklik wees om ‘n redelike kansellasie fooi te betaal. Die verbruiker moet gekrediteer word vir enige bedrag vooruit betaal, ooreenkomstig die kontrak, en wat te make het met die kontraktydperk nog nie verstreke nie.

Die verskaffer aan die ander kant mag slegs die ooreenkoms kanselleer gedurende die termyn daarvan, na 20 besigheid dae na skriftelike kennisgewing aan die verbruiker van ‘n wesentlike versuim deur die verbruiker om die ooreenkoms na te kom, tensy die verbruiker sy fout gekorrigeer het binne daardie tyd. Met ander woorde, die verskaffer mag slegs die kontrak kanselleer indien die verbruiker wesentlike kontrakbreuk gepleeg het.

Die verskaffer moet ook aan die verbruiker, nie meer as 80 dae nie en nie minder as 40 dae nie, kennis verskaf, voor die verstryking datum van die bepaalde termyn, van sodanige hangende verstryking datum.. Hierdie kennisgewing moet die verbruiker adviseer van enige wesentlike veranderings wat toepassing sal vind, sou die ooreenkoms hernu word, en dat die ooreenkoms outomaties sal voortduur op ‘n maand tot maand basis, tensy die verbruiker aandui dat die kontrak beëindig moet word op die verstrykingsdatum, of toestem tot ‘n hernuwing van die kontrak vit ‘n verdere bepaalde termyn.

Die Minister mag, deur kennisgewing in die Staatskoerant die maksimum duur voorskryf vir verskeie kategorieë van bepaalde termyn ooreenkomste en geen ooreenkoms mag daardie tydperk oorskry nie.

Bokant van Bladsy

 

24. Het verbruikers die reg om sagteware te inspekteer en terug te gee?

 

Die verbruiker moet ‘n redelike geleentheid gegun word om die sagteware te ondersoek om seker te maak dat dit van die tipe en kwaliteit is soos redelikerwys voorsien word deur die ooreenkoms, en dat dit voldoen aan die verwagtinge en standaarde redelikerwys verwag, of, in die geval van ‘n spesiale – bestellings ooreenkoms, redelikerwys voldoen aan die wesentlike spesifikasies van sodanige spesiale bestelling.

Die verbruiker mag die sagteware binne 10 dae terugbesorg vir ‘n volle terugbetaling indien hy of sy nie die geleentheid gehad het om dit te ondersoek voor die lewering daarvan nie en lewering geweier het omdat dit nie voldoen aan sy/haar verwagtinge en standaarde nie of nie voldoen aan die besondere doelwit wat oorgedra was aan die verskaffer nie.

Krimp toedraai plastiek ooreenkomste mag dalk nie langer geldig wees ingevolge SA reg nie aangesien die oopbreek van die verpakking, om die ware te inspekteer, gewoonlik sal neerkom op aanvaarding van die lewering daarvan.

Die verbruiker sal nie in staat wees om sagteware terug te gee wat reeds in geheel of gedeeltelik uitmekaar gehaal, fisies verander, permanent geïnstalleer, vasgesit, aangeheg, saamgevoeg of bygelas, verwerk of gekombineer met, of ingevoeg ,was met ander goedere of eiendom nie.

Instruksies en ondersteunende dokumentasie

  • Die Wet bepaal dat sodanige dokumentasie aangebied moet word in eenvoudige taal wat verstaanbaar sal wees vir die gewone sagteware gebruiker met gemiddelde literêre bekwaamheid en minimale ondervinding as ‘n verbruiker van die relevante sagteware of dienste.

Bokant van Bladsy

 

25. Wat van eensydig gelisensieerde ooreenkomste en kontrakte?

 

Sagteware verskaffers en IRT diens verskaffers mag nie sagteware of IRT dienste aanbied op terme wat onbillik, onredelik of onregmatig is nie. Dit sal bepalings van ‘n kontrak insluit wat:

  • Van ‘n verbruiker verwag om enige van sy/haar regte ooreenkomstig die Wet op te s? of hom/haar aan enige verpligtinge te onderwerp;

  • Toelaat dat ‘n leweransier of diensverskaffer sy/haar aanspreeklikheid ophef ingevolge die Wet;

  • Bewese eensydig tot voordeel van die verskaffer is;

  • nie billik is nie;

  • gegrond is daarop dat die verbruiker staatmaak op ‘n vals, misleidende of wanvoorstelling, of opinieverklaring gemaak deur die verskaffer tot nadeel van die verbruiker;

‘n Beperking van aanspreeklikheid, veronderstelling van risiko, skadeloosstelling of erkenning van enige feit deur ‘n verbruiker moet opgestel word in eenvoudige taal en die verbruiker se aandag moet daarop gevestig word, met insluiting van ‘n verduideliking omtrent die aard en effek daarvan, in ‘n openlike wyse en vorm wat waarskynlik die aandag sal trek van ‘n gewone wakker verbruiker, met inagneming van die omstandighede aanwesig voordat toegetree was tot die ooreenkoms en/of enige vergoeding verskaf was vir die goedere of dienste.

