prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

PERSOONLIKE BESERINGS REG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Persoonlike Beseringe Reg – Indien u ‘n besering, verlies of skade opgedoen of gely het as gevolg van iemand anders se optrede of versuim, mag u skadevergoeding of kompensasie daarvoor eis vanaf sodanige persoon.

Baie Regsfirmas en Prokureurs mag geregtelike vervolging namens u oorweeg op ‘n gebeurlikheidsfooi grondslag ooreenkomstig ooreenkomstig die Wet op Gebeurlikheidsgelde, 1997(Wet 66 van 1997) t.w. ‘n ‘geen sukses – geen fooi’ ooreenkoms. Dit mag die geval wees ten opsigte van persoonlike beseringe eise sowel as vir ander skade eise, of selfs vir die inwinning van geld. Dit veronderstel dat prokureurs ten aansien van sekere sake mag ooreenkom met hulle kliënte dat, sou die kliënt die saak verloor, die prokureur nie enige fooie sal verlang nie, maar sou die kliënt wel sukses behaal in die saak, die prokureur daarop geregtig sou wees om óf ‘n addisionele fooi te hef óf om aan te dring op ‘n persentasie van die geld wat ingewin was namens die kliënt deur middel van ‘n hofsaak.

Indien die sukses fooi die Prokureur se algemene fooi oorskry, mag sodanige hoër fooi-

  • Nie die Prokureur se algemene fooi met meer as 100 persent oorskry nie.

  • In die geval van ‘n eis gegrond op die betaling van ‘n bedrag geld, nie meer as 25 persent van die totale bedrag toegestaan, of enige bedrag deur die Kliënt as gevolg van dienooreenkomstige verrigtinge, oorskry nie.

Eise mag ingestel word teen:

  • Die SAPD.

  • Dokters en hospitale vir mediese wanpraktyke,

  • Die Padongelukkefonds ( POF ) vir motorvoertuigongeluk eise.

  • Metrospoor vir treinongeluk eise.

  • Professionele Wanpraktyk eise

  • Versekeringsmaatskappye of regeringsliggame.

  • Eienaars van troeteldiere vir hondbyt besering eise.

  • Eise vir aanranding.

Liggaamlike beserings kan langtermyn gevolge inhou - u het die reg om kompensasie vir sodanige beserings te eis sowel as vir uitgawes vir enige mediese behandeling ontvang of wat u toekomend waarskynlik sal ontvang.

Moenie poog om ‘n aksie weens skade in te stel of te verdedig sonder die bystand van ‘n prokureur nie. Baie aksies faal weens die gebrek aan professionele hulp – en selfs al sou u sukses behaal sonder die bystand van ‘n prokureur, bestaan die gevaar dat u mag op eindig om ‘n skikking te aanvaar wat kleiner is as waarop u geregtig is. Derhalwe, konsulteer asseblief met ‘n prokureur.

 

banner-jp-strydom-jpsac

 

wim-loots-banner-actuarial-consulting

 

trail-survey-banner-lawyer-co-za

 

  1. Wat moet my prokureur bewys om my saak te wen?
  2. Wanneer kan ek ‘n eis teen die SAPD instel?
  3. Wat kan my prokureur voor eis?
  4. Wanneer het ek ‘n eis teen die Departement van Korrektiewe Dienste?
  5. Wanneer het ek ‘n eis weens ‘n mediese wanpraktyk?
  6. Wanneer kan ek vergoeding eis vir ‘Gly en Val’ ongelukke?
  7. Op wie rus die onus om nalatigheid aan die verweerder se kant van die te bewys?
  8. Wanneer kan ek ‘n eis instel teen die POF?
  9. Wat as ek nie beseer was in ‘n botsing nie, maar my voertuig wel ernstig beskadig was?
  10. Wat as ek ook gedeeltelik blaam dra vir die ongeluk?
  11. Watter prosedure moet ek volg na 'n motorongeluk?
  12. Vir watter soorte skade kan ek eis?
  13. Wat is die verskil tussen spesiale skadevergoeding en algemene skadevergoeding?
  14. Kan mens skadevergoeding eis vir emosionele skok opgedoen in Suid Afrika?
  15. Hoe word persoonlike beseringe eise bereken en word daar voorsiening gemaak vir sosiale faktore t.o.v. subjektiewe geldwaarde?
  16. Wat konstitueer vorige mediese uitgawes?
  17. Wat konstitueer toekomstige mediese uitgawes?
  18. Wat konstitueer vorige verlies aan inkomste?
  19. Wat konstitueer toekomstige verlies van inkomste?
  20. Hoe word eise vir verlies van onderhoud bereken?
  21. Wat is die verwagte tydperk van onderhoud?
  22. Wat is ‘kollaterale voordele’?
  23. Hoe doen ek voorbereiding vir my konsultasie met my prokureur?
  24. Hoe lank neem dit om ‘n eis ingestel teen die POF af te handel?
  25. Wat is sommige van die dokumentasie wat my prokureur benodig vir ‘n eis teen die POF?
  26. Watter bladsye moet vervat word in die hospitaal of kliniese verslae?

 

road-accident-assessment-clinic-lawyer.co.za-banner

 

1. Wat moet my prokureur bewys om my saak te wen?

 

Vir ‘n deliktuele eis om suksesvol te kan wees moet die persoon wat die eis instel (die eiser) of prokureur bewys dat:

      • Die aksie van die ander party wederregtelik was omdat dit skade aan die eiser of aan sy eiendom veroorsaak het.

      • Die persoon wat die aksie uitoefen, nalatig was (gefouteer het) of opsetlik opgetree het.

      • Die eiser ‘n verlies gely het wat in monetêre terme vasstelbaar is. (skadevergoeding)

      • Die monetêre verlies (skadevergoeding) gely was as gevolg van die nalatige optrede van ‘n ander persoon.

