prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

TESTAMENTE EN BOEDELS - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

Deur ‘n testament te besit word verseker dat al u wense gelys word, op ‘n duidelike en ondubbelsinnige wyse, en verhoed dat u erfgename in duur litigasie betrokke raak, in ‘n poging om duidelikheid te verkry oor wat u sou bedoel het in ‘n spesifieke klousule. Indien u sou sterf sonder om ‘n opgestelde testament agter te laat, soos regtens verlang, sal daar gesê word dat u ‘intestaat’ gesterf het en sal die reëls van intestate erfopvolging bepaal wie eienaarskap sal verkry van die eiendom wat u agterlaat. Deur ‘n testament op te stel kan u reël vir u bates om verdeel te word tussen u familielede of vriende, in die proporsie van u keuse, in stede daarvan dat die reëls aangaande intestate erfopvolging aanwending vind.

Moenie staatmaak op algemene gedrukte vorms wat deesdae so geredelik beskikbaar is nie tensy u boedel baie eenvoudig daaruit sien. Kundige advies is nie so onbekostigbaar as wat algemeen aanvaar word nie en sal die kans vir moontlike dubbelsinnigheid, wat interpretasie deur die howe mag verg, verminder. Afgesien van enigiets anders, mag ‘n kundige moontlik in staat wees om onvoorsiene uitgawes (gebeurlikhede), uit te wys, en sodoende verseker dat u voorsiening daarvoor maak, en mag ook in staat wees om maniere voor te stel waardeur die boedelbelasting, betaalbaar aan die staat, verminder kan word. (Boedelbelasting is betaalbaar ten aansien van bestorwe boedels ter waarde van meer as R3,5m) Wanneer u ‘n testament opstel, is dit aldus aan te beveel om die kundige advies van ‘n prokureur te bekom.

Rubicon Trust is een van die vooraanstaande administrateurs van boedels, trusts, kuratorskap en MVA administrasie, en u kan hier meer lees oor hul dienste.

Pro Scripto is een van die vooraanstaande forensiese dokument eksaminatore in SA - as jy twyfel oor die egtheid van 'n dokument (soos 'n testament) 'n handtekening of handskrif, kan jy hulle hier kontak.

Die Regsbronne - Sentrum

  1. Wie mag ‘n testament opstel?
  2. Wie mag deur ‘n testament bevoordeel word?
  3. Wat is die formaliteite wat voorgeskryf word vir ‘n regsgeldige testament?
  4. Wat moet in ‘n testament beliggaam word?
  5. Fideicommissum, usufructus en trusts – wat beteken hierdie terme?
  6. Op welke gronde kan die geldigheid van ‘n testament bevraagteken word?
  7. Hoe stel ‘n testateur wie ongeletterd of ernstig siek is ‘n testament op?
  8. Op welke wyse kan ‘n testament herroep word?
  9. Wat gebeur as iemand sou sterf sonder ‘n testament?
  10. Intestate Erfopvolging: Wie kry wat?
  11. Wie mag as eksekuteur aangestel word om die administrasie van ‘n boedel te behartig en wat is sy of haar rol ?
  12. Wat behoort mens nog te weet vir meer selfvertroue m.b.t. die administratiewe boedelbeplanning proses?
  13. Wat vind plaas te aansien van die boedelrekening?
  14. Wat van BTW, Kapitaalwinsbelasting en Inkomstebelasting?
  15. Wanneer is boedelbelasting betaalbaar en mag erfgename verkies om ‘n erflating of bemaking te repudieer of te verwerp?
  16. Wat is van die geldige aftrekkings wat gemaak kan word voordat boedelbelasting betaal word?
  17. Wat is die faktore wat boedelbereddering laat snoer en hoe kan die proses versnel word?
  18. Hoe word ‘n afhanklike deur die Wet op Pensioenfondse gedefinieer?
  19. Verskaf asseblief 'n kort oorsig van die Islamitiese erfenis van 'n Suid-Afrikaanse reg Perspektief?

 

 

1. Wie mag ‘n Testament opstel?

 

Die Wet op Testamente 7 van 1953, wat in werking getree het op 1 Januarie 1954, bepaal dat enigeen wat minstens 16 jaar oud is, ‘n testament mag opstel mits hy/sy verstandelik in staat is om die aard en effek van sy/haar handeling te begryp.

Die essensie van wat verwag word, is dat die testateur, ten tyde van die opstel van sy testament, oor goeie verstand en geheue moet beskik. Hoewel sy/haar geheue nie perfek hoef te wees nie, moet hy/sy in staat wees om die bates wat hy sy van plan is om te bemaak, die wyse van verdeling en die persone aan wie hy/sy dit wil gee, in herinnering te bring. Hy / sy moet ook in staat wees om te verstaan dat dit ‘n ‘n testament is wat opgestel word.

Sou enigeen beweer dat die testateur verstandelik nie in staat was om ‘n testament op te stel nie, sal die bewyslas rus op die persoon wat beweer dat die testateur onvermoënd was.

Bokant van Bladsy

 

2. Wie mag deur ‘n testament bevoordeel word?

 

Gewoonlik mag u boedel verdeel word na u keuse, maar daar bestaan sommige persone wie nie voordeel uit ‘n testament mag trek nie. Hulle is:

  • Onbevoeg (Oortreders)

Die mees duidelike voorbeeld hier is ‘n persoon wat die testateur vermoor het. Ook mense wat van bedrog of dwang gebruik maak om die testateur te verhoed om sy testament te wysig, of om een op te stel waar hy dit nie vooraf gedoen het nie, word gediskwalifiseer daarvan om voordeel te trek, hetsy by wyse van die vorige testament, of ooreenkomstig die reëls betreklik tot intestate erfopvolging. Die reël is daargestel om, so, ‘n erfgenaam te verhoed om ‘n persoon te stop om ‘n testament op te stel terwyl hy of sy weet dat die voorgenome testateur hom of haar daarvan wil uitsluit.

