prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

NRO WET - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Daar is meer as 86 000 NRO’s, ook na verwys as Ondernemings Sonder Winsoogmerk (OSW’s) wat dienste van onskatbare waarde aan Suid Afrikaanse landsburgers verleen. OSW’s is private, nie – regeringsorganisasies (gemeenskap organisasies) met selfstandige bestuursrade verantwoordbaar aan hulle eie lede, wat een of ander openbare diens verskaf of op een of ander manier ‘n openbare doelwit daarstel / rol vervul wat verder strek as om slegs die persoonlike belange van die lede van die OSW te bevorder (soos ter bevordering van die sosiale welsyn, ekonomiese ontwikkeling, godsdiens, liefdadigheid, onderwys of navorsing).

Die Suid-Afrikaanse NRO netwerk (Sangonet) berig dat 36 000 van die land se 122 000 NRO’s na raming in 2013 moes deregistreer weens toenemende finansiële tekorte, groot druk op fondsinsameling en regsvereistes waaraan nie voldoen is nie. Die oorgrote meerderheid van organisasies het die prysenswaardige oogmerke, maar het nie die vaardighede en ervaring om hul bedrywighede soos ’n besigheid te bestuur nie. NRO’s moenie net op skenkers staatmaak nie, maar moet in staat wees om fondse te genereer deur hul eie inisiatiewe.

OSW’s wat regshulp benodig kan aansoek doen by die toepaslike provinsiale prokureursorde in die streek waar die OSW geleë is. Die prokureursorde sal u aansoek oorweeg en aanstuur na Prokureurs en Regsfirmas wat gebiedkundig is rakende u vraagstuk. Prokureurs verrig sodanige take op ‘n pro bono grondslag as deel van gemeenskapdiens.

Let asseblief daarop: hulp sal nie outomaties verleen word enkel grondig daartoe dat u OSW aansoek gedoen het nie. As algemene riglyn, sal dit afhang van die aard van die verlangde regshulp, of die OSW formeel gestig was, en of daar geouditeerde finansiële state beskikbaar is ten einde die prokureursorde in staat te stel om te bepaal of dit bekostigbaar vir die OSW sou wees om sy regs fooie self te betaal. Behoeftiges wat nie ‘n prokureur kan bekostig nie mag ook aansoek doen en sal ‘n bemiddelings - toets moet slaag.

Kontak die prokureursorde waar u ‘n prokureur verlang:

Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo
Kontak: Marissa Beyers by (012) 3385800
www.northernlaw.co.za

Vrystaat
Prokureursorde van die Vrystaat
Kontak: Alida Obbes by (051) 4473237
www.fs-law.co.za

KwaZulu-Natal
Prokureursorde van KwaZulu-Natal
Kontak: Pearl Mfusi by (033) 345 1304
www.lawsoc.co.za

Wes, Oos en Noord Kaap
Prokureursorde van die Kaap
Kontak: Alfred Hona by (021) 443 7600
www.capelawsoc.law.za

Lees ook ons V en A: Wat as ek nie die dienste van ‘n Prokureur kan bekostig nie? (hier)

Wat is die regsstrukture waaruit private organisasies mag kies?

Welke struktuur behoort ‘n organisasie te kies?

Wat is die voordele verbonde aan ‘n regsentiteit geregistreer by ‘n departementele registrasiefasiliteit?

Wat is sommige van die bepalings soos vervat in Die Wet op Organisasies Sonder ‘n Winsoogmerk 71 of 1997?

Beskik OSW’s oor ‘n belasting onthefde status?

 

1. Wat is die regsstrukture waaruit private organisasies mag kies?

 

Hierdie is sommige van die regsstrukture waaruit OSW’s mag kies:

  • Vrywillige Verenigings, wat deur die Gemene Reg beheer word.

  • Gemeenskaplike Eiendom Verenigings, wat deur die Wet op Verenigings virGemeenskaplike Eiendom, Wet 28/1996 gereguleer word.