 

2. Wanneer kan ek ‘n eis teen die polisie instel?

 

Meer mense stel tans geregtelik eise in teen die polisie vir skade in stede daarvan om die polisie te verkla. Redes hiervoor is:

      • Indien suksesvol, ontvang jy vergoeding (kontant)

      • Dit kan somtyds die polisie weerhou daarvan om weer soortgelyk op te tree, en

      • Mense besef dat om die polisie te verkla selde sukses veronderstel.

Skokkende nuus, in Oktober 2012 het dit in die parlement aan die lig gekom, gedurende ondervraging aangaande die SAPD se jaarverslag, dat hulle voorwaardelike aanspreeklikheid (‘n aanspreeklikheid wat die entiteit mag toeval om te vereffen, afhanklik van die uitslag van ‘n toekomstige gebeurtenis, soos ‘n hofsaak) vervierdubbel het tot R20bjn, en dat die oorhoofse gedeelte van dié bedrag opgemaak is uit private eise. Alhoewel die finale bedrag uitbetaal heelwat minder mag wees, was vele die mening toegedaan dat die polisie ‘sake probeer verdedig wat hulle nie sal kan wen nie en sake teenstaan wat buite die hof geskik behoort te word’

Bokant van Bladsy

 

3. Wat kan my prokureur voor eis?

 

Onregmatige Arrestasie – onregmatige arrestasie en aanhouding word valse inhegtenisneming genoem. Die polisie moet enige arrestasie kan regverdig, so as jy voel dat die polisie buite hulle bevoegdhede opgetree het is dit aangewese om aanvullende raad van ‘n prokureur te verkry. Onregmatige arrestasie kan plaasvind op straat, tuis, in ‘n polisie voertuig en of natuurlik ook by die polisie stasie.

Aanranding – dit strek veel verder as wat mense besef. U word aangerand sodra iemand u aanraak sonder ‘n wettige rede daartoe (met die opset om u te beseer), en daar veroorsaak word dat u vrees vir geweld. Natuurlik sluit dit ook in om geslaan en geskop te word en dit geld ook vir ‘n onregmatige deursoeking. Indien u aangerand of beseer was deur die polisie is dit belangrik om onmiddelik ‘n dokter te nader en u beserings te laat notuleer. U behoort ook foto’s van enige beserings te neem waar moontlik.

Kwaadwillige Vervolging – dit is wanneer u vervolg was vir iets wat u nie gedoen het nie. U moet bewys dat die polisie oor geen redelike gronde beskik het om u te laat vervolg nie en dat hulle oor ‘kwaadwillige motiewe’ (opset) daarvoor beskik het. U moes ook u saak gewen het wat beteken dat die klagtes teruggetrek moes gewees het of dat vervolging gestaak was (nolle proseque) voordat die saak die verhoorhof bereik het of dat die saak deur die hof van die rol verwyder was of dat u ontslaan was (onskuldig bevind was).

U kan ook ‘n eis teen die polisie instel vir nalatigheid, onregmatige dood, magsmisbruik van ‘n openbare instelling, (misbruik van bevoegdhede) mensereg skending, skiet insidente, voertuig ongelukke, saakbeskadiging en regsuitgawes.

Tussen April 2015 en Desember 2015 was 6133 eise teen die Minister van Polisie ingedien – en gedurende die laaste 10 jaar was daar R 417 629 905 uitbetaal.

Bokant van Bladsy

 

4. Wanneer het ek ‘n eis teen die Departement van Korrektiewe Dienste?

 

Daar is omtrent 170 000 gevangenes in Suid Afrikaanse gevangenisse, bestaande uit beide gevonniste en verhoorafwagtende gevangenes. Die gevangenisse is slegs ontwerp om 130 000 inwoners te huisves wat oorvolheid en moeilike omstandighede skep.

In November 2012, as repliek tot ‘n vraag gestel in die Parlement, het die Minister van Korrektiewe Dienste gesê dat die Departement R27, 7 miljoen gedurende die afgelope jaar uitbetaal het aan eise teen die departement.

Sommige eise gestel teen die departement sluit in:

      • Algemene skade

      • Liggaamlike beserings

      • Laster

      • Sterftes en beserings in aanhouding

      • Kontrakbreuk en motorvoertuig ongelukke

      • Aanranding – wat insluit ‘n eis van R2,5 miljoen wat die Departement moes betaal

Volgens die Minister was baie van die eise laat vaar omdat die klaers versuim het om dagvaardings in hulle sake uit te reik. Hierdie sluit in ‘n eis vir R1, 8 miljoen vir skade, R3 miljoen vir ‘n eis deur ‘n gevangene wat beweer dat hy met die HIV virus geïnfekteer was, en ‘n R9 miljoen eis vir aanranding. Konsulteer met ‘n prokureur sou u voel dat u ‘n eis teen die Departement sou h?, aangesien hulle ‘n realistiese beoordeling van u moontlike eis sal kan maak, met in ag neming daarvan dat regters prokureurs wie onvanpaste eise voor die hof plaas streng berispe.

Bokant van Bladsy

 

5. Wanneer het ek ‘n eis weens ‘n mediese wanpraktyk?

 

      • Indien die dokter nie die toestemming verkry het van ‘n ouer of voog nie sal die dokter onwettig opgetree het. In so ‘n geval sal u oor ‘n eis beskik, ongeag van die uitslag van die operasie of behandeling – behalwe, natuurlik, waar daar op die doktrine van noodsaaklikheid gesteun kan word.

      • Indien die dokter opereer of ander behandeling verskaf met u toestemming, maar nie redelike voorsorg tref ten aansien van die uitvoer van die operasie nie, sal u oor ‘n eis vir skadevergoeding beskik vir skade veroorsaak weens ‘n versorginggebrek. Vir sodanige eis om te slaag, moet u aantoon dat u skade berokken is weens die dokter se versuim om die nodige sorg toe te pas wat in sodanige omstandighede toegepas behoort te word.

Eise weens skade is nie altyd suksesvol nie aangesien nie elke fout op nalatigheid neerkom nie. Die reg neem kennis dat selfs ‘n redelike dokter soms ‘n oordeelsfout sal begaan, die verkeerde behandeling sal voorskryf of toepas of die verkeerde operasie sal uitvoer met moontlike ernstige nagevolge vir die pasiënt. In sodanige omstandighede sal die pasiënt nie oor ‘n regsmiddel teen die dokter beskik nie.

