prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

MANDELA DIE PROKUREUR      English       Sesotho       isiZulu         isiXhosa              Terug na tuisblad

 

Met trots na u gebring deur www.prokureur.co.za – die leidende, gratis informasie-webwerf oor prokureurs en die reg in Suid-Afrika vandag. Slaan die reg na, of vind 'n Regsfirma.

U kan die volle inhoud hier onder lees, of laai dit hier af -  nota: dit sal 1 Mb van u data in beslag neem. In ieder geval hoop ons dat u dit 'n informatiewe en genotvolle leeservaring sal vind.

Inleiding

Vir meer as twee dekades, van 1941 tot 1961, was Nelson Mandela 'n lid van die georganiseerde regsprofessie in Suid-Afrika: 'n artikel-klerk, 'n professionele assistent, 'n eenmansaak en hy het ook in vennootskap gepraktiseer. In 1939, op die ouderdom van 21, toe hy sy studies aan die Fort Hare Universiteit begin het, het hy daar aangekom met behulp van die voertuig van Stamhoof Jongintaba – in 1964, net meer as 25 jaar later, het hy op Robbeneiland aangekom met behulp van 'n militêre vragvliegtuig.

Hierdie is die storie van Nelson Mandela, 'n prokureur van beroep en 'n geroepe revolusionêr!

Mandela die Prokureur

Nelson Mandela is gebore op 18 Julie 1918 te Mvezo, 'n klein dorpie op die walle van die Mbaserivier, in die distrik van Umtata. Hy spandeer die groter meerderheid van sy jeugjare in Qunu. Sy pa se mense was lede van die koninklike familie en het opgetree as raadgewers vir die Thembu koning. Hulle voorsate het gestrek tot by Koning Ngubengcuka (c1790-1830) wie die Thembu koninkryk – 'n losse agglomerasie van stamhoofskappe – verenig het. Nelson Mandela was nege jaar oud toe sy pa, Henry Gadla oorlede is. Kort voor sy dood het sy pa gereël dat die jong Mandela by Opperhoof Jongintaba sou gaan bly.

 

  rondavel 300 220   jongintaba 300 220  
  Die Rondawel by Die Groot Plek   Mandela se voog  
  in Mqhekezweni waar Mandela    Jongintaba Dalindyebo, wat   
  as kind in die sorg van   hom groot gemaak het na  
  Jongintaba gewoon het   die dood van sy pa.  
         

Op die ouderdom van 16 het hy in die berge 'n besnydenisseremonie ondergaan, wat beteken het dat hy toe 'n man was. Kort hierna is hy in die stamhoof se motor na Clarkebury College geneem. Hierdie kollege is in 1825 deur Metodiste sendelinge gestig nadat die Thembu Koning, Ngubengcuka, aan hulle grond bewillig het. Hier het Mandela belofte as student getoon deur die Junior Sertifikaat in slegs twee jaar te voltooi.

Sy finale jaar as kosganger was in 1938 by Healtdown. In 1939, op die ouderdom van 21 skryf hy in as voorgraadse student aan die Universiteit van Fort Hare, wat in 1916 deur Oos-Kaapse sendelinge gestig is, en wat ten tyde van Mandela se studies daar ongeveer 150 studente gehad het. Hy het ingeskryf vir 'n BA-graad met Engels, Antropologie, Regte en Bantoe-administrasie, wat hom geskik sou maak vir indiensneming by die Departement Naturellesake in Pretoria. In daardie tye was dit 'n realistiese doelwit en Mandela wou homself bekwaam as tolk tussen Xhosa en Engels, dalk in diens van 'n Magistraat. Sy beste vriend by Fort Hare was Kaizer Matanzima. Hy was Mandela se neef en 'n uitgesproke ondersteuner van afsonderlike ontwikkeling. Hy het by Fort Hare Universiteit gegradueer met 'n BA-graad in Romeinse Reg en begin in 1940 sy artikels in die regte. In 1944 word die Prokureursorde van Die Kaap die Goeie Hoop-prys aan hom toegeken vir sy uitslae in die Prokureurs-toelatingseksamen, al het hy toe nooit as prokureur gepraktiseer nie.

In laat-1940, 'n jaar na sy aankoms, raak Mandela gewikkel in 'n studente-geskil – hy was verkies tot die Studenteraad, maar het vanweë 'n boikot geweier om sy posisie op te neem. Hieroor is hy effektiewelik geskors. Iets wat tot groot ontsteltenis vir Jongintaba gelei het, en wat hom ook laat aandring het dat Mandela in die nuwe jaar terugkeer na Fort Hare. Verder was Jongintaba besig om huwelike te reël vir Nelson en sy broer, Justin, en so het die twee van hulle besluit om die haas se pad te kies. Hulle het twee van Jongintaba se koeie gesteel en aan 'n plaaslike handelaar verkoop. Uiteindelik het hulle by 'n plaaslike prokureur 'n saamrygeleentheid na Johannesburg gekry en het op 16 April 1941 in Egoli aangeland.

 

  cousin KD Matanzima 300 220   wife evelyn 300 220  
   Nelson Mandela     Mandela se eerste vrou, Evelyn  
  sy neef,    saam met hulle twee seuns  
  KD Matanzima   Thembi & Makgatho - laat 1940's  
         

Een van die eerste mense wie Nelson en sy broer Justin besoek het was Dr Xuma, die pas-verkose president van die ANC en 'n familie-vriend. Hy het hulle verwys na Mnr Wellbeloved, wat hulle gehelp het om by Crown Mines werk te kry. Justin is as vakleerling aangestel en Mandela het as nagwag gewerk. Hy is toegerus met 'n ronde hoed, 'n knopkierie en 'n fluitjie. 'n Telegram van Jongintaba waarin hy by die indoena aangedring het om die broers terug huistoe te stuur het opgedaag. Mandela het 'n ou rewolwer in sy tas gehad, wat toe deursoek is deur 'n wag net voor hul vertrek. Hiervoor is hy aangekla en is deur die hof 'n klein boete opgelê.