VV’s, Trusts, and Artikel 21 maatskappye is die mees algemene regsstrukture bekend as OSW’s.

 Bokant van Bladsy

 

2. Welke struktuur behoort ‘n organisasie te kies?

 

Dit sal afhang van die grootte, kapasiteit en kompleksiteit van u organisasie - die mees algemene struktuur vir klein, onlangs gestigte OSW’s is ‘n VV, terwyl trusts en Artikel 21 maatskappye toepasliker keuses is vir groter, goed gevestigde OSW’s met aansienlike begrotings, vele programme en staflede. Verder mag mense of organisasies waarmee u entiteit mog inskakel soos skenkers of staatsdepartemente, soms ‘n besonderse struktuur verkies.

  • Vrywillige Verenigings - is toepaslik vir klein gemeenskap gefundeerde organisasies wat nie nodig het om aansienlike hoeveelhede geld of duur bates en toerusting te besit of te bestuur ten einde hul bedrywighede te kan voortsit nie. U stig ‘n VV deur ‘n verbintenis te sluit met drie of meer mense ten einde ‘n organisasie te vorm waarin julle kan meewerk om ‘n nie profyt draende doelstelling daar te stel. Die ooreenkoms hoef nie skriftelik te wees nie en daar was tot onlangs toe nie ‘n openbare registrasiefasiliteit waarby u kon registreer nie. Die Wet op Organisasies Sonder ‘n Winsoogmerk 71 van 1997verskaf nou sodanige fasiliteit aan Vrywillige Verenigings wat ‘n ‘universitas’ of geïnkorporeerde organisasie onder die Gemene Reg is. Sekere minimum stigtingsvereistes asook jaarlikse verslaggewing word deur die wet daargestel vir kwalifikasie as sodanige ‘universitas’ of geïnkorporeerde liggaam. VV’s word Gemeenregtelik gevestig en dit veronderstel dat die VV’s se doel- stellings regmatig en nie primêr vir die profyt of voordeel van sy lede mag wees nie. VV’s was voor die OSW wet se inwerkingtreding nie besonders aantreklik vir skenkers nie weens die gebrek aan regeringsregulasies en statutêre kontrole daartoe. Skenkers en ander entiteite waarmee hierdie organisasies moes saamwerk het ‘n groter mate van deursigtigheid en toerekenbaarheid vereis.

  • Trust – ‘n trust is ‘n verstandhouding, uiteengesit in ‘n skriftelike dokument (genaamd die trustakte) waarin ‘n eienaar of stigter eiendom en of fondse oorhandig aan ’n groep mense (trustees) wie die bates administreer tot voordeel van ander mense (genoem begunstigdes) ooreenkomstig ‘n vermelde doelwit. U benodig die dienste van ‘n notaris (‘n prokureur met die bykomstige kwalifikasie van ‘n notaris) om u trustakte op te stel en te noteer, wat geregistreer sal word by die Meester van die Hooggeregshof, wie mag versoek dat die trustees sekuriteit verskaf vir behoorlike nakoming van hulle verpligtinge. Die trustakte is die stigtingsdokument van die trust. Sekere bepalings sal benodig word sou u ‘n belastings ontheffing benodig en die OSW Wet sal sekere ander bepalings vereis as u wil registreer as ‘n OSW. Trusts is baie buigsaam en is in staat om by menige OSW’s in te pas. Die vereistes vir publieke openbaarmaking is beperkend. Om ‘n trust daar te stel, sal u met ‘n prokureur moet konsulteer.