U mag skadevergoeding van ‘n dokter of hospitaal staflid eis indien u beseringe opgedoen het as gevolg van nalatigheid. Hospitale is aanspreeklik vir die onregmatige dade gepleeg deur dokters of verpleegsters in hulle diens en aksies kan teen hulle ingestel word. Voordat enige aksie teen ‘n hospitaal ingestel word maak seker dat die dokter of verpleegster binne sy of haar beroepsbevoegdheid en hospitaal diensbevoegdhede opgetree het tydens die gewraakte optrede. Meeste dokters is verseker teen moontlike mediese wanpraktyke.

Bokant van Bladsy

 

6. Wanneer kan ek vergoeding eis vir ‘Gly en Val’ ongelukke?

 

Balansverlies vind plaas as die friksie tussen voet en die vloer ongenoegsaam is om beweging tussen die twee oppervlaktes te verhoed, maar is minder problematies – sodra die individu daarvan bewus raak, sal hy/sy heel moontlik balans kan behou. Gly, egter, mag hersteloptrede kortwiek, wat mag lei tot liggaamlike impak en moontlike besering. Struikel is minder algemeen as gly (u voet stamp teen en word deur ‘n hindernis of voorwerp gekeer), maar kan ook lei tot impak en moontlike besering.

In die werksplek:

‘n Aansienlike aantal beserings in die werkplek is toeskryfbaar aan balansverlies, gly, struikel en of neerval, bv. op oploop, trappies, trappe, ens. Gedurende die tydperk 1999 tot 2002 alleen, volgens ‘n opname gedoen deur die VMNA komitee, het 1585 mense gegly of gestruikel oor voorwerpe en beserings opgedoen.

Artikel 35 van Wet 130 van 1993 verhoed werknemers of hulle afhanklikes om te litigeer teen die werknemer in sulke omstandighede, maar maak voorsiening vir sekere voordele wat geëis kan word indien beseer, byvoorbeeld mediese behandeling vir ‘n maksimum periode van 24 maande – die koste daarvan wat betaal sal word deur die Vergoedingsfonds.

Ander plekke:

Sou u nadeel ly (beserings of skade) a.g.v. balansverlies, gly of struikel, kan u vergoeding eis van die persoon of instansie verantwoordbaar daarvoor. Verantwoordbaarheid / aanspreeklikheid sal normaalweg geskoei wees op nalatigheid aan die kant van sodanige persoon of instansie – a.g.v. sy/haar versuim om so ‘n gebeurtenis te verhoed. Neem kennis dat ‘die blote feit dat daar gegly was nie bewys is van nalatigheid aan die kant van die persoon op wie se perseel die insident plaasgevind het nie’ – Koenig v Hotel Rio Grande (Edms.) Bpk. 1900 CPD.

Die toets vir nalatigheid was uitgelê in Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428(AD) – aanspreeklikheid vir culpa ontstaan indien die redelike man, in die plek van die verweerder, die redelike moontlikheid sal voorsien dat sy optrede aan iemand anders nadeel sal kan veroorsaak, en redelike stappe sal neem om die plaasvind van so ’n gebeurtenis te verhoed. Wat sodanige stappe sal behels sal afhang van die omstandighede van elke besonders geval.

Op wie rus die onus om nalatigheid aan die kant van die verweerder te onthul?

Die klaer het ‘n plig om nalatigheid op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys, maar is soms, egter, nie in ‘n posisie om getuienis aan te bied ten aansien van ‘n besonderse aspek nie, soos waar die onderwerp ongewoon binne die verweerder se kennisraamwerk berus – getuienis van ‘n mindere aard sal dan voldoen om ‘n prima facie saak daar te stel.

In hierdie tipe sake plaas die reg ‘n bewys regtelike verpligting op die verweerder om aan te toon welke stappe deur hom geneem was ter voldoening aan die verwagte standaarde.

‘n Fundamentele aspek van die onus wat op die klaer rus is die verpligting om aan te toon wat sodanige ‘gly en val’ tydens die gewraakte insident veroorsaak het – indien die klaer dit nie kan aantoon nie, moet die eis faal..

In Christine Camilleri v Old Mutual Investment Group Investments, SA WCHC, 2007 – moes die klaagster bewys dat daar genoeg stof op die vloer aanwesig was om te veroorsaak dat sy gegly het. Hierdie saak was in Desember 2011 aangehoor – die klaagster, 51 jaar oud, het gegly en geval in ‘n koopsentrum en het beserings opgedoen. Die gebou was onder die beheer van die verweerder as eiendomsbestuurder. Die klaagster het vergoeding geëis op grond van haar beserings. Die klaagster het beweer dat die verweerder nalatig was omdat hy versuim het in sy plig om na die perseel om te sien. Sy was egter onbewus van wat veroorsaak het dat sy geval het en aldus kon nalatigheid aan die kant van die verweerder nie bewys word nie – die eis was afgekeer met koste.

Bokant van Bladsy

 

7. Op wie rus die onus om nalatigheid aan die verweerder se kant van die te bewys?

Die eiser het ‘n plig om nalatigheid op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys, maar is egter soms nie in staat om getuienis oor ‘n bepaalde punt aan te voer nie, soos waar die aangeleendheid besonders binne bestek van die verweerder se kennis val – verminderde getuienis sal dan genoegsaam wees om ‘n prima facie saak daar te stel.

In gevalle van hierdie aard plaas die reg ‘n bewyslas op die verweerder om aan te toon welke stappe hy geneem het ten einde te voldoen aan verwagte standaarde.

‘n Aspek fundamenteel verbonde tot die eiser se onus is sy verpligting om voor te lê wat die oorsaak was vir sodanige ‘gly en val’ ten tyde van die insident – indien die eiser dit nie kan voorlê nie moet die eis faal.

