prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

LASTER REG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Laster – die vertakking van die reg te make met regsaanspreeklikheid weens nalatige optrede en ander siviel regtelike oortredings, en die wyse waarop skadevergoeding daarvoor bereken word, staan bekend as deliktereg. Die reg beskerm jou reputasie en maak voorsiening daarvoor dat onregmatige openbaarmaking daarvan – geskrewe of mondelings – of enigiets skadedraend tot ‘n reputasie, die verontregte in staat stel om skadevergoeding vir laster te kan eis.

‘n Prokureur kan u van hulp wees ter beskerming van u reputasie ten alle tye. Dit mag wees d.m.v. ‘n aansoek by die hof vir ‘n interdik, sou u bewus raak dat iets lasterlik oor u openbaar staan te word, of by wyse van ‘n aksie weens verlies,wat finansiële vergoeding (skadevergoeding) daarstel vir enigeen wie se reputasie geskaad was. Die reg betreklik tot laster (naamskending) is een van die mees komplekse en onsekere afdelings van ons reg. Konsulteer met ‘n prokureur sou u voel dat u belaster was of op die punt staan om belaster te word.

  1. Wat moet bewys word ten einde u laster aksie se sukses te verseker?
  2. Wanneer word aanmerkings as ‘lasterlik’ beskou?
  3. Wat konstitueer ‘met verwysing na die klaer’?
  4. Wat stel ‘publikasie van die laster’ daar?
  5. Wat behels ‘vergissing of gebrek aan bedoeling om te bepaal’?
  6. Wat konstitueer aanmerkings wat ’waar’ of ‘tot publieke voordeel of in openbare belang’ is?
  7. Wat word bedoel met regverdige kommentaar?
  8. Wat konstitueer privilegie?
  9. Hoe word skadevergoeding vir laster bereken?
  10. Laster, smaadskrifen skinder – wat is die verskil?

 

1. Wat moet bewys word ten einde u laster aksie se sukses te verseker?

 

Ten einde sukses te kan behaal met u aksie, sal u moet aantoon dat:

  • Die opmerkings lasterlik was

  • Dit na u verwys het: en

  • Dit gepubliseer was deur die verweerder.

Twee faktore sal deur u vasgestel / voorgehou moet word :

  • skuld, blaam – wat vermoed word bestaan tensy die verweerder dit weerlê deur getuienis tot die teendeel te lei en homself met sukses beroep op ‘n verweer soos grappigheid of vergissing.

  • Onregmatigheid – (soms genoem kwaadwilligheid), wat weereens vermoed word en wat die verweerder moet weerlê met ‘n verweer soos toestemming, privilegie, regverdige kommentaar of as waarheid en tot publieke voordeel.

    Bokant van Bladsy

 

2. Wanneer word aanmerkings as ‘lasterlik’ beskou?

 

Gewoonlik sal‘n hof wat hieroor moet beslis homself afvra of ‘n ‘redelike regdenkende manof vrou’ wat die woorde aanhoor of lees, as gevolg daarvan enigsins minder van u sal dink.

  • Slegs as die hof seker is van die betekenis van die gewraakte woorde kan daar beslis word of dit u reputasie geskend het al dan nie – dit is verder nodig dat die betekenis van die woorde bepaal word in die konteks daarvan en in die omstandighede waarin dit gebruik was.

  • Sodra die betekenis daarvan vasstaan kan die hof beslis of die woorde inderdaad u reputasie geskend het.

Bokant van Bladsy

 

3. Wat konstitueer ‘met verwysing na die klaer’?

 

  • Om sukses te kan behaal met u aksie sal u natuurlik moet kan bewys dat die lasterlike woorde gerig was teenoor u persoonlik. Indien u by naam genoem word sal u nie n probleem daarmee ondervind nie – maar as die spreker of skrywer u nie uitdruklik vermeld nie, mag dit wel problematies raak.

  • ‘n Verweerder kan nie aanspreeklikheid vermy deur homself op so ‘n wyse uit te druk dat almal bewus is wie hy bedoel, alhoewel hy nie uitdruklik laat blyk na wie hy verwys nie. Die vraag is weereens: sou‘n redelike regdenkende man of vrou wie die woorde aanhoor besef dat daar na u verwys word?

