prokureur Read in English Read in isiZulu Read in Setswana Read in isiXhosa

banner 1 afrikaans

 

juta-online-shop-banner

 

VERBRUIKERS REG - Dikwels Gestelde Vrae             Terug na tuisblad

 

In die vierde kwartaal van 2016 was daar 24.31 miljoen aktiewe krediet gebruikers met 9.76 miljoen gebruikers wat ‘n ‘verswakte’ (impaired) krediet opgebou het. ‘Veswakte’ krediet is wanneer ‘n rekening vir 3 maande onbetaal is, as die gebruiker onder administrasie is, of wanneer daar ‘n vonnis teen die verbruiker geneem is.

Suid Afrika se verbruikersregte is hersien en in twee wette ingedeel, die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming, en is daargestel om verbruikers te beskerm teen al die misbruike en praktyke soos oorvordering, swak kwaliteit en afsmering. Dit is belangrik om ingelig te wees omtrent hierdie wetgewing omdat daar steeds baie misbruik in die handel bestaan. Besighede wat nie aan hierdie nuwe wetgewing gehoor gee nie mag hulself blootstel aan kontrak kansellasies, verpligte terugbetaling, kontraktuele skadevergoeding of selfs kriminele strawwe. Met meer as 200 bladsye is die Wet kompleks en besighede word aangeraai om regsadvies in te win.

Konsultasie voor konfrontasie-een van die groot uitdagings vir verbruikers is hoe om op die regte manier te kla-om hul saak op so n manier te steldat die problem vir seker aangepas en opgelos sal word. Vir meer inligting oor die beste kanale en beste metodes, besoek gerus die webwerf van die Suid Afrikaanse nasionale verbruikersunie (Sancu) (www.sancu.co.za)

Die Verbruikersgoedere en -dienste Ombud verrig 'n groot taak om verbruikers te help en jy kan verder hier lees.

Mediasie spaar beide tyd en geld, siende dat dit juis daar is om duur litigasie en regsprosesse te vermy. Equillore is ’n leier in Alternatiewe Dispuut Oplossings (ADO) in Suid-Afrika en bied mediasiedienste in die Kommersiële en Openbare Sektore, Arbeid en Verbruikersreg velde. Lees meer oor hulle dienste hier.

Indien u as verbruiker verdrink in skuld, lees gerus hier hoe skuldberading vir u van waarde kan wees.

 

banner-gsdcs

 

maxlaw-lawyer.co.za-banner

 

1. Wat bepaal die Nasionale Kredietwet (No 34 of 2005) (NKW)?

2 Wat is die Nasionale Krediet Register (NKR) en Verbruiker Tribunaal (VT)?

3. Wat is die Repokoers en kan dit verbruiker besteding beïnvloed?

4. Wat is die skaalplafon ten aansien van rente, fooie en heffings?

5. Wat word met ‘roekelose uitleen’ bedoel?

6. Wat as ek nie my skuld kan betaal nie?

7. Waar mag verbruikers klagtes indien? (NKW aangeleenthede)

8. Wat is sommige van die regte wat verbruikers beskerm ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming? (WVB)?

9. Waar mag verbruikers klagtes indien? (WVB aangeleenthede)

10. Hoe word daar onderskei tussen gebrekkige produkte aan die een kant, en gevaarlike en onveilige produkte aan die ander?

11. Op wie en wat het die WVB betrekking?

12. Wat is die kwaliteit en veiligheidsstandaarde wat vir produkte verwag word?

13.Wat is ‘n verskaffer se verpligtinge omtrent potensiële gevaarlike en onveilige produkte?

14. Wie kan aanspreeklik gehou word vir ‘n gebrekkige of onveilige produk?

15. Waarvoor kan hulle aanspreeklik gehou word?

16. Wie mag ‘n produk aanspreeklikheid eis instel?

17. Wat moet deur die klaer bewys word?

18. Wanneer moet die eis ingestel word?

19. Wat is die verwere waarop gesteun kan word?

20. Wat kan besighede doen om hulle regsaanspreeklikheid te verminder?

21. Wanneer word aanspreeklikheid opgedoen vir gebrekkige goedere?

22. Wat word met strenge aanspreeklikheid bedoel?

23. Hoe skakel die WVB in by ander wetgewing in?

24. Volgens wet, wat moet aan u vertel word wanneer ‘n finansiele / beleggings produk gekoop word?

25. Hoe beskerm ek myself teen beleggings wat ‘te goed klink om waar te wees’?

  equillore-banner-afr

 

1. Wat bepaal die Nasionale Kredietwet (No 34 of 2005) (NKW)?

 

  • Die Nasionale Kreditwet, 2005  het inwerking getree op 1 Junie 2007 en omskryf die regsgevolge vir wanneer verbruikers lenings aangaan of goedere op krediet koop. Dit voorsien ook vir die totstandkoming van die Nasionale Krediet Reguleerder (NKR) wie die aktiwiteite in die krediethandel monitor en verseker dat kredietverskaffers, byvoorbeeld banke, mikro geldskieters en maatskappye wat goedere op krediet verkoop, die NKW navolg.

  • Die Nasionale Kreditwet, 2005 plaas kontroles in plek wat kredietbemarking praktyke inperk, verseker dat bepaling van die verbruikers se bekostigbare krediet koopkrag geskied wanneer aansoek om krediet plaasvind, maatskappye penaliseer wat krediet roekeloos toestaan, rentekoerse inperk en die plafon vasstel van ander fooie gevra deur kredietverskaffers insluitend wanneer die rekening agterstallig sou raak, en die kredietburo’s en skuldberaders reguleer.

  • Die Nasionale Kredietwet sal binnekort vervang word met nuwe wetgewing om sodoende mikroleners wat verbruikers uitbuit ,en wat nie geregistreer is nie, hok te slaan.

 

 Bokant van Bladsy

 

2. Wat is die Nasionale Krediet Reguleerder (NKR) en Verbruiker Tribunaal (VT)?

 

Die wet voorsien vir die totstandkoming van die NKR om die krediet industrie te reguleer en te verseker dat kredietverskaffers die NKW navolg. Die NKR het ‘n klagte afdeling waar verbruikers mag kla, en beskik oor ‘n ondersoekspan wat beweerde oortredings van die Wet ondersoek. Die NKR verwys sake wat meriete het na die Verbruiker Tribunaal.