In Christine Camilleri v Old Mutual Investment Group Investments, SA WCHC, 2007 moes die eiseres bewys dat daar genoeg stof op die vloer was om te veroorsaak dat sy gly. Die saak was aangehoor in Desember 2011 – eiseres, 51 jaar oud, het gegly en geval in ‘n verkoopsentrum en beserings opgedoen. Die perseel was onder toesig en beheer van die verweerder as eiendoms- bestuurder. Die eiseres het skadevergoeding geëis op grond van haar beserings. Die eiseres het aangevoer dat die verweerder nalatig was, want hy het sy plig om na die perseel om te sien versuim. Sy was egter onbewus van wat haar haar laat val het, en aldus kon nalatigheid aan die verweerder se kant nie bewys word nie – die eis was van die hand gewys met kostes.

Bokant van Bladsy

 

8. Wanneer het ek ‘n eis teenoor die Padongelukkefonds?

 

Die Padongelukkefonds (POF) is ‘n fonds gestig deur die Wet op Padongelukkefondse en die hoofdoel daarvan is om die aanspreeklikheid van die nalatige bestuurder van ‘n voertuig te beperk.’n Derdepartyeis is ‘n eis ingestel deur ‘n persoon, of ‘n afhanklike van daardie persoon, wat ‘n liggaamlike besering opgedoen het of gesterf het as gevolg van ‘n motorongeluk veroorsaak deur die nalatige bestuurder van ‘n motorvoertuig. Derdepartyeise word by die POF ingestel.

Padongelukke van alle voertuie en motorfietse word outomaties gedek ingevolge die Wet, maar die Fonds dek nie skade aan ‘n voertuig of goedere binne die voertuig nie; welke skade se vergoeding geëis moet word van die persoon wat die ongeluk veroorsaak het of by sy of haar versekeringsmaatskappy.

‘n Eis kan slegs teen die fonds ingestel word indien:

  • Die persoon wat die ongeluk veroorsaak het nalatig was en gefouteer het. Dus, as ‘n persoon beseer was en hy of sy nie te blameer is vir die ongeluk nie, (met ander woorde, die beseerde persoon was nie die nalatige bestuurder nie) kan hy of sy vergoeding van die POF eis.

  • U sal slegs van die Fonds kan eis as u nie die ongeluk veroorsaak het nie. Dit sal insluit waar u die enigste persoon en voertuig betrokke in die ongeluk was.

  • U die afhanklike is van ‘n persoon (die broodwinner) wie beseer was of gesterf het in ‘n motorongeluk veroorsaak deur die nalatige bestuur van ‘n ander persoon in ‘n ander motorvoertuig.

  • U in nabye verwantskap staan met die oorledene ten opsigte van begrafniskostes.

  • U jonger as 21jaar is en onderhoud benodig van ‘n ouer of wettige voog.

  • U kan eis sou u in ‘n ongeluk betrokke raak as bestuurder of passasier van ‘nmotorvoertuig of motorfiets, of as voetganger.

Bokant van Bladsy

 

9.Wat as ek nie beseer was in ‘n botsing nie, maar my voertuig wel ernstig beskadig was?

 

  • Voertuigbestuurders, passasiers en voetgangers wat beseer was in motorvoertuig ongelukke veroorsaak deur iemand se nalatigheid, kan ‘n eis instel vir vergoeding teen die POF, ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Padongelukkefondse.

  • Die POF dek nie skade aan voertuie of goedere in sodanige voertuie, soos horlosies en klere, nie.

  • Indien ‘n persoon eiendom skade gely het (aan die voertuig of goedere binne die voertuig) as gevolg van ‘n botsing, moet daar geëis word van die bestuurder wie se nalatigheid die ongeluk veroorsaak het of van sy private versekeraar (of versekering van sodanige persoon – navorsing toon aan dat slegs omtrent helfte van alle voertuie op ons paaie verseker is).

  • Versekering wat gekoop word van private versekeringsinstansies is aldus nie outomaties nie. U kies of u vir ekstra versekeringsdekkings wil betaal, byvoorbeeld, brandbeskerming en/of diefstalbeskerming versekering, balans van derdepartyeise en/of komprehensiewe versekering.

  • U kan dan van u eie versekeringsmaatskappy eis vir u eie verliese, sou iemand anders die ongeluk veroorsaak het. Indien u ‘n ongeluk veroorsaak het en oor versekering beskik kan u die versekeringsmaatskappy versoek om ook vir die verlies van ander, deur u veroorsaak, te betaal.

Bokant van Bladsy

 

10. Wat as ek gedeeltelik te blameer is vir die ongeluk?

 

U sal slegs geld van die Fonds ontvang as u nie die ongeluk veroorsaak het nie. Indien u en die ander bestuurder beide gelyke blaam dra vir die ongeluk, sal u slegs vir die helfte van u skade vergoed word. Waar beide die bestuurders nalatig was sal POF die Wet op dieVerdeling van Skadevergoeding (No34 of 1956) se bepalingsin ag neem.

Hierdie wet magtig die POF om die vergoeding in twee dele te splits (verdeel) sodat dit ‘n juiste en regverdige vordering is wat toegestaan word aan die beseerde persoon.

As die ongeluk veroorsaak was alleenlikdeur u nalatigheid sal u nie geregtig wees om van POF te eis nie.

