prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

ONS GRONDWET - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 het in werking getree op 18 Desember 1996. Die Grondwet is in staat om enige reg wat die Parlement sou skep te oorskadu sou sodanige reg skrei teen die bepalings van die Grondwet. Geen reg mag die Grondwet oorskadu nie, hetsy dit ‘n gewoontereg of ‘n ander reg sou wees wat deur die Parlement geskep word.

Die Suid Afrikaanse Grondwet van 1996 is ‘n demokratiese dokument wat 17 hoofstukke beslaan. Dit bepaal hoe die regering die land moet regeer en verskans ook die Handves van Menseregte wat die menseregte van alle landsburgers (en ander onderdane) beskerm. U kan Grondwetlike Hofverslae besigtig te www.constitutionalcourt.org.za  Sien ook www.ConCourtBlog.com vir inligting oor die Hof, sy besluite en die regters betrokke.

  1. Is die Grondwet die hoogste reg van die land?
  2. Hoe mag die Grondwet gewysig of aangepas word?
  3. Wat word bedoel met skeiding van magte?
  4. Wat is die verskillende regeringsfere?
  5. Wat word omvat in die Handves van Menseregte?
  6. Art 9 – Die reg op Gelykheid – wat word hiermee bedoel?
  7. Art 10 (Reg tot menswaardigheid) en Art 11 (Reg tot lewe)-wat beteken dit?
  8. Art 12 – Die Reg op Vryheid en Persoonlike Sekuriteitwat beteken dit?
  9. Art 13: Slawerny, Servitute en Gedwonge Arbeid, en Art 14 – Reg tot Privaatheid – wat beteken dit?
  10. Art 15: Vryheid van Godsdiens, Geloof en Opinie en Art 16 – Vryheid van Spraak en Uitdrukking – wat behels dit?
  11. Art 17- Vryheid om te Verenig, Art 18 – Vryheid van Assosiasie en Art 19 Politiese Regte – wat behels dit?
  12. Art 20 – Burgerskap, Art 21 Vryheid van Beweging en Verblyf, Art 22 Vryheid van Handel en Beroep – wat beteken dit?
  13. Art 23 – Arbeidsreg regte – wat veronderstel dit?
  14. Art 25 – Eiendomsregte – wat behels dit?
  15. Art 26 – Reg tot Behuising – wat beteken dit?
  16. Wat is die aard en doel van die Hoofstuk 9 instansies geskep deur die Grondwet?
  17. Hoe het ‘konstitusies’ ontwikkel in Suid Afrika?
  18. Wat beteken die Oppergesag van die Reg (Rule of Law)?

 

1. Is die Grondwet die hoogste reg van die land?

 

Die Grondwet is ‘n wet gepasseer deur die Parlement en is die hoogste reg van die land, en alle ander reg moet dit nastreef. Ander reg word onderverdeel in wette, gemenereg en gebruiksreg. Die Grondwet se 17de wysiging verskans die Grondwethof / Konstitusionele Hof as die hoogste hof van die land en bevestig dit dan ook as die toppunt hof van die land. Die Wet herskryf Art167 van die Grondwet deur te verklaar dat die Grondwethof jurisdiksie het in alle Grondwetlike sake ‘en enige ander saak wat dit mag toelaat om te appelleer’. 

Omdat die Grondwet die hoogste hof is van die land, verhoed dit elke nuwe regering wat aangestel word om sy eie reg, wat strydig met die Grondwet sou wees, te passeer. Dit is ook baie moeiliker om die Grondwet te wysig in teenstelling met ander landswette. Die Grondwet beskerm aldus demokrasie in Suid Afrika.

Ons Grondwet help om magsmisbruik te bekamp, deur:

  • Reëls neer te le oor wanneer verkiesings gehou moet word en wat sou gebeur met partye wat verloor

  • Dit moeilik te maak om die Grondwet te wysig

  • Seker te maak dat geen persoon of regeringsliggaam oor te veel mag beskik nie.

  • Mag te verdeel tussen verskeie vertakkinge van die regering (skeiding van magte).

  • Die menseregte van lands onderdane te verskans in die Handves van Menseregte.

  • Onafhanklike howe en kommissies te vestig wat menseregte sal beskerm, sowel as om die regering te monitor om seker te maak dat die pligte daarvan na behore geskied.

  • Dit gebiedend te maak dat alle regeringsliggame aanspreeklik en deursigtig die pligte daarvan, ten aansien van die publiek, sal beoefen.