Alle kredietverskaffers en kredietburo’s moet registreer en verslag doen aan die NKR. Die KT is gesetel met en beskik oor dieselfde bevoegdheid as ‘n Hooggeregshof om sake aan te hoor van maatskappye wat na bewering nie die NKW navolg nie.

  • Sekere praktyke van agentskappe wat lenings uitloof word nou ingeperk of word as onwettig beskou, soos deur tot deur verkope en bemarking by huise en werksplekke sonder uitnodiging.

  • Bemarkingpraktyke is ook onderworpe aan strenger kontrole om verbruikers te beskerm, byvoorbeeld kredietverlening fasiliteite se limiete mag nie outomaties verhoog word nie en negatiewe opsiebemarking is onwettig (‘as u nie die offer verwerp nie, aanvaar ons dat u dit bekragtig’)

  • Daar moet ook aan verbruikers‘n kwotasie verskaf word, geldig vir 5 dae, met volle besonderhede aangaande die lening, om sodanige verbruikers in staat te stel om prysvergelyking toe te pas.

Bokant van Bladsy

 

3. Wat is die Repokoers en beïnvloed dit verbruiker besteding?

 

Die repokoers stelsel is in Maart 1998 ingestel; die "repo" kom van die Engelse woord "repurchasing" (terugkoop)

Banke moet volgens wet 'n sekere persentasie van hul bates in kontant hou, maar dit is nie altyd moontlik nie omdat kliënte soms meer kontant uit rekenings onttrek as wat deur die bank voorsien was .

Om aan hierdie wettige kontantvereistes te voldoen, tender banke weekliks vir die Reserwebank se kontant wat dan op ‘n veiling toegeken word. Die Reserwebank bereken vooraf hoeveel geld die banke sal benodig en maak ‘n ooreenkomstige bedrag beskikbaar vir die veiling. Banke ‘ruil’ dan sommige van hul finansiële bates, byvoorbeeld skuldbriewe, in vir die Reserwebank se kontant.

Die banke ‘huur’ eintlik hierdie kontant by die Reserwebank - die bates moet weer na sewe dae teruggekoop word.. Die terugkoopprys is effens hoër as die verkoopprys en die verskil is dan die wins of rente wat die Reserwebank verdien - daarom die verwysing na terugkoop koers. Die tenders word almal teen ‘n voorafbepaalde repokoers toegeken. Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank, wie se hoofdoel inflasiebeheer is, vergader tweemaandeliks om die koers in her oënskou te neem.

Die repokoers word deur banke gebruik om hul eie uitleen koerse vas te stel en is die belangrikste rentekoers in die ekonomie - ‘n verlaging het ‘n direkte invloed op verbruiker besteding, die aanvraag vir goedere en dienste en die prys daarvan.

Bokant van Bladsy

 

4. Wat is die skaalplafon ten aansien van rente, fooie en heffings?

 

Daar bestaan nou ‘n maksimum rentekoers wat kredietverskaffers mag vra afhangend van die tipe krediet en wanneer sodanige krediet toegestaan was. Die koers is meestal gegrond op ‘n formule wat berus op die Suid Afrikaanse Reserwe Bank se terugkoop koers (Repokoers) ten tyde waarvan die krediet toegestaan was. Die repokoers wissel gereeld so hou die pers dop vir die repokoers ten tyde van die ondertekening van die ooreenkoms. Mei 2016 gaan die formule soos hieronder uiteengesit heeltemaal verander – wat sal lei tot ‘n verlaging in die betaalbare rentekoerse. Die maksimum maandelikse administrasie fooi is R68,40.

 

Die diagram hieronder sit die koers van elke kategorie uiteen vanaf 6 Mei 2016:

 

 

 KATEGORIE

 MAKSIMUM RENTE
 FORMULE

 Voorbeeld - as die  Repokoers

 6.50 % is soos op 28.03.2018

MAKSIMUM AANVANG FOOIE

 1

 Verbandooreenkomste

 RR + 12% p.j.

 18.5 %

 R5250

 2

 Kredietkaarte/fasiliteite

 RR + 14% p.j.

 20.5 %

 R1050

 3

 Onversekerde krediet transaksies

 RR +21% p.j.

 27.5 %

 R1050

 4

 Voortuigfinansiering

 RR + 17% p.j

 23.5 %  R1050

 5

 Ontwikkelings  kredietooreenkomste

 RR + 27% p.j.

 33.5 %

 R2600

 6

 Ander kredietooreenkomste

 RR +17% p.j.

 23.5 %

 R1050

 7

 Onvoorsiene  kredietooreenkomste
 (kontant transaksies wat nie  betaal is nie en die rekening  raak agterstallig

 Bv. Dokters/klererekenings  ens.)

 2% per maand
 (27%p.j.)

   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die NKW plaas ook ‘n limiet op dit wat gehef mag word vir ander fooie, byvoorbeeld, instelling, diens, fooie by verstek en insameling fooie.

Versekeringsdekking ten aansien van lenings is toelaatbaar maar die heffing moet ‘redelik’ wees en die verbruiker het die reg om ‘n bestaande polis daarvoor te gebruik of te sedeer in stede daarvan om ‘n nuwe polis uit te neem.


Bokant van Bladsy

 

5. Wat word met ‘roekelose uitleen’ bedoel?

 

Wanneer iemand aansoek doen vir ‘n lening, moet die ooreenkoms in eenvoudige taal opgestel word, beskikbaar wees in ten minste twee amptelike tale en die verbruiker moet ‘n afskrif daarvan kry.

Verbruikers is geregtig op ‘n rede sou krediet afgekeur word.

  • Alle kredietverskaffers moet bepaal of die verbruiker die lening kan bekostig, en alle lenings moet genotuleer word in ‘n register sodat ‘n verbruiker nie in skuld gedompel word nie.

  • Enige kredietgewer wat krediet verskaf sonder om in ag te neem of die kliënt die lening sal kan terugbetaal mag skuldig wees aan roekelose uitleen. Daar kan swaar strawwe opgelê word en die kredietgewer mag selfs die reg misgun word om die skuld te verhaal.