Bokant van Bladsy

 

11. Watter prosedure moet ek volg na 'n motorongeluk?

 

  • Skakel die motor af om te verseker dat 'n vonk nie dalk 'n brand veroorsaak nie.
  • Indien jy self in skok is skakel dadelik iemand wat jou kan bystaan.
  • Skakel noodflikkerligte aan of plaas rooi gevaardriehoeke uit om ander motoriste te waarsku teen die ongeluk.
  • Moenie die toneel verlaat nie. Bly kalm. Moenie stry, iemand beskuldig, of enige skuld erken nie.
  • Dis altyd beter om te wag tot daar polisie op die toneel is.
  • Indien die voertuig nog kan ry, beweeg dit na die skouer van die pad weg van aankomende verkeer. Om die motors in die middel van die pad of besige interseksie te laat kan verdere ongelukke en beserings veroorsaak.
  • Skakel vir mediese bystand.
  • Indien daar enige beserings is, moenie beseerdes beweeg behalwe as u mediese kennis of opleiding het om sulke pasiënte te hanteer nie.
  • Na die ongeluk, ruil die volgende inligting uit met die ander party: naam, adres, tele-foonnommer, versekeringsmaatskappy en polisnommer.
  • Indien die bestuurder nie die versekerde is nie, bevestig die verwantskap en skryf die naam en adres neer van alle insittendes.
  • Doen 'n skriftelike beskrywing van alle motors betrokke in die ongeluk, insluitende die jaar, vervaardiger, model en kleur - asook die presiese ligging van die ongeluk en hoe dit gebeur het.
  • Dokumenteer die ongeluk.
  • Dokumenteer die skade aan al die voertuie.
  • Indien daar getuies is, probeer om hulle kontakbesonderhede te kry; hulle mag dalk behulpsaam wees indien die ander bestuurder verskil met jou weergawe van die ongeluk.
  • Maak seker die polisie neem 'n volledige verklaring.
  • Rapporteer die ongeluk.
  • Alhoewel die polisie nie uitkom na 'n ongeluk indien daar nie beserings is nie, moet die bestuurders 'n ongeluksverslag by 'n polisiekantoor indien.
  • So 'n verslag bespoedig soms versekeringseise.
  • Wees ingelig oor wat jou versekering dek. Die hele versekeringsproses sal makliker verwerk word indien jy op hoogte is met die inhoud van jou spesifieke versekering.
  • Gaan u polis gereeld na vir spesifieke details.
  • Hou 'n afskrif van u versekering in die voertuig. Hou kontaknommers vir jou versekeringsmakelaar in jou voertuig.
  • Maak seker jy het die 24 uur ondersteu-ningsnommer vir padbystand op jou foon.
  • Maak seker jy weet watter polisiestasie se lede op die toneel was. Wie die beampte was en wat sy magsnommer is.
  • Kry ook die saaknommer indien moontlik.

Bokant van Bladsy

 

12. Vir watter soorte skade kan ek eis?

 

Eise vir liggaamlike beserings

Indien u in ‘n ongeluk beseer was kan u eis vir:

      • U mediese uitgawes, geld wat u aan hospitale betaal het en aan dokters om u te behandel.

      • Vergoeding vir pyn, lyding en mismaaktheid.

      • Verlies aan inkomste, as u nie in staat was om te werk na die ongeluk nie.

Eise vir verlies van onderhoud

As die broodwinner in die gesin sterf in ‘n ongeluk veroorsaak deur iemand anders, kan die afhanklikes vir verlies van onderhoud eis. U sal slegs slaag met ‘n derdeparty eis as ‘n afhanklike indien die broodwinner ‘n regsplig gehad het om vir u te sorg.

Bokant van Bladsy

 

13. Wat is die verskil tussen spesiale skadevergoeding en algemene skadevergoeding?

 

Spesiale skadevergoeding – dit is geld om te betaal vir iets ontvang wat geld kos:

      • Hospitaal en mediese rekeninge vir behandeling deur u ontvang vanaf datum van die ongeluk.

      • Hospitaal en mediese onkoste vir die dienste wat u in die toekoms sal benodig.

      • Lone/inkomste wat u reeds verloor het weens u beserings.

      • Lone/inkomste wat u sal verloor in die toekoms as gevolg van u beserings.

      • Koste van iemand om u te versorg indien u nie in staat is om dit self te doen nie.

      • Finansiële versorging wat u reeds verloor het omdat ‘n broodwinner oorlede is.

      • Finansiële versorging wat u in die toekoms sal verloor omdat ‘n broodwinner oorlede is

      • Begrafnis onkoste

      • Vervoeruitgawes.

Skadevergoeding vir onderhoudverlies word beperk tot R182 857 per jaar ten aansien van elke broodwinner wat oorlede is, in geval van ‘n eis weens onderhoudverlies.

Skadevergoeding vir die verlies aan inkomste word ook beperk tot R182 857 per jaar.

Hierdie bedrae word gereeld gewysig om met inflasie tred te hou.

Algemene skadevergoeding – dit is geld om op te maak vir u lyding weens iemand anders se fout en is beperk tot ‘ernstige’ beserings. Dit mag insluit:

      • Vir pyn en lyding

      • Vir skok

      • Omdat u gebreklik is as gevolg van die ongeluk.

      • Omdat u liggaam erg geskend (vermink) was

      • Omdat u nie dieselfde goed kan doen wat u kon voor die ongeluk nie, soos sport beoefen of om kinders te kan h? (gebrek aan lewensgenietinge)

      • Omdat u lewe nou verkort mag wees (verkorte lewens vooruitsig)

U eis moet ingedien word binne 3 maande vanaf datum van die ongeluk, indien u weet wie dit veroorsaak het. Indien u nie weet wie die ongeluk veroorsaak het nie moet u binne twee jaar u eis instel.

Ingevolge ‘n Padongelukkefonds wysiging, is mens nou slegs geregtig om weens algemene skade van die POF te eis indien ‘n 'ernstige beserings in ‘n ongeluk' opgedoen was. Die Appèlhof het op 27 November 2012 beslis dat die finale besluit oor of ‘n persoon ernstige beserings opgedoen het by die POF berus en nie by die howe nie. Mense wie weens algemene skade ‘n eis wil instel moet persoonlik ondersoek word deur hulle spesialis wie nie sal kan steun op die verslae van ander dokters om tot ‘n gevolgtrekking te kan kom nie. Indien u nie tevrede sou wees met die beslissing van die POF nie mag u appelleer na ‘n tribunaal bestaande uit drie mediese dokters.

Bokant van Bladsy

 

14. Kan mens skadevergoeding eis vir emosionele skok opgedoen in Suid Afrika?

 

Oorspronklik het ons howe hieromtrent die Engelse reg nagevolg en kon ‘n eiser nie skadevergoeding eis vir emosionele skok tensy persoonlike beserings ook opgedoen was nie.