Mandela het gaan woon by sy neef, Garlick Mbekene, en het hom vertel van sy ambisie om 'n prokureur te word. Mbekene het hom voorgestel aan Walter Sisulu, wat ook in Thembuland gebore is, die leier van die plaaslike ANC-tak was, die koorleier en ook 'n lid van die “Xhosa homeboy”-vereniging was. Sisulu was 'n eiendomsagent, maar nie op die manier wat ons dit vandag verstaan nie. Alexandra is gevestig as 'n naturelle lokasie in 1912 en was daarom uitgesluit van die strukture van die 1913 Grondgebiedewet, wat swart mense verbied het om eiendomme in wit areas te koop of te verkoop. 'n Duitse sakeman het die lenings verskaf en die regsfirma Witkin, Sidelsky & Eidelman het die verbande geregistreer wat die lenings gevrywaar het. Sisulu het teen kommissie kliënte ingebring. Mandela het aan Sisulu gesê dat hy graag in die regte wou studeer. Sisulu het hom gevolglik voorgestel aan prokureur Lazar Sidelsky, wat ingestem het om hom aan te stel as artikel-klerk, (wat vandag na verwys word as kandidaat-prokureur) terwyl hy sy graad via 'n korrespondensiekursus voltooi.

 

  dr alfred xuma 300 220   walter sisulu 300 220  
  Dr. Alfred Xuma   Walter Sisulu  
         

In daardie dae was dit raar vir wit regsfirma's om swart mense vir artikels in te neem – landwyd was daar slegs 18 gekwalifiseerde prokureurs in 1946 en op daardie stadium kon slegs 2% van Johannesburg se swart populasie op professionele status aanspraak maak. Mandela het ingeskryf vir 'n kursus by UNISA, wat deur Sisulu betaal is, en hy't begin werk by Witkin.

Die eerste swart prokureur wat deur die Suid Afrikaanse howe toegelaat is om as prokureur te praktiseer was Alfred Mangena ( op 14 Julie 1910) gevolg deur Pixley ka Isaka Seme (op 22 Desember 1910) en George Dixon Montsio (in 1911). In 1960 was daar 60 swart prokureurs in Suid-Afrika, van wie ten minste 'n derde op daardie stadium in die Transkei gebaseer was. Die administratiewe sentrums in die Naturelle Reservate het ongeveer soveel geleenthede gebied as Johannesburg waar apartheid se stedelike herstrukturering gesorg het vir 'n sukkelbestaan. Vooruitstrewende swart mense, saamgekoek in professies rondom die Bunga, wat eiendomme in Umtata besit het, het winsgewende geleenthede gebied vir 'n nuwe generasie van swart prokureurs wat hul sake vir hulle behartig het. Die ander sentra's vir die swart regsprofessie was Johannesburg en Durban.

Teen die middel van 1942 het Mandela gratis gewoon in die mynkamponge en het hy ook vir 'n paar maande gebly in Walter Sisulu se huis te 7372 Orlando Wes. Dit is daar wat hy vir Evelyn Mase ontmoet het. Die paartjie is op 5 Oktober 1944 getroud, na 'n 'warrelwind romanse'. Mandela was 26 en Evelyn 23 en daar was nie geld vir lobola of 'n feesmaal vir die huweliksgaste nie. Thembekile is gebore op 23 Februarie 1946. Evelyn het 18 pond per maand as verpleegster verdien en die paartjie het getrek na 8115 Orlando Wes, met 'n maandelikse huur van 17d 6din ongeveer in 1947. Die Mandelas het 'n tweede kind gehad, 'n dogter genaamd Makiwaze. Sy was siek vanaf geboorte en het nooit herstel nie. Sy het uiteindelik gesterf op die ouderdom van nege maande, in 1948. 'n Tweede seun, Makgatho is gebore in Augustus 1950, en in 1954 is nog 'n dogter, Makaziwe gebore, vernoem na die dogter wat vyf jaar vantevore as baba dood is.

Die lewe van 'n artikel-klerk was moeilik en daar was maar min geld om van te praat. Hy het begin met 'n salaris van 2 pond per maand, wat uiteindelik opgegaan het na 8 pond per maand teen Desember 1946. Hy het maar een tweedehandse pak klere besit, wat deur Mnr Sidelsky aan hom gegee is, en wat konstante lapwerk nodig gehad het om in een stuk te bly. Soms het hy die vyf myl werk toe geloop om op busgeld te bespaar en so meer geld vir kos te hê. In die veertigs was die manier om as prokureur toegelaat te word om vir 5 jaar artikels te doen en daarna suksesvol die Prokureurs Toelatingseksamen te voltooi. Dit is hoe Mandela gekwalifiseer het as prokureur.

 

  sidelsky bregman mandela   percy yutar 300 220  
  Ou vriende – met mede-   Ou vyande -  
  Artikel-klerk Nat Bregman & sy   met Rivonia aanklaer  
  voormalige ‘Prinsipaal’ Lazar Sidelsky   Percy Yutar  
         

Nog 'n artikel-klerk wat by Sidelsky werksaam was is Nat Bregman, 'n Marxis en komediant wat soms op die radio opgetree het en later sy eie regspraktyk bestuur het. Mandela het hom beskryf as sy eerste wit vriend. Hulle het saam vergaderings bygewoon en tydens middagete toebroodjies gedeel. Hy het pligsgetrou in die aande gestudeer en in 1943 na Fort Hare Universiteit teruggekeer vir sy BA-gradeplegtigheid.