  • Onder Voogdyskap (Minderjariges)

Tweedens was dit voorgehou in Mostert v Die Meester (1878) dat enigeen wie met ‘n minderjarige trou sonder die toestemming van die minderjarige se ouer of voog, nie bevoordeel mag word ingevolge die testament nie selfs sou die minderjarige meerderjarig wees ten tyde van die opstel van die testament, of selfs sou die toestemming vir die troue verskaf gewees het na voltrekking daarvan.

  • Deelname (Deelnemers)

Derdens, ‘n groep verbiedinge is betreklik op mense wie die testament uitskryf namens die testateur of wie dit bevestig of deelneem aan ‘n aantal ander formaliteite ter uitvoering daarvan. Die persoon wie ‘n testament opstel namens die testateur mag nie enige voordeel daaruit verkry nie tensy die testateur sodanige nalatenskap beaam. Die verbod raak slegs die werklike skrywer daarvan, wat beteken dat die persoon wat dit dikteer of ‘n konsep daarvoor uitskryf wat dan later getik word deur iemand anders, ongeag hiervan steeds deur die testament bevoordeel mag word.

  • Bevestig (Getuies)

Die Wet op Testamente voorsien daarvoor dat die getuies tot ‘n testament (die persone wie die testament onderteken in die teenwoordigheid en op versoek van die testateur) nóg voordeel mag trek uit die testament, nóg genomineer mag word as eksekuteur van die boedel. Dieselfde geld ten opsigte van die gade van so ‘n persoon.

Bokant van Bladsy

 

3. Wat is die formaliteite wat voorgeskryf word vir ‘n regsgeldige testament?

 

Wanneer ‘n Testament opgestel word is dit noodsaaklik om te verseker dat u testament al u wense uit stip op ‘n duidelike en ondubbelsinnige wyse en dat dit voldoen aan al die voorskrifte soos uiteengesit deur die Wet op Testamente.

  • Vir ‘n testament opgestel na 1 Januarie 1954, is die essensiële verwagting dat die testament onderteken sal word deur die testateur aan die einde daarvan en dat sodanige handtekening ter selfde tyd bevestig sal word deur twee of meer teenwoordige getuies, wie dan in mekaar en die testateur se teenwoordigheid die testament moet onderteken.

  • Sou die testament meer as een bladsy beslaan, moet elke bladsy geteken word deur die testateur sowel as dieselfde getuies, wie op enige plek op die bladsy sodanige handtekeninge mag aanbring, op voorwaarde dat die handtekening van die testateur op die laaste bladsy, aan die einde daarvan, aangebring word.

  • Die getuies moet persone bo die ouderdom van 14 jaar oud wees, wie ten tyde daarvan bevoeg was om getuienis in die hof te lewer. Die hof sal hulle oor die algemeen as bevoeg beskou indien hulle nie daar tydens geestegebrekkig, dronk of andersins sonder voldoende begripsvermoë van hulle handelinge was nie.

  • Enige skrapping, byvoeging, alterasie of tussenvoeging gemaak in die testament na dit opgestel was sal ongeldig wees tensy die skrapping self gepaard gaan met al die formaliteite benodig om ‘n geldige testament daar te stel. Enige kodisil van die testament – ‘n byvoeging wat die testateur bewillig na die daarstelling van die testament – moet ook uitgevoer word met al die formaliteit vereistes soos voorgeskryf vir ‘n oorspronklike testament.

Bokant van Bladsy

 

4. Wat moet in ‘n testament beliggaam word?

 

Dit is moeilik om enigiets definitief te vermeld, aangesien individuele omstandighede altyd verskil. Oor die algemeen, egter, behoort die volgende ingesluit te word:

  • Eksekuteur

Die bates van ‘n oorledene gaan nie direk oor na erfgename of legate nie, maar na ‘n eksekuteur, wie die skulde betaal en dit wat oor is verdeel aan die begunstigdes soos vermeld in die testament.(genoem die erfenis) Dit is algemeen – en inderdaad wys – om ‘n eksekuteur in jou testament te benoem. Dit is egter nie noodsaaklik nie, omdat indien u versuim om ‘n eksekuteur aan te stel, of die persoon wie aangestel was dit sou afwys of reeds gesterf het, kan die Meester van die Hooggeregshof iemand anders aanstel om hiervoor in te staan. Die eksekuteur sal gewoonlik versoek word deur die Meester om sekuriteit aan hom te verskaf – ‘n kontant deposito of ander waarborge dat hy/sy sodanige dienste na behore sal uitoefen. Dit mag ongerieflik wees, en is ook inderdaad, en daarom is dit algemene praktyk om die eksekuteur daarvan kwyt te skel om sekuriteit aan die Meester te moet verskaf.

  • Erfenis (Legate )

Nadat voorsien was vir nalatenskappe, kan u die restant van u boedel (die gedeelte wat oorbly nadat die erfenis en die belastings betaal was) ook nalaat aan enige van die erfgename. Sou u besluit om nie die restant aan ‘n besondere persoon of persone na te laat nie, sal dit intestaat verdeel word ooreenkomstig die reëls daarvan. Dit is bykans altyd wys, om dienooreenkomstig, wel ‘n erfgenaam of erfgename aan te stel ten opsigte van enige restant van die boedel.