  • Dit raak meer ingewikkeld waar u slegs een van ‘n groep persone is na wie daar verwys word, en u nie spesifiek by naam genoem word nie – u sal nie geregtig wees op skadevergoeding as die groep na wie verwys word so groot en verspreid is dat ‘n redelike man of vrou nie in staat sou wees om te voel dat ‘n besondere persoon na verwys was en sy of haar reputasie dienooreenkom- stig deur so ‘n aanmerking geskaad sou wees nie.

Bokant van Bladsy

 

4. Wat stel ‘publikasie van die laster’ daar?

 

  • ‘n Aksie vir laster sal slegs sukses behaal indien ‘n ander persoon die lasterlike aanmerkings in ‘n uitsending hoor of in ‘n koerant lees of by wyse van ‘n ander formaat, soos ‘n webwerf.

  • Dit is irrelevant – vir aanspreeklikheid doeleindes – of een, of vir alle praktiese doeleindes, ‘n paar duisend mense, die lasterlike aanmerking gelees of aangehoor het. Mits minstens een ander persoon het, sal aanspreeklikheid aanwesig wees.

  • Die bedrag skadevergoeding word vasgestel op grond van die mate waarin u reputasie geskend was. Indien die laster, byvoorbeeld, slegs aan een of twee persone geopenbaar was, mag die skade aangerig aan u reputasie bitter min wees, in welke geval die skadevergoeding wat aan u toegeken sal word ook aansienlik minder sal wees.

Bokant van Bladsy

 

5. Wat behels ‘’n vergissing of gebrek aan bedoeling om te laster’?

 

  • Suid Afrikaanse reg vereis dat ‘n verweerder oor die opset moet beskik om ‘n applikant te belaster sou hy lasterlike aanmerkings op skrif stel of uiter. Hy moet besef dat die gebruik van die gewraakte woorde ‘n onregmatige aanval op die applikant se reputasie daarstel. Indien die verweerder oortree het, terwyl onder die indruk dat dit wat hy of sy s? nie laster daarstel nie, sal hy of sy nie aanspreeklik wees nie.

  • Indien ‘n opregte fout betreklik tot ‘n naam begaan word, mag iemand wel daardeur belaster word, maar die verweerder wat die fout begaan het sal beskou word nie te beskik oor die vereiste bedoeling om te laster nie.

  • Indien ‘n verweerder ‘n lasterlike aanmerking maak wat hy glo regverdigbaar is en in die opregte geloof dat dit die waarheid en in die openbare belang is, sal hy nie aanspreekbaar wees nie selfs al sou dit later blyk vals te wees. Des nieteenstaande, sal hy steeds bewys moet lewer dat hy nie oor die nodige bedoeling beskik het om te laster nie.

Bokant van Bladsy

 

6. Wat konstitueer aanmerkings wat ’waar’ of ‘tot publieke voordeel of in openbare belang’ is?

 

Indien aangetoon kan word dat dit wat daar van jou gesê was die waarheid is, en, mits die aanmerkings gemaak ook in die openbare belang is, kan die verweerder nie aanspreeklik gehou word vir die skade wat hy aan jou reputasie aanrig nie. Die rede daarvoor is dat hy geag sal word jou reputasie regmatig aangeval het.

Omdat dit dikwels moeilik is om vas te stel of ‘n besondere aanmerking in openbare belang gemaak was, word‘n paar riglyne verskaf:

  • Die feit dat die publiek geïnteresseerd mag wees in ‘n besondere aangeleentheid beteken nie dat dit in openbare belang sal wees om dit te publiseer nie. Met ander woorde die vraag is nie of die publiek wil h? dat sekere aanmerkings openbaar gemaak word nie maar eerder of dit openbaar gemaak behoort te word.