Bokant van Bladsy

 

2. Hoe mag die Grondwet gewysig of aangepas word?

 

Die Grondwet is meer moeilik om te verander as enige ander wet. Die Parlement kan ‘n skriftelike wetsontwerp (wet) wysig indien meer as 50% van die lede van die Parlement toestem tot so ‘n verandering.

Art 74 van sou die Parlement wens om die Grondwet te verander, moet:

  • Ten minste twee derdes (66%) van die lede daarvan sodanig stem, en

  • Ten minste 6 provinsies van die Nasionale Raad van Provinsies moet toestem om dit te wysig.

Art 1 van die Grondwet bepaal dat Suid Afrika ‘n soewereine, demokratiese staat is, gevestig op waardes van mensewaardigheid (ubuntu), gelykheid en vryhede. Dit stel ook dat die Grondwet oppermagtig is en dat daar gereelde, vrye en billike verkiesings gehou moet word waartydens almal toegelaat sal word om te stem.

Indien die Parlement Art1 of Art74 sou wou wysig, moet

  • Ten minste (75%) van die lede van die Parlement stem ten gunste daarvan, en

  • Ten minstens 6 Provinsies van die Nasionale Raad van Provinsies toestem daartoe dat dit verander word.

Bokant van Bladsy

 

3. Wat word bedoel met skeiding van magte?

 

Die skeiding van magte beteken dat die regering se funksies en bevoegdhede onderverdeel word in 3 takke. Hierdie takke vervul elk ‘n afsonderlike funksie en is onafhanklik van mekaar. Die doel hiervan is dat hulle mekaar verifieer. Die skeiding van magte maak ‘n belangrike deel uit van die demokrasie omdat dit verhoed dat enige verkose amptenaar of regeringsliggaam hulle magte misbruik. Die 3 takke bestaan uit:

Die Wetgewer

  • Die Nasionale Wetgewer word genoem die Parlement wat nuwe wette skep en ou wette wysig vir die hele land. Die Parlement word opgemaak uit die Nasionale Vergadering en die Provinsiale Raad. Elke provinsie het ook ‘n wetgewer genoem ‘n Provinsiale Wetgewer wat wette skep vir elke provinsie. Die wetgewers op nasionale of provinsiale vlak word verkies gedurende nasionale en provinsiale verkiesings gehou elke 5 jaar.

Die Uitvoerende Gesag

  • Die Nasionale Uitvoerende Gesag is opgemaak uit die President, die vise President en die Kabinet. Die Nasionale Uitvoerende Gesag is verantwoordelik om die landswette uit te voer. Die Kabinet bestaan uit Ministers, met elke Minister wat dan ‘n besondere Departement bestuur tesame met publieke amptenare wat die departementele administrasie behartig. Die Ministers kan nie hulle eie reg skep nie maar kan wel nuwe wette opstel en dan die parlement versoek om dit te passeer. Ministers moet seker maak dat die beleid van die regering geïmplementeer word. Die Parlement kan ook die Ministers versoek om te verduidelik hoekom hulle beleid sou uitvoer op ‘n besondere wyse. Hierdeur is die Uitvoerende Gesag verantwoordbaar aan die wetgewer. Elke provinsie het ook ‘n eie uitvoerende gesag. Die Provinsiale uitvoerende gssag word opgemaak uit ‘n Premier en ‘n Uitvoerende Raad.

Die Regterlike Mag

  • Die Regterlike Mag word opgemaak deur Landdroste en Regters. Hulle neem besluite in die hofsake gebaseer op die bestaande reg. Hierdie besluite help dan om te verduidelik wat die reg prakties beteken in ware omstandighede. Op hierdie wyse verifieer die hof die wette wat die wetgewer gemaak het. Hulle maak ook seker dat hulle nie strydig optree teenoor die Grondwet nie. Die Grondwethof / Konstitusionele Hof het die mag om te besluit of/dat ‘n wet ongeldig is indien dit sou indruis teen die Grondwet.

  • Mense mag sake aanhangig maak by die hof sou hulle glo dat die aksies van die uitvoerende bestuur strydig is met die bestaande reg of met die Grondwet. Op hierdie wyse tree die hof dan op as verifikasie van die werk van die uitvoerend gesag.

Die Regterlike Mag moet ook onafhanklik wees van die uitvoerende gesag asook van die wetgewer. Op hierdie wyse kan dit besluite neem wat billik is, selfs indien dit strydend sou wees met dit wat die wetgewer en die uitvoerende gesag sou wou h?.