  • Kinders

Tydens die opstel van ‘n testament, is dit belangrik om so spesifiek as moontlik te wees met die gebruik van woorde soos ‘kinders’. Alhoewel die woord ‘kinders’ uitgelê sal word om ‘n kind, wat nog nie gebore was ten tyde van die testateur se dood nie, in te sluit sou ‘n man ‘n bemaking agterlaat aan sy kinders en daar beide wettige en onwettige kinders betrokke wees, is die normale afleiding dat daar slegs na wettige kinders verwys word. Onthou ook, dat as een van u kinders – wie voordeel staan te verkry ooreenkomstig u testament – voor u doodgaan, sal die wettige nakomelinge van die kind geregtig wees om die voordeel op te volg, tensy u uitdruklik die teendeel in u testament aangedui het.

Bokant van Bladsy

5. Fideicommissum, usufructus en trusts – wat beteken hierdie terme?

 

Daar bestaan ‘n aantal wyses waarop die testateur voorsiening kan maak vir die opvolging van begunstigdes. Betekenend dat die testateur die eiendom nalaat aan ‘n persoon wie dit dan egter nie vrylik sal kan vervreem nie omdat die eiendom, by die plaasvind van ‘n sekere gebeurtenis, oorgedra moet word na ‘n ander persoon.

  • In ‘n geval van usufructus, bly dieselfde persoon deurgaans die eienaar, maar iemand anders het die reg op gebruik en genot daarvan. Die man mag wens dat die vrou in sy huis woon tot haar dood, maar dat die eiendom uiteindelik na die kinders oorgaan, met die regte totgebruik en genot daarvan wat in die vrou setel. Die vrou sal oor ‘n usufructus ten aansien van die eiendom beskik.

  • n Fideicommissum bestaan uit die plaasvervanging (opvolging) van twee of meer verskillende eienaars ten aansien van dieselfde eiendom. Die kern idee hier is dat ‘n plaas of ander bate in dieselfde familie moet bly, en so ‘n reëling staan bekend as ‘n fideicommissum. Dit was moontlik om dieselfde eiendom vir generasies in die familie te behou , maar in 1965 het die wetgewer bepaal dat sodanige plaasvervanging (opvolging) slegs twee keer mag plaasvind.

  • n Trust is ‘n verdere wyse waardeur die testateur ‘n boedel kan vasmaak.‘n testateur met ‘n groot boedel kan voorsorg tref deur ‘n trust te stig in die geval waar hy sou sterf terwyl sy kinders relatief steeds jonk en ondervinding loos sou wees. Dit is sy bedoeling dat sy kinders erf, maar slegs op ‘n sekere ouderdom of by die plaasvind van ‘n sekere gebeurtenis. Hy laat die eiendom na aan ‘n vermelde trustee in sy testament met opdragte dat die trustee die eiendom bewaar, die geld spaarsamig en profyt draend investeer, en, byvoorbeeld die opbrengs diskresionêr aanwend vir die onderhoud en onderrig van die kind soos vermeld in die testament. Wanneer die kind aldus die vermelde ouderdom bereik, of die gebeurtenis sou plaasvind – byvoorbeeld die kind trou of word mondig – word die geld aan hom of haar uitbetaal. In hierdie geval word die trustee, streng regtens, die eienaar van die eiendom, maar is verplig om dit te bewaar en te gebruik op die wyse soos uiteengesit in die testament.

Moenie ‘n testament opstel wat ‘n usufructus, fideicommissum of ‘n trust daarstel sonder om ‘n kundige prokureur daaroor te raadpleeg nie, wie ook die testament vir jou sal kan opstel.

Bokant van Bladsy

 

6. Op welke gronde kan die geldigheid van ‘n testament bevraagteken word?

 

Om ‘n testament se bepalings om te keer is nie ‘n maklike taak nie en is dikwels ‘n nodelose poging omdat die bewyslas rus op die persoon wat die testament aanval.

‘n Testament wat blyk eg (regmatig) te wees – dit beteken met die nodige handtekeninge daarop en so voorts – sal aanvaar word as eg deur die Meester van die Hooggeregshof en die howe totdat die teendeel bewys sou word. Die onus rus op die persoon wat die testament bevraagteken om aan te toon dat dit geskonde sou wees – en dit kan moeilik wees. Indien die testament gemaak was ‘n aansienlike tydperk voordat die testateur oorlede is – gedurende welke tydperk hy sy testament sou kon wysig, maar hy dit nie gedoen het nie – is die howe baie sku om te bevind dat dit nie ‘n uiting van sy of haar wense was nie.

Konsulteer met ‘n prokureur sou u die mening toegedaan wees dat die testament gewysig kan word onder een van die volgende omstandighede:

  • Kranksinnigheid – indien die testament gemaak was deur ‘n persoon wie onderwerp was aan ‘n drogbeeld of kranksinnige illusie

  • Formaliteite – Indien die dokument wat blyk ‘n testament te wees nie opgestel was ooreenkomstig die regsformaliteite soos voorgeskryf nie.