Kennisgewing van gepaardgaande risiko’s van goedere of dienste

  • Indien ‘n aktiwiteit vereenselwig met die goedere of dienste onderhewig is aan enige risiko van ‘n ongewone aard, of wat ernstige besering of dood mag veroorsaak, of ‘n risiko laat wat verbruikers nie redelikerwys sou kon verwag of bewus van sou wees nie, moet die verskaffer die aandag van die verbruiker pertinent daarop vestig en bewys behou daarvan dat die verbruiker uitdruklik, of deur sy/haar optrede, aangedui het om sodanige risiko/’s te aanvaar.

Skriftelike kontrakte

  • Indien ‘n verbruikersooreenkoms tussen ‘n verskaffer en verbruiker skriftelik is, hetsy in navolging van die Wet of vrywillig ooreengekom tussen die partye, sal dit geldig wees ongeag of die verbruiker die ooreenkoms onderteken of nie. Die verskaffer moet aan die verbruiker ‘n gratis harde of elektroniese afskrif van die bepalings en voorwaardes van daardie ooreenkoms verskaf.

Bokant van Bladsy

 

26. Wat van onwettige bepalings in sagteware ooreenkomste?

 

‘n Verskaffer kan nie ‘n ooreenkoms beding met ‘n verbruiker onderworpe aan enige bepaling, of voorwaarde, indien die algemene doel daarvan is, of effek is, om die doel en beleid van die Wet te verydel nie.

Enige bepalings en voorwaardes in ‘n ooreenkoms wat die verbruiker mislei of bedrieg sal nietig wees.

Enige beperking of uitsluiting van aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of indirek, weens die gros nalatigheid van die verskaffer, of enige persoon wat optree vir, of onder die beheer is van die verskaffer, sal onwettig wees.

Standaard vorm klousules wat valslik beweer dat ‘n erkenning gemaak was deur die verbruiker, dat, voor die ooreenkoms aangegaan was, geen voorstellings of waarborge deur die verskaffer gemaak was ten opsigte van die ooreenkoms nie, of deur ‘n persoon namens die verskaffer nie; of dat die verbruiker die goedere of dienste, of ‘n dokument wat deur die Wet vereis word, ontvang het, sal nietig wees.

Enige verbeuring klousules wat verlang dat die verbruiker enige geld aan die verskaffer sal verbeur, indien die verbruiker enige regte ingevolge die Wet sou uitoefen, of waarop die verskaffer nie regtens geregtig is nie, is onwettig.

Enige term wat die verskaffer magtig om enige erf te betree ten einde besit te neem van goedere verwant aan die ooreenkoms, of ‘n onderneming deur die verbruiker om te teken voor die verskaffing van enige dokumentasie betreklik tot die afdwinging van die ooreenkoms, ongeag of sodanige dokumentasie kompleet of onvolledig was ten tyde van die ondertekening daarvan, sal onwettig wees.

Enige toestemming om te betaal vir voorafbepaalde kostes t.o.v. die afdwinging van die ooreenkoms sal onwettig wees.

Indien, in enige hofverrigtinge t.o.v. ‘n transaksie of ooreenkoms tussen ‘n verskaffer en verbruiker, ‘n persoon sou beweer dat ‘n ooreenkoms, ‘n bepaling of voorwaarde daarvan, of ‘n kennisgewing waartoe ‘n transaksie of ooreenkoms na bewering onderworpe gestel is, nietig is, of versuim het om te voldoen aan enige betrokke kennisgewingvereistes, mag die hof ‘n bevel uitvaardig wat enige deel afsny van die ooreenkoms, bepaling of kennisgewing, of dit wysig, soos benodig om dit te wettig, mits dit billik sou wees met inagneming daarvan as geheel; of dit as geheel nietig verklaar vanaf datum van die beweerde inwerkingtreding daarvan; en enige verdere bevel, wat juis en regverdig onder die omstandighede sal wees, met betrekking tot so ‘n ooreenkoms, bepaling of kennisgewing, soos die geval ook al mag wees.