In 1943 het Mandela ook by Wits ingeskryf vir 'n BA-Regte-kursus – die LLB, met die hoop om 'n advokaat te word. Dit was 'n deeltydse kursus en hy was die enigste swart student in die regsfakulteit en daar was nog nooit vantevore 'n swart balie-lid in Johannesburg gewees nie. Duma Nokwe was die eerste swart advokaat wat in 1956 tot die Balie toegelaat is. Dit was via die universiteit wat hy vir Joe Slovo, Ruth First, Bram Fischer, George Bizos, J.N. Singh, Ismail Meer en vele ander ontmoet het, In Desember 1946 het Mandela aansoek gedoen by die Bantoe Welsynstrust vir 'n lening van 250 pond om voltyds sy LLB-studies te voltooi. Die lening is toegestaan. Mandela het self erken dat hy 'n baie swak student was – hy het vir die LLB gestudeer vir ses jaar en het die laaste drie keer gedruip. In Desember 1949 het hy aan Professor Hahlo, die Dekaan van die Regsfakulteit geskryf en by hom gepleit vir nog 'n geleentheid om sy finale eksamens te herskryf. By 'n spesiale vergadering op 14 Desember 1949 het die Dekaan en ses kollegas van die fakulteitsraad die versoek afgekeur, omdat Mandela drie vakke in sy finale jaar gedruip het.

In 1952 het Mandela weer geregistreer vir die LLB by Wits, maar dit is in die middel van die jaar gekanselleer vanweë nie-betaling van fooie. Alhoewel hy toe as prokureur gewerk het vir Hyman Basner, het Mandela duidelik nie oor die fooie beskik vir sy studies nie, maar hierdie keer blyk dit dat die universiteit bereid was om hom 'n meer simpatieke verhoor te bied.

Toe die prinsipaal, Humphrey Raikes, ingelig is deur die universiteit se rekenmeester van die hangende kansellasie, het hy aanbeveel dat Mandela 'n kans gegun word om die registrateur, Glyn Thomas, 'n simpatieke figuur wat dalk goeie raad kon gee, te gaan spreek. Mandela het nie die aanbod opgeneem nie — op daardie stadium was hy reeds te diep betrokke by die versetveldtogte, en sou binnekort sy eie regsfirma loods in vennootskap met Oliver Tambo.

 

  final year LLB Wits 1949 600 328  
  Mandela as student by Wits Universiteit waar hy deeltyds studeer het  
  van 1943 - 1946 & voltyds in 1947 - 1948. Professor Hahlo (middel)  

 

In 1948, het Daniel Francois Malan Eerste Minister geword en begin met die implementasie van grootskaalse apartheid. Die skrywer, JM Coetzee definieer apartheid as volg: ‘Apartheid was 'n stelsel van afgedwonge segregasie gebaseer op ras of etnisiteit, daar gestel deur 'n eksklusiewe, self-gedefinieerde groep met die doel om koloniale verowering te konsolideer, spesifiek om hul houvas op die natuurlike hulpbronne te verstewig'. Die eksklusiewe groep was die wit mense (toe nog bekend as Europeërs). Dramaturg, Athol Fugard het geskryf: ‘Want sekerlik nêrens elders in die wêreld vandag – en ek is seker dit is ewe waar van die verlede – was daar ooit 'n samelewing waar die dominante politieke filosofie, mildelik bygestaan deur die dominante Christelike teologie, oënskynlik rasionele mans en vroue gelei het na verstommende en onlogiese vorme van waansin – en wat dit selfs meer verstommend maak is die alles-deurdringende aard van hierdie waansin. Daar is geen area van ons lewens, van die mees private tot die mees openbare, wat nie daardeur geïnfekteer is nie’.

Die 'moeder' van apartheidswetgewing (soos dit na verwys is in die Parlement in 1990) was die Bevolkingsregistrasiewet van 1950, wat alle Suid-Afrikaners volgens ras geklassifiseer het. Die Groepsgebiedewet, ook van 1950 het bepaal waar die verskillende rasse kon woon. Die Bantoe Owerhedewet van 1951 het tot die totstandkoming van die Tuislande gelei, met die gevolg dat miljoene nie-blanke mense skielik effektiewelik nie-burgers in hul eie geboorteland was, en kriminele omdat hulle nie 'n 'pas' gehad het nie. Gedurende Maart 1963 het Mnr H.J. Botha in die Huis van Afgevaardigdes as volg oor die tuisland-beleid gesê: ‘Net soos ons Hollandse voorvaders dyke gebou het by Zeeland om die Noord-see uit te hou uit hul vaderland, bou ons vandag tradisionele dyke rondom Suid-Afrika om die swart massas uit te hou.' In Maart 1963 het Mnr C.M. Warren van die Verenigde Party Mandela se neef, Hoofman Kaizer Matanzima in die Huis van Afgevaardigdes as volg aangehaal: ‘Vir my is afsonderlike ontwikkeling wat die Magna Carta is vir die mense van Brittanje. Ek wil die land gerus stel dat die leiers van die Transkei oor van die beste breine ter wêreld beskik’.

 

  boxer   old fort  
  Mandela het fiks gebly deur te oefen   The Old Fort, waar Mandela   
  as 'n bokser. Hy het glo die   twee keer aangehou is  
  'wetenskaplike aspekte'   Nou 'n gedeelte van die  
  van die sport geniet.   Constitution Hill buurt.   
         

Op 18 Februarie 1953 het die Sekretaris van Justisie, Mr A.E.M. Jansen, aangekondig dat dit die langtermyn beleid van die Department van Justisie was om apartheid in sy volledigheid in die howe van die Unie te implementeer, en in 1960 het die Hoof-Magistraat van Kaapstad aangekondig dat elke hofsaal in die stad toegerus is met aparte tafels vir nie-blanke prokureurs. As 'n praktiserende prokureur is Mandela verder aan rassisme en diskriminasie blootgestel deur herhaaldelik vir sy 'Prokureursidentiteitskaart' gevra te word, of deur die bevraagtekening van sy kwalifikasies deur sekere Magistrate – iets wat selde met sy wit eweknieë gebeur het.