  • Vervalsing – indien die testament aangetoon kan word ‘n namaaksel te wees of dat die testateur gefouteer het aangaande die dokument wat hy onderteken het, byvoorbeeld, indien hy gedink het dat hy ‘n dokument onderteken het om sy plaas te verkoop, maar wat inderwaarheid ‘n testament was wat sy plaas aan iemand bemaak

  • Dwang, bedrog , of Onbehoorlike beïnvloeding – ‘n Testament moet ‘n uitdrukking wees van die testateur se wense, en nie die wense van ‘n ander nie. Waar ‘n testateur die testament onder dwang teken – byvoorbeeld omdat hy gedreig of afgepers was – is die testament ‘n uiting van die persoon wat die dreigement uitoefen, nie dié van die testateur nie. Dieselfde het betrekking op bedrog; byvoorbeeld waar die testateur mislei was om te glo dat sekere familielede dood of onbevoeg is te erf – en hulle dan uit sy testament laat. Soortgelyk, waar die testateur onder die invloed is van ‘n ander persoon – byvoorbeeld ‘n angsbevange invalide in die sorg van ‘n dominante moeder –druk die testament die wil uit van die persoon wat die testateur onbehoorlik beïnvloed het.

Bokant van Bladsy

 

7. Hoe stel ‘n testateur ‘n testament op wie ongeletterd of ernstig siek is?

Waar ‘n testateur ongeletterd is en nie kan teken nie, of te siek is om dit te doen (hy mag dalk nie in staat wees om te skryf nie, maar wel in staat wees byvoorbeeld om ‘n merk te maak), skryf die reg voor dat hy/sy óf die testament onderteken óf ‘n merk maak as synde sy of haar handtekening of iemand anders kry om namens hom/haar te teken. Daardie persoon moet dan, in die teenwoordigheid van die testateur en die getuies en op die testateur se aandrang, die testament onderteken.

Verder moet ‘n sertifikaat aanbring word aan die einde van die testament waarin ‘n Landdros, Geregsdienaar, Kommissaris van Ede of Notaris sertifiseer dat die testateur sy/haar identiteit geïdentifiseer het as dié van die testateur en dat die testament wat sodanig onderteken was die testament is van sodanige testateur.

Indien die testament bestaan uit meer as een bladsy, moet dit deur ‘n Landdros, Geregsdienaar, Kommissaris van Ede of Notaris onderteken word op elke bladsy daarvan. Hierdie sertifikaat moet aangebring word voor die dood van die testateur, en dit sal wys wees om te verseker dat dit aangebring word ten tyde van die ondertekening van die testament (by wyse van ‘n merk of die handtekening van ‘n ander wat namens die testateur dit onderteken) deur die testateur en die getuies sodat die opstel van die testament ‘n enkele transaksie uitmaak.

Bokant van Bladsy

8. Op welke wyse kan ‘n testament herroep word?

U is geregtig daarop om ter enige tyd u testament te herroep wat u opgestel het. Die algemene manier is om in ‘n latere testament te vermeld dat u alle vorige testamente met laasgenoemde ophef of herroep – a standaard klousule in ‘n algemene testament. Dit is egter ook moontlik om ‘n testament op te hef deur dit op te skeur – deur dit eenvoudig op te skeur met die bedoeling om dit te herroep is voldoende.

Indien ‘n testament vernietig is, volg dit egter nie noodwendig daaruit dat dit opgehef was nie. Indien dit vernietig was a.g.v. ‘n fout – byvoorbeeld, indien u onder die indruk was dat dit ‘n ou versekeringspolis was in stede van u testament – sal die testament geldig bly. Natuurlik sal dit moeilik wees om die bestaan daarvan te bewys as ‘n testament vernietig was, maar dit is nie onmoontlik nie. Byvoorbeeld, ‘n getekende duplikaat mag dalk bestaan.

Meer nog, indien dit aangetoon word dat die testament vernietig was omdat u gedink het dat dit reeds deur ‘n latere testament herroep was, maar dit later blyk dat die latere testament ongeldig is en aldus nie die eerste een herroep het nie, sal die vernietigende handeling nie beskou word as ‘n aksie wat g

Bokant van Bladsy

 

9. Wat gebeur as iemand sou sterf sonder ‘n testament?

 

‘n Persoon wat sterf sonder om ‘n testament agter te laat word beskou as om intestaat te sterf – en die boedel sal verdeel word ooreenkomstig die reëls van intestate erfopvolging. Die reëls het ook toepassing op die verdeling van die oorledene se eiendom wat nie spesifiek voor voorsien word deur sy of haar testament nie, sou die erfgename wie vernoem was gesterf het en daar nie melding gemaak is in die testament van enige plaasvervanger erfgename vir hulle nie, sal die reëls van intestate erfopvolging bepaal hoe die boedel verdeel moet word.

Indien die boedel intestaat verdeel moet word sal die Meester ‘n eksekuteur aanstel – gewoonlik die langslewende gade. ‘n Eksekuteur aangestel deur die Meester word genoem ‘n eksekuteur datief, terwyl een wat aangestel is in ‘n testament na verwys word as ’n eksekuteur testamentêr. Indien die waarde van die boedel nie R125 000 oorskry nie, mag die Meester van die Hooggeregshof besluit om klaar te kom sonder om ‘n eksekuteur aan te stel en aanwysings gee van die manier waarop so ‘n boedel gelikwideer en verdeel moet word.

Indien daar geen oorlewende familielede bestaan nie en daar geen bloedverwante is nie, word die boedel inbetaal in die Voogdyfonds van die Meester van die Hooggeregshof en, indien nie opgeeis binne 30 jaar nie, sal dit verbeur word aan die staat.

Wanneer ‘n vennoot in ‘n selfde-seks vennootskap te sterwe kom, en alhoewel nie wettelik getrou nie, sal die oorlewende vennoot erf van die oorlede persoon se intestate boedel

Bokant van Bladsy

 

10. Intestate Erfopvolging: Wie kry wat?

 

Gade oorleef en geen nakomelinge

Indien die persoon wat sterf ‘n gade agterlaat maar geen kinders nie, sal die gade die hele boedel erf.