Bokant van Bladsy

 

4. Wat is die verskillende regeringsfere?

 

Die Regering van Suid Afrika word onderverdeel in 3 sfere: Nasionaal, Provinsiaal en Plaaslik. Hierdie sfere is outonomies, maar ingevolge Art 3 van die Grondwet moet hulle saamwerk en sake ko-ordineer soos begrotings, beleid en aktiwiteite, in besonder daardie sake wat oor al die sfere heen sny.

  • Die Nasionale Parlement skep en voer reg uit wat die hele land sal raak. Dit raak sake aan soos die ekonomiese beleid, verdediging, en die verhoudings met ander lande. Die Nasionale Parlement skep hierdie reg, genoem wette, wat almal dan sal moet navolg.
  • Daar is sommige aangeleenthede wat beide die nasionale en provinsiale regering kan vestig en wette daaromtrent uitvoer. Art 4 van die Grondwet lys hierdie sake, soos bv. gesondheid, welsyn en onderrig. Die Nasionale regering is egter verantwoordelik om nasionale standaarde op te stel hieroor, en wette wat aldus deur die provinsies opgestel sou word moet dan die nasionale standaard - gesette wetgewing navolg.
  • Provinsiale Regerings deel met aangeleenthede wat die plaaslike gebied (provinsie) affekteer wat dit beheer. Deel B van Skedules 4 en 5 van die Grondwet lys hierdie sake waarvoor provinsiale regerings verantwoordelik is. Provinsiale wetgewers skep hulle eie wette genaamd ordinansies. Mense in ‘n besondere provinsie moet die wette van daardie provinsie navolg. Die provinsies mag ook hulle eie konstitusies opstel, maar hierdie konstitusies mag nie skry teen die Grondwet nie.
  • Plaaslike Regerings deel met aangeleenthede wat die plaaslike area (streek/distrik) wat hulle beheer raak. Deel B van Skedules 4 en 5 van die Grondwet sit uiteen dit waarvoor plaaslike regerings verantwoordelik is. Hierdie aangeleenthede sluit in om afval te kollekteer, parkering, elektrisiteit en parke. Wette geskryf deur plaaslike regerings word genoem verordeninge, wat nagevolg moet word deur alle mense van daardie gebied.

Bokant van Bladsy

 

5. Wat word omvat in die Handves van Menseregte?

 

Hoofstuk 2 van die Grondwet bevat die menseregte wat beskerm sal word in Suid Afrika. Art 7 bepaal dat die regering die Handves van Menseregte moet respekteer, beskerm, uitdra, en voldoening aan moet gee, en dat die Handves toepassing vind op alle wetgewing en nagevolg moet word deur alle takke van die regering en alle regeringsliggame.

Vertikale and Horisontale applikasie van die Handves van Menseregte

  • Die Handves van Menseregte vind aanwending op alle sake tussen landsburgers en die regering. Dit beteken dat dit applikasie vind op ‘n vertikale wyse tussen die regering en sy onderdane. Dit beskerm landsburgers van dinge gedoen aan hulle deur die regering.
  • Die Handves van Menseregte werk ook op ‘n horisontale manier. Daarmee word bedoel dat dit aanwending vind in sake tussen gewone mense en besighede, maar slegs indien dit sin sou maak. Dit beskerm mense van dinge gedoen aan hulle deur ander mense.
  • Hier is die menseregte soos weggesluit in die Handves van – wat in meer detail behandel sal word in opvolgende vrae:
  • Die reg op Gelykheid (Art 9)
  • Die reg op Menswaardigheid (Art 10)
  • Die reg tot Lewe (Art 11)
  • Persoonlike Vryheid en Veiligheid (Art 12)
  • Slawerny, Serwituut en Gedwonge Arbeid (Art 13)
  • Die reg op Privaatheid (Art 14)
  • Die Vryheid van Godsdiens, Geloof en Opinie (Art 15)
  • Vryheid van Spraak en Uitdrukking (Art 16)
  • Die Vryheid van Vergader, Demonstrasie, Staakwag en Petisie (Art 17),
  • Vryheid van Assosiasie (Art 18),
  • Politiese Regte (Art 19)
  • Burgerskap (Art 21),
  • Vryheid van Beweging en Verblyf (Art 21),
  • Vryheid van Beroep, Handel en Professie (Art 22)
  • Die reg tot Billike Arbeidspraktyke (Art 23)
  • Omgewingsake (Art 24)
  • Eiendom(Art 25)
  • Reg tot toegang tot Behuising (Art 26)
  • Regte van toegang tot gesondheidsorg, Voedsel, Water en Sosiale Welsyn (Art 27)
  • Kinderregte (Art 28)
  • Onderrigregte (Art 29)
  • Taal en Kultuur (Art 30)
  • Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe (Art 31)
  • Toegang tot Informasie (Art 32)
  • Regmatige Administratiewe Aksies (Art 33)
  • Toegang tot die Howe (Art 34)
  • Regte op Arrestasie, Aangehoudenes en Beskuldigde persone (Art 35)
  • Beperking van regte (Art 36) – die regte vervat in die Handves Van Menseregte kan beperk word indien dit redelik en regverdigbaar is in ‘n ope en demokratiese gemeenskap wat geskoei is op selfwaardigheid, gelykheid en vryheid.
  • Noodtoestand (Art 37)