  • ‘n Verbruiker sal nie beskerm word as hy of sy nie die vrae van die lening aansoek proses eerlik en volledig beantwoord het nie en in sulke gevalle sal die kredietverskaffer nie skuldig wees aan roekelose uitleen nie.

Bokant van Bladsy

 

6. Wat as ek nie my skuld kan betaal nie?

 

  • Wanneer ‘n verbruiker nie in staat is om sy of haar skulde te betaal nie, het hy of sy die reg om ‘n skuldberader te nader om hulp. (sien Wet op Nationale Krediet) Die berader sal die verbruiker help om sy of haar skuldbetalings te herstruktureer of die reëlings vir die betaling daarvan te wysig sou die verbruiker as skuld lastig beskou word – sodanige reëlings kan ook ‘n hofbevel gemaak word.

  • Skuldberaders moet geregistreer word by die Nasionale Krediet Reguleerder en word vir hulle dienste betaal. Rente sal ook steeds gehef word ten aansien van die skuld..

  • Verbruikers moet verseker dat hulle die berading se verloop ten volle begryp en moet vooraf in kennis gestel word van wat die fooie en heffings sal wees.

  • Sodra ‘n verbruiker geteken het vir skuld berading, word dit opgeteken in die kredietburo se verbruiker profiel en word hy of sy nie toegelaat om verdere krediet te bekom alvorens die berading proses voltooi of gestaak word nie.

Bokant van Bladsy

 

7. Waar mag verbruikers klagtes indien? (Nasionale Kredietwet aangeleenthede)

 

  • Die Wet raai verbruikers aan om hulle klagtes direk met die maatskappy uit te sorteer, by gebreke waarvan ‘alternatiewe geskilbeslegting’ soos die ombudsman gebruik moet word.

  • Indien die verbruiker probeer het om die dispuut met die maatskappy uit te pluis en die gewenste reaksie nie verkry was nie, kan die verbruiker die volgende kantore kontak:

Vir enige klagte aangaande ‘n bank:

Die Ombudsman vir Bankdienste
Tel: 0860 662837
Faks: (011) 8380043
www.obssa.co.za

Vir enige nie - bank krediet, kredietburo of skuld berading klag:

Krediet Ombudsman
Tel: 0860 662837
Faks: (011) 7810589
www.creditombud.org.za

Vir enige klagte aangaande skuldberaders/skuldberaad:

Die Nasionale Skuld Mediasie Vereniging
Tel: 086 1116362
www.ndma.org.za

Voordat die Krediet Ombudsman gekontak word oor ‘n kredietburo klagte, kontak die eers die kredietburo’s..

Transunion ITC
Tel: 0861 105665
www.itc.co.za

Experian
Tel: 086 111 6362
www.experian.co.za

Indien u nie tevrede is met die uitkoms van bogenoemde nie, nader die NKR.

Nasionale Krediet Reguleerder
Tel: 0860 627627
www.ncr.org.za


Bokant van Bladsy

 

8. Wat is sommige van die regte wat verbruikers beskerm ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming?

 

Die Wet op Verbruikersbeskerming het op 1 April 2011 inwerking getree en die Nasionale Kredietwet op 1 Junie 2007. Om voordeel te kan trek uit die beskerming verskaf deur die bovermelde wetgewing moet die kredietooreenkoms geteken wees op of na vermelde datums.

Hier is sommige van die regte en regsmiddels voorsien voor in die wet:

  • Die reg op privaatheid – verbruikers het die reg ‘tot onttrekking ’ of weiering om ongewenste SMS’e, telefoonoproepe of korrespondensie betreklik tot die bemarking van produkte te ontvang. Dit word dan die verantwoordelikheid van die maatskappye om te verseker dat hierdie verbruikers nie weer gekontak word vir bemarkingdoeleindes nie.

  • Die reg om te kies (ingesluit die reg om te kies om te kanselleer) – verbruikers mag ‘n vaste termyn ooreenkoms aan die einde van sodanige termyn beëindig. Die verskaffer moet die verbruiker binne 40 tot 80 dae voordat die termyn eindig verwittig van die keerdatum daarvan en van enige toepaslike wysigings sou die ooreenkoms hernu word. Die onus is dan op die verbruiker om die verskaffer te verwittig om die ooreenkoms op die keerdatum te beëindig, of om die ooreenkoms te hernu onderworpe aan die nuwe voorwaardes, by gebrek waarvan die ooreenkoms voortgesit sal word op ‘n maand tot maand grondslag ooreenkomstig die nuwe voorwaardes.

  • Die afkoelperiode en direkte bemarking kansellasies – verbruikers mag kanselleer dit waarin hulle toegetree het a.g.v. direkte bemarking binne 5 werksdae sonder enige straf of heffings en sonder dat enige verduideliking daarvoor verskaf hoef te word.

  • Nie betaal en behoud van ongevraagde goedere en dienste – die Wet laat teruggawe van ongevraagde goedere toe en ten risiko en koste van die verskaffer. Waar die verskaffer nie binne 20 werksdae, vanaf die ontvangsdatum van die goedere of datum van kennisgewing van terugname daarvan, die goedere kollekteer nie, mag die verbruiker die goedere hou.

  • Verkryging van kwotasies vir die herstel en instandhouding van goedere – ‘n verskaffer moet aan die verbruiker ‘n kostelose waardasie verskaf. ‘n Verbruiker het nie nodig om te betaal vir dienste verrig sonder sy of haar toestemming nie en elke nuwe of opgetooide onderdeel geïnstalleer ooreenkomstig ‘n herstel of instandhouding kontrak moet vergesel word van ‘n waarborg wat geld vir ‘n minimum van 3 maande. ‘n Verskaffer het die reg op teruggawe van sy of haar eiendom in ten minste dieselfde toestand as waarin dit voorheen was. Waar die diens of herstel gebrekkig of nie op standaard was nie, het die verbruiker die reg om óf aan te dring daarop dat die fout herstel word óf op teruggawe van ‘n redelike gedeelte van die prys betaal (‘redelik’ soos verbonde tot die mate van gebrek)

  • Die reg op kwaliteitsprodukte en om foutiewe goedere terug te gee –verbruikers het die reg om goedere te koop en te ontvang wat van goeie gehalte, in goeie werkende toestand en vry van foute is, wat ‘n redelike tydperk sal hou en geskik is vir die aangewese doel daarvan. Waar die goedere nie voldoen aan verwagte standaarde nie, het die verbruiker die reg op teruggawe van die goedere binne 6 maande vanaf die koopdatum daarvan, en die vervanging, herstel, of terugbetaling ten opsigte daarvan.