In 1951, na hy sy artikels by Witkin voltooi het, het Mandela gaan werk vir die regsfirma Terreblanche & Briggish waar hy ongeveer 'n jaar gebly het. Hy het toe aangesluit by die firma van Helman & Michel waar hy slegs vir omtrent 3 maande gebly het. Om genoeg geld te kon verdien en so vir sy gesin te sorg, het Mandela begin studeer vir die Prokureurstoelatingseksamen, wat hy suksesvol voltooi het. Volgens die rekords van die (voormalige) Geïnkorporeerde Prokureursorde van Transvaal, is Mandela toegelaat op die Prokureursrol in Maart 1951. Die Prokureursorde het sy ontstaan in 1892 as De Ingelijfde Orde van Procureurs en Notarissen. In 1902 het die naam verander na die Geïnkorporeerde Prokureursorde van Transvaal, met nog 'n lofwaardige lid, Mahatma Ghandi, wat toegelaat is as prokureur in 1903. In 1975 is dit weereens herdoop na Prokureursorde van Transvaal en vandag is dit bekend as die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies. Nadat hy sy eksamen deurgekom het, het Mandela gaan werk vir HM Basner as 'n volwaardige prokureur. Hymie Basner was 'n passievolle ondersteuner van Afrika-regte. Volgens Mandela: ‘vir die maande wat ek daar gewerk het, was ek gereeld in die hof om die firma se vele swart kliënte te verteenwoordig ... na die ervaring wat ek daar opgedoen het, was ek gereed om op my eie te gaan.’

Volgens die rekords van Die Prokureursorde, het Mandela op 5 September 1952 die Die Prokureursorde in kennis gestel dat hy nou op sy eie praktiseer. Sy sekretaresse was Zubelda Patel, wat saam met Mandela by H.M. Basner weg is. Oliver Tambo was op daardie stadium werksaam by 'n regsfirma, Kovalsky & Tuch, en Mandela het hom gereeld daar besoek tydens middagete. Volgens die rekords van Die Prokureursorde het Mandela hulle op 4 Desember 1953 in kennis gestel dat hy en Oliver Tambo nou in vennootskap is. Ruth Mompati het ook in daardie jaar by hulle aangesluit as regsekretaresse.

 

  OliverTambo300 220   mandela prokureur img 300 220  
  Oliver Tambo    Nelson Mandela   
         

Dit was die eerste swart vennootskap regsfirma in Suid-Afrika, genaamd Mandela & Tambo Attorneys.

Mandela skryf hieroor in sy outobiografie, Long Walk to Freedom:

‘Van die begin af was Mandela & Tambo toegeval deur kliënte. Ons was nie die enigste swart prokureurs in Suid-Afrika nie, maar ons was die enigste firma van swart prokureurs. Vir swart mense was ons die firma van eerste keuse en laaste uitweg. Om in die oggende by ons kantore uit te kom, moes ons ons weg baan deur 'n skare mense in die gange, op die trappe en in ons klein ontvangslokaal.

Ek het vinnig agter gekom wat Mandela & Tambo vir gewone swart mense beteken. Dit was 'n plek waar hulle 'n simpatieke oor en 'n bekwame bondgenoot kon vind, 'n plek waar hulle nie weggewys of verneuk sou word nie, 'n plek waar hulle eintlik trots kon wees om deur mans van hulle eie velkleur verteenwoordig te word. Dit is die rede hoekom ek in die eerste plek 'n prokureur geword het, en my werk het my baie keer laat voel dat ek die regte keuse gemaak het.'

Die praktyk se kantoorure was van 8.00 tot 17.00 en het gereeld vir middagete gesluit met die twee vennote wat uitgegaan het vir kerrie. 'n Nuwe ry kliënte het gereeld gevorm tydens middagete. Mandela het nou daagliks in sy groen, twee-toon Oldsmobile (wat hy sy kolossale Oldsmobile genoem het) van Orlando na Chancellor House gery. Hy het 'n dubbel-bors-baadjie met brons knope gedra wat deur Alfred Khan – wie ook pakke vir Harry Oppenheimer gemaak het – gedra. Mandela en Oppenheimer mag dalk kleremakers gedeel het, maar beslis nie sentimente nie. Harry Oppenheimer, toe die Verenigde Party LP vir Kimberley Stad, het op 26 Julie 1956 aan die Cape Times gesê: 'Dit is egter noodsaaklik dat 'n groot mate van sosiale en residensiële skeiding gehandhaaf bly word vir menige jare, want swart mense was steeds baie primitief in hulle politiek, kultuur en godsdiens.' Hy het die verdwyning van skeiding voorspel, maar dit sou baie generasies duur om dit te vermag, want swart mense moes eers opgehef word tot by die vlak van Europeërs.

Volgens alle getuienis was Mandela 'n effektiewe prokureur, alhoewel hy soms in die hof geneig was tot die dramatiese en flambojante gebare. Sy vennoot Oliver Tambo was die totale teenoorgestelde – stil, berekend en reflektief. Mandela het self erken dat hy swak was met die hantering van administratiewe werk en finansies, waar Tambo weer noukeurig en versigtig was. Die vennote het gevolglik 'n informele reëling gehad dat Mandela die groter meerderheid van die hofsake sou hanteer en Tambo meeste van die kantoorwerk. Omdat Mandela – as gevolg van sy verbannings – meestal beperk was tot die Johannesburg Magistrale distrik, kon hy nie hofsake buite hierdie areas opneem nie. Tambo moes toe hierdie werk doen, en dit het dit praktyk laat skade lei.

 

  mandela and moroka 300 220   burning of passes  
  Tydens die Versetveldtog   Die Versetveldtog -   
   in 1952, saam met Dr Moroka.   verbranding van passe.  
         

In 1950 het die Regering die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme uitgevaardig, wat effektiewelik die Kommunistiese Party – toe met 'n lidmaatskap van ongeveer 2500 – gelikwideer het. 'n Likwidateur is aangestel om die ontbinding van die Kommunistiese organisasie te oorsien en om 'n lys op trek van Kommuniste, voormalige Kommuniste en ondersteuners van die Kommuniste. Teen 1958 het die likwidateur van die Kommunistiese Party 'n lys van ongeveer 600 mense opgetrek wat onder die Wet val, waaronder Walter Sisulu en Nelson Mandela. In 1968, terwyl hul hul tronkstraf op Robbeneiland uitgedien het, het die twee goeie vriende 'n suksesvolle hofaansoek gebring om hulle name van die lys te laat verwyder.