In 1904 en 1914 was dit beslis dat die klaer in persoonlike gevaar moes wees of daarvoor moes gevrees het, anders sou dit te ver verwyderd wees. Die eiser moes in ‘n gevaarsone wees.

In 1973 het ‘n belangrike ontwikkeling plaasgevind in Bester v Commercial Union. Die voorvereiste gestel vir persoonlike gevaar was vervang deur ‘n meetstaaf van nadeel wat redelikerwys voorsienbaar is. Die Hof het kennis geneem dat die brein net so deel van die fisiese liggaam is as ‘n arm en ‘n been en bevind dat emosionele skok as persoonlike besering sal kwalifiseer.

      • In 1997 in Barnard v Santam, het die hof die toets van redelike voorsienbaarheid toegepas maar die nodigheid daarvan voorsien dat sodanige eise beperk moet word vir beleiddoeleindes. – dit sal ‘n te erg beswarende onus op motorvoertuig bestuurders plaas en sal verkeer affekteer.

      • In 1999 het die Appelhof egter dié beslissing omgekeer en Barnard se eis goedgekeur en verklaar dat die vrees vir onbeperkte aanspreeklikheid en ongekende eisegetalle, oordryf word, en het aanspreeklikheid uitgebrei om ‘hoorsê slagoffers’ in te sluit.

      • In 2000 in Sauls v RAF was bevind dat sekondêre slagoffers sal kan eis selfs sou primêre slagoffers objektief geringe beserings opgedoen het. Verder was emosionele skok eise na sekondêre slagoffers uitgebrei ongeag dat daar geen bloed verwantskap of gade was nie en aanspreeklikheid kon volg. Die Hof het bepaal dat die aanpasbare beskouing van regsbeleid, redelikheid, geregtigheid, en billikheid toegepas moet word om ‘n billike resultaat daar te kan stel. Tot datum het nog geen Suid Afrikaanse hof emosionele skok vergoeding toegeken aan ‘n algehele onbetrokke onskuldige bystander nie. Daar was ‘n vermeerdering in emosionele skok uitsprake, alhoewel die posisie deur ons howe aan bande gel? is deur slegs ‘n baie konserwatiewe getal algemene skadevergoedings bevele vir emosionele skok toe te ken.

        Bokant van Bladsy


        15. Hoe word persoonlike beseringe eise bereken en word daar voorsiening gemaak vir sosiale faktore t.o.v. subjektiewe geldwaarde?

      • Die kwantum (geldwaarde) van persoonlike beseringe eise moet deeglik ondersoek word waarna ‘n behoorlike kwantifisering (geldwaarde bepaling) gedoen kan word. Die feitlike bewys en informasie wat die prokureur insamel word oorgedra aan die kundiges en dit l? die fondasie vir die geldwaarde bepaling van die eis.

      • Die basiese prinsiep waarop ‘n toekenning vir skadevergoeding ooreenkomstig die Aquiliese aksie berus is dat die vergoeding sodanig vasgestel moet word dat die klaer, so ver moontlik, in dieselfde posisie gestel word as waarin hy/sy sou wees indien die gewraakte daad, wat sy/haar beserings veroorsaak het, nie beoefen was nie. Dit word gedoen deur die ‘eiendom’ van die klaer te vergelyk met sy geprojekteerde vlak - indien die onreg nie gepleeg was nie.

      • ‘n Toekenning moet die vlak van ekonomiese ontwikkeling in die land in ag neem en ‘n toekenning gemaak in vergelykbare sake kan gebruik word as algemene maatstaf om die hof by te staan om ‘n toekenning te kan vasstel..

Geen voorsiening behoort gemaak te word vir variasie t.o.v. die subjektiewe waarde van geld vir ‘n persoon wat beseer was, deur middel van sosiale of ras georiënteerde faktore nie.

In Radebe v Hough 1949(1)SA 380(A) het die hof dit soos volg gestel:

‘…’n miljoenêr is nie geregtig op ‘n hoër toekenning vir skadevergoeding ween pyn en lyding omdat die geld baie min waarde vir hom het nie, en dienooreenkomstig moet ‘n armlastige nie benadeel word weens die feit dat geld baie vir hom beteken nie. Wat sou die posisie wees indien die finansiële status van die miljoenêr, of die armlastige sou verander gedurende die tydsbestek tussen die lyding van die pyn en die toekenning van vergoeding?’

Bokant van Bladsy

 

16. Wat konstitueer vorige mediese uitgawes?

 

      • ‘n Klaer is geregtig om vorige mediese uitgawes en hospitaal onkoste te eis wat redelikerwys aangegaan was en toeskryf kan word aan liggaamlike beserings opgedoen in die ongeluk.

      • Of uitgawes redelikerwys aangegaan was is grootliks ‘n feitevraag, met in ag neming van al die omringende omstandighede van die saak. ‘n Klaer sal gewoonlik geregtig wees om vir mediese uitgawes vergoed te word wat aangegaan was weens raad verskaf deur mediese kundiges, selfs sou dit later blyk dat die advies foutief was, en in besonder waar die mediese diagnose moeilik en gevaarlik was.

      • Die behandeling verskaf by ‘n hospitaal of kliniek het dikwels tot gevolg dat die dokter/spesialis en/of die verpleegpersoneel ‘gevoeg’ word as derde partye of verweerders in ‘n aksie weens hulle nalatige optrede.

      • Die klaer is gewoonlik geregtig op uitgawes ondergeskik aan die mediese behandeling ontvang, byvoorbeeld die vervoerkoste om die dokter te besoek, die koste van kunsgeledere en aanverwante toebehore, en die koste van paramediese hulp. Medico-regsverslae maak nie deel uit van vorige mediese uitgawes nie, maar wel deel van die klaer se regskoste om vir die saak voor te berei.

        Bokant van Bladsy


        17. Wat konstitueer toekomstige mediese uitgawes?

      • Die vasstelling van toekomstige mediese uitgawes betrek die gebruikmaking van (meestal) mediese kundiges wie opinies uitspreek ten opsigte van die aard, duur en koste van toekomstige mediese behandeling.