Bokant van Bladsy

 

6. Art 9 – Die reg op Gelykheid – wat word hiermee bedoel?

 

Om regs gelyk te wees beteken geen wet onbillik/onredelik mag diskrimineer teen enigeen nie. Elkeen is geregtig op gelyke regte en vryhede. Die reg op ‘gelyke beskerming voor die reg’ beteken dat mense die reg het op dieselfde geleenthede en gelyke toegang tot hulpbronne, wat hulle sal in staatstel om gelyk te wees in die toekoms.

Die Regering moet aktiewe stappe neem om die ongelykhede van die verlede te verander wat die behaling van gelykheid promulgeer, genoem ‘regstellende aksie’ en word toegelaat deur Artikel 8 van die Grondwet.

Die Wet op Billike Indiensneming, 55 van 1998 stel die reg op gelykheid in werking in die werksplek, en maak dit verpligtend vir werkgewers met meer as 50 werknemers om regstellende aksie maatstawwe in te stel om vorige diskriminasie praktyke hok te slaan.

Nog die staat nog enige ander persoon mag onwettig teen ‘n ander diskrimineer nie, hetsy direk of indirek. Dit is teen die wet om te diskrimineer teen enigeen op enige van die volgende gronde:

  • Ras en kleur
  • Seksuele oriëntasie: om gay, lesbies of heteroseksueel te wees
  • Maritale status: om enkellopend, getroud of geskei te wees
  • Geslag
  • Swangerskap
  • Ouderdom
  • Gestemdheid
  • Etniese oorsprong
  • Kultuur
  • Taal
  • Godsdiens, geloofsoortuiging.

Bokant van Bladsy

 

7. Art 10 (Reg tot menswaardigheid) en Art 11 (Reg tot lewe)-wat beteken dit?

 

Art 10 – Reg tot menswaardigheid – elkeen beskik oor waardigheid en die reg dat hulle eer en waardigheid gerespekteer en beskerm word.

Art 11 – Reg tot lewe – beteken dat elkeen die reg het op te leef.

Ten opsigte van die gebruik van dodelike geweld deur die polisie, het die howe beslis dat ‘n persoon wat ‘n arrestasie uitvoer. Nie geregtig is om ‘n vuurwapen gedurende so proses te gebruik nie, behalwe waar:

  • Die verdagte dreig om nadeel te veroorsaak aan die persoon wat hom/haar arresteer of aan iemand anders, of
  • Die verdagte word daarvan verdink om ‘n ernstige misdryf te gepleeg het te make met nadeel of bedreigde nadeel veroorsaak aan iemand.

Die Grondwet hof (Konstitusionele) het beslis dat die bepalings te make met ‘dodelike geweld’ vir arrestasies te wyd is en aldus ongrondwetlik is. Byvoorbeeld, om dodelike geweld te gebruik in sake waar iemand winkeldiefstal gepleeg het sal nie regverdigbaar wees nie.

Die Grondwet hof het beslis dat die doodstraf indruis teen die mens se reg tot lewe en daarom mag ons howe aan niemand die doodstaf oplê nie.

Ten aansien van aborsie, het die Parlement ‘n wet passeer genaamd Die wet op Keuse oor die Beëindiging van Swangerskap, 92 van 1996 wat aan vrouens die keuse bied om die swangerskap te termineer tot en met ‘n sekere stadium van swangerskap (sien ook ons vraag onder Persoonlike Beseringe Reg vir meer inligting.