  • Prakties gesproke mag enigiets oor die openbare of privaat lewens van staatsamptenare – veral politikusse openbaar gemaak word. Die regsgrondslag hiervoor is dat, omdat die publiek die salarisse van sodanige amptenare betaal, hulle geregtig daarop is om op hoogte gehou te word van die bedrywighede van sodanige openbare amptenare, selfs al sou, in sekere omstandighede, lasterlike aanmerkings aangaande hulle private sake gemaak word.

  • Dit is ook gewoonlik in openbare belang om ‘n persoon se kriminele skuldig bevinding te openbaar.

Bokant van Bladsy

 

7. Wat word bedoel met regverdige kommentaar?

 

  • Deel van die reg op vrye spraak behels dat enigeen wat sodanig verkies uiting mag gee aan sy opregte opinie aangaande enige aangeleentheid in openbare belang. Kommentaar word meestal beskerm en het nie aanspreeklikheid tot gevolg nie, selfs al sou dit ‘n ander belaster.

  • Dit sal nie tot voordeel van ‘n verweerder wees om ‘n feitelike bewering as ‘n blote opinie te probeer verskans nie – die opinie geopper deur ‘n verweerder moet feit draend wees om vir beskerming te mag kwalifiseer.

  • Die onderwerp van sodanige kommentaar gelewer moet van openbare belang wees – ‘n verweerder kan nie sy opinie aangaande ‘n ander se privaat sake of morele oortuigings opper tensy dit in openbare belang sou wees nie – byvoorbeeld, as die persoon ‘n politikus is.

Bokant van Bladsy

 

8. Wat konstitueer privilegie?

 

Soms mag ‘n verweerder teen wie ‘n aksie vir laster ingestel word ‘n verweer van privilegie opper.

  • Kommentaar gelewer in die parlement is bevoorreg. Kommentaar gelewer gedurende die verloop van hofverrigtinge – hetsy waar of vals, en ongeag billike kommentaar al dan nie is gelykerwys ook vrygestel. Regverdige en akkurate rapportering van beide parlementêre en hofverrigtinge geniet ‘n soortgelyke privilegie.

  • Die privilegie wat parlementariërs geniet is absoluut selfs al sou hulle in die parlement met die onaanvaarbaarste motiewe iets s? of doen. Dit is waarom dit gereeld gebeur dat een parlementariër ‘n ander sal uitdaag om dit wat binne gesê was buite die parlement te herhaal, ten einde ‘n aksie vir laster te kan instel.

Bokant van Bladsy

 

9. Hoe word skadevergoeding vir laster bereken?

 

 

  • Alle verklarings, mondelings of skriftelik oor u gemaak, wat u reputasie verkleineer in die oë van regdenkende mense, en wat gemaak was met ‘n bedoeling daartoe, sal aan u die grondslag verleen vir ‘n skadevergoedings aksie vir laster.

  • Skadevergoeding word bereken aan die hand van die nadeel veroorsaak aan u reputasie. U hoef nie daadwerklike verlies te bewys nie. Daar is ook nie ‘n besondere maatstaf beskikbaar ter bepaling van sodanige verlies nie.

Die bepaling daarvan sal hoofsaaklik afhang van die sienings van die voortsittende beampte, wie deur vorige toekenning in soortgelyke sake gelei word asook vele faktore, soos:

  • Kwaadwilligheid, die aard en omvang van die publikasie.

  • Teenwoordigheid of afwesigheid van ‘n toereikende verskoning; en

  • Rang, sosiale of professionele status van die party wie se reputasie na bewering benadeel is.

Bokant van Bladsy

 

10. Laster, smaadskrif en skinder – wat is die verskil?

 

  • Twee Engelse regsreëls wat dikwels hul opwagting maak in Suid Afrikaanse onderwerpbesprekings is ‘smaadskrif’ en ‘skinder’, wat ‘n onderskeid maak tussen skriftelike en mondelingse laster.

  • Suid Afrikaanse reg trek nie sodanige onderskeid deur nie: dit verwys na alle reputasie skendige verklarings as laster, hetsy dit gepubliseer (dit is om openbaar te maak) was by wyse van mondelingse woorde of in skrif.

    Bokant van Bladsy

trainingbannerafri 5