  • Lay-bye – met sogenaamde ‘lay-bye’ verkope bly die goedere in die winkel tot dat die volle bedrag betaal is. Die Wet gee die verbruiker die reg om op enige stadium die aankoop te kanselleer en is dan geregtig is op terugbetaling van die bedrag wat betaal is - minus ‘n kansellasie fooi van slegs 1% van die koopprys.
  • Risiko waarskuwings en eise weens beserings of verlies veroorsaak deur onveilige of defektiewe goedere – daar word van verskaffers verwag om verbruikers te verwittig indien goedere ‘n risiko mag inhou (soos deur die Wet uiteengesit) insluitend dié wat nie van die verbruiker verwag word om bewus van te wees nie. ‘n Verbruiker kan skadevergoeding eis van die produsent, invoerder, verspreider of handelaar van ‘n produk sou die verbruiker skade berokken word weens die verskaffing van onveilige goedere, foutiewe produkte, defekte, gevaar of versuim om genoegsame waarskuwing aangaande ‘n produk te verskaf. Die Wet laat ook toe dat eise ingestel word vir indirekte finansiële verlies gely, byvoorbeeld, verlies aan inkomste as gevolg van ‘n besering veroorsaak.

  • Oorverkoping en oorbespreking – ‘n Verskaffer mag nie betaling aanvaar vir goedere of dienste indien hy of sy nie bedoel het om die goedere te verskaf of die dienste soos aangebied te lewer nie. Dit geld egter nie waar die versuim om die goedere te lewer of dienste te verskaf die gevolg was van omstandighede buite die beheer van die verskaffer nie, en die verskaffer redelike stappe geneem het om die verbruiker daarvan in kennis te stel nie.

  • Negatiewe opsiebemarking – ‘n Verskaffer mag nie ‘n verkoping of ooreenkoms fabriseer deur die verbruiker te verwittig dat daar aangeneem word dat hy of sy die aanbod aanvaar het weens sy of haar versuim om kennis te gee dat die goedere of dienste nie geneem sal word nie. ‘n Verskaffer mag ook nie ten aansien van ‘n transaksie aan die verbruiker ‘n kommissie of korting bied op voorwaarde dat die verbruiker bystand verleen om verdere transaksies te bekom nie.

  • Pryse van goedere en dienste moet vertoon word en geskrewe rekords verskaf word – in die geval van goedere, moet die prys geheg wees aan die goedere, en mag nie meer gevra word as die uitgestalde prys nie en moet ‘n skriftelike bewys gelewer word van elke item verkoop of diens verskaf soos voorgeskryf deur die Wet (byvoorbeeld, naam, BTW nommer, adres, datum, omskrywing, eenheid prys, hoeveelheid, totale prys)

  • Katalogusbemarking – waar ‘n verbruiker iets koop sonder ‘n geleentheid om die goedere te inspekteer, byvoorbeeld telefoniese verkope of vanuit ‘n katalogus mag hy of sy weier om die goedere te aanvaar as dit nie ooreenkom met die beskrywing ten aansien van ‘al die wesentlike aspekte en karaktertrekke’ daarvan nie.

  • Besprekings en afspraak - hotelle en lugrederye oorboek gereeld veroorsakende dat die vebruiker ‘n vlug “verpas”of by onvermoë is om by u hotel in te boek. Die wet bepaal dat indien ‘n maatskappy ‘n bespreking aanvaar en dan vesuim om die goedere of dienste te verskaf op die ooreengekome tyd en plek – of iets soortgelyks of beter- weens gebrek aan vooraad of kapasiteit, moet die maatskappy die verbruiker met rente terugbetaal, plus vergoed ‘vir kostes wesentlik tot die verskaffer se kontrakbreuk’. Indien die verbruiker die aanbod aanvaar as vergeleke plaasvervanger, dan is geen vergoeding nodig nie.

  • Kansellasie Fooie- Te danke aan die Wet op Verbruikersbeskerming mag maatskappye nie langer ‘n kombers van “geen terugbetalings” ten opsigte van gekanseleerde besprekings handhaaf nie. Maatskappye moet u deposito minus ‘n “ redelike” kansellasie- heffing terugbetaal. Maatskappye moet ‘n kanselasie-heffing “glyskaal” proportioneel tot die vooraf gegewe kansellasie kennisgewing implimenteer – hoe vroeër die bespreking gekanselleer word, hoe minder die heffing.

    Maak seker dat die ooreenkoms wat u beding ‘n kansellasie “glyskaal” insluit betreklik tot hoeveel aan u terugbetaal sal word ,sou u ter enige tyd voor die geleendheid die bespreking kanselleer. Indien hulle intussen ‘n ander bespreking sou kry is u slegs aanspreeklik vir die betaling van ‘n kansellasie fooi. Hulle is verplig om aan te dui wat hul daadwerklike kostes en verliese was weens u kansellasie, wat ook ‘n gedeelte van hul bemarking en adminkostes mag insluit. Die verskaffer mag ook nie ‘n kansellasie heffing vorder waar ‘n bespreking gekanselleer word weens die afsterwe of hospitalisasie van die persoon “vir wie of tot wie se voordeel” ‘n bespreking gemaak was nie – en soos bovermeld , sou die bespreking vanuit direkte bemarking voortspruit, bemagtig die Wet op Verbruikersbeskerming verbruikers om binne vyf werksdae direkte bemarking ooreenkomste skriftelik te kanselleer, teen volle terugbetaling.