Gade oorleef met nakomelinge

Die oorlewende gade erf ‘n kindsdeel of tot en met R125 000, welke een ookal die grootste is, terwyl die nakomelinge die oorskot erf. ‘n Kindsdeel word bepaal deur die monetêre waarde van die boedel (soos op sterftedatum) te deel deur die aantal kinders van die oorledene wie óf die oorledene oorleef het óf voor hom gesterf het, en oorlewende nakomelinge agterlaat, plus een.

Nakomelinge met geen oorlewende gade

Indien die oorledene nakomelinge agterlaat, sal sy/haar boedel eweredig verdeel word tussen hulle. Ingevolge die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging, 1987, word ‘n aangenome kind geag ‘n nakomeling te wees van sy/haar aangenome ouers. Soortgelyk sal sy/haar aangenome ouers, en nie die natuurlike ouers nie, geag word sy/haar voorgangers te wees. Die algemene prinsiep is dat ‘n oorlede persoon se boedel eweredig verdeel sal word tussen die verskeie kinders. Indien een of meer van die kinders gesterf het voor die oorledene, kan elke kind van dié oorlede kind van die erflater die oorlede kind se plek inneem, en laasgenoemde se deel sal dan eweredig verdeel word tussen die kinders van die oorlede kind. Die erfopvolging prosedure waarby kinders die plek van die oorlede vader kan inneem kan deur enige aantal generasies geskied.

Geen Gade of nakomelinge maar ouers lewend

Indien beide ouers lewe sal elkeen helfte van die intestate boedel erf. Indien een ouer leef, kry hy of sy helfte, terwyl die ander helfte aan die nakomelinge van die oorlede ouer sal gaan.. Indien die oorlede ouer geen nakomelinge het nie sal die langslewende ouer die hele boedel erf.

Geen gade, nakomelinge of ouers in lewe, maar wel ‘n broer of suster (of sy of haar nakomelinge)

In hierdie geval, sal helfte van die boedel geërf word deur die nakomelinge van die oorlede moeder (per stirpes) en die ander helfte na die nakomelinge van die vader (per stirpes). Per stirpes is waar ‘n oorledene se kind se kinders in laasgenoemde se plek kan erf. Dit kan voortgesit word deur enige getal van toekomstige generasies. Volle broers en susters (of hulle nasate) erf dus deur beide ouers terwyl halwe broers en susters (of hulle nasate) erf deur die ouer gemeenskaplik aan hulle en die oorledene (regtens bekend as met volle hand of halwe hand erf). Indien nasate van slegs een ouer leef, sal hulle die hele boedel erf.

Bokant van Bladsy

 

11. Wie mag as eksekuteur aangestel word om die administrasie van ‘n boedel te behartig en wat is sy of haar rol ?

 

Dit is aan te beveel dat u prokureur aangestel behoort te word omdat hy/sy:

  • Bekend is met die inhoud van u testament

  • Weet waar u bates is

  • Beskik oor algemene inligting van u familiesake

  • In ‘n posisie sal wees om u boedel uit te win en sonder vertraging oordrag registrasies uit te voer van enige vaste eiendom, en

  • Oor gespesialiseerde regskennis beskik aangaande die administratiewe proses verbonde daaraan.

‘n Familielid kan egter ook aangestel word as eksekuteur tesame met u prokureur.

Die eksekuteur is verplig om:

  • Die oorledene se bates te kollekteer

  • Sy / haar skulde te delg

  • Die balans van die boedel te verdeel tussen die erfgename ooreenkomstig die bepalings van die oorledene se testament, of ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging sou die oorledene sonder ‘n testament sterf.

Bokant van Bladsy

 

12. Wat behoort mens nog te weet vir meer selfvertroue m.b.t. die administratiewe boedelbeplanning proses?

 

Die Wet op die Administrasie van Boedels sal in sekere uitsonderlike omstandighede ‘n langslewende gade toelaat om die eiendom van die oorledene of ‘n gedeelte daarvan oor te neem, afhanklik van die verskaffing van voldoende sekuriteit deur so ‘n gade om enige minderjarige se porsie te verseker. Die erfgename van die boedel is ook geregtig om in ‘n herverdeling ooreenkoms toe te tree wat aan die Meester voorgelê moet word vir toestemming en vir aanvaarding daarvan. Gespesialiseerde advies deur ‘n prokureur word gewoonlik benodig onder sodanige omstandighede.

Die eksekuteur mag, voordat die rekening blootgelê was vir inspeksie, en met die toestemming van die Meester, ‘n bedrag geld beskikbaar stel en enige eiendom van die boedel wat volgens die eksekuteur se opinie genoegsaam sou wees om vir die behoeftes van die oorledene se gesin of huishouding te voorsien.

Verder, waar die boedel solvent is en daar genoegsame fondse beskikbaar is, kan die Eksekuteurs voorskotte aan erfgename of legate maak ooreenkomstig hulle erfporsies of erfenisse. Dit is veral die geval waar die begunstigde die langslewende gade is of waar daar waarskynlik ‘n vertraging sal wees om die boedelrekening in te dien.

Bokant van Bladsy

 

13. Wat vind plaas ten aansien van boedelrekening?

 

So gou moontlik na rapportering van die boedel, stel die eksekuteur die waarde van die bates en laste van die boedel vas, soos op datum van afsterwe.