Die Verset teen Onregverdige Wette-veldtog het begin op 26 Junie 1952. In Desember 1952 is 'n kennisgewing deur die Minister van Justisie uitgevaardig wat Mandela verbied het om enige byeenkoms by te woon in die magistrale distrik vir 6 maande. Hy was ook verbied om in enige plek in die Unie te woon as die Johannesburgse Magistrale distrik. Die polisie het die voortslepende veldtogte onderdruk deur baie van die leiers te arresteer, insluitende Mandela, wat aangekla is onder die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme. Daar was twintig aangeklaagdes, en die geraas in die hof was so hard dat die magistraat verplig was om die ANC president, Dr Moroka (wie Dr Xuma as ANC President in 1949 opgevolg het) te vra om die skare te laat ontbind, wat hy toe ook gedoen het. Al die aangeklaagdes was skuldig bevind aan die bevordering van die doelwitte van Kommunisme en is opgeskorte vonnisse opgelê. Die regter in die saak, Regter Rumpff het daarop gelet dat hulle konstant die beswaarmakers gevra het om ‘vreedsaam op te tree, en om geweld in enige vorm te vermy’. Op 20 Junie 1949, het die Minister van Justisie, C.R. Swart in die Senaat gesê: ‘Natuurlik is ons magistrate en regters ook opgelei om 'n skelm te herken wanneer hulle een sien, en baie van hierdie Naturelle, het ek opgemerk, probeer maak asof hulle baie onskuldig is, en hulle is geensins so onskuldig as wat hulle lyk nie’.

 

  suppression of communism trial   trial support 300 220  
  Twintig van die leiers wat aangekla is.   Ondersteuners by die hofsaak.  
         

Na die skuldigbevinding het die Die Prokureursorde van die Transvaal aansoek gedoen om Mandela se naam van die prokureursrol te skrap. Die saak is aangehoor in die Hooggeregshof en Mandela is verdedig deur die voorsitter van die Johannesburgse Balie, Walter Pollak. Die hof het geweier om die aansoek te aanvaar en het bevind dat, alhoewel sy aksies in 'n ernstige lig beskou kon word, was hy gemotiveer deur in diens te staan van sy mede nie-blankes. Die hof het bevind dat hierdie nie genoegsame rede gebied het om sy naam van die rol te skrap nie. Volgens Die Geïnkorporeerde Prokureursorde van die Transvaal v Mandela 1954 (3) SA 102 (T) , het die hof verder bevind dat hy slegs van die rol geskrap kon word indien hy deur sy dade onwaardig was om in die range te bly van 'n eerbare professie. Die twispunt berus op die onkorrekte veronderstelling dat dit die hof se funksie is om die prokureur te straf wat skuldig bevind is aan 'n oortreding. Die aansoek is van die hand gewys.

Op 25 en 26 Mei 1955, het ongeveer 3000 mense vergader by die “Congress of the People” by Kliptown waar die Vryheidshandves aangeneem is. Noemenswaardige ander optredes op daardie stadium sluit in die Western Areas-veldtog (teen gedwonge verskuiwings) en die veldtog teen Bantu-onderwys.

Woensdagoggend, 5 Desember 1956, was die ‘mees dramatiese enkele polisieoperasie in die Unie’, toe Polisie, gewapen met lasbriewe geteken deur 'n Johannesburgse Magistraat neergedaal het op verskeie leiers en hulle gearresteer het op aanklagte van hoogverraad. Die beskuldigdes het in groepe van twintig in die hof verskyn. Almal is formeel aangekla van hoogverraad en is aangehou in die Fort, Johannesburg se Sentrale Gevangenis, tot 19 Desember 1956. Nelson Mandela en Oliver Tambo was onder die beskuldigdes – die Hoogverraad-saak, soos dit bekend staan, sou nog vir baie jare voortsleep en het uiteindelik 'n kreupelende effek op die vennote se praktyk gehad.

 

  passes   proof  
  Nelson Mandela gedurende   Die staat het  
  die veldtog teen passe   10 000 bewysstukke gelewer  
  vir vroue.   vir die voorlopige verhoor  
         

Die lang voorlopige verhoor het begin op 19 Desember 1956. The staat het beweer dat die Vryheidshandfes opgetrek is deur die ANC, SAIC, SAKP en COD, en dat dit stappe neerlê om die regering om ver te werp en om 'n Kommunistiese bewind daar te stel; dat sommige van die beskuldigdes toesprake gemaak het waarin gevra is vir ekstra-parlementêre-aksie om hierdie doel te verwesenlik, bv. 'n gewelddadige revolusie met bloedvergieting. Een van die advokate vir die verdediging, Vernon Berrange QC, het geargumenteer dat verraad klagtes teen die 156 het basies beloop op 'n politieke komplot, soos gefabriseerde klagtes tydens die Inkwisisie of die Reichstag-vure-saak in Duitsland. Die verdediging sou bewys dat die beskuldigdes “slagoffers was van politieke vlieër-vliegery vanweë hulle wat agter die vervolging gestaan het.” “Hierdie is geen gewone saak nie”, het hy gesê, “as mens ontsag het vir die kru, skop en trap manier waarop die arrestasies gedoen is.” Sommige lede van die Spesiale Eenheid van die SID het tydens kruisondervraging van die verdediging erken dat die ANC gereeld op die “nie-geweldadige aard van hul stryd” klem gelê het. Die voorlopige verhoor was afgehandel in September 1957, en aanklagte is teruggetrek teen 64 mense insluitende Oliver Tambo en die president van die ANC, Albert Luthuli. Die saak het jaar na jaar bly voortsleep, en in Maart 1961 het Regter Rumpff sy uitspraak gelewer, en al die beskuldigdes is vrygespreek. Dit was gebaseer daarop dat ‘die Regering het nie bewys dat dit 'n Kommunistiese komplot was nie en dat die staat ook nie daarin geslaag het om te bewys dat die “Congress” geweld wou gebruik om hulle veranderinge te weeg te bring nie’.