Bokant van Bladsy

 

9. Waar mag verbruikers klagtes indien? (Die Wet op Verbruikersbeskerming aangeleenthede)

 

Soos met die Nasionale Kredietwet, word verbruikers aangespoor deur die Wet op Verbruikersbeskerming om eers te probeer om geskille te besleg met die betrokke maatskappy of diensverskaffer self. Indien hulle nie suksesvol is nie, mag hulle klagtes indien by die Nasionale Verbruikers Kommissie of by die Provinsiale Verbruikersaangeleenthede kantore.

Nasionale Verbruikers Kommissie:
Tel: 0860 266 786
Faks: 0860 515229

Provinsiale Verbruikersaangeleenthede kantore:

Oos-Kaap
Tel: (040) 609 3052
Faks: (040) 752 3729

Vrystaat
Tel: (051) 400 4700
Faks: (051) 400 9610

Gauteng
Tel: (011) 355 8117
Faks: (011) 355 3017

KwaZulu-Natal
Tel: (031) 310 5310
Faks: (031) 310 5416

Limpopo
Tel: (015) 298 7071
Faks: (015) 2958750

Mpumalanga
Tel: (013) 752 3761/5
Faks: (013) 7523729)

Noordwes
Tel: (018) 389 5046
Faks: (018) 8895636

Noordkaap
Tel: (053) 832 2566
Faks: (053) 883 2564

Wes Kaap
Tel: (021) 483 4235
Faks: (021) 483 3483

Bokant van Bladsy

 

10. Hoe word daar onderskei tussen gebrekkige produkte aan die een kant, en gevaarlike en onveilige produkte aan die ander?

 

‘n Onderskeid moet gemaak word tussen gebrekkige produkte aan die een kant, en gevaarlike en onveilige produkte aan die ander kant. Produkte wat gebrekkig is, is nie noodwendig ook gevaarlik nie en soortgelyk kan goedere ‘n risiko van gevaar inhou vir verbruikers sonder om ook defektief te wees.

  • n Gebrekkige produk is een wat nie oor die algemeen aan die redelike verwagtinge van verbruikers voldoen nie óf weens ‘n wesentlike gebrek in die vervaardiging van die produk, óf omdat dit oor ‘n karaktertrek beskik wat dit minder bruikbaar, aanwendbaar of veilig laat. Dit is belangrik om daarop te let dat die produk beoordeel sal word aan die hand van die redelike verwagtinge van verbruikers oor die algemeen in teenstelling daarvan om slegs te let op die subjektiewe verwagtinge van die eintlike verbruiker wie die produk gekoop het of dit gebruik. Dit maak nie meer saak of die fout of gebrek opgespoor sou kon word deur die verbruiker alvorens hy of sy ontvangs van die produk geneem het nie.

  • n Gevaarlike produk is een wat ‘n beduidende risiko vir persoonlike besering of verlies van ander eiendom inhou wanneer dit gebruik word.

  • Onveilige produkte is dié wat ‘n uitermate risiko inhou vir persoonlike beserings of eiendomsskade ten aansien van die verbruiker of ander persone.

Bokant van Bladsy

 

11. Op wie en wat het die WVB betrekking?

 

Wie is ‘n verbruiker?

‘n Verbruiker is ‘n individu, klein besigheid (met ‘n jaarlikse omset minder as R3 miljoen), klub of vereniging aan wie goedere of dienste bemark en verkoop word EN enige eindverbruikers van daardie goedere en dienste.

Watter goedere en dienste word gedek?

Meeste goedere word ingesluit:

  • Verbruiksgoedere (voedsel, klere ens.);

  • Ander goedere wat nie verbruikbaar is nie maar steeds bruikbaar is vir die genot van die verbruiker;

  • Inhoud en vermaaklikheidprodukte (boeke, musiek, films, speletjies, informasie produkte, sagteware) en sluit in die lisensies om hierdie produkte te mag gebruik;

  • ‘n Regsbelang in onroerende eiendom; en

  • Gas, water and elektrisiteit.

Dienste gedek is:

  • Bouwerk, opgradering en/of herstel dienste;

  • Onderrig, informasie, advies of konsultasie dienste (dokters, prokureurs, opleidingmaatskappye, universiteite ens.)

  • Bank en versekeringsdienste nie gereguleer ingevolge die FAIS Wet, Lang Termyn en Kort Termyn Versekerings Wette;

  • Vervoerdienste (toerbusse, taxi’s, saamry klubs);

  • Verblyf en herbergsaamheid dienste (hotelle, B&B’s, restaurante);

  • Vermaaklikheiddienste (kinemas, teaters, pretparke, casino’s);

  • Elektroniese kommunikasie toegangdienste (selfone, Internet, epos);

  • Huurdienste (mans pakhuur, huishuur, voertuighuur); en

  • Konsessie (Franchise) dienste.

Die Wet omvat:

  • Die promosie van hierdie goedere en dienste.

  • Dienste en koopkontrakte en ander ooreenkomste met verbruikers.

  • Die lewering en verskaffing van daardie goedere en dienste.

  • Die kwaliteit en standaard van die goeder en dienste self.

Die Wet, gewoonlik, vind nie toepassing op ooreenkomste, transaksies tot toegetree en goedere verskaf voor 1 April 2010 nie. Maar ‘n aantal bepalings van die Wet sal aanwending vind op bestaande bepaalde termyn ooreenkomste wat 2-3 jaar oor het van hulle termyn.

Bokant van Bladsy

 

12. Wat is die kwaliteit en veiligheidsstandaarde wat ten opsigte van produkte verwag word?

 

Die standaarde en kwaliteit en veiligheid verwag vir verskillende soorte produkte is ‘n feitevraag wat in elke saak deur die howe oor beslis sal word, met verwysing na industrie standaarde. Die howe sal al die omringende omstandighede in ag neem, insluitend die volgende:

  • Die daar gestelde doel van die produk

  • Die manier waarop die produk bemark, verpak en uitgestal was.

  • Die gebruik van enige bedryfsomskrywing of merk op die verpakking van die produk.

  • Die insluiting van enige instruksies of waarskuwings betreklik tot die gebruik van die produk.

  • Die reeks doeleindes wat redelikerwys verwag mag word om die produk voor te gebruik, en

  • Die tydgreep waarin die produk geproduseer en verskaf was.