Bokant van Bladsy

 

8. Art 12Die Reg op Vryheid en Persoonlike Sekuriteit – wat beteken dit?

 

Die Reg op vryheid en persoonlike veiligheid sluit die volgende regte in:

  • Om nie tronkstraf te kry sonder ‘n goeie rede nie
  • Om nie aangehou te word sonder ‘n verhoor nie
  • Om vry te wees van alle tipes geweld in die openbaar en privaat areas.
  • On nie behandel of gestraf word op ‘n wreedaardige of onmenslike wyse nie.
  • Om besluite aangaande reproduksie te neem (kinders te he)
  • Om kontrole oor ons eie liggame te he
  • Om nie gedwing te word om mediese of wetenskaplike eksperimente op mense te doen nie.
  • Lyfstraf, die toedien van slae as straf – die Grondwethof het bepaal dat om kinders of mense ‘n pakslae of rottanghoue toe te dien ‘n oortreding is van hierdie wet.

Bokant van Bladsy

 

9. Art 13: Slawerny, Servitute en Gedwonge Arbeid, en Art 14 – Reg tot Privaatheid – wat beteken dit?

 

Art 13 van die Grondwet verbied enige vorm van slawerny of gedwonge arbeid.

Art 14 – die Reg tot Privaatheid, beteken dat elkeen die reg het tot privaatheid, insluitende die reg om nie:

  • Aan Liggaamlike ondersoeke onderwerp te word sonder ‘n hofbevel nie
  • Toe te laat dat u huis deursoek word sonder ‘n hofbevel nie
  • Toe te laat dat goedere weggeneem word van u af nie
  • Toe te laat dat u briewe oopgemaak word of telefoongesprekke afgeluister word nie

Die Verbieding van Onderskepping en Monitering Wysigings Wet verhoed dat mense se gesprekke onderskep word en dat enige onderskepping gepaard moet gaan met toestemming verskaf deur ‘n regter.

Bokant van Bladsy

 

10. Art 15: Vryheid van Godsdiens, Geloof en Opinie en Art 16 – Vryheid van Spraak en Uitdrukking – wat behels dit?

 

Art 15 – Vryheid van godsdiens, geloof en opinie beteken dat elkeen die reg het om tel glo en dink wat hy/sy wil, selfs sou sy/haar opinie verskil van die van die regering. Elkeen het die reg om die geloof te beoefen wat hy/sy verkies.

Regerings instansies, soos skole, mag geloofpraktyke beoefen ( soos oggend gebede) mits dit billik gedoen word en niemand gedwing word om dit by te woon nie.

‘n Persoon mag ook trou ooreenkomstig aan sy/haar geloofsoortuiging. Dit mag egter nie skry teen die Handves van Menseregte nie – byvoorbeeld, ‘n vrou wat trou ooreenkomstig gebruiksreg verloor nie haar reg op gelykheid wanneer sy trou nie.

Art 16 – Vryheid van Spraak – beteken dat elkeen die reg het om te s? wat hy/sy wil met insluiting van die pers en ander media, alhoewel sekere tipe spraak nie beskerm word nie, te wete:

  • Propaganda vir oorlog
  • Ophitsing (aanpor) van mense om geweld te gebruik
  • Haatspraak

Haatspraak is bewoording wat haat versprei en mense aanhits om nadelig of gewelddadig op te tree teenoor andere weens hulle ras, geslag, etniese oorsprong of geloof.

Bokant van Bladsy

 

11. Art 17- Vryheid om te Verenig, Art 18 – Vryheid van Assosiasie en Art 19 _ Politiese Regte – wat behels dit?

 

Art 17 – Vryheid van Vergader – Elkeen het die reg om te assosieer met ander mense, ‘n demonstrasie te hou, op staakwag te wees of petisies te bring. Dit moet op ‘n vreedsame wyse geskied en sonder om wapens te dra.

Die Wet op Oproerige Byeenkomste stel dat organiseerders van ‘n demonstrasie moet die aangewese owerheid ten minste 7 dae vooraf kennis gee. Die organiseerders moet die name, doel van die byeenkoms, die plek van die byeenkoms of roete van die mars en die aantal mense verwag om deel te neem, verskaf. Die polisie mag ’n skare met redelike mag uiteendryf sou gevaar vir ander mense of eiendom gevrees word.

Art 18 – Vryheid van Assosiasie bedoel dat u die reg het om u met enigeen te assosieer soos u sou wil, byvoorbeeld werkers wat saamtrek en vergader by ‘n vakbond.