Nadat die Briewe van Eksekuteurskap uitgereik was, moet die eksekuteur ‘n kennisgewing publiseer in die Staatskoerant en in een of meer koerante gesirkuleer in die distrik waarin die oorledene gewoonlik woonagtig was, wat alle persone oproep wie eise teen die boedel het om sodanige eise in te dien by die Eksekuteur binne ‘n vasgestelde periode, wat gewoonlik 30 dae is vanaf datum van die laaste publikasie daaromtrent.

Daarna, maar binne ‘n periode van 6 maande nadat Briewe van Eksekuteur- skap toegestaan was, of sodanige verdere tydperk as wat die Meester mag toelaat, is die Eksekuteur verplig om ‘n boedelrekening te verskaf aan die Meester ten opsigte van die likwidasie en verdeling van die boedel.

Die Meester sal die boedelrekening deurgaan en, indien in orde, die Eksekuteur toelaat om die boedelrekening te adverteer vir inspeksie blootlegging. Die Eksekuteur se boedelrekening moet blootgelê word by die Kantoor van die Meester vir inspeksie – en indien die oorledene normaalweg woonagtig was in ‘n ander distrik, moet ‘n duplikaat boedelrekening blootgelê word in die Landdroskantoor – vir nie minder as 21 dae nie, vir inspeksie deur enige persoon geïnteresseerd in daardie boedel. Die Eksekuteur moet ‘n kennisgewing publiseer in die Staatskoerant en in een of meer koerante gesirkuleer in die distrik waarin die oorledene gewoonlik woonagtig was, wat die tydperk uiteensit gedurende waarvan, en die plek waar, die boedelrekening vir inspeksie blootgelê sal word.

Sodra die inspeksie verby is, sal die Meester kennis gee aan die Eksekuteur dat die boedelrekening blootgelê was vir inspeksie vry van besware. Die eksekuteur kan dan die krediteure betaal en die boedel verdeel tussen die erfgename ooreenkomstig die boedelrekening. Indien die Eksekuteur in besit is van fondse van R1000 of meer, moet hy of sy ‘n boedel bankrekening oopmaak. Hierdie vereiste is egter weggedoen mee waar ‘n praktiserende prokureur sy of haar trustrekening aanwend om die oorledene se boedelfondse te administreer.

Bokant van Bladsy

 

14. Wat van BTW, Kapitaalwinsbelasting (KWB) en Inkomstebelasting?

 

Die Eksekuteur sal vasstel of die boedel aanspreeklik is vir BTW en/of inkomstebelasting.

Indien die oorledene geregistreer was as ‘n verkoper sal die eksekuteur dalk die boedel moet registreer vir BTW doeleindes. Daar sal BTW implikasie wees. Die Eksekuteur mag dalk uitset moet betaal aan die Suid Afrikaanse Belastingdiens op alle bates van die oorledene se onderneming. Dit mag moontlik wees vir die Eksekuteur om die onderneming te verkoop aan ‘n ander BTW verkoper as ‘n lopende bedryf en dat die transaksie teen ‘n ‘zero skaal’ aangeslaan word.

Die Wet op Inkomstebelasting voorsien dat wanneer ‘n persoon sterf, hy/sy beskou sal word asof al sy/haar bates afgestaan was aan die oorledene se boedel vir ‘n bedrag ontvang of toegeval teen markwaarde van daardie bates en die oorledene se boedel word geag die bates te ontvang het teen hierdie markwaarde.

Dit is ‘n algemene beginsel, maar daar bestaan wel uitsonderings. Byvoorbeeld; die bates wat die langslewende gade toeval by die dood van die eerste oorlede gade word nie geag om afgestaan te gewees het ten tyde van die dood van die oorledene nie.

In baie gevalle is inkomstebelasting betaalbaar en dit mag die bedrag van die erfporsie wat beskikbaar is vir erfgename beïnvloed.

Bokant van Bladsy

 

15. Wanneer is boedelbelasting betaalbaar en mag erfgename verkies om ‘n erflating of bemaking te repudieer of te verwerp?

 

Boedelbelasting word tans gehef op die belasbare bedrag van die boedel teen ‘n vaste tarief van 20%. Die belasbare bedrag word bereken deur ‘n R3,5m primêre korting af te trek van die ‘netto waarde van die boedel’. Die waarde van al die eiendom in die oorledene se boedel wat tot die langslewend gade aanwas, hetsy ooreenkomstig die oorledene se testament of deur intestate opvolging, kan afgetrek word in die mate wat dit ingesluit was in eiendom.

Enige begunstigde is geregtig om ‘n erfdeel of erfporsie te repudieer of te verwerp. Eleksie vind plaas wanneer gades hulle boedels opgehoop het en die langslewende gade ‘n keuse moet uitoefen, óf om sy of haar gedeelte te neem en die voordele van die gemeenskaplike boedel te verbeur, óf toelaat dat sy/haar deel afgestaan word en sodoende die voordele van die gemeenskaplike boedel put.

Waar ‘n begunstigde ‘n erflating verwerp, sal daardie erflating oorgedra word óf ooreenkomstig die oorledene se testament, óf ooreenkomstig die bepalings van intestate erfopvolging..

Bokant van Bladsy

 

16. Wat is van die geldige aftrekkings wat gemaak kan word voordat boedelbelasting betaal word?

 

Die Wet op Boedelbelasting maak voorsiening vir ‘n hele rits geldige aftrekkings voordat boedelbelasting bererken word.