Bokant van Bladsy

 

27. Wat word as defektiewe sagteware geklassifiseer?

 

Die Wet is gerig op die beskerming van verbruikers teen gevare verbonde tot hulle welsyn en veiligheid, en ontwikkel effektiewe wyses van herstel t.g.v. verbruikers wie foutiewe of onveilige produkte koop, insluitend sagteware.

Die Wet verskaf aan verbruikers die reg om aan te dring op veilige, goeie kwaliteit produkte vanaf die verskaffers, en hierdie reg word afgedwing deur ‘n verpligte 6 maande kwaliteit waarborg op alle goedere verkoop, en strenge aanspreeklikheid ten aansien van alle verskaffers, dwarsdeur die verskaffing ketting, vir enige en alle verlies veroorsaak deur defektiewe, onveilige of foutiewe produkte.

Sagteware verkoop aan verbruikers moet voldoen aan die volgende vereistes en standaarde:

  • Dit moet billikerwys geskik wees vir die doel waarvoor dit normaalweg gebruik sal word, of vir ‘n spesifieke doel indien die verbruiker pertinent die verskaffer verwittig het dat hy of sy die sagteware vir daardie spesifieke doel aankoop, en die verskaffer gewoonlik daardie sagteware verkoop of kundig is omtrent die gebruik daarvan;

  • Die sagteware moet van goeie kwaliteit wees, in goeie werkende toestand wees en vry wees van enige gebreke;

  • Die sagteware moet bruikbaar en diensbaar wees vir ‘n redelike tydperk, met in ag neming van die doel waarvoor dit normaalweg gebruik sal word en van al die omringende omstandighede ten aansien van die verskaffing daarvan; en

  • Die sagteware moet voldoen aan enige aangewese standaarde soos vervat in die Wet op Standaarde, 1993 (Wet No. 29 van 1993), of in enige ander aangewese openbare regulasie.

Wat word as ‘n Gebrek (Defek) beskou?

‘n Gebrek is of:

a) ‘n wesentlike onvolmaaktheid in die ontwikkeling van die sagteware wat dit minder aanvaarbaar maak vit verbruikers; of

b) ‘n eienskap daarvan wat dit minder bruikbaar, prakties of veilig maak.

Daar word nie meer ‘n onderskeid gemaak tussen latente en patente gebreke nie en die sagteware sal steeds beskou word as defektief ingevolge die Wet indien die fout of defek ontdek kon word deur die verbruiker voordat hy/sy ontvangs van die sagteware geneem het.

Die kwaliteit van die sagteware sal gemeet word aan die redelike verwagtinge van die verbruiker oor die algemeen, en nie slegs aan dié van ‘n besondere verbruiker nie. Goedere moet gemeet word aan die redelike verwagting en standaarde wat bestaan ten tyde van die verskaffing daarvan, en nie aan nuwer of beter goedere wat daarna beskikbaar geraak het by dieselfde of ‘n ander vervaardiger of verskaffer nie.

By vasstelling of sagteware defektief is sal die howe al die omringende omstandighede in ag neem, insluitend die volgende:

    • Die voorgestelde doel van die sagteware;

    • Die wyse waarop die sagteware bemark, verpak en uitgestal was;

    • Die gebruik van enige bedryfs omskrywings of merk op die verpakking van die sagteware;

    • Die insluiting van instruksies of waarskuwings verbonde aan die gebruik van die sagteware;

    • Die reeks dinge wat redelikerwys verwag kan word om dit voor aan te wend of verbonde tot die sagteware; en

    • Die tydsbestek waartydens die sagteware ontwikkel en verskaf was.

Bokant van Bladsy

 

28. Moet sagteware verskaf word met ‘n ‘kwaliteitswaarborg’?

 

Elke sagteware verkoping moet gepaard gaan met ‘n 6 maande rugsteun waarborg deur die verskaffer dat die sagteware sal voldoen aan die nodige kwaliteit en veiligheidsstandaarde. Indien nie, sal die verbruiker die sagteware kan teruggee aan die verskaffer, en die verskaffer moet of die sagteware dan herstel of die koopprys teruggee.

Die 6 maande waarborg vind nie toepassing op sagteware wat verkoop word op ‘n ‘voetstoots” grondslag nie, t.w. in ‘n besondere kondisie, sou die verbruiker meegedeel was van die kondisie en ongeag daarvan steeds bereid was om die sagteware te koop. Die verbruiker sal ook die waarborg se beskerming verbeur indien hy/sy die sagteware verander/gewysig het strydend met die meegaande instruksies.