      • Dit is noodsaaklik vir die eiser om te bewys dat hierdie uitgawes waarskynlik aangegaan sal moet word, en om aan te toon wat die bedrag van die uitgawes waarskynlik sal wees.

      • Nie alle voorsienbare toekomstige mediese uitgawes materialiseer nie. Regskundiges deel hiermee deur ‘n gebeurlikheid aftrekking t.o.v. mediese uitgawes te maak.

      • Lewensverwagting is natuurlik baie belangrik m.b.t. berekening van toekomstige mediese en onderliggende uitgawes – om terminaal siek te wees byvoorbeeld sal ‘n geweldige impak op die eiser se eis vir toekomstige mediese uitgawes h?.

      • Toekomstige mediese en onderhewige uitgawes kan slegs akkuraat bepaal word met die hulp van kundige getuies. Mens moet die opinies van kundiges bejeën met omsigtigheid en ‘n prokureur met ondervinding sal kan help om die ‘gehuurde wapen’ benadering uit te wys wat deur sekere kundiges toegepas word, t.w. die neiging om ‘n opinie te gee en te motiveer ooreenkomstig dit wat die kundige glo sy prokureur en die kliënt sal wil hoor.

Bokant van Bladsy

 

18. Wat konstitueer vorige verlies aan inkomste?

 

‘n Eiser is geregtig om sy vorige verlies aan inkomste van die oortreder te herwin.

U benodig dokumentêre bewys ten opsigte van u werksituasie, soos ‘n dienskontrak of aanstellingsbrief, in die geval waar u, as die eiser, werksaam was in die formele dienssektor.

Ander dokumentêre bewys sal inkomstebelasting opgawes en aanslae, geouditeerde balansstate en rekenboeke wees. Enige berekeningsgrondslag behoort op die inkomste, net van belasting, toegepas te word, en die rede daarvoor is omdat enige vergoeding toekenning gemaak aan die eiser nie belasbaar sal wees nie.

Ten opsigte van mense wie werksaam is in die informele sektor, soos taxibestuurders, arbeiders, smouse, tuiniers, huisbediendes, deeltydse werkers, en so voorts, wie in gebrek is van dokumentêre bewys, kan die prokureur feitelike getuienis aanbied oor wat persone in soortgelyke beroepe in dieselfde area verdien.

Bokant van Bladsy

 

19. Wat konstitueer toekomstige verlies van inkomste?

 

Die kwantifisering van ‘n eiser se toekomstige inkomste verlies en/of toekomstige verlies aan inkomste kapasiteit verlang deeglike ondersoek, grondige bewys (medies en feitlik) en goeie besluitnemings vermoë om ‘n regverdige beslissing te kan maak.

Toekomstige verlies van inkomste kan ‘n eenvoudige berekening wees, wat gewoonlik toepassing vind wanneer ‘n kundige verklaar dat die eiser nie by die werk sal kan wees nie vir ‘n tydperk van, s? 6 maande, terwyl hy ‘n operasie ondergaan soos ‘n knievervanging.

‘n Eiser moet nie slegs bewys dat hy oor ‘n verlies aan inkomste kapasiteit beskik nie, maar ook dat dié verlies sal ontwikkel in ‘n patrimoniale verlies, t.w. werklike inkomste verlies.

Daar moet bewys voor die hof geplaas word wat feitlik bevestig dat ongemak, pyn en lyding inkomsteverlies tot gevolg het.

Bokant van Bladsy

 

20. Hoe word eise vir verlies van onderhoud bereken?

 

Die berekening van vergoeding vir verlies aan onderhoud is verbonde aan patrimoniale verlies gely deur die afhanklikes van die oorledene. Elke afhanklike van die oorledene het ‘n eis ooreenkomstig sy of haar reg daartoe.

Die algemene benadering van die hof was om die annuïteit grondslag van bewerking te volg as ‘n beginpunt en om die syfers aldus verkry te wysig ooreenkomstig die algemene ekwiteite van die saak met in ag neming van verskeie faktore, soos byvoorbeeld die voordele toegeval aan die eiser weens die oorledene se afsterwe en, waar die eiseres die oorledene se weduwee is, haar vermoë om ‘n inkomste van haar eie te verdien en die kanse dat sy weer sal trou.

Die eerste stap van hierdie metode van berekening is om die feite relevant tot die annuïteite berekening vas te stel. Dit is:

      • Die tydperk waarvoor die eiser die onderhoud en sorgsaamheid sou benut waarvan die eiser ontneem was deur die dood van die oorledene.

      • Wat die oorledene se netto jaarlikse inkomste gedurende daardie tydperk sou wees.

      • Hoeveel van die oorledene se netto jaarlikse inkomste aangewend sou word vir die onderhoud en versorging van die eiser.

      • Die totale bedrag van die onderhoud en versorging wat die eiser verloor het word dan omgeswaai na die bestaande waarde daarvan of alternatiewelik wat dit sou kos om ‘n annuïteit te koop wat aan die eiser jaarlikse betalings sal verskaf, gelykwaardig aan die jaarlikse onderhoud verlies gedurende die tydperk waarvoor die eiser die versorging van die oorledene sou kon benut het.

Bokant van Bladsy

 

21. Wat is die verwagte tydperk van onderhoud?

 

In die eerste plek sal die reg van ‘n gade om onderhou te word eers beëindig word by die dood van enige van die betrokke gades. Die berekening vir die verlies van sodanige onderhoud sal vir die tydperk wees ten opsigte waarvan die oorledene normaalweg verwag sou kon word om ‘n inkomste te verdien, en vir die tydperk na aftrede waartydens die langslewende gade sou kon verwag om onderhou te word deur enige na - aftrede inkomste.

Die aftreedatum sal normaalweg bepaal word deur die werkgewer van die oorledene, of indien die oorledene selfwerksaam was, van wat ‘n gepaste aftree ouderdom sou wees.

Kinders is geregtig op vergoeding slegs ten opsigte van die tydperk waartydens hulle normaalweg onderhou sou gewees het deur die oorledene, of tot wanneer hulle selfonderhoudend sou word, afhangende van die omstandighede.