 

  song of protest   luthuli and tambo  
  Mandela in die middel van   Albert Luthuli & Oliver Tambo  
  'n proteslied, Drill Hall, Johannesburg    - Beide is onthef van alle klagtes  
   - 1956   by die Hoogverraad-saak in 1958  
         

In Januarie 1958 het Mandela by die hof aansoek gedoen om van Evelyn te skei, en die saak is afgehandel op 19 Maart 1958. In terme van die egskeidingskikking wat deur die hof gelas is, het Evelyn die eiendom te 8115 Orlando behou. Sy het ook die akte ontvang van 'n stuk grond wat Mandela in Umtata gekoop het, het meeste van die roerende bates behou, en het ook 'n eenmalige bedrag van 50 pond ontvang. Sy is ook voogdyskap oor hul drie minderjarige kinders toegestaan en onderhoud van 15 pond per maand vir hulle versorging en skoolgelde.

In Junie 1958 is Mandela 'n ses-dag uitstel op sy verbanningsbevel gegun en is hy met Winnie getroud te Bizana op 14 Junie 1958. Sy is vir die eerste keer gearresteer in Oktober 1958, nadat sy saam met vroue van die ANC van Orlando deelgeneem het aan 'n openbare protesoptog. Sy is aangehou vir twee weke. Zenani is gebore op 5 Februarie 1959 en Zindzi op 23 Desember 1960. Tronkregulasies het nie besoekers jonger as 16 toegelaat nie, wat vir hom heelwat pyn veroorsaak het tydens sy gevangenisstraf.

John Vorster is aangestel as Minister van Justisie in 1960. Soos Mandela, was Vorster ook 'n prokureur wat aangehou was vanweë sy politieke oortuiginge tussen 1942 en 1944 te Koffiefontein. Vorster het gestyg tot die rang van Generaal in die paramilitêre vleuel van die Ossewabrandwag, alhoewel hy beweer het dat hy nooit enige dade van sabotasie gepleeg het nie. Hy het menige kere beloof om die Kommuniste te 'vernietig' en het kort nadat hy aangestel is die '90 dae aanhouding-wet' bekend gestel, waarvolgens iemand vir 90 dae aangehou kon word sonder om aangekla te word.

Op 21 Maart 1960 het die Sharpeville menseslagting plaasgevind en in terme van die Wet op Onwettige Organisasies, is beide die PAC en die ANC verban. 'n Noodtoestand is afgekondig wat vir 156 dae sou duur – op een stadium is 21 000 mense aangehou by Modder B en ander aanhoudingskampe.

 

  state of emergency   nelson winnie zindzi 300 220  
  April 1960:   December 1960:  
  'n Noodtoestand is afgekondig   Nelson & Winnie Mandela saam  
  - die Weermag in Johannesburg   met hulle tweede dogter Zindzi   
         

In Oktober 1960, het die Verwoerd-regering 'n referendum onder die blankes gehou om die land as 'n republiek te proklameer. Die meerderheid het in guns daarvan gestem. Die datum vir die proklamasie van die Republiek was op die een-en-vyftigste herdenking van die Unie, 31 Mei 1961. In Mei 1961, slegs tien dae na sy tweede vyf verbanningsbevele verval het, het Mandela opgetree by die All-In Africa-konferensie te Pietermaritzburg, wat deur ongeveer 1 400 afgevaardigdes bygewoon is.

Hulle het gevra vir 'n ‘nie-rassige demokratiese grondwetlike bestel’ in Suid-Afrika en het geëis dat 'n nasionale konvensie gehou word van verkose verteenwoordigers van alle volwasse mans en vroue op 'n gelyke basis, ongeag van ras, kleur of geloof. Hierdie konferensie sou die fondasie bied vir 'n volledige demokratiese regering, het Mandela aan die afgevaardigdes gesê. Mandela het homself vinnig bewys as die beste openbare betrekkinge figuur vir die ANC. Toe die polisie toegeslaan het, het Mandela en sy mede-leiers op die vlug geslaan.

 

  all in conference   fake passports 300 220  
  As spreker by die All-in-Conference   Mandela se vervalste paspoort in  
  in Pietermaritzburg - Mei 1961   in die naam van David Motsamayi  
         

Die veiligheidspolisie, wat gesê het hulle sal “die room afskep van die nie-blanke leierskap soos dit na bo kom” het begin met 'n mense-jag op Mandela en sy kollegas. Dit het aangehou vir 'n maand, maar daar het skaars 'n dag verby gegaan sonder dat Mandela die hoofopskrifte gehaal het. Daar was telefoonoproepe na die redakteurs van koerante en Mandela – wat geheime vergaderings met joernaliste gehad het – het een van die bekendste stemme in Suid-Afrika geword.

In vermomming en sonder vermomming, was Mandela op vrye voet – en onder die neuse van die polisie. Die bly-by-die-huis-versoek het nie daarin geslaag om die verbeeldings aan te gryp van menige nie-politiese mense nie.

Op 8 Januarie 1961 het Mandela die Prokureursorde in kennis gestel dat hy nou praktiseer as 'n professionele assistent. Op 7 Junie 1961 is die Prokureursorde deur Mandela ingelig dat hy nie meer gewerk het as professionele assistent nie, maar dat hy besig was met ‘ou sake’ in die Landroshof. Op 5 Julie 1961 is die Prokureursorde ingelig deur die Germistonse regsfirma H Davidoff & Herman dat Mnr Mandela opgehou het om te praktiseer. Dit was die laaste korrespondensie wat die Prokureursorde van Mandela as 'n prokureur ontvang het – hy sou van hier af 'n ander pad loop.

In die tweede halfte van 1961 het Mandela, Sisulu en ander ANC leiers en lede van die Kommunistiese Party “Umkhonto we Sizwe” (spies van die nasie) gestig, om 'n veldtog van stygende geweld uit te voer. In laat-1961, in verskeie dele van die land, is selle gevorm en bomme het ontplof by simboliese teikens. Mandela het verskyn en weer verdwyn in menige uithoeke van Suid-Afrika en die media het na hom verwys as “Die Swart Pimpernel”. Hy het heelwat tyd deurgebring by die Rivonia kleinhoewe, vermom as 'n tuinier of 'n chauffeur. In Januarie 1962 sou hy weer sy voormalige vennoot, Oliver Tambo ontmoet, in Ethiopië, waarheen Tambo gestuur is om 'n buitelandse ANC teenwoordigheid te handhaaf.