Dit sluit onder meer die volgende in:

  • uitstaande skuld deur die oorledene
  • sy of haar mediese en begrafniskoste
  • die koste vir afhandeling van die boedel (byvoorbeeld eksekuteurs- en meesterskoste)
  • uitstaande belasting

Omvattende boedelbeplanning gaan om veel meer as die beperking van boedelbelasting, maar dit is tog ‘n risiko warna gekyk moet word.

Bemakings aan ‘n oorlewende gade is een van die meer voor die hand liggende aftrekkings.

  • Al sulke bemakings, ook polisse wat buite die boedel aan hom of haar uitbetaal, kan van die boedel afgetrekword voordat boedelbelasting bereken word. As daar enige vereiste gestel word aan ‘n oorlewende gade om byvoorbeeld afstand te doen van iets, of ‘n beedrag geld aan iemand to betaal, word die aftrekking verminder met die waarde daarvan.
  • Onder die definisie van “gade’ tel ook partye wat in ‘n verhouding (heteroseksueel of homoseksueel) is en wat bedoel was om permanent te wees.
  • Bemakings aan sulke mense is eweneens afrekbaar voor boedelbelasting. Boedelbelasting van 20% is dan uiteindelik net betaalbaar op die netto boedel ná alle toebare aftrekkings, minus ‘n individuele vrystelling van R3,5 miljoen.
  • Dié vrystelling geld elke mens en kan ook oorgedra word aan ‘n oorlewende gawe.
  • As jy al jou bates aan ‘n gade bemaak, bemaak jy ook jou indivudele vrystelling aan daardie person. By die sterfte van daarde oorlewende gade is sy of haar eie individuele vrystelling van R3,5 miljoen geldig en ook die oorgeërfde deel van die vorige gade s’n.
  • ‘n Netto boedel van tot R7 miljoen kan dus só vry van boedelbelasting oorgaan. Dit is die perk, en die vrystelling kan nie akkumuleer met opvolgende huwelike nie. Die oordra van die vrystelling is beperk tot een vooroorlede gade, al was die oorledene in meer as een huwelik of kwalifiserende verhouding.
  • Die eksekuteur sal egter kan kies watter een van die vorige gades se vrystelling om te gebruik. As ‘n vrou al ‘n vorige man se bates geëerf het, sal sy sy volle vrystelling van R3,5 miljoen kry en sal haar boedel dus die vole R7 miljoen-vrystelling hê.

Bokant van Bladsy

 

17. Wat is die faktore wat boedelbereddering laat snoer en hoe kan die proses versnel word?

 

Die gemiddelde tyd wat dit duur om n boedel af te handel is nege maande, maar in uiterste gevalle kan dit van vyf jaar tot selfs tien jaar duur.

Faktore wat boedelberedding kan laat snoer:

  • Wanneer daar nie n wettige testament is nie
  • Werkdruk in plaaslike owerheid wat lei tot vertragings in die verskaffing van munisipale uitklarings Agterstallige belastingsopgawes
  • Wanneer titelaktes verlore is en duplikate aangevra moet word Kontanttekorte en die gepaardgaande verkoop van bates
  • Onnatuurlike sterftes, wat beteken die agtergeblewes moet wag vir nadoodse verslae van die polisie
  • Die herverdeling van bates
  • Die oordrag van vuurwapens
  • Die verkryging van balansstate een n waardasie van aandele vir boedelbelasting
  • Hofsake
  • Onderhoudseise
  • Egskeidingsbevele waaraan nie gehoor gegee is nie
  • Opsporing van erfgenames
  • Ingewikkelde sakebelange waarvoor daar nie behoorlike boedelbeplanning gedoen is nie
  • Ergename wat nou in die buiteland woon en nie meer Suid Afrikaanse bankrekeninge het nie
  • Die onwettige bewoning van boedeleiendomme en gepaardgaande uitsettingsbevele

Versnel die proses so:

  • Werk saam met die eksekuteur
  • Doen behoorlike boedel en testamentbeplanning
  • Verskaf korrekte en volledige inligting
  • Neem versekering uit om boedeltekorte te voorkom
  • Maak seker dat die testament geldig en uitvoerbaar is
  • Bewaar alle belangrike dokumente, byvoorbeeld versekeringspolisse, beleggingsdokumente, eiendomsaktes en bankstate
  • Bewaar die testament by n erkende en velige verwaringsverskaffer

Bokant van Bladsy

 

18. Hoe word ‘n afhanklike deur die Wet op Pensioenfondse gedefinieer?

 

Die Wet op Pensioenfondse (“die Wet”) onderskei tussen drie soorte afhanklikes wat betref die verdeling van die doodsvoordeel van ‘n lid van ‘n fonds, volgens die Beregter vir Pensioenfondse, Muvhango Lukhaimane.

Die drie soorte afhanklikes word as volg in Artikel 37C van die Wet beskryf :

Regsgeldige afhanklikes, ten opsigte van wie die oorlede ‘n regsplig gehad het om hulle finansieël te ondersteun;

De facto afhanklikes, ten opsigte van wie die oorledene nie ‘n regsplig gehad het om hulle finanisieël te ondersteun nie, maar dit in elk geval gedoen het, en

Toekomstige afhanklikes, wat nie deur die oorledene ten tyd van sy dood finanisieël onderhou is nie, maar wie hy wel sou onderhou het indien hy nog geleef het.

Toekomstige afhanklikes sluit ook die oorledene se bejaarde en behoeftige (arm) ouers in. ‘n Afhanklike moet in een van die bogemelde kategorieë val om geregtig te wees op ‘n doodsvoordeel.