Bokant van Bladsy

 

13. Wat is ‘n verskaffer se verpligtinge omtrent potensiële gevaarlike en onveilige produkte?

 

  • Persone wat potensieel gevaarlike of onveilige produkte verpak moet veiligheidswaarskuwings en instruksies by die verpakking insluit vir die veilige gebruik daarvan, waaraan voldoen moet word deur dié wat dit installeer.

  • Sodanige waarskuwings en instruksies moet opgestel word óf op ‘n wyse soos voorskryf deur die Minister, óf in sodanige eenvoudige taal as wat ‘n gewone verbruiker binne die klas van persone vir wie hierdie dokumentasie bedoel is, met gemiddelde geletterdheid en minimale ondervinding as ‘n verbruiker van sodanige goedere en dienste, behoort te kan verstaan.

  • Meeste produkte word ingesluit deur die Wet – tradisioneel het produk aanspreeklikheid hoofsaaklik betrekking op vervaardigde goedere soos motorvoertuie, gereedskap en toebehore, skoonmaakprodukte, farmaseutiese produkte en ander mediese produkte asook voedsel en drank. Die Wet brei egter beskerming ook uit na verbruikers wat musiek, films en boeke, rekenaars en informatiewe produkte koop.

Bokant van Bladsy

 

14. Wie kan aanspreeklik gehou word vir ‘n gebrekkige of onveilige produk?

 

‘n Produsent is ‘n persoon wat:

a) iets groei, voed, oes of insamel, myn, voortbring, verfyn of suiwer, skep, vervaardig of andersins self die produk binne Suid Afrika produseer of veroorsaak dat enige een hiervan namens hom of haar verrig word met die bedoeling om die produk vir verskaffing beskikbaar te stel in die gewone sake verloop, of

b) in die geval van “self gemerkte produkte”, sy of haar eie naam of handelsmerk op die produk plaas om ‘n redelike verwagting daar te stel dat hy of sy die produsent is van daardie produk.

‘n Invoerder is ‘n persoon wie die produk invoer, of veroorsaak dat die produk ingevoer word, vanuit ‘n ander land na Suid Afrika met die bedoeling om die produk vir verskaffing beskikbaar te stel in die gewone sake verloop.

‘n Verspreider is ‘n persoon aan wie, in die gewone loop van sake ‘n produk verskaf word deur die produsent, invoerder of ander verspreider en wie dan self daardie produk verskaf aan óf ‘n ander verspreider óf aan ‘n handelaar.

‘n handelaar is ‘n persoon wie, in die gewone verloop van sake, produkte verskaf aan ‘n verbruiker.

Bokant van Bladsy

15. Waarvoor kan hulle aanspreeklik gehou word?

 

Die aanspreeklikheid ingevolge die Wet behels enige nadeel veroorsaak, insluitende maar nie beperkende tot:

  • Die dood van, of besering aan, enige natuurlike persoon;
  • ‘n siekte van enige natuurlike persoon;
  • Enige verlies van, of fisiese skade aan eiendom; en
  • enige ekonomiese verlies wat veroorsaak is deur die nadeel beskou in 1-3.

Daar is geen limiet aan die bedrag wat geëis kan word deur die verbruiker nie. Hy of sy sal egter steeds moet bewys dat die verlies waarvoor geëis word werklike deur hom of haar gely was en dat redelike stappe geneem was om sodanige verlies te verminder. Die howe of ander liggame wat produk aanspreeklikheid eise aanhoor sal die skade waarvoor geëis en wat bewys was deur die verbruiker oorweeg, en mag sodanige toekenning maak as wat hulle as juis en regverdig beskou in die omstandighede.

Bokant van Bladsy

 

16. Wie mag ‘n produk aanspreeklikheid eis instel?

 

‘n Groot aantal persone mag nou die regte afdwing wat deur hierdie artikel van die wet ingestel is. Hierdie persone sluit in:

  • ‘n Persoon wat vir homself of haarself optree;
  • ‘n persoon wat met toestemming namens ‘n ander optree wat nie in sy of haar eie naam kan optree nie;
  • ‘n persoon wat as lid van, of in belang van, ‘n groep of klas geaffekteerde persone optree;
  • ‘n persoon wat in openbare belang optree, met verlof van die Tribunaal of hof;
  • ‘n vereniging wat in belang van sy lede optree; en
  • ‘n geakkrediteerde verbruiker beveiliging groep.

Bokant van Bladsy

 

17. Wat moet deur die klaer bewys word?

 

Alhoewel ‘n klaer nie langer nalatigheid aan die kant van die verskaffer van die gebrekkige of gevaarlike produk hoef te bewys nie, sal hy of sy steeds die volgende vereistes moet bevredig om sukses met die eis te kan behaal:

  • Die produk was onveilig; OF
  • Die produk verskaf beskik oor ‘n produkfout, gebrek of gevaar; en
  • Die produk was verskaf deur die verweerder; en
  • Die verweerder het versuim, in die geval van ‘n gevaarlike produk, om genoegsame instruksies of waarskuwings te verskaf aan verbruikers ten opsigte van die gevaar; en
  • Daar was nadeel aan die klaer veroorsaak; en
  • Die nadeel veroorsaak was in geheel of gedeeltelik veroorsaak as ‘n gevolg van die verskaffing van ‘n onveilige, gebrekkige of foutiewe produk, of die verweerder se versuim om genoegsame instruksies of waarskuwings te verskaf.

Bokant van Bladsy

 

18. Wanneer moet die eis ingestel word?

 

‘n Eis weens skade ingevolge die Wet moet ingestel word deur die eiser binne 3 jaar na:

  • Die dood of besering plaasgevind het;
  • Die vroegste datum waarop die verweerder bewus geraak het van die materiële feite aangaande ‘n siekte of eiendom skade veroorsaak deur die betrokke produk;
  • Die laaste datum wat die klaer enige ekonomiese verlies gely het wat deur die betrokke produk veroorsaak was.

Bokant van Bladsy

 

19. Wat is die verwere waarop gesteun kan word?

 

‘n Verweerder wie ‘n produk aanspreeklikheid eis in die gesig staar mag die eis teenstaan deur die verskeie elemente wat deur die klaer bewys moet word te ontken. , bv. die produk was nie onveilig of gebrekkig nie; die produk het nie gefaal nie; of hy of sy het nie die produk aan die verbruiker verskaf nie.