Indien die verbruiker verkies om die sagteware te laat herstel deur die verskaffer moet ‘n verdere 3 maande waarborg verskaf word ten aansien van die herstel daarvan. Indien die fout, gebrek of onveilige aspek daarvan nie uitgesorteer word nie, of ‘n nuwe probleem sou opduik gedurende daardie 3 maande tydperk, moet die verskaffer die sagteware vervang of die verbruiker se geld teruggee.

Die 3 maande herstelwaarborg sal nietig wees indien die verbruiker die sagteware onderwerp het aan enige misbruik of verkeerde gebruik. Die waarborg geld ook nie ten opsigte van gewone billike slytasie nie.

 

Bokant van Bladsy

 

29. Wie is regsaanspreeklik vir nadeel veroorsaak deur gebrekkige of onveilige goedere?

 

Die ontwikkelaar, invoerder, verspreider/verskaffer of handelaar van enige sagteware sal aanspreeklik wees vir enige nadeel veroorsaak, in geheel of gedeeltelik voortspruitend uit:

  • Die persoon wat onveilige sagteware verskaf, t.w. sagteware wat ‘n buitengewone gevaar daarstel vir persoonlike besering of eiendom beskadiging aan of vir die koper, gebruiker of ander persone;
  • Enige fout, defek of gevaar aanwesig in die sagteware; of
  • Onvoldoende instruksies of waarskuwings wat verskaf was aan die verbruiker ten aansien van enige gevaar wat ontstaan of geassosieer word met die gebruik van die sagteware.

Die nadeel deur die Wet voorsien sluit in:

  • Die dood van, of besering aan, enige natuurlike persoon;
  • ‘n siekte van enige natuurlike persoon;
  • Enige verlies van, of fisiese skade aan, enige eiendom, ongeag of dit roerend of onroerend sou wees; en
  • Enige ekonomiese verlies gelei, resulterend uit nadeel soos bedoel in 1-3 supra (bovermeld).

‘n Verbruiker wie skadevergoeding verlang van ‘n verskaffer hoef nie meer te bewys dat die nadeel ontstaan het weens die nalatigheid van die verskaffer nie.

Ten einde die moontlike negatiewe effekte van streng produk aanspreeklikheid tee te werk, het die wetgewer ook ‘n aantal moontlike verwere ingestel waarop gesteun mag word deur verskaffers wat vervolging vir defektiewe of onveilige produkte in die gesig staar.

Hierdie verwere is as volg:

  • Die onveilige produk eienskap, fout, defek, of gevaar wat nadeel veroorsaak is in geheel toeskryfbaar aan die nakoming van enige openbare regulasie.
  • Die beweerde onveilige produk eienskap, fout, gebrek of gevaar het nie in die sagteware bestaan ten tyde van die verskaffing daarvan nie.
  • Die beweerde onveilige produk eienskap, fout, defek of gevaar was in geheel die gevolg van nakoming deur daardie persoon van instruksies verskaf deur die persoon wie die sagteware aan daardie persoon verskaf het.
  • Dit is onredelik om van die leweransier of handelaar te verwag om sodanige onveilige produk eienskap, fout, defek of gevaar te ontdek , met in ag neming van die persoon se rol in die bemarking van sagteware aan verbruikers.
  • Die eis vir skadevergoeding het verjaar, t.w. dit was ingestel meer as is 3 jaar na die dood of besering plaasgevind het; of meer as 3 jaar vanaf die datum wat die klaer kennis geneem het van die wesentlike feite oor ‘n siekte of eiendomsskade veroorsaak deur die sagteware in gedrang; of meer as 3 jaar vanaf die laaste datum wat die klaer enige ekonomiese verlies gely het veroorsaak deur die betrokke sagteware.

Die hof wat die eis weens skade aanhoor sal steeds geregtig wees om te bepaal of enige nadeel bewys was en na behore versagtend opgetree was en sal die omvang van die skade en monetêre waarde van enige skade bepaal, insluitend enige ekonomiese verlies gely.

Indien, in ‘n besondere geval, meer as een persoon aanspreeklik is vir die nadeel veroorsaak, sal hulle aanspreeklikheid gesamentlik en afsonderlik wees en mag die hof aanspreeklikheid verdeel tussen die persone wat aanspreeklik bevind was, tot en in die mate wat die hof sou goeddunk/vind.

In die EU, moet goedere voldoen aan wat redelikerwys van hulle verwag word. Die handelaar sal aanspreeklik wees vir enige versuim aan gelykvormigheid.