Art 19 – Politiese Regte – elkeen het die reg en is vry om politieke keuses uit te oefen, soos die reg om:

  • ‘n politieke party te stig

  • Aan te sluit by ‘n politieke party

  • Ander mense oortuig om aan te sluit by ‘n politieke party

  • ‘n Veldtog loods of meemaak vir ‘n party of oorsaak

Elke volwassene die reg op vrye en billike verkiesings. Hulle het die reg om te:

  • Stem in hierdie verkiesings

  • In geheim vir verkiesings te stem

  • Te staan vir verkiesing

Bokant van Bladsy

 

12. Art 20 – Burgerskap, Art 21 Vryheid van Beweging en Verblyf, Art 22 Vryheid van Handel en Beroep – wat beteken dit?

 

Art 20 – Burgerskap

U burgerskap word beskerm en kan nie van u ontneem word nie

Art 21 – Vryheid van beweging en verblyf

Elkeen het die reg om:

  • Na enige plek te trek in Suid Afrika

  • Suid Afrika te verlaat op vrye keuse

Elke burger het die reg om:

>

  • Suid Afrika binne te kom en hier te bly

  • Enige plek in Suid Afrika te woon

  • ‘n paspoort te besit.

Art 22 – Vryheid van handel, Beroep en Professie

Elke burger het die reg om sy/haar beroep te kies of vrylik handel te dryf. Wette mag reguleer hoedanig mense hulle handel, beroepe en professies beoefen.

Bokant van Bladsy

 

13. Art 23 – Arbeidsreg regte – Wat veronderstel dit?

 

Elkeen het die reg tot billike arbeidsbeleid en praktyke.

Werkers het die reg om:

  • Vakbonde te stig en daarby aan te sluit

  • Deel te neem aan die aktiwiteite en programme van Vakbonde

  • Te staak

Werkgewers die reg om:

  • Werkgewersorganisasies te stig en daaraan te behoort

  • Deelname van aktiwiteite en programme van Werkgewersorganisasies.

Vakbonde en werkgewersorganisasies het die reg om:

  • Besluite te neem aangaande hulle eie administrasie, programme en aktiwiteite.

  • Te organiseer

  • Federasies te vorm en daarby aan te sluit

  • Toe te tree tot kollektiewe bedinging

Die reg om te staak en uitsluiting

  • Die reg van werkers om te staak word deur die Grondwet onderskryf.

  • Die reg van werkgewers om hulle werkers uit te sluit word nie behandel in die Grondwet nie. Dit beteken egter nie dat die werkgewers nie oor hierdie reg beskik nie. Die Wet op Arbeidsverhoudinge magtig weknemers om werkers onder sekere omstandighede uit te sluit.(toegang tot die perseel te ontsê)

Bokant van Bladsy

 

14. ART 25 – Eiendomsregte – wat behels dit?

 

Geeneen mag ontneem word van eiendom nie, tensy dit wettig sou wees.

Onteiening van Private eiendom – mag plaasvind, indien:

  • Die regering die grond wil gebruik vir openbare doeleindes

  • Dit in openbare belang sou wees, byvoorbeeld, die regering het die grond nodig vir die grondhervorming program daarvan.

Die vergoeding bedrag mag vasgestel word deur:

  • Die geskiedenis van hoe die eiendom bekom/verkry was en die doel waarvoor dit voorheen aangewend was.

  • Die mate waartoe die eienaar die eiendom ontwikkel/opgegradeer het

  • Die doel waarvoor die eiendom tans aangewend word

  • Die markwaarde van die eiendom

  • Hoeveel die regering in staat is om daarvoor te betaal

  • Wat die regering met die eiendom wil doen.

Arbeidbewoners, synde mense wat grond beset het wat hulle weens apartheidswetgewing nie kon besit nie, sal nou wel in staat wees om die grond te besit of vergoed te word. die Wet op dieUitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg Wet 62 van 1997 (WUSV) verskaf aan arbeidbewoners sekere regte ooreenkomstig Art 25. Sien ook die artikel Verhuurder en  Huurder.

Bokant van Bladsy

 

15. Art 26 – Reg tot Behuising – Wat beteken dit?

 

Elkeen het ‘n reg op toegang tot voldoende behuising. Die regering moet redelike stappe onderneem, ooreenkomstig sy beskikbare hulpbronne, om mense met behuising en toegang tot grond te verskaf.

Beperkings geplaas op hierdie reg

Art 26 stel dat die regering stappe moet neem ooreenkomstig sy beskikbare hulpbronne (binne vermoë) In ‘n Konstitusionele Hofsaak, het Irene Grootboom die regering hof toe gevat op grond dat Art 26 van die Grondwet bepaal dat mense ‘n reg het op toegang tot behuising. Die hof bevestig hierdie reg en verklaar dat die regering se verpligting om behuising te voorsien driedelig is.