  • Artikel 21 Maatskappye - Artikel 21 van die Maatskappyewet, Wet 61/1973 laat ‘n ‘nie- vir- profyt- maatskappy’ of ‘vereniging nie geïnkorporeer vir wins’ toe. Artikel 21 maatskappye kom ooreen met besigheid georiënteerde (dit is profyt draend) maatskappye betreklik tot hulle regsstrukture, maar beskik nie oor aandelekapitaal nie en kan ook nie aandele uitreik of dividende uitbetaal aan hulle lede nie. In stede is hulle‘beperk deur waarborg’, bedoelende dat as die maatskappy faal, sy lede onderneem om ‘n bepaalde bedrag aan sy krediteure te betaal. Artikel 21 maatskappye word geregistreer by die Registrateur van Maatskappye ingevolge die Maatskappye Wet en het ‘n tweesoortige bestuurstruktuur bestaande uit die lede en direkteure. Die jaarlikse rapportering vereistes vir maatskappye is ingewikkeld en uitgebrei en nie altyd gepas vir klein gemeenskap gefundeerde organisasies nie. Om ‘n Artikel 21 maatskappy te stig sal u dit nodig vind om met ‘n prokureur te konsulteer.

    Wat is die voordele verbonde aan ‘n regsentiteit geregistreer by ‘n departementele registrasiefasiliteit?

    Nie alle regsstrukture hoef by ‘n openbare registrasiefasiliteit te registreer nie, byvoorbeeldVV’s en vennootskappe hoef nie, terwyl trusts en Artikel 21 maatskappye moet.

    Ten einde te kan registreer sal u OSW sekere minimum stigting en aaneenlopende rapportering vereistesmoet nakom. Die OSW Wet vervat ook sekere voorskriftelike vereistes vir die registrasie van ‘n OSW insluitend konstitusioneel geïnkorporeerde bepalings wat:

  • Die OSW se karakter en nie profyt draende doelstellinge boekstaaf.

  • Die regsstatus van OSW’s uiteensit en benadruk dat die OSW ‘n beheerliggaam is wat oor ‘n onafhanklike regspersoonlikheid beskik.

  • In elk geval altyd in die stigtingsdokumente van OSW’s beliggaam is, omdat dit onontbeerlik is vir die basiese funksionering van ‘n organisasie.

Artikel 11 van die OSW Wet laat die Minister van Welsyn toe om voordele of toelae aan geregistreerde OSW’s te bewillig. Dit sal nie vantoepassing wees op OSW’s wat nie by die departementele direktoraat van OSW’s registreer nie. Om die waarheid te s? sal alle OSW’s wat geldelike of ander ondersteuning soos belastingkortings of ander voordele van die regering ontvang, waarskynlik verplig wees om te registreer.

 Bokant van Bladsy

 

3. Wat is sommige van die bepalings soos vervat in Die Wet op Organisasies Sonder ‘n Winsoogmerk 71 of 1997?

 

Die Wet op Oganisasies sonder 'n Winsoogmerk herroep die Fondsinsamelings Wet 107 van 1978 ( met uitsondering van hoofstuk 2 (wat met ramp en noodleniging befondsing deel) en het in werking getree op 1 September 1998.

Die wet omskryf ‘n OSW as ‘n trust, maatskappy of ander vereniging van mense:

  • gestig vir ‘n openbare doel,

  • waarvan die inkomste en eiendom nie uitkeerbaar is aan die lede of ampsdraers daarvan nie behalwe as redelike vergoeding vir dienste gelewer.

Die doelwitte van die Wet is om:

  • ‘n Florerende omgewing vir OSW’s te skep, en

  • Afdoende standaarde van beheer, toerekenbaarheid en deursigtigheid daar te stel en in stand te hou.

 Bokant van Bladsy

 

4. Beskik OSW’s oor ‘n belasting onthefde status?

 

Belasting onthefde status - beteken ontheffing van inkomste en ander belasting.

Donateur deduktiewe status – beteken dat mense wat donasies aan jou organisasie maak ontvang ‘n belastingkorting.

U organisasie se geskiktheid vir ‘n belasting onthefde en donateur deduktiewe status is afhanklik van u organisasie se oogmerke, doelwitte en aktiwiteite, eerder as u keuse van regsstatus. Die wet skryf voor dat alle OSW’s wat aansoek doen vir ontheffing ‘n lys bepalings moet insluit wat hulle oorhoofse nie profyt draende aard uitlig en onderskryf.

 Bokant van Bladsy