 

  algeria 300 220   rivonia sleeping quarters bed 300 220  
  Mandela in Algeria 1962 -
  Rivonia slaapkwartiere  
  besoek militêre offisiere   terwyl op vrye voet  
         

Mandela is per pad uit Suid-Afrika gesmokkel na Lobatsi in Botswana, en toe per vliegtuig na Addis Ababa. Volgens sy dagboek is Mandela beskou as 'n regeringsgas en ‘uitspattig behandel’ deur leiers soos Julius Nyerere, Habib Bourguiba, Sekou Toure, Leophold Senghor, Ben Balla van Nigerië en William Tubman van Liberië. In London het hy Hugh Gaitskell en Jo Grimmond van die Arbeidersparty ontmoet.

Haile Selassie van Ethiopië het 'n vals paspoort aan Mandela verskaf onder die naam van David Motsamayi, 'n voormalige kliënt van die Mandela & Tambo regsfirma. Mandela sou voortgaan om hierdie alias te gebruik op sy terugkeer na Suid-Afrika.

Op 5 Augustus 1962 is Mandela gearresteer buite Howick, in KZN toe hy homself voorgedoen het as chauffeur– hy was daar vir 'n ontmoeting met Luthuli, om terug te rapporteer op sy wêreldbesoeke .

In Mei 2016 het die Sunday Times onthul dat David Rickard, wie gedien het as die VS vise-Konsul in Durban en wat 'n CIA-operateur was, erken het dat hy die intelligensie verskaf het wat gelei het tot Mandela se arrestasie

 

  cecil williams   mandela traditional dress 300 220  
  Cecil Williams is 5 Augustus 1962   Soos wat hy verskyn het  
  gearresteer saam   gedurende sy hofsaak  
  met Mandela    in Oktober 1962  
         

Mandela is verhoor in die Johannesburgse Streekhof vir die aanhitsing van 'n staking en die verlaat van die land sonder 'n paspoort en is skuldig bevind. Hy is gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, en toe gestuur na Robbeneiland, waar hy in eensame aanhouding geplaas is. Teen Junie 1963, is meer as 200 dade van sabotasie in Suid-Afrika gepleeg. Op 11 Julie 1963 het polisie die Rivonia-eiendom ingeval, waar daar breedvoerige dokumentasie was wat Mandela aan die samesweerders gekoppel het. Hy is terug gebring uit die tronk om te reg te staan vir die aanklagte by Revonia en is uiteindelik skuldig bevind aan alle aanklagte en is tot lewenslank gevonnis.

Die kantoor in Chancellor House is vernietig in 'n brand in 1960 en dit, gepaardgaande met hulle stygende politieke aktiwiteite, het dit onmoontlik vir hulle gemaak om voort te gaan met die regspraktyk, en dit is gesluit. In 2011, met die gebou op pad om in duie te stort, het die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap 7 miljoen Rand spandeer om die gebou op te knap. Die drie kantore van die regsfirma sal omskep word in 'n biblioteek met gedigitiseerde dokumente van geregtelike sake wat deur die firma gehanteer is.

'n Museum sal op die grondverdieping ingerig word, wat sal insluit: hofdokumente, voorheen ongepubliseerde foto's en verbanningsbevele – alles relevant tot die Mandela & Tambo Attorneys-praktyk. Advokaat George Bizos, 'n lewenslange vriend en advokaat van Mandela, was 'n eregas by die inhuldiging van die opgeknapte gebou, en het gesê: 'Ek is baie ingenome met die inisiatief van die Stad om die gebou te restoureer, dit is 'n lewende struktuur, 'n lewende ruimte ter ere van Nelson Mandela, Oliver Tambo, Duma Nokwe, Mendi Msimang, Godfrey Pitje en andere.'

 

  chancellor house restored 320   office mandela tambo 320  
  Chancellor House    Die klein ontvangslokaal & kantore van
  na die restourasie   Nelson Mandela & Oliver Tambo
       

Dit was ook, terwyl hy gewag het vir vonnisoplegging tydens die Rivonia-saak, dat hy sy LLB-eksamen geskryf en deurgekom het as 'n eksterne student deur Londen Universiteit. In 1967 het hy gevorder tot sy finale jaar, waar hy weereens vasgehaak het. Sy taak het in 1970 haas onmoontlik geraak toe die regering sy oorsese toegang tot boeke via die Britse ambassadeur verbied het.

In 1974 het hy oorweeg om sy LLB via Wits te voltooi. Die reaksie van die universiteit hierop was versigtig en regstegnies, eerder as simpatiek. Op daardie stadium het die Department van Gevangenisdienste sy korrespondensie met Wits geblokkeer en hom toestemming geweier om sy LLB via Londen, Wits of Unisa voort te sit. As gevolg hiervan is Mandela gedwing om sy voorgraadse studies voort te sit, en het hy ingeskryf vir 'n BCom (Regte) deur Unisa. Uiteindelik, in 1981, het die Dekaan van die Regsfakulteit by Unisa, Professor Willem Joubert, die regering daarvan oortuig dat dit belaglik was om Mandela verder te verhoed om sy LLB te voltooi. Hy was gevolglik toegelaat om in te skryf vir die LLB by Unisa, waarvoor hy uiteindelik in 1989 gekwalifiseer het, 46 jaar nadat hy vir die eerste keer vir die graad ingeskryf het by Wits.

Verskeie prokureurs het omgesien na Nelson Mandela se geregtelike en verwante sake tydens sy aanhouding. Die Kaapstadse regsfirma van Bernadt, Vukic, Potash & Getz (voorheen Frank, Bernadt & Joffe) het die werk in die periode 1966 – 1990 gekoördineer. In 2004 het Himan Bernadt die firma se geregtelike leggers oor Mandela aan die Sentrum vir Herinnering oorgedra. Mandela het herhaaldelik met regstappe gedreig indien die gesagstrukture hul eie reëls sou breek, en die firma se leggers oor Mandela dokumenteer 'n determinasie om die sisteem aan te vat met alles tot sy beskikking.