Te wete :

  • Wat is die redelike stappe wat die regering moet neem

  • Watter stappe moet die regering neem om standvastig die reg oor tyd heen te implementeer

  • Watter hulpbronne is beskikbaar om dit te verwesentlik

 

Die hof het die Regering beveel om positiewe stappe te neem om sy verpligtinge na te kom ooreenkomstig Art 26 (2) van die Grondwet, veral waar mense in haglike omstandighede leef of in krisis situasies. Irene Grootboom is onlangs oorlede in haar gehuggie – haar drome aan flarde.

Bokant van Bladsy

 

16. Aat is die aard en doel van die Hoofstuk 9 instansies geskep deur die Grondwet?

 

Hoofstuk 9 instansies is daar om ons menseregte omvat in die Handves van Menseregte te beskerm. Die veiligheidsmeganisme word ook genoem die ‘staatinstansies wat die Konstitusionele demokrasie ondersteun’ in die Grondwet. Hoofstuk 9 van die Grondwet skep 7 instansies om menseregte te beskerm en om seker te maak dat die regering se werk na behore geskied. Dieinstansies bestaan uit die volgende:

 

Ander institusies wat ook Menseregte beskerm is:

Mense kan ook sake oor menseregte misbruike na Landdroshowe en die Hooggeregshowe neem, maar hiervoor sal u die dienste van ‘n prokureur benodig om u by te staan in die voorbereiding van die saak en om u in die hof te verteenwoordig. Die beskermingsmeganisme is aan die ander kant gratis, en mense kan hulle eise instuur om ondersoek te word.

Bokant van Bladsy

 

17. Hoe het ‘konstitusies’ ontwikkel in Suid Afrika?

 

Tussen 1910 en 1994 was daar vier Konstitusies in Suid Afrika:

  • In 1910 het Brittanje besluit om te onttrek van die regering van Suid Afrika en het die Land oorhandig aan die blanke populasie van Suid Afrika. Die eerste Konstitusie vir die Unie van Suid Afrika was aangeneem in 1910. Dit het regte verleen aan die blanke minderheid maar die reg om te stem weggeneem van die meerderheid Suid Afrikaners.

  • In 1960 het die blanke regering ‘n referendum afgekondig om te besluit of Suid Afrika ‘n Republiek sou word. Op 31 Mei 1961 was Suid Afrika as ‘n Republiek verklaar en het die regering die tweede konstitusie aangeneem.

  • In 1983 het die regering ‘n derde konstitusie gepasseer wat die driekamer parlement gevestig het. Hierdie konstitusie het swart mense uitgesluit en outomaties burgers van die tuislande gemaak waar hulle gebore was.

  • In 1994, het ses en twintig partye onderhandel en die interim/tussentydse Grondwet geadopteer, wat stemreg aan almal gebied het. Hierdie Konstitusie het vir twee jaar behoue gebly. Gedurende hierdie tydperk het die verkose regering as ‘n grondwetgewende vergadering meegewerk en moes die finale Grondwet opstel. Op 8 Mei 1996 was dit geadopteer deur die Grondwetlike Vergadering. Die finale Grondwet was geproklameer deur die Parlement en het wet geword op 18 Desember1996.

Bokant van Bladsy

 

18. Wat beteken die Oppergesag van die Reg (Rule of Law)?

 

Die “Rule of Law” – begrip beteken dat alle optrede en besluite binne ‘n wetlike raamwerk moet plaasvind. Dit is een van die stappe waardeur daar probeer word om te verhoed dat die persone in beheer – die leiers van die volk – die reg in eie hande neem. Anders sou dit neerkom op ‘n “rule of men” – situasie, wat presies is wat die “Rule of Law” wil verhoed.

Gehoorsaamheid aan die reëls en wette in die Grondwet en wetgewing verseker dat daar stabiliteit en gelykheid voor die reg in die land is en onder hierdie stelsel is die landsburgers beskerm teen eieregtige magsgebruik.

Onder die “Rule of Law” is alle mense, instellings, openbare en privaat entiteite verantwoordbaar aan die wette wat deur die staat gemaak is. Die regering is net so gebonde aan die “Rule of Law” as enige ander persoon en is daarom ten volle aanspreeklik vir enige handeling wat dit verrig.

Niemand is verhewe bo of uitgesluit van die werking van die “Rule of Law” nie.