 

Bokant van Bladsy

 

30. Wat behels borgskap?

 

‘n Borgstelling is ‘n ooreenkoms tussen drie partye naamlik die kredietgewer, die hoofskul-denaar en die borg. Ingevolge die bepalings van hierdie ooreenkoms onderneem die borg om in sy persoonlike hoedanigheid in te staan vir die verpligtinge verskuldig deur die hoofskuldenaar aan die krediteur, indien die skuldenaar in geheel of gedeeltelik sou versuim om sélf sy verpligtinge na te kom.

 

Bokant van Bladsy

31. Wat is die vereistes en wanneer word dit afdwingbaar?

 

Die Algemene Regswysigingswet, 50 van 1956 maak voorsiening daarvoor dat ‘n egte borgsstellingooreenkoms as ‘n skriftelike dokument beliggaam moet word, geteken deur of namens die borg.

‘n Borgstellingooreenkoms kan egter nie bestaan sonder ‘n prinsipȉele verpligting nie. Aldus sal die krediteur slegs kan eis dat die borg ‘n verpligting nakom indien daar ‘n prinsipȉele skuld bestaan en die hoofskuldenaar versuim om ooreenkomstig die bepalings van die prinsipȉele verpligting te presteer.

Dit moet ook vasstaan dat dit inderdaad ooreenkomstig die partye se wil was om ‘n borgstellingooreenkoms te beding en daar eensgesindheid by die partye bestaan oor die omvang waartoe die borg aanspreeklikheid sal aanvaar asook oor die tydperk waartydens die borgskap geldend sal wees.

 

Bokant van Bladsy

32. Wat is ‘n mede hoofskuldenaar?

 

Meeste borgskappe bind die borg beide as borg en mede hoofskuldenaar, menende dat die borg se verpligtinge gelykwaardig gestel is aan dié van die hoofskuldenaar, en hy dus gesamentlik en afsonderlik verantwoordbaar is aan die krediteur.

Een van die potensiële resulterende gevolge van aftekening as mede hoofskuldenaar is die afstanddoening van uitskudding voordele. Dit beteken dat die krediteur nie nodig het om eers te poog om die skuld vanaf die hoofskul- denaar in te vorder alvorens die ooreenkoms afdwingbaar sal wees teenoor die borg nie.

 

Bokant van Bladsy

 

 

33. Is dit moontlik om u aanspreeklikheid te beperk?

 

Die enigste manier om u aanspreeklikheid in te perk is om uself op hoogte te bring met betrekking tot die identiteit van die ander betrokke partye, die aard en omvang van die skuld en die tydperk waartydens u aanspreeklik gehou sal kan word.

Dit is belangrik om te let dat “aaneenlopende borgskapdekking” klousules gereeld in afbetalingsooreenkomste ingesluit word. Diesulkes kan die borg nimmereindiglik verbind tot die skuld van die hoofskuldenaar, en bind die borg ook aan skuld wat ter enige tyd in die toekoms mag ontstaan, selfs sou die borg daartydens nie enigsins iets meer te make het met die skuldenaar nie. Dit is ook raadsaam om uself, so ver moontlik, nie as as mede hoofskuldenaar te verbind nie.

Geld die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (“NKW”)?

Die hof het beslis dat die NKW wel borgstellingsooreenkomste mag toepas en dat dit ooglopend binne die definisie van ‘n “kredietwaarborg” val ooreenstemmend met artikel 8(5). Hoe ookal, dit is slegs van toepassing op borgstellings in die mate waarin die NKW wel aanwending vind tot die onderliggende kredietfasiliteit of krediet transaksie (hoofskuld) in gevolge waarvan die borgstelling toegestaan was.

Verder, waar die hoofskuldenaar ingevolge die ooreenkoms nie ‘n “verbruiker” is soos omskryf in die NKW nie, sal die borg nie kan staatmaak op die beskerming verskaf deur die NKW nie. Waar die NKW wel aanwending vind by ‘n borgskap sal die borg kan aanspraak maak op verskeie beskermings mates van die NKW, byvoorbeeld om die verweer op te werp dat die krediet waarborg op sigself neerkom op “roekelose kredietverskaffing”, of dat die onderliggende krediet ooreenkoms in geheel onwettig is. Die kredietverskaffer sal ook die besonderse skuldbeslagleggingprosedure moet navolg soos uiteengesit in die NKW indien hy/sy sou wens om die kredietooreenkoms af te dwing by versuim van die skuldenaar.

 

Bokant van Bladsy

banner 1 afrikaans