Ten opsigte van Doodsvoordele en Boedels : Die betaling van ‘n doodsvoordeel deur ‘n aftreefonds word gereguleer deur Artikel 37C van die Wet. ‘n Doodsvoordeel is nie gewoonlik deel van die boedel van die oorledene nie, maar hierdie Artikel gee aan die fonds se Raad van Trustees ‘n diskresie, wat billik en redelik uitgeoefen moet word, wat betref die verdeling van die doodsvoordele in elke geval.

Die Trustees moet eers die afhanklikes identifiseer, soos bepaal in die Wet. Indien daar afhanklikes / genomineerdes is, moet die voordele gelykop tussen hulle verdeel word. As daar geen afhanklikes is nie, moet die trustees ondersoek instel of die boedel solvent is.

Indien die boedel solvent is, kan die genomineerdes uitbetaal word. Indien dit nie solvent is nie, moet die trustees aan die boedel betaal wat vereis word en it wat mag oorbly, word daarna aan die genomineerdes betaal.

Indien daar geen genomineerdes of begunstigdes is nie én daar is nie ‘n boedel wat beredder moet word nie, moet die fondse aan die Voogdyfonds betaal word.

 

Bokant van Bladsy

 

19. Verskaf asseblief 'n kort oorsig van die Islamitiese erfenis van 'n Suid-Afrikaanse reg Perspektief?

 

Die volgende inligting is deur prokureur Abdul Latif Buckus verskaf. U kan hier meer lees.

Succession, colloquially referred to as inheriting, is the process whereby the heirs of a deceased person succeed to the assets which the deceased left behind at the time of death. Assets in this instance refer to the residue after all liabilities and debts of the deceased have been settled.

INTESTATE SUCCESSION

The provisions of the South African, Intestate Succession Act, are applied where the deceased entirely or partially died intestate. This means that the deceased did not attest to a valid last will and testament before his or her demise.

Intestate succession will determine the heirs to a deceased estate in the following circumstances:

– When the deceased failed to attest to a valid last will and testament, or

– Where it is impossible to carry out the wishes of the deceased because the beneficiaries, for example, predecease the testator, or do not wish to inherit.

A person can die completely intestate or only partly intestate. The latter would be where, for example, a testator specially bequeaths one portion of his estate in a valid last will and testament, but omits to deal with the rest of his or her assets. In this instance the portion that has been bequeathed by will, shall devolve testate as set out therein, while the rest of the estate will devolve according to the rules of intestate succession.

Where spouses were married in community of property the estate will first be divided in half. The surviving spouse will receive half by virtue of the marriage in community of property and the other half will devolve in terms of the Intestate Succession Act.

According to prevailing South African case law, persons married in terms of Muslim rites should be regarded as spouses for purposes of intestate succession and are entitled to inherit from their deceased partner in terms of the Intestate Succession Act, despite the fact that their “marriage” is not recognised as a valid marriage in terms of our current law.

In Daniels v Campbell NO & Others 2004 (5) SA 331 (CC) the court recognised the wife to a monogamous Muslim marriage as a “spouse” for purposes of intestate succession and the Maintenance of Surviving Spouse Act. In Hassam v Jacobs N.O. & others (2008) JOL 22098 (C) a case dealing with polygamous Muslim marriages the court found no justification for excluding the widows of polygamous Muslim marriages from the provisions of the Maintenance of the Surviving Spouses Act and the Intestate Succession Act. The court held that the continued exclusion of the widows of polygamous Muslim marriages from the benefits of the Acts would be unfairly discriminatory against them and be in conflict with the provisions of section 9 of the Constitution. Marriages in terms of Muslim rites are generally regarded as being out of community of property.

If a Muslim passes on without having left a valid will and testament, the provisions of the Intestate Succession Act would find application and not Islamic Law. Neither the surviving spouse, descendants nor ascendants, can compel the implementation of succession in terms of Islamic Law.

TESTATE SUCCESSION: 

South African law allows for the freedom of testation, which means that where a deceased had attested to a valid last will and testament, setting out how his or her estate must devolve the stipulations therein are given effect to after his or her demise. A person can also nominate the person or persons, known as executors, who should administer the estate after their demise.

Where the deceased was married, in community of property, he or she can only dispose of his or her half share of the joint estate, in a will.

APPLICATION OF ISLAMIC LAWS OF SUCCESSION:

There is no intestate succession in Islamic law, every Muslim dies testate, as the Holy Quran sets out how the deceased’s estate should be distributed and administered. Since South African law embraces freedom of testation, it is imperative that every major Muslim, execute a valid will in accordance with Islamic law. It is also vital that the will is executed in compliance with the requirements of South African Law, and updated or amended with change in circumstance.

POINTS TO NOTE:

If the deceased was married in community of property, the joint estate is frozen upon the demise of one of the spouses. This situation often creates hardship for the surviving spouse, especially where the bank accounts were all in the name of the joint estate or in the name of the deceased, as no person may withdraw funds from the deceased’s bank accounts or deal with any of the estate assets until appointment by the Master of the High Court.

Reporting and finalising a deceased estate in South Africa can be a lengthy and complex process, during which time most if not all of the assets will be under supervision and control of the master’s representative.

South African law also dictates fees and charges that are levied to wind up a deceased estate, which should be catered for, in order to avoid delay and financial difficulty to those left behind.

We are able to not only finalise for you, a will that complies with the requirements of both Islamic, and South African law, but also advise on estate planning and financial security for the period that a deceased estate is being administered.

Top of Page

 

rubicon-banner-ad