Die “Rule of Law” – begrip sluit ‘n aantal beginsels in waaraan gehoor gegee moet word vir só ‘n stelsel om behoorlik te werk. Die belangrikste beginsels is die volgende :

  • Die reg is die oppergesag
  • Almal is gelyk voor die reg
  • Die reg word regverdig toegepas
  • Skeiding van magte
  • Verantwoordbaarheid onder die reg
  • Vermy eiemagtigheid
  • Regsekerheid
  • Deursigtige regsprosesse en opstel van wette

Die volgende punte beklemtoon ‘n paar basiese feite oor die reg en die hoe dit aangewend word :

  1. Die reg is ‘n groep reëls wat deur die staat daargestel word om optrede te reguleer en verkeerde optrede te straf.
  2. Nasionale reg is verhewe bo alle ander soorte reg, behalwe die Grondwet, wat die opperwet van die land is.
  3. Die Grondwet is die wet wat die hoogste geag word. Daarom moet elke ander wet en/of hofbeslissing duidelik kennis daarvan neem en die beginsels wat daarin vervat word in ag neem. Enige versuim om te voldoen aan die Grondwet sal ongeldig wees. Wette en optrede wat nie daaraan voldoen nie kan by wyse van ‘n hofaansoek tersyde gestel word.
  4. Die reg geld vir almal, ook vir die President en die hoogste regeringsamptenare.
  5. Alle burgers moet gelyk behandel word voor die reg, ongeag hul status. Dit moenie diskrimineer nie, moet menseregte in stand hou en dit moet die trots van elke individu verseker.
  6. Die staat is verplig om die regte wat vervat is in die Handves van Menseregte te respekteer, te beskerm, te bevorder en na te kom wanneer die reg toegepas word.

Die teenwoordigheid van die “Rule of Law” beteken egter nie noodwendig dat ’n land die hoogste vorm van geregtigheid behaal het nie. Daarby is middele nodig om to sorg dat hierdie regeringsvorm gehandhaaf word.

Burgers moet bewus wees van hulle regte en verpligtinge sodat hulle kan help om die “Rule of Law” te handhaaf. Hulle moet ook weet wat hulle kan verwag van so ‘n stelsel. Die gemeenskap moet weet dat straf slegs die gevolg kan wees van ‘n oortreding van die reg en nie bloot weens ‘n besluit van die amptenare in beheer nie. Die handhawing van die stelsel berus uiteindelik by ons, as feilbare mense, wat beteken dat dit van die grootste belang is dat elke burger sy/haar regte en verpligtinge binne die “Rule of Law” – stelsel moet verstaan sodat dit gehandhaaf kan word, foute opgespoor en op veranderinge aangedring kan word. Die Projek vir Wêreldwye Geregtigheid, ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulself toewy aan die wêreldwye bevordering van die “Rule of Law”, verwys na ‘n stelsel wat op reëls gegrond is en waar die volgende universele beginsels toegepas word :

  • Die regering, sy amptenare en verteenwoordigers is aanspreeklik kragtens die reg.
  • Die wette is duidelik, gepubliseer, konstant en billik, beskerm basiese regte, insluitend die veiligheid van mense en eiendom.
  • Die proses waardeur wette gemaak, administreer en afgedwing word, is toeganklik, billik en effektief.
  • Toegang tot die reg word verkry deur middel van ‘n voldoende aantal bevoegde, onafhanklike en etiese beregters, prokureurs of verteenwoordigers en regsprekende amptenare met genoegsame middele, wat die samestelling van die gemeenskappe waarin hulle optree weerspieël.


Die Projek vir Wêreldwye Geregtigheid (WPJ)

Diegene wat meer wil weet oor die WPJ word aangeraai om die webblad - www.worldjusticeproject.org - te besoek.

Die WPJ het ‘n “Rule of Law” – indeks ontwikkel. Dit is ’n kwaliteitsmaatstaf wat deur WPJ ontwikkel is om ‘n volledige beeld in fyn besonderhede te skets van die mate waartoe lande in die praktyk aan die “Rule of Law” voldoen. Daar is nege faktore, wat in nog 52 sub-kategorieë verdeel is om ’n volledige beeld te gee van die mate van voldoening aan die “Rule of Law”.

Die nege faktore is die volgende :

  1. Beperkte Regeringsmagte
  2. Afwesigheid van Korrupsie
  3. Orde en Sekuriteit
  4. Fundamentele Regte
  5. ‘n Oop Regering
  6. Effektiewe Regulatoriese Afdwinging
  7. Effektiewe Burgerlike Geregtigheid
  8. Effektiewe Strafregtelike Geregtigheid
  9. Informele Geregtigheid

Bokant van Bladsy