Hierdie tydperke is natuurlik afhanklik van faktore soos sosiale status en die finansiële stand van die oorledene, en enige relevante getuienis aangaande die oorledene se bedoeling gedurende sy leeftyd betreklik tot die onderhoud en sorgsaamheid van enige besondere kind

Bokant van Bladsy

 

22. Wat is ‘kollaterale voordele’?

 

Die konsep van kollaterale voordele is te vinde by die vasstelling van vergoeding eise wat ontstaan uit persoonlike beserings of dood. Die byvoordele wat iemand ontvang, op grond van die verlies gely deur daardie persoon, maak nie deel uit van die vergoeding eis self, se berekening nie.

Versekerings en Pensioenfonds Voordele – gewoonlik word pensioenfonds voordele betaalbaar ingevolge die beseerde se dienskontrak afgetrek wanneer die kompensasie bedrag bereken word waarop hy geregtig is. Soortgelyk sal versekeringsvoordele verskaf deur ‘n werkgewer ooreenkomstig ‘n dienskontrak ook ten volle aftrekbaar wees.

Gratifikasie voordele – enige voordele wat gratis of sonder enige verpligting ontvang word deur ‘n beseerde persoon, of deur die gesin van ‘n oorledene, is nie vatbaar vir aftrekking tydens die berekening van die vergoeding eisbaar nie.

Liefdadigheid – ‘n buiteparty mag geld of ander tasbare voordele voorsien aan ‘n eiser as ‘n vorm van liefdadigheid. Die voordeel verskaf onder hierdie omstandighede is nie vatbaar vir enige aftrekking van die vergoeding wat toegeken staan te word nie.

Bokant van Bladsy

 

23. Hoe doen ek voorbereiding vir my konsultasie met my prokureur?

 

Dit mag sake bespoedig indien u oor sekere inligting beskik voordat u ‘n prokureur besoek, te wete:

      • U Identiteitsdokument

      • Die registrasie nommer van die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het.

      • Die Polisie se saaknommer.

      • Besonderhede van die bestuurder of van die eienaar van die voertuig.

      • Besonderhede van enige getuies tot die ongeluk.

      • ‘n Hospitaal pasiënt nommer.

Indien die eis ingestel word deur die afhanklike van ‘n broodwinner wat in die ongeluk gesterf het, sal die volgende dokumente benodig word:

      • ID van die oorledene

      • Doodsertifikaat van die oorledene

      • Afskrif van geregtelike doodsondersoek indien beskikbaar

      • Afskrif van onlangse salarisadvies

      • Begrafniskostes

Bokant van Bladsy

 

24. Hoe lank neem dit om ‘n eis ingestel teen die POF af te handel?

 

‘n Prokureur kan ‘n dagvaarding laat uitreik na 120 dae nadat die eis ingestel was by die POF. Dit verskaf aan die persoon wat die eis hanteer 120 dae om alle ondersoeke te voltooi.

Wanneer u prokureur die dagvaarding laat bedien het, mag die persoon wat u eis hanteer u versoek vir aanvullende tyd om te poog om die eis te skik sonder dat dit nodig sal wees om die hof te nader. Die tyd wat dit neem om ‘n eis te finaliseer hang af van die kompleksiteit daarvan en of al die nodige informasie beskikbaar is.

As die POF besluit om die eis uit te betaal, sal hulle ‘n aanbod maak aan u prokureur en as die aanbod nie aanvaar word nie sal die saak onderhandel of voor die hof geplaas word, wat ‘n tydrowende proses is.. Sou u instem tot die bedrag wat aangebied word, sal ‘n ontslagvorm gebruik word om uiteen te sit hoeveel betaal moet word.

U sal die ontslagvorm moet onderteken en slegs nadat die POF dit ontvang het, sal betaling geskied.

Bokant van Bladsy

 

25. Wat is sommige van die dokumentasie wat my prokureur benodig vir ‘n eis teen die POF?

 

Indien die prokureur instem om u saak te behartig, kan u die prokureur behulpsaam wees deur sekere van die dokumentasie te bekom – waar beskikbaar en waar van toepassing.

      • ‘n Mediese verslag, of as ‘n persoon gesterf het in ‘n ongeluk moet u die geregtelike doodsondersoek dossier (dit is hofverslag van ‘n ondersoek gedoen t.o.v. iemand se dood)

      • ‘n Klagstaat van die polisie

      • Alle rekenings, kwitansies en bewyse ten einde mediese uitgawes en hospitaal onkoste te bewys.

      • Brief van die dokter

      • ‘n Rowwe skets (tekening) van die ongelukstoneel.

      • Die naam van die polisiestasie waar die ongeluk gerapporteer was, die polisie saaknommer en polisie verslag.

      • ‘n Brief van u werkgewer wat bevestig hoeveel geld u verloor het deur onbetaalde salarisse, bekend as ‘n inkomsteverlies sertifikaat.

      • ‘n Volmag deur u wat die prokureur magtig om die eis namens u te behartig.

      • Skriftelike magtiging aan die hospitaal, verskaffing van toestemming aan u prokureur en die Fonds om na u mediese rekords te besigtig.

      • Beëdigde verklarings van getuies, indien enige.

Bokant van Bladsy

 

26. Watter bladsye moet vervat word in die hospitaal of kliniese verslae?

 

As ‘n algemene kits reël moet dit die volgende bladsye bevat:

      • Opsomming, ontvangs and ontslagvorm

      • Geskiedenisvorm

      • Fisiese ondersoekvorm

      • Dokter se bevelvorm

      • Grafiese kaarte

      • Die verpleegster se bedrekords

      • Vorderingsverslag

      • Die konsultasie dokter se notas

      • Die toestemming om te opereer, indien enige

      • Die narkotiseer se verslag

      • Laboratorium en spesiale toetsverslae

      • ‘n Voor - operatiewe kontrolelys

      • Medikasie heffingsverslag

Bokant van Bladsy

 

 

 

 

gert-nel-banner