Die Wet verskaf die volgende bykomende verwere aan verweerders:

  • Die onveilige produk karaktertrek, fout, defek of gevaar wat nadeel veroorsaak het is in geheel toeskryfbaar aan nakoming van enige openbare regulasies.
  • Die beweerde onveilige produk karaktertrek, fout, defek of gevaar het nie in die produk bestaan ten tyde waarvan dit verskaf was deur die verweerder aan ‘n ander persoon nie.
  • Die beweerde onveilige produk karaktertrek, fout, defek of gevaar was in geheel toeskryfbaar aan die nakoming deur daardie persoon van instruksies wat gegee was deur die persoon wat die produk aan die verweerder verskaf het.
  • Dit is onbillik om van die verspreider of handelaar te verwag om die onveilige produk karaktertrek, fout, defek of gevaar op te spoor, in ag genome die rol wat vervul word deur so ‘n persoon in die bemarking van die produk aan verbruikers.
  • Die eis was nie ingestel binne die vereiste 3 jaar tydperk nie.

Bokant van Bladsy

 

20. Wat se stappe kan besighede neem om hulle regsaanspreeklikheid te verminder?

 

Meeste verskaffers van goedere voldoen aan die verwagte werkverrigting, kwaliteit en veiligheidsstandaarde daarvan. Daar bestaan egter steeds diesulkes wat versuim en wanneer die ekonomie versleg soos wat gedurende die afgelope 18 maande gebeur het, is daar ‘n verhoogde risiko dat besighede sal poog om kanse te vat om kostes te kan bespaar.

Die produk aanspreeklikheid voorsiening van die Wet op Verbruikersbeskerming verskaf ‘n welkome aansporing vir besighede om te verseker dat hulle produkte die veiligheid verskaf wat mense wat dit gebruik redelikerwys geregtig op is om te verwag.

Die volgende kontrolelys verskaf ‘n paar voorgestelde handelstappe vir besighede om toe te pas ter versekering dat hulle voldoen aan die bepalings van die nuwe Wet en om kontrole oor hulle regsrisiko’s hieromtrent te kan uitoefen.

  • Hersien bestaande kwaliteit bestuurbepalings en prosedures om te verseker dat slegs hoë gehalte en veilige produkte u gebou verlaat. Alle stadia van produksie ontwikkeling (ontwerp, vervaardiging, voorstelling en bemarking) behoort ingesluit te word in u hersiening.
  • Konsulteer met u industrieliggame om te kontroleer of te bevestig of daar enige nuwe industrieregulasies of standaarde bestaan vir die produkte waarvoor u aanspreeklik is. Indien wel, bevredig u tans hierdie standaarde of voldoen u aan daardie regulasies?
  • Kontak u versekeringsmakelaar om u produkaanspreeklikheid dekking te hersien en vas te stel of dit steeds voldoende is. • Hersien u ooreenkomste met u verskaffers om seker te maak dat u voldoende beskerm word teen aanspreeklikheid sou u verskaffers gefouteer het. Sluit ‘n uiteen gesette uitsluiting klousule in as u nie reeds oor een beskik nie.
  • Hou behoorlike verkooprekords van alle transaksies dwarsoor u verskaffing ketting sou u bewys benodig om ‘n eis te weerlê wat teen u ingestel was. Die Wet sal ook verdere voorsorg instel gemik op die herroeping van programme ten opsigte van gebrekkige of gevaarlike produkte wat flinke en effektiewe toegang tot kliënt en verkoop informasie sal verg.

Bokant van Bladsy

 

21. Wanneer word aanspreeklikheid opgedoen vir gebrekkige goedere?

 

  • Daar word nie meer ‘n onderskeid gemaak tussen latente en patente gebreke nie, bv. u sal steeds aanspreeklik wees vir ‘n gebrek selfs sou die gebrek geredelik deur die verbruiker gevind kon word voordat hy of sy lewering daarvan aanvaar het. • Indien u goedere in ‘n besondere toestand of “voetstoots” wil verkoop, moet u die verbruiker uitdruklik in kennis stel van daardie toestand en sy of haar uitdruklike ooreenstemming verkry dat die goedere in daardie toestand aanvaar word.
  • Dit is ‘n verskanste bepaling van elke verbruikersooreenkoms dat die vervaardiger / invoerder / verspreider / handelaar elk onderneem dat die goedere vry van gebreke, veilig en van hoë gehalte is.
  • U moet enige onveilige, gebrekkige of swak gehalte produkte, wat teruggegee was deur ‘n verbruiker binne 6 (ses) maande vanaf lewering, op eie koste herstel of vervang, of die koopprys vergoed wat betaal was deur die verbruiker vir daardie goedere.
  • Alle herstelwerk moet gewaarborg word vir ten minste 3 maande vanaf sodanige herstel. Indien die gebrek nie herstel of verwyder was nie, of ‘n verdere onverwante gebrek gevind word, moet u die goeder vervang of die verbruiker vergoed vir die koopprys betaal vir die goedere.

Bokant van Bladsy

 

22. Wat word met strenge aanspreeklikheid bedoel?

 

U sal aanspreeklik wees vir enige nadeel aan verbruikers veroorsaak deur onveilige, gebrekkige of gevaarlike goedere ongeag of u nalatig was al dan nie. Dit sal dood, siekte of besering, skade of verlies aan eiendom en suiwer ekonomiese verlies insluit.

Die enigste uitsonderings vir sodanige aanspreeklikheid sal wees indien:

  • Die goedere aan openbare regulasies voldoen;
  • Die onveilige produk karaktertrek, fout, gebrek of gevaar as gevolg waarvan die nadeel ontstaan het, nie in die goedere aanwesig was toe uself ontvangs daarvan geneem het nie;
  • U ten volle voldoen het aan die instruksies soos aan u gegee deur u eie verskaffer of die vervaardiger van die goedere;
  • dit onredelik sou wees om van u, as ‘n verspreider of handelaar van die goedere, te verwag om te moes agterkom dat die goedere onveilig of gebrekkig was.