 

  daughters   mandela mothers pain 1  
  Die dogters van Nelson Mandela   Nelson Mandela se ma -  
  & Winnie Madikizela:    Noqaphi Nosekeni, die derde  
  Zindzi & Zenani   van Henry Gadla se vier vroue  
         

Op 5 Desember 2013, is Nelson Mandela oorlede op die ouderdom van 95. Die volgende dag het Die Prokureursorde van Suid-Afrika, namens hul 6 gekonstitueerde lede, die volgende verklaring gemaak: ‘Vir die wêreld was hy 'n ikoon, vir sy familie en vir ons nasie, 'n vader, maar vir die prokureursprofessie was hy die beliggaming van die waardes wat almal in die professie nastreef: versoening, sosiale geregtigheid en respek vir die waardes vasgelê in die Handves van Menseregte.

As 'n professie was ons geëer dat Mnr Mandela gekies het om in ons range te dien. Hy het saam met Oliver Tambo die eerste swart prokureursfirma in die land oopgemaak, en het daardeur hoop en waardigheid gebring aan swaar belaste mense, en die weg gebaan vir die huidige generasie van prokureurs.’

Mandela se testament is opgetrek in 2004 en aangepas in 2008.

Mandela se tweede vrou, Winnie Madikizela-Mandela, is uit die testament gelaat. Sy en Mandela is in 1996 geskei. In 2014 het Winnie Mandela se prokureurs dokumente by die hof ingedien wat daarop aanspraak gemaak het dat 'n eiendom aangekoop is terwyl sy nog met Mandela getroud was en dat dit volgens AbaThemu-gebruik aan haar behoort het. In April 2016 het die Mthatha Hooggeregshof die aansoek met kostes van die hand gewys. In Augustus 2016 het sy appél aangeteken teen hierdie beslissing in die Appélhof.

In Mei 2016 is Nelson Mandela se boedel afgehandel. Eksekuteurs, George Bizos en Dikgang Moseneke, het Mandela se testament as volg uitgelê:

Machel is eienaarskap gegee van vier eiendomme wat die paartjie gemeenskaplik in Mosambiek besit het. Sy kry ook hulle voertuie, juweliersware wat sy tydens die huwelik ontvang het en alle geld in bankrekeninge en beleggings met ander finansiële instellings.

Machel en Mandela is binne gemeenskap van goedere getroud. Sy was sy derde vrou. Machel se kinders uit haar huwelik met voormalige Mosambiekse presedent Samora Machel, Josina en Malengane Machel, het elk R3m ontvang.

Hy het R100 000 nagelaat aan elkeen van Machel se ses kinders, gebore uit 'n vorige huwelik. Machel het 90 dae gehad om te besluit of sy haar reg op helfte van Mandela se boedel wou verbeur, het Moseneke gesê.

Mandela se huise in Houghton, Johannesburg, Kaapstad, Qunu en Mthatha in die Oos-Kaap is in 'n familie-trust gelaat. Die lede van die familie sou die eiendomme kon gebruik vir hul akkommodasie na eie goed denke.

 

  house at victor verster   retirement home at qunu  
  Die huis in die tronkgronde   Mandela se voormalige  
  by Victor Verster   aftree-huis in Qunu  
         

Die geld is as volg verdeel:

  • Mandela se kinders by sy eerste vrou, Evelyn, Makgatho Mandela en Makaziwe Mandela, sou onderskeidelik R3.5m en R3.3m kry.
  • Makgatho se kinders, Mandla, Ndaba, Mbuso en Andile Mandela, sou elk R1.1m ontvang. Makaziwe se kinders - Dumani en Tukwini Mandela, Adjao Amuah en Kweku Amuah – sou elke R1.1m ontvang.
  • Thembekile Mandela se kinders, Ndileka en Nandi Mandela, sou elk R3.3m uit die boedel ontvang. Thembekile is Mandela se oudste seun saam met Evelyn.
  • Madikizela-Mandela se kinders, Zenani Mandela-Dlamini en Zindzi Mandela, kry R3m elk.
  • Zenani's se kinders - Zinhle, Zaziwe en Zamaswazi - kry R100 000 elk.
  • Bambatha, Zondwa, Zwelabo en Zoleka – Zindzi se kinders – kry ook R100 000 elk.
  • Mandela se agterkleinkind, Zozuko Mandela – Zamaswazi se kind – kry ook R100 000 uit die boedel.
  • Nege personeellede, wat nou met Mandela saam gewerk het, het elk R50 000 uit sy boedel gekry.
  • Onderwys instellings - die Universiteit van die Witwatersrand en Fort Hare Universiteit - het R100 000 elk ontvang.
  • Qunu Sekondêre Skool in die Oos-Kaap en Orlando Wes Hoërskool in Soweto, Gauteng, het R100 000 elk ontvang. Die instellings sou die geld vir beurse of bewilligings benut.
  • Die ANC sou 'n minimum van 10% en 'n maksimum van 30% van tantieme van die NRM Familie-Trust ontvang.

Mandela se prokureur en vriend, George Bizos het gesê die testament het gewys hoe onselfsugtig Mandela was.

"Sy wense in sy testament was 'n opsomming van sy wense tydens sy lewe. Hy het ook voorsiening gemaak vir instellings van onderwys. Hy was nie selfsugtig nie," het 'n emosionele Bizos na die lees van die testament gesê

 

  mandela pic 1   mandela s favourite 300 220  
  Vir 'n lang tydperk   Madiba saam met een  
  het die wêreld nie geweet   van sy gunsteling 'mense'.  
   hoe lyk Mandela nie.   Wat sê Mandela hier?  
  Hierdie was 'n kunstenaarsvoorstelling van hom..   Jy besluit!  
         

DANKIE VIR DIE LEES HIERVAN

 

Terug na tuisblad >>