 

23. Hoe skakel die WVB in by ander wetgewing in?

 

Die WVB moet geïnterpreteer word op ‘n wyse wat effek verleen aan die doelstellings van die Wet soos uiteengesit in Artikel 3. Die volgende mag in ag geneem word wanneer die wet geïnterpreteer word:

  • aangewese buitelandse en internasionale reg;
  • aangewese internasionale konvensies, deklarasies of protokol verbandhoudend tot verbruiker beskerming; en
  • enige beslissing van ‘n verbruikershof, ombudsman of arbiter ingevolge die Wet.

Indien daar ‘n teenstrydigheid bestaan tussen enige voorsiening gemaak deur die WVB en ‘n bepaling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999), of die Staatsdienswet, 1994 (Proklamasie No. 103 van1994), sal die bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, of die Staatsdienswet, 1994, soos wat die geval mag wees, geld.

Indien daar is ‘n teenstrydigheid bestaan tussen bepaling van die WVB en voorsiening deur enige ander Wet:

  • sal die bepalings van beide Wette gelyklopend aanwending vind, tot die mate wat dit moontlik is om aanwending te vind en om een van die teenstrydige bepalings na te volg sonder om die ander te oortree; en
  • tot die mate wat beide die Wette nie gelykerwys toegepas kan word nie, sal die bepaling wat die meeste beskerming aan die verbruiker verleen geld, eerder as die alternatiewe bepaling.

Geen bepaling van die WVB moet geïnterpreteer word op so ‘n wyse dat die verbruiker weerhou word om enige bestaande gemene regtelike reg uit te oefen nie.

In enige saak wat voor die Tribunaal of ‘n hof, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet, geplaas word, moet die hof die gemenereg so ver nodig aanpas ten einde die realisasie en genot van verbruikersregte te verbeter oor die algemeen, en in besonder ten aansien van armlastige, ongeletterde of landelike verbruikers.

Bokant van Bladsy

24. Volgens wet, wat moet aan u vertel word wanneer ‘n finansiele / beleggings produk gekoop word?

 

Die Wet op Finansiele Advies-en Tussengangersdienste (FAIS) bepaal wat ‘n finansiële adviseur moet doen tydens advies lewering of die verkoop van ‘n produk aan u. Die adviseur moet aan jou die volgende inligting openbaar:

  • Hoe die uitkeerwaarde van u belegging bepaal word
  • Die belegging se onderliggende bates
  • Die vorige prestasie van die produk
  • Produk en adviseur heffings en fooie, en invloed van die kostes en fooie op u beleggingsopbrengs.
  • Beskik die adviseur oor ‘n bestaande kortingsooreenkoms beding met ‘n produk verskaffer, en is daar kortingsooreenkomste tussen die verskaffers van die produkte wat hy of sy aanbeveel.
  • Wanneer en hoekom die produk nie voordele sal uitkeer nie.
  • Of die produk enige waarborge insluit.
  • Hoe geredelik u toegang sal hê tot die fondse wat u belê.
  • Die gevolge sou u die belegging opskort voor uitkeerdatum.
  • Die belasting implikasies van die produk.
  • Of daar ‘n terugtree periode bestaan waartydens u geregtig sou wees om die produk te kanselleer.
  • Enige wesentlike risiko’s vereenselwig met die produk, en
  • Hoe die produk aangewese is vir u finansiële behoeftes en risiko portefeulje. Sodra u adviseur bovermelde inligting aan u verskaf het, moet hy of sy aan u ‘n skriftelike opsomming verskaf van:
  • Die informasie waarop hy of sy, sy of haar advies gegrond het
  • Die finansiële produkte wat oorweeg was
  • Die produkte wat hy of sy aanbeveel het en waarom, en
  • Hoe u risiko portefeulje en finansiële behoeftes oplyn met die voorgestelde produkte

Bokant van Bladsy

25. Hoe beskerm ek myself teen beleggings wat ‘te goed klink om waar te wees’?

 

 

Die ooglopende kenmerke van ‘n bedrogspul is:

  • Dit beloof dubbelsyfer maandelikse beleggingopbrengste
  • Dit beweer om ‘n ongeëwenaarde belegginggeleendheid te wees
  • Daar bestaan geen onderliggende beleggings nie.
  • Dit maak nie sin hoe opbrengste genereer word nie.
  • Dit is nie ‘n geregistreerde produk aangebied deur ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer nie.
  • Voordele uitkeerbaar aan u mag voorwaardelik daarop berus dat u meer lede aan die skema voorstel.

Bevestig vooraf die wetlikheid van ‘n finansiële diensverskaffer deur www.fsb.co.za/Departments/fais/searches/Pages/providers te besoek of skakel die Raad op Finansiële Dienste op 0800 110 443.

Skema wysigings:

-       Piramiede Skema

‘n Onwettige besigheidprinsiep wat lede werf deur uitkeer- of dienverskaffingbeloftes in ruil vir  skema inskrywings van andere, in stede van deur beleggingaanbiedinge of deur middel van produk- of diensverkope. 

-       Ponzi Skema

‘n Bedrieglike beleggings- operasie waar die operateur opbrengste aan die belegger uitbetaal vanuit die insetkapitaal van nuwe beleggers, in stede van betaling vanuit die operateur se profyt verdienstes.

Gewoonlik lok Ponzi skemas beleggers deur beloftes van hoër opbrengste as die norm, in die vorm van korttermyn verdienstes wat óf abnormaal hoog is óf ongewoon konstant bly.

Hierdie skemas ontstaan gewoonlik as legimiete ondernemings, totdat die onderneming faal om aan opbrengsverwagting te voldoen.

Dit word ‘n Ponzi skema as die voortsetting daarvan op ‘n bedrieglike grondslag geskoei is. Die voortsetting van hoë opbrengste is afhanklik van ‘n ewig vermeerderende inkomstevloei vanaf nuwe investeerders ten einde die skema te kan volhou.

-          Hoë- verwagting beleggingsgeleendheid

‘n Aanlyn Ponzi skema wat onvolhoudbare hoë opbrengste voordig. Meeste van hierdie bedriërye word sluiks vanuit die buiteland bedryf, wat die opsporing daarvan bemoeilik.

 

Bokant van Bladsy

 

legal-process-servers-banner